RSG
Gesondheid
'n Paneel medici bespreek gesondheidsake.
Vizitează neapărat site-ul podcastului și susține-i creatorul: www.rsg.co.za
Unde asculți?
Podcasturi în aplicație Replaio Radio În curândPodcasturile ajung în curând în aplicație. Instaleaz-o acum și fii primul care descoperă o abordare complet nouă a podcasturilor
Episoade
30 Mar 2016 30.03.2016 22:03
Het jy geweet dat die Herpes virus wat koorsblare veroorsaak, een van die dinge is wat die binne-oor kan aantas en vertigo veroorsaak? Vind ook uit hoe duiseligheid weens 'n probleem in die binne-oor, met oefening behandel kan word. Die brein kan geleer word om nie hipersensitief vir beweging van die kop te wees nie. 'n Vestibulêre fisioterapeut verduidelik.
23 Mar 2016 23.03.2016 23:40
Sowat 85% van alle voet- en been-amputasies by diabete is as gevolg van 'n ulkus-wond wat nie versorg is nie. Amputasie kan met soveel as 98% voorkom word.
16 Mar 2016 16.03.2016 25:08
Die vet om jou middellyf en om jou organe is die gevaarlikste vet in jou lyf. Dit skei toksiese stowwe af, en 'n hoëvet-dieet kan die selle in die pankreas so vinnig beskadig dat jy binne ses weke tot in volle tipe 2 diabetes ingeskok word. Maar wat kan aan die gevaarlike vet gedoen word? Marí Hudson gesels met prof. Tess van der Merwe, 'n endokrinoloog en kenner van vetmetabolisme, oor die oploss...
9 Mar 09.03.2016 24:36
Hoe doeltreffend is die PIL, of kondome in die voorkoming van swangerskap? Is daar doeltreffender metodes? Wat van nuwe koperbevattende intra-uteriene toestelle. Vind meer uit oor voorbehoedingsmetodes.
2 Mar 02.03.2016 17:55
Trek jy dalk kompulsief jou hare uit? Marí Hudson bespreek hierdie probleem en ander obsessief-kompulsiewe gedrag met haar twee gaste.
24 Feb 24.02.2016 26:09
Wat is abdominale vet, oftewel die vet om jou organe? Waarom is dit gevaarlik en hoe verskil dit van die vet onder jou vel? As as jy 'n groot boep het, is dit vet onder die vel of vet om die organe? Kan mens iets doen om die vet om jou organe te verminder?
17 Feb 17.02.2016 18:22
'n Dokter in Kaapstad het die eerste in die ontwikkelende wêreld (alle lande buite Amerika en Europa) geword om 300 krioballon-ablasieprosedures te doen. Die en ander ablasietegnieke is rewolusionêr in die behandeling van die algemeenste hartritme-stoornis Atriale Fibrillasie, en ook ander hartritme-stoornisse.
10 Feb 10.02.2016 21:22
Die Zika-virus, wat deur muskiete versprei word, versprei vinnig in Suid-Amerika en tas ongebore babas se breine aan. Hoe werk die virus? Watter gevare hou dit in vir ander lande en vir Suid-Afrika?
27 Jan 27.01.2016 24:10
Marí Hudson praat met 'n vestibulêre fisioterapeut wat pasiënte behandel, wat jare lank sukkel met duiseligheid en balans.
20 Jan 20.01.2016 21:59
Het jy geweet dat wanneer simptome van dikdermkanker die eerste keer verskyn, het 60% van pasiënte reeds gevorderde dikdermkanker of verspreide kanker? Of dat die meeste gevalle van dikdermkanker as poliepe begin? Of dat sommige dinge jou tog in 'n mate kan beskerm?
13 Jan 13.01.2016 24:36
Gehoorverlies by kinder en grootmense was een van die onderwerpe wat baie luiteraarsreaksie uitgelok het. Marí Hudson het 'n program oor die belangrikste aspekte uit die reeks saamgestel en kyk na kogleêre inplantings, gehoorapparate en tinnitus.
6 Jan 06.01.2016 26:21
Marí Hudson kyk terug op enkele interessante programme van 2015, soos hoe hartklanke werk en nuwe inligting oor melanoom.
30 Dec 30.12.2015 24:56
Hoe lank neem dit vir 'n sopie om deur jou lewer verwerk te word? Kan 'n enkele drankie jou oordeelsvermoë aantas? Hoeveel kan mens drink sonder om die wetlike perk te oorskrei? 'n Patoloog bekyk die sake en gee wetenskaplike antwoorde.
23 Dec 23.12.2015 24:05
Marí Hudson kyk terug op 2015 en fokus op enkele belangrike feite oor bloedcholesterolvlakke, hoë bloeddruk en diabetes en ook op Banting – feite wat jou beslis in 2016 kan help.
16 Dec 15.12.2015 24:32
Die 'skielike' dood verlede week van Jonah Lomu, rugby se eerste superstar, het niersiektes weer in die kollig geplaas. Hoe kan iemand met die siekte sulke goeie rugby gespeel het sonder duidelike simptome? En hoeveel nierfunksie het jy oor voordat dinge in jou liggaam in duie stort? Waar staan Suid-Afrika met nierdialise en –oorplantings?
9 Dec 09.12.2015 20:57
Het jy geweet mens kry sowat 5 verskillende soorte lakseermiddels wat elk op 'n ander manier werk? Het jy geweet pitjies-vrugte verhoog nie jou kans op divertikulitis nie? Marí Hudson kyk na prikkelbare dermsindroom en divertikulose.
2 Dec 02.12.2015 24:10
Weet jy as jong man hoe om DAARDIE selfondersoek onder die stort te doen? Twee onderwerpe word bespreek: testikulêre kanker en prikkelbare dermsindroom, oftewel spastiese kolon, as die eerste in 'n kort reeks oor dikdermprobleme.
25 Nov 25.11.2015 24:22
Die 'skielike' dood verlede week van Jonah Lomu, rugby se eerste superster, het niersiektes weer in die kollig geplaas. Hoe kan iemand met hierdie siekte sulke goeie rugby gespeel het, sonder duidelike simptome? En hoeveel nierfunksie het jy oor voordat dinge in jou liggaam in duie stort? Waar staan Suid-Afrika met nierdialise en -oorplantings?
18 Nov 18.11.2015 18:17
Dis Movember, en mans kweek snorre om bewustheid oor mansgesondheid te versterk. Dis een ding om 'n snor te kweek, maar hoeveel mans is mans genoeg om 'n uroloog te besoek vir 'n prostaatondersoek? Het jy geweet dat baie mans bo 50 jaar se prostaat self begin groei van die grootte van 'n okkerneut tot selfs so groot as 'n tennisbal? Dat die groeiende tennisbal baie strukture kan platdruk; dat dit...
11 Nov 11.11.2015 24:11
Kan Ritalin studente sonder ADHD help om beter te konsentreer, of as eetlusdemper dien vir oorgewig mense? Hoe verwyder 'n dokter galstene wat agterbly ná verwydering van 'n galblaas? Wat moet diabete en gesonde mense se bloeddruk, cholesterol en glukosewaardes wees, en hoe belangrik is die vlakke?
4 Nov 04.11.2015 23:59
Het jy geweet dat sowat 70% van mense met maagsere, geen simptome het nie, al is 'n deel van die maagwand al vernietig tot op die spier? Het jy geweet dat sekere pynstillers die grootste oorsaak van maagsere is, en dat die skade wat dit aanrig niks te doen het met hoe dit aan die maagslymvlies raak nie?
28 Oct 28.10.2015 24:04
Gesondheid 28 Oktober 2015
21 Oct 21.10.2015 24:46
Gesondheid 21 Oktober 2015
14 Oct 14.10.2015 19:52
Gesondheid 14 Oktober 2015
7 Oct 07.10.2015 19:38
Gesondheid 7 Oktober 2015
Podcasturi asemănătoare
Replaio nu este editorul podcasturilor; numele emisiunilor, coperțile și materialul audio aparțin autorilor lor și sunt distribuite prin fluxuri RSS publice