RSG
Leefwêreld van die Gestremde
Deur middel van hierdie radioprogram poog RSG om nie-gestremdes 'n beter begrip te gee van die probleme en suksesse van persone met gestremdhede.
Vizitează neapărat site-ul podcastului și susține-i creatorul: www.rsg.co.za
Unde asculți?
Podcasturi în aplicație Replaio Radio În curândPodcasturile ajung în curând în aplicație. Instaleaz-o acum și fii primul care descoperă o abordare complet nouă a podcasturilor
Episoade
13 Aug 12.08.2017 22:45
Tamsyn de Jager is die stigter van Special Peeps. 'n organisasie wat fokus op kinders met serebrale gestremheid. Sy het 'n vyfjarige dogter met hemiplegie. Fanie du Toit gesels met haar oor haar ervring en Special Peeps se seminaar oor serebrale gestremheid, wat in September plaasvind. En Jacqui January gesels met Elize Smith, 'n SANParke ereveldwagter, oor 'n inisiatief om gestremde leerders na d...
6 Aug 05.08.2017 25:15
Fanie du Toit hoor watter ondersteuning beskikbaar is vir helpers en ouers van gestremdes in Namakwaland. En January vertel van die koor van 'n groep verstandelikgestremde vroue.
30 Jul 29.07.2017 25:29
Fanie du Toit vind meer uit van toeganklike inligtingstegnologie en die kommunikasiewerksgroep, wat ten doel het om inligting en kommunikasiebeleid, strategie en planne te bevorder. En Jacqui January gesels d.m.v. 'n tolk met Phillip Dobson van Doofblind SA oor hulle 21ste bestaansjaar.
23 Jul 22.07.2017 20:08
Fanie du Toit vind meer uit van die Nasionale Biblioteek vir Blindes in Grahamstad, en die gratis diens wat hulle bied om 'n leeskultuur te kweek. En Jacqui January gesels met die Bybelgenootskap van SA oor die Oudiobybel vir dowes en blindes.
16 Jul 16.07.2017 21:39
Fanie du Toit doen 'n opvolg oor gehoorverlies en die oorsake daarvan na aaleiding van luisteraars se navrae. Jacqui January het nuus oor geestesgesondheidsmaand, en sy gesels met 'n paar gestremdes oor bedagsaamheid/hulp teenoor gestremdes in die aanloop tot Madiba-dag.
9 Jul 09.07.2017 23:35
Jacqui January gesels met die Mustang Rolstoel rugby klub se projek-bestuurder oor die sport. Kom hoor hoe dit werk want gestremde mans en vroue kan saam meeding en Fanie du Toit vertel meer van die uitdagings van 'n organisasie wat al baie jare lank betrokke is met hulp en opleiding van blindes.
2 Jul 02.07.2017 24:54
Jacqui January gesels met die mense van die Triest Opleidingsentrum vir verstandelik gestremde volwassenes, maar die sentrum bied meer as net 'n tuiste aan. Díe sentrum in Klerksdorp help met die vaardigheids- en sosiale opleiding van die inwoners en dag-kliënte. Johan Gerber, die waarnemende direkteur, en Nelmarie Grobler, die departementsleier van kultuur, het met drie van die inwoners Mossa Rad...
25 Jun 25.06.2017 23:49
Fanie du Toit vertel van 'n blind paartjie se twee kinders wat na kogliêre inplantings weer kan hoor. Jacqui January fokus op die laaste Sondag van jeugmaand op die kwessie van werksplasing vir gestremde jongmense. En daar is nuus oor 'n symposium oor outisme.
18 Jun 18.06.2017 22:35
Fanie du Toit het gaan uitvind oor die voordele van perdry vir gestremdes, en vertel van 'n konferensie oor vroeë intervensie met betrekking tot gesinne met kinders wat gehoorverlies ondervind. Jacqui January gesels met die dramaturg, Wim Vorster, oor die RSG-Radiodrama oor siggestremdes
11 Jun 10.06.2017 24:32
Dis Jeugmaand en Fanie du Toit vertel van opleiding in Worcester vir siggestremde jongmense. Jacqui January het meer oor inklusiewe onderwys en naskoolse onderrig vir doof-blinde kinders uitgevind.
4 Jun 03.06.2017 23:15
Jacqui January het meer uitgevind oor Kinderbeskermingsweek en hoe gestremde kinders geraak word deur die wetgewing. Fanie du Toit gesels met die mense van Huis Horiston in Stellenbosh en hoor hoe hulle ouer mense, met al hulle uitdagings, integreer in die gemeenskap.
28 May 27.05.2017 22:24
Fanie du Toit vertel van 'n jong blinde man wat sy droom as barista uitleef. En Jacqui January hoor hoe om jong gestremdes in die arbeidsmark te vestig deur middel van vakleerlingskappe.
21 May 20.05.2017 24:31
Fanie du Toit hoor hoe gestremdes in gemeenskappe uitgesluit word en die uitdagings om openbare vervoerstelsels toeganklik te maak. En Jacqui January verneem hoe gestremdes deur die Wêreld Gesinsdag-inisiatief gehelp en opgelei kan word.
14 May 13.05.2017 24:27
Fanie du Toit gesels met 'n vrou wat 'n deel van haar breinkapasiteit verloor het tydens 'n motorongeluk. Dit het tot 'n wanbalans gelei, maar sy het deurgedruk en is deesdae 'n skrywer. En Jacqui January gesels met 'n pleegma oor die uitdagings van haar sesjarige dogtertjie met die breinkapasiteit van driejarige.
7 May 06.05.2017 20:22
Jacqui January vertel van lewensveranderende aanpassings wat deur 'n gesin gemaak moes word ná 'n motorfietsongeluk waarin George Adams se voet geamputeer is. En Fanie du Toit hoor hoe 'n jong vrou in 'n rolstoel haar drome uitleef.
23 Apr 22.04.2017 23:24
Jy kan in enige stadium van jou lewe 'n epileptiese aanval kry. Epilepsie SA vergelyk so 'n aanval met toerisme-ervarings wat jy die eerste keer meemaak, om bewustheid te kweek t.o.v. epilepsie. En Jacqui January hoor van dagsorgsentrum wat 60 jaar gelede deur 'n ma gestig is vir haar gestremde seun. Die sentrum doen baanbrekerswerk ter ondersteuning van gestremde kinders en hulle families.
2 Apr 01.04.2017 23:10
Jacqui January leer meer van taalopleiding (gebare- of liptaal) vir ouers, vrywilligers en versorgers van gestremdes. En Fanie du Toit vertel meer van universele toeganklikheid by nasionale parke en blouvlag-strande.
26 Mar 25.03.2017 22:12
Fanie du Toit gesels met 'n mediese dokter wat vertel van 'n unieke ondersteunende terapie wat hulle op hulle dogter pas na geboorte toegepas het. En Jacqui January gesels met 'n skoolhoof waar jong dowe kinders saam met horende kinders hulel leer-uitdagings oorkom.
19 Mar 18.03.2017 22:49
Jacqui January vind meer uit oor die werk wat die SA Federasie vir Geestesgesondheid doen. En Fanie du Toit gesels met 'n vrywilliger oor die vreugdes om met gestremde mense te werk.
12 Mar 11.03.2017 22:50
Fanie du Toit gesels met 'n blinde klavierstemmer, wat ook skryf en so sy kreatiwiteit uitleef. En Jacqui January hoor meer van 'n inisiatief om toeganklikheid, of is dit ontoeganklikheid, vir gestemdes te belig.
5 Mar 05.03.2017 22:18
Jacqui January hoor van 'n jong man, wat gestremd gelaat is na 'n duikongeluk, se passie vir visvang en die netwerk wat daardeur ontstaan het. En Fanie du Toit gesels met 'n ma van 'n gestremde kind oor ondersteuning vir ander ouers en familie van gestremde kinders.
26 Feb 25.02.2017 22:21
Fanie du Toit vind meer uit van Peer Supporters waar gestremdes en hulle families ander gestremdes en hulle families ondersteun. En Jacqui January vertel meer van Wêreld Gehoordag wat op 3 Maart gevier word, en hoe om self jou gehoor te toets met 'n slimfoontoep.
19 Feb 18.02.2017 25:03
Jacqui January kyk na die werk van 'n ortodis, en hoe hulle help met prostese en ander hulpmiddels. En Fanie du Toit vertel meer van South African Riding for the Disabled Association (SARDA).
12 Feb 11.02.2017 22:25
Die week van 13 tot 19 Februarie is Wêreld Epilepsieweek. Jacqui January het meer gaan uitvind oor hierdie toestand. En Fanie du Toit leer meer van meervoudige sklerose, 'n kroniese siekte van die senuweestelsel.
5 Feb 04.02.2017 23:14
Jacqui January vertel hoe maatskappye saam werk om vakleerlingskappe vir jong gestremdes te finansier. En Fanie du Toit het inligting van 'n rekenaar-inisiatief vir jong gestremde kinders wat hulle nie net intellekueel stimuleer nie, maar help ook om hulle selfvertroue te bou.
Podcasturi asemănătoare
Replaio nu este editorul podcasturilor; numele emisiunilor, coperțile și materialul audio aparțin autorilor lor și sunt distribuite prin fluxuri RSS publice