RSG
Geestesgesondheid
Christelle Webb-Joubert gesels met verskeie kenners oor relevante aspekte van geestesgesondheid.
Vizitează neapărat site-ul podcastului și susține-i creatorul: www.rsg.co.za
Unde asculți?
Podcasturi în aplicație Replaio Radio În curândPodcasturile ajung în curând în aplicație. Instaleaz-o acum și fii primul care descoperă o abordare complet nouă a podcasturilor
Episoade
Geestesgesondheid 02.07.2019 42:17
Christelle Webb-Joubert praat met die sielkundige dr. Johan Ferreira oor bipolêre depressie en die invloed wat dit het op die res van die gesin.
Geestesgesondheid 25.06.2019 35:57
Om op die verkeerde manier oor jou trauma te praat kan meer skade doen as goed. Christelle Webb-Joubert praat met die kliniese maatskaplike werker, Sorika de Swardt oor 'n ander manier om trauma te behandel.
Geestesgesondheid 18.06.2019 38:23
Christelle Webb-Joubert praat met dr. Michiel van der Merwe van Stabilis oor die rol wat verslawing speel in gesinsgeweld. Hulle gesels ook oor die verskil tussen skuldgevoel en skuldwaan.
Geestesgesondheid 11.06.2019 41:21
Wat is die uitwerking van groepsdruk, algemene kuturele diskoerse en verwagtinge van die samelewing oor wat sukses is, op 'n individu? En hoe gemaak as jy nie in die boksie pas nie? Este Gross praat met die opvoedkundige sielkundige Mariette le Roux oor hoe die aspekte 'n inpak op 'n persoon se selfbeeld en persoonlike ontwikkeling kan hê.
Geestesgesondheid 04.06.2019 37:55
Christelle Webb-Joubert praat met die sielkundige, Christo van der Westhuizen oor die sin van die lewe.
Geestesgesondheid 28.05.2019 38:35
Christelle Webb-Joubert praat met die pastorale sielkundige, Fanie Kriel. Dikwels as mense self seer het, maak hulle ander mense seer. Hoe moet kinders 'gesond' grootgemaak word, sodat hulle nie gewondes op hulle pad agterlaat nie?
Geestesgesondheid 21.05.2019 40:08
Christelle Webb-Joubert praat met opvoedkundige sielkundige Ilse Karsten oor die krag van komplimente.
Geestesgesondheid 14.05.2019 40:44
Christelle Webb-Joubert praat met sielkundige dr. Johan Ferreira oor ontrouheid, en of dit 'n invloed op jou geestesgesondheid het.
Geestesgesondheid 07.05.2019 40:32
Christelle Webb-Joubert gesles met die akteur, Pietie Beyers, oor sy uitdaging met angs.
Geestesgesondheid 30.04.2019 39:02
Christelle Webb-Joubert praat met die bestuurshoof van Stabilis, dr. Michiel van der Merwe, oor verslawing en watter rehabilitasie-opsies daar is.
Geestesgesondheid 23.04.2019 38:39
Christelle Webb-Joubert praat met opvoedkundige sielkundige Mariette le Roux oor hoe om kinders verstandelike vaardighede aan te leer.
Geestesgesondheid 16.04.2019 36:08
Christelle Webb-Joubert praat met die sielkundige Christo van der Westhuizen oor depressie.
Geestesgesondheid 09.04.2019 41:15
Christelle Webb-Joubert praat met pastorale sielkundige Fanie Kriel. April is outisme-bewusmakingsmaand. Hoe hantreer ek as ouer dit as ek 'n kind met spesiale behoeftes het?
Geestesgesondheid 02.04.2019 36:41
Christelle Webb-Joubert praat met traumafasiliteerder Jan Viljoen oor wat trauma is en of daar verskillende fases van trauma is.
Geestesgesondheid 26.03.2019 42:50
Christelle Webb-Joubert gesels met Dr. Johan Ferreira oor mans en hulle geestesgesondheid. Gesels mans oor hulle uitdagings en emosies?
Geestesgesondheid 19.03.2019 36:28
In Geestesgesondheid gesels Christelle Webb-Joubert met Dr. Michiel van der Merwe van Stabilis oor ko-afhanklikheid.
Geestesgesondheid 12.03.2019 37:38
Sue Pyler praat met Gaynor Janeke, 'n opvoedkundige sielkundige van Mosselbaai, oor geestesgesondheid in skole. Daar word gefokus op die boelievideos wat die rondte doen, en hoe die verhouding tussen onderwysers en ouers moet verander.
Geestesgesondheid 05.03.2019 35:58
Christelle Webb-Joubert praat met bedryfsielkundige Kobus White oor die belangrikheid van geestesgesondheid in die werksplek.
Geestesgesondheid 26.02.2019 37:45
Christelle Webb-Joubert praat met pastorale sielkundige Fanie Kriel oor verlies. Word dit makliker as jy dit aanvaar?
Geestesgesondheid 19.02.2019 40:44
Christelle Webb-Joubert praat met verslawingskonsultant en maatskaplike werker, Sorika de Swardt, oor die unieke uitdagings en vreugdes van die bejaarde persoon.
Geestesgesondheid 12.02.2019 39:06
Christelle Webb-Joubert praat met dr. Michiel van der Merwe oor dubbeldiagnose.
Geestesgesondheid 05.02.2019 40:29
Christelle Webb-Joubert praat met pastorale sielkundige Fanie Kriel na aanleiding van die brug wat ingetuimel het by die skool in Vereeniging. Hoe kan so 'n trauma 'n positiewe eerder as negatiewe impak maak?
Geestesgesondheid 29.01.2019 36:18
Christelle Webb-Joubert praat met sielkundige Christo van der Westhuizen. Watter ervarings en ondervindings het jy in jou lewe bymekaar gemaak, en hoe kan jy nou teruggee aan die gemeenskap?
Geestesgesondheid 22.01.2019 37:50
Christelle Webb-Joubert praat met sielkundige dr. Johan Ferreira en Jacques Bornman oor stilte. Hoe belangrik is dit vir jou geestesgesondheid om stil te raak?
Geestesgesondheid 15.01.2019 36:31
Christelle Webb-Joubert praat met sielkundige en pastorale terapeut Fanie Kriel oor teleurstelling, veral tieners en die teleurstelling van swak eksamenuitslae.
Podcasturi asemănătoare
Replaio nu este editorul podcasturilor; numele emisiunilor, coperțile și materialul audio aparțin autorilor lor și sunt distribuite prin fluxuri RSS publice