RSG

Geestesgesondheid

Christelle Webb-Joubert gesels met verskeie kenners oor relevante aspekte van geestesgesondheid.

Vizitează neapărat site-ul podcastului și susține-i creatorul: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Categorie

Health

Site-ul podcastului

www.rsg.co.za

Cel mai nou episod

6 oct. 2026

Unde asculți?

Podcasturi în aplicație Replaio Radio În curând

Podcasturile ajung în curând în aplicație. Instaleaz-o acum și fii primul care descoperă o abordare complet nouă a podcasturilor

Descarcă din Google Play Instalează gratuit Android aproape 10 mil. descărcări · nota 4,8 iOS în curând

Episoade

Geestesgesondheid 14 Junie 2022 14.06.2022

Johan van Lill praat oor spanning en stres met dr. Deon Bruwer, 'n pastorale berader, en dr. ST Potgieter, 'n kliniese sielkundige. Terwyl stres ‘n normale deel van die lewe is, is te veel stres skadelik vir jou liggaamlike en geestelike welstand. Gelukkig is daar baie maniere om stres te hanteer, en daar is effektiewe behandelings vir angs en depressie wat daarmee verband hou.

Geestesgesondheid 7 Junie 2022 07.06.2022

Johan van Lill kyk na uitstel en afstel. Ons vermy dikwels dinge wat ons weet ons moet of behoort te doen. Hoe oorkom ek die nare gewoonte van uitstel? En is dit regtig so sleg as jy ‘n uitsteller is?

Geestesgesondheid 31 Mei 2022 31.05.2022

Johan van Lill praat met Clyde Schroeder, 'n maatskaplike werker by Ramot Rehabilitasie-kliniek, oor verslawing en spesifiek die rol wat instaatstellers in die lewe van ‘n verslaafde speel. Wat is die impak op die mense om die verslaafde? Hoe moet hulle optree en saam met die verslaafde leef?

Geestesgesondheid 24 Mei 2022 24.05.2022

Johan van Lill praat met opvoedkundige sielkundige, Elzette Fritz, oor angs, stres, trauma en post-traumatiese stres. Noudat ons weer stadigaan terugkeer na die lewe voor die pandemie, praat al hoe meer mense oor die impak wat trauma, angs en stres op hulle lewe het. Hoe bly ons geestesgesond in hierdie tye?

Geestesgesondheid 17 Mei 2022 17.05.2022

Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous oor hoe jy jou brein lewenskragtig kan hou. Wat is geestelike higïene? Is daar pille wat jou brein beter kan laat funksionieer, en jou meer suksesvol kan maak?

Geestesgesondheid 10 Mei 2022 10.05.2022

Johan van Lill praat met Lizelle de Bruin en Fanie Kriel, 'n kliniese pastorale terapeut, oor veerkragtigheid – die vermoë om terug te kan bons as jou lewe omver gegooi word deur trauma of iets wat gebeur het. Hoe kry jou jouself om weer te floreer en om dit wat met jou gebeur het, as ‘n geleentheid vir groei te sien?

Geestesgesondheid 3 Mei 2022 03.05.2022

Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous, navorser en kundige oor die werking van die brein, oor die Dunning-Kruger-effek. Hoekom is dit so dat hoe meer jy van iets leer of ervaring het, hoe minder voel jy of dit so is? Hoe beïnvloed dit jou geestesgesondheid?

Geestesgesondheid 26 April 2022 26.04.2022

Johan van Lill fokus op volwassenes met ADHD. Carlo Keyser, ‘n hoogs suksesvolle entrepreneur, vertel hoe hy elke dag daarmee saamleef. Prof. Renata Schoeman, 'n psigiater met 'n spesifieke belangstelling in ADHD en ADD, praat oor al die aspekte in 'n mens se lewe wat hierdeur geraak word.

Geestesgesondheid 19 April 2022 19.04.2022

Hoe gemaak as my lewe anders uitdraai as wat ek gehoop, gedink of gedroom het? Het die seerkry op jou lewenspad, en wat jy graag wou hê of bereik, ‘n vernietigende impak op jou lewe gehad?. Johan van Lille se gas is Johannes de Villiers, 'n skrywer, mindfulness-afrigter en oudjoernalis.

Geestesgesondheid 12 April 2022 12.04.2022

Johan van Lill kyk na uitsigloosheid. Hoe gemaak as jy voel dat alle deure in die lewe vir jou toeklap? Hoe hou jy jouself regop, en waar begin jy om weer jou lewe se stukke op te tel? Opvoedkundige sielkundige Quinton Adams is die gas.

Geestesgesondheid 5 April 2022 05.04.2022

Johan van Lill kyk na die impak wat kinders met leer- en ontwikkelingsprobleme of neurologiese uitdagings het op ouers se geestesgesondheid. Elzette Fritz, ‘n opvoedkundige sielkundige, gee raad oor hoe om dit nie net tot voordeel van jou eie geestesgesondheid te hanteer nie, maar ook sodat jou verhouding(s) nie daaronder ly nie.

Geestesgesondheid 29 Maart 2022 29.03.2022

Dit is Christelle Webb-Joubert se laaste keer as aanbieder van Geestesgesondheid. In die program gee vyf van haar gereelde gaste wenke en deel wysheid oor hoe om geestesgesond te bly in die toekoms.

Geestesgesondheid 22 Maart 2022 22.03.2022

Is jy van mening dat die wêreld ‘n al hoe gevaarliker plek word? Maatskaplike werker Sorika de Swardt verduidelik hoe om anders te dink oor dít wat om ons gebeur.

Geestesgesondheid 15 Maart 2022 15.03.2022

Fisioterapeut Laurel Doman praat oor die verskillende soorte stres en trauma. Sy gee ook raad oor hoe jy jouself kan help as jy nie die vermoë het om by ‘n sielkundige uit te kom nie.

Geestesgesondheid 8 Maart 2022 08.03.2022

Opvoedkundige sielkundige dr. Ilse Karsten verduidelik wat emosionele intelligensie is, en hoe om dit te reguleer.

Geestesgesondheid 1 Maart 2022 01.03.2022

Wil jou kind nie eet wat jy vir hom of haar gee nie? Eet jou kind dalk te veel? Sit julle as gesin om die tafel, of eet elkeen waar hulle wil, wanneer hulle wil? Dieëtkundige Maya Naumann verduidelik wat die ouer se verantwoordelikheid is met voeding kom, en wat die kind se verantwoordelikheid is.

Geestesgesondheid 22 Februarie 2022 22.02.2022

Christelle Webb-Joubert praat met dieëtkundige Maya Naumann oor hoe gesonde eetgewoontes baie verder strek as net die liggaam. Mense wat emosioneel gesond is, eet ook gesonder, want dieselfde eienskappe wat jy nodig het om na jou geestesgesondheid om te sien, gebruik jy om gesond te eet.

Geestesgesondheid 15 Februarie 2022 15.02.2022

Sielkundige dr. Johan Ferreira beantwoord luisteraarsvrae oor 'n verskeidenheid geestesgesondheidskwessies.

Geestesgesondheid 8 Februarie 2022 08.02.2022

Christelle Webb-Joubert praat met lewensafrigter en hipnoterapeut Zuleka Jasper oor selfhipnose.

Geestesgesondheid 1 Februarie 2022 01.02.2022

Christelle Webb-Joubert praat met lewensafrigter en hipnoterapeut Zuleka Jasper oor hipnose.

Geestesgesondheid 25 Januarie 2022 25.01.2022

Christelle Webb-Joubert praat met sielkundige dr. Johan Ferreira oor die verskillende soorte sielkundiges, en die verskil tussen ‘n psigiater, sielkundige en berader.

Geestesgesondheid 18 Januarie 2022 18.01.2022

Christelle Webb-Joubert praat met fisioterapeut Laurel Doman oor hoe jou storie, of die emosionele gebeure in jou lewe, ‘n fisiologiese invloed op jou liggaam het.

Geestesgesondheid 11 Januarie 2022 11.01.2022

Christelle Webb-Joubert praat met sielkundige Luricka Fick oor nuwejaarsvoornemens. Waarom gebeur dit so dikwels dat mens nie die voornemens nakom nie?

Geestesgesondheid 4 Januarie 2022 04.01.2022

Christelle Webb-Joubert praat met kunstenaar en aktivis Carin Bester oor geslagsgeweld en haar veldtog, She had a name 365.

Geestesgesondheid 28 Desember 2021 28.12.2021

Christelle Webb-Joubert praat met pastorale terapeut Fanie Kriel oor identiteit. Hoekom is dit belangrik om te weet wie jy is?

Ascultă podcastul Geestesgesondheid în Replaio

Radio și podcasturi într-o singură aplicație - gratuit și fără înregistrare. Instaleaz-o azi și nu rata lansarea

Descarcă din Google Play

Replaio nu este editorul podcasturilor; numele emisiunilor, coperțile și materialul audio aparțin autorilor lor și sunt distribuite prin fluxuri RSS publice