RSG
Gesondheid
'n Paneel medici bespreek gesondheidsake.
Vizitează neapărat site-ul podcastului și susține-i creatorul: www.rsg.co.za
Unde asculți?
Podcasturi în aplicație Replaio Radio În curândPodcasturile ajung în curând în aplicație. Instaleaz-o acum și fii primul care descoperă o abordare complet nouă a podcasturilor
Episoade
Gesondheid 31 Julie 2019 31.07.2019 25:53
Die TV-minireeks, Chernobyl, het 'n mens laat skrik vir die gevolge van 'n kernkrag-ongeluk. In die tweede deel van die kort reeks oor radio-aktiewe bestraling, kyk ons na die behandeling van 'n mens wat met hoë doserings radio-aktiwiteit bestraal is, en wat die grootste risiko vir 'n bestralingsinsident inhou... en dis nie 'n kernkragontploffing by Koeberg nie!
Gesondheid 24 Julie 2019 24.07.2019 26:22
In die onlangse TVminireeks, Chernobyl, het die groot kernkragongeluk tot ernstige bestralingskade aan die omgewing en ook akute bestralingsiekte gelei. Wat gebeur in die liggaam met hoë doserings radio-aktiewe bestraling? Watter bestralingsdosis is hoog genoeg vir bestralingsiekte? Wat gebeur wanneer jou eie liggaam radio-aktief word? En is ons liggame nie in elk geval effe radio-aktief nie? Marí...
Gesondheid 17 Julie 2019 17.07.2019 28:07
'Ons gaan voluit voort met Nasionale Gesondheidsversekering' het die nuwe Minister van Gesondheid, dr. Zweli Mkhize, tydens sy begrotingsrede gesê. Wat beteken sy jongste aankondigings oor R30-miljard en die vul van kliniese poste, en ander inligting vir jou en my?
Gesondheid 10 Julie 2019 10.07.2019 21:43
Heupvervangings kan nou met 'n bikini-snit van voor op die heup gedoen word, pleks van deur die boud. Die pasiënt het minder pyn omdat daar aan minder spiere gekarring word, en is binne 'n dag weer op die been, en binne 2 tot 3 dae weer tuis. Marí Hudson gesels met 'n ortopediese chirurg oor die aangepaste metode vir heupvervangings.
Gesondheid 3 Julie 2019 03.07.2019 26:22
Mari Hudson praat met prof. Jan van Zyl van die Universiteit van die Vrystaat oor pankreatitis, oftewel infeksie van die pankreas.
Gesondheid 26 Junie 2019 26.06.2019 25:02
Marí Hudson praat met 'n sportsielkundige oor die beginsels van sportsielkunde en wenners.
Gesondheid 19 Junie 2019 19.06.2019 23:26
Mari Hudson praat met 'n dokter oor vanjaar se griep. Is dit ernstiger as vorige jare? Help die griepinspuiting werklik?
Gesondheid 12 Junie 2019 12.06.2019 26:51
Marí Hudson praat met 'n psigiater oor postnatale depressie.
Gesondheid 5 Junie 2019 05.06.2019 19:27
Wat is sistiese fibrose? Hoe hou 'n ensiemtekort verband met longprobleme? Waarom sukkel kinders met sistiese fibrose om asem te haal? Kan dit behandel word? Kan dit voorkom word?
Gesondheid 29 Mei 2019 29.05.2019 25:34
Saray Khumalo het pas die eerste swart vrou van Afrika geword wat die kruin van die berg Everest bereik het. Die Berg van Berge het egter die afgelope drie weke die lewe van tien klimmers geëis. Hoe werk hoogtesiekte - of lugdruksiekte? Wat gebeur met die brein en liggaam wat hierdie hoogtesiekte lewensgevaarlik maak? Op watter hoogte kan dinge skeef loop? Hoe moet mens 'n hoë bergkruin aandurf om...
Gesondheid 22 Mei 2019 22.05.2019 24:29
Het jy geweet dat atlete wat hulle harte tot die uiterste beproef in strawwe uithou-sport, soos die Comrades-marathon, die Cape Epic-fietstoer of strawwe ystermankompetisies, hulle hartstruktuur kan beskadig. Die skade kan dan lei tot hartritme-stoornisse wat selfs tot skielike dood kan lei. Marí Hudson praat met 'n hartspesialis oor die verband tussen strawwe sport en hartritme-defekte.
Gesondheid 15 Mei 2019 15.05.2019 25:26
Wat sal gebeur as Caster Semenya middels neem om haar testosteroonvlakke te verlaag? Kan haar voordeel in dieselfde asem genoem word as groot voete vir swemmers en lang lywe vir basketbalspelers? Dít is van die vrae wat beantwoord word in die tweede aflewering in die kort reeks oor die Caster Semenya/Testosteroon/IAAF-kwessie. Marí Hudson gesels met 'n sportwetenskaplike oor die komplekse saak.
Gesondheid 8 Mei 2019 08.05.2019 25:50
Wat is die werklike wetenskaplike bewyse vir of teen die besluit van die Sportarbitrasiehof teen Caster Semenya. Tot watter mate lei hoër testosteroonvlakke tot beter sportprestasie? Geld die voordeel werklik vir Caster Semenya? Kan die voordeel gemeet word? Hoe verskil Caster Semenya en ander vroue wat met testes gebore word, van transgender-vroue ten opsigte van testosteroon-voordele? Sal Caster...
Gesondheid 1 Mei 2019 01.05.2019 23:17
Wat presies beteken goeie en slegte bakterieë in jou ingewande? Help dit om gefermenteerde kosse te eet of aanhoudend probiotika te drink om jou ingewandsbakterie te verbeter? En wat van probiotika saam met antibiotika? Marí Hudson praat met 'n gastro-enteroloog oor ingewandsbakterie.
Gesondheid 24.04.2019 27:58
Waarom klop 'n mens se hart soms te vinnig, te stadig of onreëlmatig? Wanneer is dit gevaarlik? Kan of moet dit behandel word? Hoe word dit behandel? Marí Hudson praat met 'n hartritme-spesialis oor hartritme-defekte wat in die pompkamers ontstaan.
Gesondheid 17.04.2019 26:31
Lank voordat jy met tipe 2 diabetes gediagnoseer word, word jou hart en bloedvate aangetas en verhoog jou risiko vir hartversaking, hartaanvalle en beroerte. Slegs drie van die antidiabetesmiddels beskikbaar help om die komplikasies teen te werk. 'n Nuwe middel wat op jou niere werk, is die beste voorkoming teen hartaanvalle. Marí Hudson gesels met 'n spesialis in die tweede gesprek in 'n kort ree...
Gesondheid 09.04.2019 23:10
Wat is die jongste nuus oor die behandeling van tipe 2 diabetes? Het jy geweet die grootste gevaar van diabetes is die komplikasies daarvan, spesifiek die groot risiko vir hartaanvalle, beroerte en nierversaking? En dat die anti-diabetesmiddel wat op jou niere werk, jou risiko vir hartaanvalle drasties kan verminder? En dat om op te hou rook, enorme voordele vir diabete inhou?
Gesondheid 03.04.2019 27:48
Oorgewig mense wil graag maerder word, verkieslik so vinnig moontlik. Is daar iets wat ons kan sluk wat ons kan maermaak? Vetverbranders, metaboliese versnellers, CLA, stimulante en baie ander middels word geadverteer as maermaakmiddels. Werk dit? Is dit veilig? Wat kan mens doen? Marí Hudson gesels met 'n spesialis oor maermaakmiddels en jou metabolisme.
Gesondheid 27.03.2019 20:28
Het jy geweet dat die helfte van vroue wat sukkel om swanger te raak, endometriose het en maandeliks baie pyn verduur? Of dat die benadering dat 'n vrou met endometriose vier of vyf of selfs meer operasies op gereelde grondslag moet ondergaan om die endometriose te verwyder, nie aanvaarbaar is nie?
Gesondheid 20.03.2019 25:54
Ons het al almal die woord atroskopie gehoor, maar wat is dit? Ortopede kan deesdae 'n magdom 'operasies' deur 'n atroskoop met sleutelgat-chirurgie doen. Hulle kan stukkies been uithaal, deeltjies glad maak, bloeding beheer en selfs 'n nuwe knieligament konstrueer en vasheg.
Gesondheid 13.03.2019 24:34
Primêre immuniteit-tekort is 'n groep siektes wat die dood van kinders kan veroorsaak. Hoe ken mens dit uit, en hoe word dit behandel?
Gesondheid 06.03.2019 21:40
Jy is jonk, maar pas met kanker gediagnoseer. Jy moet chemoterapie of bestraling kry, maar wat van jou drome op 'n swangerskap in die toekoms? Moenie jou drome vergeet nie, want daar is nou verskeie opsies om jou vrugbaarheid te bewaar en steeds in die toekoms ma of pa te word, sê 'n fertiliteitspesialis en 'n onkoloog. Marí Hudson het gaan vasstel watter opsies jy het om ná kankerbehandeling stee...
Gesondheid 27.02.2019 23:12
Die kwessie van testosteroonvlakke in vroue is met die Caster Semeya-saak by die IAAF op die spits gedryf. In die lig hiervan kyk ons na drie sleutelkwessies: verhoogde testosteroon in vroue, verbeter hoë vlakke sportprestasie en kan laboratoria onderskei tussen natuurlike en toegediende testosteroon?
Gesondheid 20.02.2019 23:36
Waar staan ons met kanker-medikasie? Wat is chemoterapie, wat is 'geteikende' behandeling en wat is immunoterapie? Hoe werk dit en hoe effektief is dit? Is daar vordering in die oorlewingsyfers? En kan 'n mens opgewonde raak oor tweede generasie immunoterapie?
Gesondheid 13.02.2019 26:51
Wat is servikale kanker? Word vroue met die kanker vroeg opgespoor en doeltreffend behandel? Is 'n Pap-smeer doeltreffend en betroubaar genoeg om die kanker vroeg op te spoor? Help die HPV-vaksien om die kanker te voorkom?
Podcasturi asemănătoare
Replaio nu este editorul podcasturilor; numele emisiunilor, coperțile și materialul audio aparțin autorilor lor și sunt distribuite prin fluxuri RSS publice