RSG
Geestesgesondheid
Christelle Webb-Joubert gesels met verskeie kenners oor relevante aspekte van geestesgesondheid.
Vizitează neapărat site-ul podcastului și susține-i creatorul: www.rsg.co.za
Unde asculți?
Podcasturi în aplicație Replaio Radio În curândPodcasturile ajung în curând în aplicație. Instaleaz-o acum și fii primul care descoperă o abordare complet nouă a podcasturilor
Episoade
Geestesgesondheid 21 November 2023 21.11.2023 45:29
Johan van Lill praat verder met dr. Chris van den Berg oor mans se geestesgesondheid. Hulle fokus op post-traumatiese stresversteuring. Wat veroorsaak dit? Hoe word dit behandel?
Geestesgesondheid 14 November 2023 14.11.2023 44:49
Johan van Lill met dr. Jan Niemand, 'n lewensafrigter, oor wat om te doen wanneer die lewe bietjie kleurloos raak. Hoekom het ons gesonde stres nodig?
Geestesgesondheid 7 November 2023 07.11.2023 40:45
Johan van Lill praat met dr. Elzette Fritz oor hoe om lig te skep in tye van swaarkry. Hoe hanteer ek swaar tye? Hoe kan ek “ligtyd” in sulke tye vir my gesin, vriende en familie skep sodat alles nie net oor die swaarkry gaan nie?
Geestesgesondheid 31 Oktober 2023 31.10.2023 42:33
Johan van Lill praat met Simone Hieradien oor die pad wat sy gestap het as ‘n transgender vrou. Hule gesels oor die uitdagings, die proses en hoe sy haar lewe elke dag leef.
Geestesgesondheid 24 Oktober 2023 24.10.2023 41:25
Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous oor hoe om jou volle potensiaal te bereik en om die maksimum vermoë te behaal. Hoe vind jy jou nering in die lewe?
Geestesgesondheid 17 Oktober 2023 17.10.2023 42:49
Johan van Lill praat met Lynette Beer, ‘n lewensafrigter, inspirasie-spesialis en persoonlikheidskenner, oor hoe om uit jou groef te kom en positief na dinge te kyk. Watter impak het ‘n positiewe ingesteldheid op jou geestesgesondheid?
Geestesgesondheid 10 Oktober 2023 10.10.2023 42:53
Johan van Lill praat met opvoedkundige sielkundige Elzette Fritz oor seksualisering by kinders. In 'n era waar die media en sosiale netwerke wemel van geseksualiseerde beelde en boodskappe, is dit noodsaaklik om te besin oor 'n gesonde manier om volwasse te word.
Geestesgesondheid 3 Oktober 2023 03.10.2023 44:29
Johan van Lill praat met lewensafrigter Jan Niemand oor verhoudingsafrigting. Hoe verskil verhoudingsafrigting van huweliksberading, en wanneer kan paartjies daarby baat? Watter verskil kan verhoudingsafrigting maak aan jou geestesgesondheid?
Geestesgesondheid 26 September 2023 26.09.2023 45:00
Johan van Lill praat met dr. Chris van den Berg, 'n psigiater, oor angs by mans. Wat is angs? Hoe manifesteer dit by mans? Hoe kan dit behandel word?
Geestesgesondheid 19 September 2023 19.09.2023 42:23
Johan van Lill praat met Fanie Kriel, ‘n kliniese pastorale terapeut, oor delirium. Mense met LangCovid ly dikwels hieraan. Wat is die simptome, en hoe kan mens dit hanteer?
Geestesgesondheid 12 September 2023 12.09.2023 43:09
Johan van Lill praatmet opvoedkundige sielkundige dr. Elzette Fritz oor uitbranding by kinders. Wat is die tekens, en hoe word dit behandel?
Geestesgesondheid 5 September 2023 05.09.2023 43:05
Johan van Lill praat met lewensafrigter Jan Niemand oor hoe om by mislukkings verby te beweeg. Hoe moet ek dit hanteer wanneer dít waarvoor ek so hard gewerk het, nie gebeur soos ek dit voorsien het nie?
Geestesgesondheid 29 Augustus 2023 28.08.2023 42:34
Johan van Lill praat dr. Chris van den Berg, 'n psigiater, oor positiewe manlikheid. Hoe beïnvloed die “goeie ou sindroom” en verskillende argetipes mans se geestesgesondheid?
Geestesgesondheid 22 Augustus 2023 22.08.2023 43:28
Johan van Lill praat met Lynette Beer, ‘n lewensafrigter, inspirasie-spesialis en persoonlikheidskenner, oor hoe om jou emosies te beheer. Soms maak ons onsself dinge wys wat ver van die waarheid is, net omdat ons nie ons emosies kan beheer nie.
Geestesgesondheid 15 Augustus 2023 15.08.2023 37:50
Johan van Lill praat met dr. Elzette Fritz, 'n opvoedkundige sielkundige, oor die dinge wat ouers met die beste bedoelings in die wêreld doen, maar wat baie keer kinders met emosionele letsels laat, en kan lei tot latere geestesgesondheidsuitdagings. Hoe beïnvloed ouers se optrede hulle kinders se geestesgesondheid nou én later in hulle lewe?
Geestesgesondheid 8 Augustus 2023 08.08.2023 39:46
Johan van Lill praat met Margit Meyer-Rödenbeck, bekende aktrise, komediant and kunste-entrepreneur, oor haar lewensreis, en hoe sy deur al die tye haar geestesgesondheid bestuur het.
Geestesgesondheid 1 Augustus 2023 01.08.2023 42:03
Johan van Lill praat met Jan Niemand, ‘n lewensafrigter, oor hoe gemaak as jy glad nie van jou werk hou nie? Watter impak het dit op jou geestesgesondheid, en wat kan jy daaraan doen?
Geestesgesondheid 25 Julie 2023 25.07.2023 42:39
Johan van Lill praat met Fanie Kriel, 'n kliniese pastorale berader, oor die versorging van jou eie geestesgesondheid. Watter rol speel bekommernis, die maak van foute en terugslae in my geestesgesondheid?
Geestesgesondheid 18 Julie 2023 18.07.2023 44:18
Johan van Lill praat verder met dr. Chris van den Berg, 'n psigiater, oor heelheid of “wellness”. Hoe handhaaf ek as man my geestesgesondheid op ‘n daaglikse basis?
Geestesgesondheid 11 Julie 2023 11.07.2023 40:33
Johan van Lill praat met Jan Niemand, ‘n lewensafrigter, oor doelwitstelling. Wat is die moets en moenies met doelwitte vir jou lewe? Hoe onderskei jy tussen haalbare en onhaalbare doelwitte? Hoe pak jy dinge aan wat groot veranderinge in jou lewe vereis?
Geestesgesondheid 4 Julie 2023 04.07.2023 42:41
Johan van Lill praat met dr. Francois Hanekom, ‘n verhoudingsterapeut, oor wat verhoudingsterapie behels. Wat is die redes oor hoekom paartjies en mense in ‘n verhouding soms terapie nodig het, en hoe werk dit?
Geestesgesondheid 27 Junie 2023 27.06.2023 41:53
Johan van Lill praat met dr. Frederik Nel oor verlies en rou. Hoe werk die proses van rou? Wat is die gesonde manier om oor verlies te rou?
Geestesgesondheid 20 Junie 2023 20.06.2023 47:39
Johan van Lill praat met dr. Jannie le Roux, 'n skrywer en inspirasiespreker, oor ons frustrasies moet hanteer om te floreer in die lewe.
Geestesgesondheid 13 Junie 2023 13.06.2023 37:44
Johan van Lill praat met dr. Chris van den Berg, 'n psigiater en persoonlikheidsprofielkenner, oor mans se geestesgesondheid. Hulle fokus op kwesbaarheid (vulnerability) en praat spesifiek oor waarom kwesbaarheid nodig is, en wat gebeur as mens nie kwesbaarheid toelaat nie. Wat is die verskil tussen swakheid en kwesbaarheid, en hoe kan ‘n mens gelyktydig sowel sterk as kwesbaar wees?
Geestesgesondheid 6 Junie 2023 06.06.2023 42:41
Johan van Lill praat met persoonlikheid-profielkenner Lynette Beer oor vrees. Hoe kan ons daagliks met ons vrese saamleef? Wanneer moet ek hulp kry?
Podcasturi asemănătoare
Replaio nu este editorul podcasturilor; numele emisiunilor, coperțile și materialul audio aparțin autorilor lor și sunt distribuite prin fluxuri RSS publice