RSG
Leefwêreld van die Gestremde
Deur middel van hierdie radioprogram poog RSG om nie-gestremdes 'n beter begrip te gee van die probleme en suksesse van persone met gestremdhede.
Vizitează neapărat site-ul podcastului și susține-i creatorul: www.rsg.co.za
Unde asculți?
Podcasturi în aplicație Replaio Radio În curândPodcasturile ajung în curând în aplicație. Instaleaz-o acum și fii primul care descoperă o abordare complet nouă a podcasturilor
Episoade
Leefwêreld van die gestremde 28.07.2018 25:28
Alle soorte distrofie word deur genetika veroorsaak. Jacqui January het meer gaan uitvind oor spierdistrofie, wat een uit elke 1 200 individue in Suid-Afrika affekteer. Fanie du Toit kyk na serebrale- en fisiese gestremdhede by kinders, en die aanpassings wat daarvoor gemaak word in die voorgeskrewe kurrikulum.
Leefwêreld van die gestremde 21.07.2018 24:16
Fanie du Toit gesels met Fanie Swanepoel, 'n visueelgestremde wat meervoudige sklerose het. Hy vertel van sy toestand, die uitdagings, en die Nasionale Raad vir Mense met Gestremdheid se toeganklikheidsoudit. Jacqui January hoor van navorsing wat fokus op Afrika. Die werk word gedoen in samewerking met die Universiteit van Kaapstad en Die Sentrum vir Outisme en Navorsing in Afrika. Dis veral in la...
Leefwêreld van die gestremde 14.07.2018 22:50
Fanie du Toit gesels met 'n ma oor haar en haar seun se outismediagnose. Sy gee 'n definisie van outisme, en verduidelik hoe hulle gesin te werk gaan om haar en haar seun se behoeftes te ondersteun. Christelle van Tonder gesels met Betti Wimbles, wat tuisonderig gee vir kinders met outisme. Sy gee insig in die uitdagings om met kinders te werk wat op die spektrum is, en gee raad vir ouers.
Leefwêreld van die gestremde 07.07.2018 22:34
Fanie du Toit gesels met Maritza Nel oor beroertes. Sy vertel wat jy as 'n bystander kan doen wanneer jy vermoed dat iemand 'n beroerte gehad het. Christelle van Tonder gesels met Dorothy Ann Howitson van Kimberley wat as kind polio gekry en toe die gebruik van haar arms en bene verloor het. Dit keer haar nie om die gemeenskap van Kimberley te ondersteun nie. Haar projek verskaf warm klere aan min...
Leefwêreld van die gestremde 30.06.2018 24:58
Fanie du Toit kyk na die werk wat die SA Alliansie vir Gestremdes doen. En Martelize Brink praat met kliniese sielkundige Nicky Abdinor, wat sonder arms gebore is, se leefwêreld en die gemeenskapsorganisasie wat sy gestig het, Nicky's Drive.
Leefwêreld van die gestremde 23.06.2018 21:31
Die Instituut vir Dowes en Blindes op Worcester is vanjaar 137 jaar oud. Sy naam is intussen verander na Innovation for the Blind. Die bestuurshoof, Albie Heigers, gee 'n oorsig van die bekende sentrum se verlede, hoe die toekoms daar uitsien, en hoe luisteraars betrokke kan raak. En Fanie du Toit praat met 'n geneeskundige prostotis (iemand wat kunsledemate vervaardig) en 'n luisteraar wat sy bee...
Leefwêreld van die gestremde 17.06.2018 22:28
'n Luisteraar vertel hoe rumatoïede artirtis haar op 'n jong ouderdom gestremd gelaat het. Sy deel ook nuus oor selfoontegnologie wat veral persone met 'n gehoorgestremdheid kan help om nooddienste te kontak. Fanie Smit gesels verder met rolspelers wat betrokke is by die ontwikkeling van tegnologie as hulpmiddel vir mense met gestremdheid.
Leefwêreld van die gestremde 09.06.2018 24:58
'n Sosiale wetenskaplike van die Centre for Autism Research in Africa praat oor outisme en die uitdagings wat dit vir gesinne meebring, asook die rol van terapeute. Fanie du Toit ondersoek “disablism”, 'n term soortgelyk aan rassisme en seksisme wat diskriminasie teen persone met 'n gestremdheid beskryf.
Leefwêreld van die gestremde 02.06.2018 15:40
Die gemeenskap van Worcester in die Wes- Kaap het Braille-plaatjies op verkeerstkenes in die dorp aangebring om dit vir blinde inwoners makliker
Leefwêreld van die gestremde 26.05.2018 25:59
Jacqui January hoor hoe 'n VN-konferensie oor innovering, idees oor insluiting en deelname vir gestremdes wêreldwyd bevorder. Fanie du Toit gesels met 'n rolstoelgebruiker wat met behulp van 'n handfiets, Namakwaland plat ry vir die bewusmaking en bemagtiging vir en oor gestremdheid.
Leefwêreld van die gestremde 19.05.2018 16:20
Jacqui January het inligting van 'n simposuim wat daarop gemik is om kommunikasie en taal vir gestremdes met versorgers en ouers te bevorder. En Fanie du Toit gesels met 'n spraakterapeut oor redelike akkomodasie en aanpassings vir gestremdes.
Leefwêreld van die gestremde 12.05.2018 24:33
Fanie du Toit vind meer uit oor gloukoom en die verreikende gevolge wat dit wêreldwyd inhou vir vier uit elke 50 mense. En Jacqui January gesels met 'n vrou oor haar blinde man. Sy vertel van hulle verhouding en wat sy by hom leer.
Leefwêreld van die gestremde 05.05.2018 22:46
Fanie du Toit hoor van 'n fietstoer in Kaapstad vir rolstoelgebruikers. En Jacqui January hoor van 'n jong vrou wat probeer help om gestremde werklose mense in die arbeidsmark te plaas.
Leefwêreld van die gestremde 28.04.2018 24:19
Die fokus is vandeesweek op Wêreld Gehoordag. Fanie du Toit gesels met 'n oudioloog oor geraasskade in myne en restuarante. En Jacqui January het gaan uitvind oor hoe doofheid en ander gestremdhede 'n persoon se geestesgesondheid beïnvloed.
Leefwêreld van die gestremde 21.04.2018 28:00
Jacqui January gesels met Andries Oosthuizen, wat ná 'n motorongeluk blind is. Hy vertel van die aanpassings wat hy moes maak, en sy deursettingsvermoë. Hy is deesdae 'n gekwalifiseerde rekenmeester. En Fanie du Toit vertel van die TopDog-projek waar vrywilligers honde oplei wat in hospitale, hospiese en vir gestremdes help met terapie.
Leefwêreld van die gestremde 14.04.2018 25:14
Fanie du Toit gesels met 'n kwadrupleeg wat 'n gesogte prys vir sy werk as sportjoernalis ingepalm het. En Jacqui January hoor hoe 'n groep jong intellektueelgestremde vroue bemagtig word.
Leefwêreld van die gestremde 07.04.2018 23:47
Fanie du Toit fokus op Internasionale Serebrale Gestremdsheids dag. Hy vertel van ondersteuning aan families d.m.v terapetiese toerusting vir die kinders en interessante kampe vir die versorgers, veral vir die mammas. Jacqui January gesels met 'n jong vrou wat haar korporatiewe lewe verruil het om voltyds en vrywillig te werk om broodnodige fondse vir gestremdes landwyd te in. Kyk na van die fotos...
Leefwêreld van die gestremde 31.03.2018 22:07
Fanie du Toit fokus op bewusmaking en 'n gemeenskap wat saamwerk vir mense met outisme ter viering Wêreld Outisme dag op 03 April. Jacqui January gesels met 'n jong vrou met Spinaal Spieratrofie, Kugelberwelander wat ten spyte van baie uitdagings haar Bsc graad in Rekenaarwetenskap en Inligtingstegnologie voltooi het.
Leefwêreld van die gestremde 24.03.2018 25:15
'n Jong vrou vertel aan Fanie du Toit hoe sy TB gekry het terwyl sy in 'n staatshospitaal gewerk het. Fanie vertel ook hoe onbehandelde TB tot gestremdheid kan lei. Jacqui January gesels met die ma van 'n gestremde seun oor hoe sy en haar man 'n sentrum op die Tuinroete begin het, en nie net vir hulle seun nie, maar ook vir ander gestremde kinders 'n veilige ontwikkelingsruimte geskep het.
Leefwêreld van die gestremde 17.03.2018 24:09
Fanie du Toit gesels met Andre Kalis, 'n dowe persoon wat met behilp van gehoorapparate hoor. Hy vertel van die regte van gestremdes, en hoe om te kommunikeer met iemand wat gehoorapparate dra. Jacqui January vertel van 'n versorging- en vaardigheidsontwikkelingsinstansie vir meervoudig gestremde volwassenes.
Leefwêreld van die gestremde 10.03.2018 25:50
Die is op Wêreld Downsindroomdag. Fanie du Toit kyk na die wanopvattings hieroor, en hoe persone met Downsindroom in die gemeenskap verwelkom kan word. En Jacqui January hoor van 'n inrigting wat intellektuele volwasse gestremdes, in besonder die met Downsindroom, in die gemeenskap instuur om lewenslesse te leer, en ander mense hulle kwaliteite te wys.
Leefwêreld van die gestremde 03.03.2018 23:01
Fanie du Toit gesels op Wêreld Gehoordag met 'n doktor en sy vrou oor haar kogliêre inplanting, en hulle betrokkenheid om ander dowes te help. En Jacqui January kry riglyne vir horendes oor hoe om met mense met gehoorverlies te kommunikeer.
Leefwêreld van die gestremde 24.02.2018 22:23
Jacqui January gesels met Johan Ras wat begin doof word het. Hy vertel van die proses van koglieêre inplanting en hoe hy weer sy musiek kon luister (ons luister saam na een van sy gunstelinge). Fanie du Toit vertel van rolstoel rugby vir mans en vroue en hoe om betrokke te raak.
Leefwêreld van die gestremde 17.02.2018 22:41
Fanie du Toit het inligting oor die Afrikaprotokol, wat deur die Verenigde Nasies begin is vir die regte van gestremdes. En Jacqui January gesels met 'n jong vrou wat vertel van haar werk en ondersteuning aan 'n blinde rekenmeester.
Leefwêreld van die gestremde 10.02.2018 24:13
Jacqui January gesels met 'n siggestremde pa en seun wat hulle bestuurslisensies ontvang het. Hulle bestuur met behulp van 'n biotiese bril. En Fanie du Toit fokus op Nasionale Epilepsieweek.
Podcasturi asemănătoare
Replaio nu este editorul podcasturilor; numele emisiunilor, coperțile și materialul audio aparțin autorilor lor și sunt distribuite prin fluxuri RSS publice