RSG

Spitstyd

'n Huistoeryprogram met nuus, verkeersverslae, markverslae, sport, groensake, tegnologie en die lekkerste musiek, wat jou in 'n japtrap by die huis kry!

Não deixe de visitar o site do podcast e apoiar quem o produz: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Categoria

Society

Site do podcast

www.rsg.co.za

Último episódio

26 de nov de 2026

Onde ouvir?

Podcasts no app Replaio Radio Em breve

Os podcasts estão chegando ao app. Instale agora e seja o primeiro a descobrir um jeito totalmente novo de curtir podcasts

Baixe no Google Play Instale grátis Android 10 mi+ downloads · nota 4,7+ iOS em breve

Episódios

Almal en nog wat: 16 Dae van Aktivisme teen Geweld teen Vroue en Kinders 26.11.2026

Tatum Rose was in ’n huwelik waarin sy fisiek, emosioneel en seksueel mishandel is. Daar het ’n dag gekom toe sy besef het dat sy nie net haar eie lewe nie, maar ook dié van haar kinders moes beskerm. Vandag het Tatum haar eie onderneming, en vertel sy haar verhaal in die hoop dat ander vroue wat dalk in soortgelyke omstandighede vasgevang is, sal besef dat daar ’n uitweg is.

Absa: In voorspoed en wat ook al (Deel 5) 26.11.2026

Die drama duur voort in For Better or for Whatever, en vandag loer ons weer by die Scotte en Nkosis in, terwyl ons kyk na ‘n paar van die skelmstreke wat jou geld en jou persoonlike inligting in gevaar kan stel. Swartvrydag en Kubermaandag is om die draai, en Absa help jou om jou geldsake te bestuur en te beskerm sodat jy met trots kan sê: “I grew it”. Ina Steyn, Hoofbedryfsbeamptevan die Hoofseku...

Kuns met kontant: Armand Steenkamp (Deel 1) 25.11.2026

In die Boesmanland en Namakwaland leer ’n mens vroeg in jou lewe dat jy nie reën kan bestel nie. Jy moet die goeie jare benut en die droë jare kan oorleef. Eintlik werk die musiekbedryf nie veel anders nie. Liedjieskrywer en storieverteller Armand Steenkamp se wortels lê diep in die Namakwaland – ’n wêreld van lang grondpaaie, min reën, besonderse karakters en stories wat rondom die braaivleisvuur...

RSG Help: Baby Therapy Centre, Pretoria 24.11.2026

Dr. Scheán Babst vertel van die Baby Therapy Centre (BTC) in Lynnwood, Pretoria. Dit is 'n welsynsorganisasie wat al langer as 30 jaar baba’s, jong kinders en hulle gesinne ondersteun deur vroeë intervensieterapie. Vroeë terapie kan 'n kind se ontwikkelingspad verander, maar sonder finansiële ondersteuning kry nie elke kind toegang tot hierdie noodsaaklike hulp nie. Die sentrum fokus op die belang...

Almal en nog wat: The Weather Hooligan 19.11.2026

Vir sommige mense is die weer veel meer as net temperature, reën en wind. Dit is ‘n passie, ‘n avontuur en soms selfs ‘n adrenalien-ervaring! Juandré Vorster, beter bekend as The Weather Hooligan, het sy liefde vir weerstelsels, donderstorms en uiterste weerverskynsels in ‘n unieke platform omskep. Hy is ‘n weerentoesias en stormjaer wat deur Suid-Afrika reis om van Moeder Natuur se indrukwekkends...

Kuns met kontant: Richard van der Westhuizen (Deel 2) 18.11.2026

Party kunstenaars maak treffers. Ander maak geskiedenis. En dan is daar kunstenaars wie se werk deel word van ons kollektiewe geheue. Richard van der Westhuizen kom oorspronklik van Nababeep in Namakwaland. Hy het Boukunde studeer en aanvanklik ’n heel ander loopbaan oorweeg, maar die lewe het ander planne gehad. Hy word akteur, sanger, komponis en liedjieskrywer, en bou oor meer as vier dekades ’...

RSG Help: Tygerberg Hospitaal Kindertrust 17.11.2026

Die Tygerberg Hospitaal Kindertrust help onder meer om lewensreddende mediese toerusting aan te koop, kindersale te verbeter en te verseker dat jong pasiënte steeds toegang tot onderrig het. Professor Pierre Goussard praat oor die werk van die trust, die uitdagings waarmee hierdie kinders en hulle gesinne te kampe het, en hoe die publiek kan help. https://www.tygerbergchildren.org.za/

Almal en nog wat: Miniatuur antieke meubels 12.11.2026

Elga Koster vervaardig miniatuur reproduksies van antieke meubels op 'n skaal van 1 tot 12. Sy kombineer houtwerk, metaalwerk en fyn borduurwerk. Wat as 'n stokperdjie begin het, het haar uiteindelik tot in Amerika geneem en deure na 'n internasionale wêreld van versamelaars oopgemaak.

Absa: In voorspoed en wat ook al (Deel 4) 12.11.2026

Die drama duur voort in For Better or for Whatever, en vandag loer ons weer by die Scotte en Nkosis in, terwyl ons kyk na ‘n paar van die skelmstreke wat jou geld en jou persoonlike inligting in gevaar kan stel. Bronwyn Bell, die hoof van bedrog, kliënte-uitnemendheid en beoordeling by Absa Bedrogoplossings, praat oor hoe jy met trots kan sê “I grew it”. So skuins voor Internasionale Bedrogbewusth...

Kuns met kontant: Richard van der Westhuizen (Deel 1) 11.11.2026

Party kunstenaars maak treffers. Ander maak geskiedenis. En dan is daar kunstenaars wie se werk deel word van ons kollektiewe geheue. Richard van der Westhuizen kom oorspronklik van Nababeep in Namakwaland. Hy het Boukunde studeer en aanvanklik ’n heel ander loopbaan oorweeg, maar die lewe het ander planne gehad. Hy word akteur, sanger, komponis en liedjieskrywer, en bou oor meer as vier dekades ’...

RSG Help: Good Samaritan’s Network 10.11.2026

Cindy Kotze, direkteur van Good Samaritan’s Network, gesels oor dié organisasie wat ongeveer 100 vroeëkinderontwikkelingsentrums in die Wes-Kaap ondersteun, en só ’n verskil in die lewens van sowat 5 000 kinders maak. Projekte wissel van voedselhulp en groentetuine tot skoolbenodigdhede en winterklere. Hulle probeer om vir kinders ’n beter begin in die lewe te...

Almal en nog wat: Natuurlewefotograaf 05.11.2026

Isak Pretorius is onlangs vir die tweede keer as ’n kategoriewenner in die gesogte internasionale Wildlife Photographer of the Year-kompetisie aangewys. Sy bekroonde foto is Scenes from the Swamp. Hy het dieselfde kategorie ook in 2013 gewen.

Kuns met kontant: Rhona van Niekerk (Deel 2) 04.11.2026

Hoeveel mense loop nie met 'n droom rond wat hulle jaar ná jaar uitstel nie? Omdat die lewe gebeur, die rekeninge betaal moet word en daar altyd iets belangriker is wat eers moet gebeur. Rhona van Niekerk en haar storie is een waarmee baie van ons kan vereenselwig. Sy kom van Bethal in Mpumalanga, het musiek aan die Universiteit van Pretoria studeer, skool gegee en uiteindelik haar eie musiekskool...

RSG Help: Sungardens Palliatiewe Sorgsentrum, Pretoria 03.11.2026

Irma Schnetler-Ras, voorspraakbeampte van die sorgsentrum, gesels oor Sungardens, wat al vir vier dekades liefdevolle versorging en ondersteuning aan mense bied wat met ernstige en lewensbedreigende siektes saamleef. Die organisasie fokus nie net op mediese sorg nie, maar ook op die emosionele en geestelike welstand van pasiënte en hulle geliefdes. https://www.sungardens.org.za/

Almal en nog wat: Franse Vreemdelingelegioen 29.10.2026

Johann Botha is 'n Suid-Afrikaner wat al sewe en 'n half jaar lank in die Franse Vreemdelingelegioen dien. Hy het sy eerste twee jaar as 'n valskermsoldaat deurgebring, voordat hy op die ouderdom van 21 die streng keuringsproses geslaag het om deel van die Franse valskermkommando te word. Hy dien reeds vyf en 'n half jaar in hierdie gespesialiseerde eenhede, waar hy ook as ‘n padvinder opgelei is.

Kuns met kontant: Rhona van Niekerk (Deel 1) 28.10.2026

Hoeveel mense loop nie met 'n droom rond wat hulle jaar ná jaar uitstel nie? Omdat die lewe gebeur, die rekeninge betaal moet word en daar altyd iets belangriker is wat eers moet gebeur. Rhona van Niekerk en haar storie is een waarmee baie van ons kan vereenselwig. Sy kom van Bethal in Mpumalanga, het musiek aan die Universiteit van Pretoria studeer, skool gegee en uiteindelik haar eie musiekskool...

RSG Help: Asterix, the Long Firefighting Dog (Limpopo) 27.10.2026

Jaco Rautenbach is die stigter, besturende direkteur en brandweerhoof van ASTERIX, THE LONG FIREFIGHTING DOG. Hulle lewer brandbestryding- en noodhulpdienste in die Groter Tzaneen- en Groter Letaba-gebiede in Limpopo. Die organisasie is 24 uur per dag beskikbaar, en reageer op huis- en geboubrande, veld- en bosbrande, voertuigbrande, motorongelukke, reddingsoperasies en ander noodgevalle. Hulle we...

Almal en nog wat: Papier- en dokumentrestoureerder 22.10.2026

Elke ou historiese dokument, handgeskrewe brief of kunswerk op papier dra ’n storie. Suzanne Louw is ’n geakkrediteerde papier- en dokumentrestoureerder van Gqeberha. Sy spesialiseer in die bewaring en restourasie van papiergebaseerde erfenisstukke, kunswerke, historiese manuskripte, kaarte en argiefmateriaal. https://suzanneslouw.wixsite.com/paperconservator

Absa: In voorspoed en wat ook al (Deel 3) 22.10.2026

Die drama duur voort in For Better or for Whatever, en vandag loer ons weer by die Scotte en Nkosis in, terwyl ons kyk na ‘n paar van die skelmstreke wat jou geld en jou persoonlike inligting in gevaar kan stel. Skelmstreke kan enige plek en met enigiemand gebeur. Sien die tekens raak, wees op jou hoede en skakel of WhatsApp Absa by 0860 557 557 om ’n voorval aan te meld. Ina Steyn, die hoofbedryf...

Kuns met kontant by die Woordfees (Deel 2) 21.10.2026

Wat het ’n Springbok, ’n sanger, ’n aktrise en die skandaal van Markus Jooste en Steinhoff met mekaar gemeen? Op die Kuns met Kontant-bank in die RSG-vierkant by die Toyota Stellenbosch Woordfees het vier uiteenlopende wêrelde bymekaargekom - Rugbyheld en sakeman Kobus Wiese, sanger en storieverteller Jak de Priester, aktrise Elzabé Zietsman en skrywer James Styan, wat die donker geheime agter Mar...

RSG Help: Solidariteit Helpende Hand se Broodnodig-projek 20.10.2026

Kinders se veiligheid is BROODNODIG. Deur Ons Plek se Broodnodig-projek te ondersteun verseker jy ‘n veilige en voorspoedige toekoms vir ons kinders. Solidariteit Helpende Hand se Ons Plek-Kleuterskole en Naskoolsentrums bied daagliks aan honderde kinders 'n veilige plek waar hulle liefde, versorging en voedsame etes ontvang, asook die geleentheid gebied word om hul volle potensiaal te bereik. Jou...

Almal en nog wat: Gian Groen 15.10.2026

Willem Pelser gesels met Gian Groen oor liedjieskryf en KI-musiek.

Kuns met kontant by die Woordfees (Deel 1) 14.10.2026

Wat het ’n Springbok, ’n sanger, ’n aktrise en die skandaal van Markus Jooste en Steinhoff met mekaar gemeen? Op die Kuns met Kontant-bank in die RSG-vierkant by die Toyota Stellenbosch Woordfees het vier uiteenlopende wêrelde bymekaargekom - Rugbyheld en sakeman Kobus Wiese, sanger en storieverteller Jak de Priester, aktrise Elzabé Zietsman en skrywer James Styan, wat die donker geheime agter Mar...

RSG Help: Epilepsie SA, Gauteng 13.10.2026

In hierdie episode gesels ons met Epilepsie Suid-Afrika se Gauteng-tak. Hierdie onafhanklike organisasie is die enigste gespesialiseerde diensverskaffer vir epilepsie in Gauteng. Vanuit hulle twee sentrums in Springs bied hulle 24-uur residensiële sorg aan volwassenes met epilepsie en ander gestremdhede. Hulle bestuur ook beskermende werkswinkels wat individue help om vaardighede aan te leer en ek...

Almal en nog wat: Watersommelier 08.10.2026

Carla Mackenzie gesels met watersommelier Nico Pieterse oor sy unieke beroep.

Ouça o podcast Spitstyd no Replaio

Rádio e podcasts em um só app - grátis e sem cadastro. Instale hoje e não perca o lançamento

Baixe no Google Play

O Replaio não é o publicador dos podcasts; os nomes dos programas, as capas e o áudio pertencem aos seus autores e são distribuídos por feeds RSS públicos