RSG
Gesondheid
'n Paneel medici bespreek gesondheidsake.
Vizitează neapărat site-ul podcastului și susține-i creatorul: www.rsg.co.za
Unde asculți?
Podcasturi în aplicație Replaio Radio În curândPodcasturile ajung în curând în aplicație. Instaleaz-o acum și fii primul care descoperă o abordare complet nouă a podcasturilor
Episoade
Gesondheid 5 Februarie 2020 05.02.2020 25:45
Is private hospitaalkoste te duur? Hoe vergelyk die koste om hospitaaldienste in die staat te lewer met die koste om dieselfde diens in 'n private hospitaal te lewer? Wat sal gebeur as ons nie private hospitale het nie? Dra hulle werklik by tot ons ekonomie en ons Bruto Nasionale Produk? Wat is die bedryf se mening oor die voorgestelde nasionale gesondheidsversekeringsplan? Marí Hudson gesels met...
Gesondheid 29 Januarie 2020 29.01.2020 27:03
Wat is die coronavirus wat mense in die Ooste op hol het? Hoe dodelik is dit? Hoe het dit ontstaan? Is ons in Suid-Afrika in gevaar? Marí Hudson praat met 'n spesialis oor die virus, asook ook klebsiêlla en die winter se griep.
Gesondheid 22 Januarie 2020 22.01.2020 26:40
Dit is somer, en bosluise is volop. Marí Hudson praat met 'n infeksiespesialis oor bosluisbytkoors en ander siektes wat deur bosluise oorgedra kan word. In die tweede deel van die program kyk ons hoe diabetes jou oë kan beskadig, en ook na makulêre degenerasie. Marí Hudson gesels hieroor met 'n oogspesialis.
Gesondheid 15 Januarie 2020 15.01.2020 27:13
Wat het jou neus met snork en moegheid soggens te doen? En hoe werk slaap en slaapapnee? Marí Hudson praat met 'n oor-neus-en-keelspesialis oor hoe swak lugvloei deur jou neus tot snork kan lei, en ook met 'n psigiater oor slaap en slaapapnee.
Gesondheid 8 Januarie 2020 08.01.2020 25:18
Kan jy jou indink: 'n breinoperasie met instrumente deur die neus en langs en bokant die oog? Sonder enige snitte aan die skedel? En 'n pasiënt wat twee dae later huis toe gaan? Marí Hudson praat met 'n Suid-Afrikaanse chirurg wat baanbrekerswerk doen op die gebied van operasies deur die neus en oogkas om by gewasse agter die oog uit te kom, sonder dat die pasiënt blind word of om verdere skade te...
Gesondheid 1 Januarie 2020 01.01.2020 26:58
Op die eerste dag van 2020, kyk Mari Hudson na van die belangrikste feite wat in 2019 in die gesondsheidveld aan die lig gekom het. Sy lig die kernboodskappe uit oor sportopkikkers, maermaak-inspuitings, die hart en strawwe oefening, die jongste tipe 2 diabetesbehandeling, depressie en selfdood, kankerfeite, ystertekort en daggaolie.
Gesondheid 18 Desember 2019 18.12.2019 19:59
Het jy geweet rookverwante siektes weens aktiewe en passiewe rook, eis elke jaar 170,000 lewens in Suid-Afrika, en dat totaal voorkombare rookverwante siektes minstens R6 miljard (oftewel 1% van die land se Bruto Binnelandse Produk) opslurp? Voorts is 30 tot 40-persent van sigarette wat in Suid-Afrika gerook word, smokkelsigarette wat deur onwettige handel in die hoofstroom beland. As 'n pakkie si...
Gesondheid 11 Desember 2019 11.12.2019 27:36
Wanneer is jy angstig of depressief genoeg om behandeling te soek? Kan jou huisdokter vir jou die beste middels voorskryf? Wanneer moet jy na 'n psigiater gaan? Waarom werk dieselfde middel teen depressie en angstigheid? Marí Hudson praat met 'n psigiater wat ons 'n kykie gee op die behandelingsreis vir angs en depressie.
Gesondheid 4 Desember 2019 04.12.2019 26:19
Dit is 35 jaar sedert ons in Suid-Afrika bewus geword het van MIV/Vigs. Vandag word MIV/Vigs, danksy nuwer medikasies, nie meer beskou as 'n terminale siekte nie. Suid-Afrika het die grootste vigsbehandelingsprogram in die wêreld, want een uit vyf is MIV positief. Neem dit steeds toe? Waar staan ons vandag in terme van opsporing, behandeling, voorkoming en nuwe navorsing? Marí Hudson gesels verder...
Gesondheid 27 November 2019 27.11.2019 24:22
Een-derde van tienermeisies en die helfte van mense met hartversaking lei aan 'n ystertekort, wat in laasgenoemde geval die hart verder kan beskadig. 'n Ystertekort in 'n swanger vrou kan tot groeivertraging van haar baba, premature geboorte en breinskade lei. Marí Hudson gesels verder met 'n kliniese hematoloog oor ystertekort en die behandeling daarvan, en ook oor yster-oorlading in die bloed.
Gesondheid 20 November 2019 20.11.2019 23:46
Bloedarmoede is een van die algemeenste siekteprobleme waaraan die mensdom ly, en dit is inderwaarheid die laatstadium van ystertekort. Moegheid, geheueprobleme en voedsel “cravings' is van die tipiese simptome van 'n ystertekort. Wat is die oorsake daarvan, waarom moet dit behandel word, en watter ystermiddels werk die beste? Marí Hudson gesels met 'n kliniese hematoloog oor ystertekort en die be...
Gesondheid 13 November 2019 13.11.2019 25:09
Wat het Handre Pollard en Claude die Chimpanzee gemeen? Dis kaak-, gesig- en mondchirurgie, onderskeidelik vir 'n gebreekte wangbeen en vir 'n beseerde kakebeen. Marí Hudson gesels met 'n kaak-, gesig- en mondchirurg oor die dissipline, die vordering wat gemaak is in die skep van nuwe kakebene, en ander vooruitgang in die veld.
Gesondheid 6 November 2019 06.11.2019 26:08
Elke dag sterf 18 mense in Suid-Afrika aan hulle eie hand. Is al die gevalle van selfdood voorkombaar? Is daar gapings in Suid-Afrika se gesondheidsorgstelsels wat oorbrug kan word om die risiko van selfdoodpogings te verminder? Is daar spesifieke stadiums binne depressiesiklusse wat iemand meer weerloos maak vir selfdood? Is daar gevaartekens wat nie ernstig genoeg opgeneem word nie? Speel medika...
Gesondheid 30 Oktober 2019 30.10.2019 23:37
Al hoe meer navorsing dui op 'n baie duidelike verband tussen hartoperasies en depressie. Hoe werk dit? Het dit te make met die operasie of die hart? Moet 'n dokter en pasiënt ook bedag wees op depressie ná enige ander groot siekte of chirurgie? Marí Hudson gesels met 'n psigiater oor die verband tussen depressie en fisieke siektetoestande.
Gesondheid 23 Oktober 2019 23.10.2019 27:53
Die diagnose, klassifisering en behandeling van kanker het die afgelope dekade baie verander omdat navorsing meer insigte gebring het. Wat gebeur as jy pas gediagnoseer is met borskanker? Het jy genoeg tyd dat jou behandeling goed beplan kan word? Watter rol speel genetiese toetse? Hoe beïnvloed die soort en stadium van borskanker jou behandeling en prognose? Wanneer is die beste tyd vit 'n borsre...
Gesondheid 16 Oktober 2019 16.10.2019 25:48
Almal van ons het al van geelsug gehoor. Dit is een van die simptome van hepatitis, oftewel lewer-inflammasie of lewer-ontsteking. Het jy geweet daar is verskillende soorte hepatitis, en dat sommige soorte chronies is? Of dat groot doserings van 'n pynstiller soos Panado lewerskade kan veroorsaak? Marí Hudson praat met 'n gastro-enteroloog oor die oorsake en behandeling van hepatitis.
Gesondheid 2 Oktober 2019 02.10.2019 28:19
Dit is een van die pynlikste en verminkendste ervarings om ernstige brandwonde op te doen. Hoe lank hou die vel nog aan met brand ná die brandvoorval? Hoe besluit 'n dokter hoe diep en ernstig 'n brandwond is? Wanneer kom oorlewing in gedrang? Hoe ver het die wetenskap gevorder met veloorplantings en ander behandelingsmetodes dat die diep brandwond so goed as moontlik genees en die vel nie styf en...
Gesondheid 25 September 2019 25.09.2019 29:11
Al hoe meer mense wend hulle tot dagga-olie om verskeie redes, maar daar is nog baie vrae en onsekerhede. Sommige hoop dit kan hulle kanker genees, ander neem dit vir pynverligting, en ander om goed te slaap. Hoe werk die verskillende bestanddele van die daggaplant? Wat gebeur in die liggaam? Watter bestanddeel is medies gesproke die een wat hoop bring in die behandeling of hantering vir siektes?...
Gesondheid 18 September 2019 18.09.2019 28:01
Kan verbode middels soos anaboliese steroiede werklik sportprestasie verbeter? Tot watter mate? Watter middels het Aphiwe Dyantyi in die moeilikheid laat beland? Marí Hudson gesels met 'n sportwetenskaplike oor verbode middels, sportprestasie, tieners en voedingaanvullers.
Gesondheid 11 September 2019 11.09.2019 24:17
Wat is palliatiewe sorg? Hoe goed kan pyn en ander simptome werklik beheer word? Kan dit die kwaliteit van jou lewe verbeter in die laaste deel van jou aardse reis? Begin dokters met die sorg net as geen ander behandeling jou meer kan red nie? Kan dit tuis gedoen word, of net in 'n hospies of hospitaal?
Gesondheid 4 September 2019 04.09.2019 27:42
Wat is in daardie proteïendrankie wat jy of jou sportmal tiener daagliks afsluk? Kan dit wees dat dit verbode middels bevat, al word dit nie op die etiket aangedui nie? Kan dit wees dat een van die 'onskuldige' proteïendrankies wat Aphiwe Dyantyi dalk gebruik het, drie verbode middels bevat? Marí Hudson gesels met 'n wetenskaplike wat navorsing gedoen het op die inhoud van verskeie 'onskuldige' pr...
Gesondheid 28 Augustus 2019 28.08.2019 24:55
Suid-Afrika se traumachirurge tel onder die bestes ter wêreld, ongelukkig juis omdat ons hospitale se noodeenhede deur te veel traumagevalle oorweldig word. Wat presies is trauma? Wat is die grootste uitdagings, ook op die wêreldverhoog? Kan 'n mens met 'n rib deur die long so afgeblaas word soos Nurse Nettie se ramkat? Marí Hudson gesels met 'n traumachirurg oor die kwessies.
Gesondheid 21 Augustus 2019 21.08.2019 23:12
Wat is retinale loslating, en hoe word dit behandel? En hoe werk diabetiese retinopatie? 'n Mens word ook gewaarsku oor die komplikasies van diabetes wat nie goed beheer word nie. Een van die komplikasies is diabetiese retinopatie, wat beteken dat die retina aangetas word. Maar hoe gebeur dit? Marí Hudson gesels met 'n oogpesialis oor die twee oogprobleme.
Gesondheid 14 Augustus 2019 14.08.2019 21:44
Blaaslek is baie meer algemeen as wat 'n mens dink. Baie vroue se blaas- of anale knypers of albei, werk nie meer so goed soos voorheen nie. Dit lei tot groot verleentheid vir die vroue, en hulle is dikwels te skaam om hulp te soek. Maar daar is hulp wat die vroue se lewens weer ten goede kan verander. Een van die behandelingsopsies is die plaas van 'n klein 'pasaangeër' in die boud. Ander behande...
Gesondheid 7 Augustus 2019 07.08.2019 19:21
Candida auris word beskou as een van die gevaarlike nuwe superkieme wat die potensiaal het om glad nie op medikasie te reageer nie. Dit is 'n swamsiekte wat die afgelope 10 jaar dramaties in Suid-Afrika toegeneem het, en nou veral in private hospitale in Gauteng gevind word. Marí Hudson gesels met 'n mediese kundige oor die en ander swamsiektes.
Podcasturi asemănătoare
Replaio nu este editorul podcasturilor; numele emisiunilor, coperțile și materialul audio aparțin autorilor lor și sunt distribuite prin fluxuri RSS publice