RSG

Regsake

'n Span regskenners bespreek regskwessies en -probleme.

Não deixe de visitar o site do podcast e apoiar quem o produz: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Categoria

Society

Site do podcast

www.rsg.co.za

Último episódio

23 de nov de 2026

Onde ouvir?

Podcasts no app Replaio Radio Em breve

Os podcasts estão chegando ao app. Instale agora e seja o primeiro a descobrir um jeito totalmente novo de curtir podcasts

Baixe no Google Play Instale grátis Android 10 mi+ downloads · nota 4,7+ iOS em breve

Episódios

Regsake: Minister van Justisie, Staatsprokureur en Hoofstaatsregsadviseur 23.11.2026

23 November 2026: Tiaan Joubert praat verder oor rolspelers in die regswêreld, en fokus week op die Minister van Justisie, die Staatsprokureur, en ‘n kantoor waarvan min mense al gehoor het, die Hoofstaatsregsadviseur. Boedelspesialis Volker Kruger bespreek ‘n saak oor 'n munisipaliteit wat 'n eiendom wil terugvat wat hy aan iemand verkoop het omdat die koper nie verbeteringe aangebring het in ‘n...

Regsake: Skadevergoedingseis teen werkgewer 16.11.2026

16 November 2026: Tiaan Joubert praat verder oor rolspelers in die regswêreld, en fokus op regters, landroste, klerke van die hof, en die Regterlike Dienskommissie. Arbeidsregkenner Johan Botes bepreek ‘n onlangse saak van ‘n skadevergoedingseis teen ’n werkgewer.

Regsake: Kan 'n afwesige ouer van 'n kind se boedel erf? 09.11.2026

9 November 2026: Tiaan Joubert praat verder oor rolspelers in die regswêreld, en fokus op die mense wat die regsberoep uitmaak, hoe hulle opgelei word, en hoe jy seker kan maak die persoon wat jou help, is werklik gekwalifiseer. Elsa Kruger Willemse beantwoord ’n vraag oor of 'n afwesige ouer van 'n kind se boedel kan erf?

Regsake: Hoe kom ‘n wet tot stand? Regte en verpligtinge van huurders en verhuurders 02.11.2026

2 November 2026: Tiaan Joubert praat verder oor rolspelers in die regswêreld, en fokus op hoe ‘n wet in Suid-Afrika tot stand kom, en wanneer dit van krag is. Est-marié McCallahan praat oor die regte en verpligtinge van huurders en verhuurders van ‘n residensiële eiendom. Wat skryf die Huurbehuisingswet voor, veral in die geval waar mense nie van ‘n agent gebruikmaak nie.

Regsake: Wat doen die KVBA? Hofsaak oor vuurwapenlisensies wat verval het 26.10.2026

26 Oktober 2026: Tiaan Joubert praat verder oor rolspelers in die regswêreld, en fokus op die werksaamhede van die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie. Volker Kruger bespreek ‘n belangrike hofsaak oor vuurwapenlisensies wat verval het, en gee ook raad oor die hantering van vuurwapens in bestorwe boedels.

Regsake: Borgtog; Nasionale register vir seksuele oorstreders 19.10.2026

19 Oktober 2026: Tiaan Joubert praat oor borgtog in die Suid-Afrikaanse strafregstelsel. Wat is dit? Hoe word dit toegestaan? Wanneer word dit geweier? Elmari Richter beantwoord ‘n luisteraarsvraag oor of dit wettig is om die nasionale register vir seksuele oorstreders openbaar te maak.

Regsake: Die Aktekantoor; Klousules in kontrakte waarvan verbruikers moet weet 12.10.2026

12 Oktober 2026: Tiaan Joubert fokus op die werksaamhede van die Aktekantoor. Est-Marié McCallahan bespreek ‘n onlangse hofuitspraak wat te doen het met die Verbruikerswet en verskaffers wat sekere klousules in kontrakte baie duidelik onder 'n verbruiker se aandag moet bring, en dit nie net in die fynskrif kan wegsteek nie.

Regsake: Gesinsadvokate; Vakansieklub-kontrakte 05.10.2026

5 Oktober 2026: Prokureur Tiaan Joubert praat oor die rol en werk van ‘n gesinsadvokaat. Elsa Kruger Willemse beantwoord ‘n luisteraarsvraag oor die strik van lewenslange vakansieklub-kontrakte.

Regsake: Wat doen die balju? Werknemer moet R2,8 miljoen terugbetaal oor leun 28.09.2026

28 September 2026: Prokureur Tiaan Joubert bespreek die werksaamhede van die balju. Arbeidsregkenner Johan Botes praat oor ‘n onlangse hofuitspraak wat handel oor ‘n werknemer in Kaapstad wat R2,8 miljoen aan haar werkgewer moet terugbetaal omdat sy gejok het oor haar werkservaring.

Regsake: Meester van die hof; Peetouers 21.09.2026

21 September 2026: Prokureur Tiaan Joubert bespreek die werksaamhede van die Meester van die hof. Familieregkenner Elmari Richter verduidelik wat die reg oor peetouers sê.

Regsake: Skenkingsbelasting; Testamente, boedels en trusts 14.09.2026

14 September 2026: Elsa Kruger-Willemse praat oor die kuns van gee, en wat jy moet weet van skenkingsbelasting in Suid-Afrika. Volker Kruger bespreek die geldigheid van 'n testament sonder 'n datum, inkomstebelasting by trusts, die verkoop van 'n huis sonder die erfgename se toestemming, en ander vrae oor testamente, boedels en trusts.

Regsake: Agterstand by Meesterskantoor in Johannesburg 07.09.2026

7 September 2026: Prokureur Tiaan Joubert praat onder meer oor die voortslepende agterstand van die Meesterskantoor in Johannesburg. Boedelspesialis Volker Kruger praat oor die regte van lewensmaats in terme van die intestate erfreg, onderhoudseise teen bestorwe boedels en eise vir verlies aan onderhoud ná die dood van 'n lewensmaat in 'n motorongeluk.

Regsake: Vroue se erfreg; Surrogaatskap 31.08.2026

31 Augustus 2026: Prokureur Susan de Wet praat in die die laaste episode van die reeks oor vroue en die reg oor die ontwikkeling van vroue se erfreg. Familieregkenner Riëtte Oosthuisen praat oor surrogaatskap in Suid-Afrika.

Regsake: Maritale mag; Padongelukkefonds vertraag afhandeling van boedel 24.08.2026

24 Augustus 2026: Prokureur Est-Marié McCallahan praat in die vierde episode oor vroue en die reg oor maritale mag. Prokureur Susan de Wet beantwoord ‘n luisteraarsvraag oor die Padongelukkefonds, wat verband hou met ‘n eis wat na jare nie uitbetaal is nie, en ‘n boedel wat as gevolg daarvan nie afgehandel kan word nie.

Regsake: Nuwe wetgewing oor kinders en sosiale media 17.08.2026

Est-Marié McCallahan praat in die derde van vyf insetsels oor vroue en die reg, oor die ontwikkeling van vroue se stemreg. Prokureur Elsa Kruger-Willemse praat oor nuwe wetgewing, en hoe dit die veiligheid van kinders sal beïnvloed in ‘n wêreld wat deur sosiale media oorheers word.

Regsake: Vrouedag; Die aanstuur van WhatsApp-boodkappe 10.08.2026

10 Augustus 2026: Prokureur Est-Marié McCallahan praat in die tweede aflewering vroue en die reg oor Vrouedag. Dr. Gerrie Ebersohn bespreek ‘n onlangse saak oor WhatsApp-boodkappe wat aangestuur is, en of die aanstuur daarvan moontlik haatspraak aangehits het of nie.

Regsake: Vroue en die reg; Bekentenisse 03.08.2026

3 Augustus 2026: In die eerste van vyf aflewerings in ‘n reeks oor vroue en die reg vertel prokureur Est-Marié McCallahan oor hoe die regstelsel ontwikkel het sodat vroue ook toegang kon kry tot regsberoepe. Strafregkenner dr. Llewelyn Curlewis verduidelik wat bekentenisse in die Suid-Afrikaanse reg behels.

Regsake: Afwesigheid weens siekte en sieknotas 27.07.2026

27 Julie 2026: Prokureur Tiaan Joubert praat in die laaste van ons reeks van vier episodes oor die Regspraktykraad en ander belangrike liggame in ons regslandskap. Arbeidsregkenner Johan Botes praat oor afwesigheid weens siekte en sieknotas, na aanleiding van getuies by die Madlanga-kommisie wat sieknotas ingehandig het om hulle afwesigheid te regverdig.

Regsake: Regspraktisyns en die Regspraktykraad; Verborge gebreke en 'n voetstootsklousule 20.07.2026

20 Julie 2026: Prokureur Tiaan Joubert -praat in die derde van ons reeks van vier episodes oor die Regspraktykraad. Hy fokus op wat dit in praktyk vir regspraktisyns beteken om deur dié raad gereguleer te word. Boedelspesialis Volker Kruger bespreek ‘n hofsaak wat handel oor of ‘n koper die verkoper vir verborge gebreke aanspreeklik kan hou in weerwil van 'n voetstootsklousule.

Regsake: Die neem van foto’s en video’s in openbare plekke 13.07.2026

13 Julie 2026: Prokureur Tiaan Joubert praat in die tweede van vier episodes oor die Regspraktykraad. Hy verduidelik wat hierdie regsliggaam vir jou kan beteken. Prokureur Est-marie McCallahan praat oor wat jy mag en nie mag doen met die neem van foto’s en video’s in openbare plekke.

Regsake: Wat doen die Regspraktykraad? Is POF aanspreeklik wanneer slagoffer selfdood pleeg? 06.07.2026

6 Julie 2026: Tiaan Joubert verduidelik wat die Regspraktykraad is, die raad se verhouding met die publiek en praktisyns, en watter ander regsliggame daar is om van bewus te wees. Prokureur Susan de Wet bespreek ‘n saak wat handel oor of die Padongelukkefonds aanspreeklik is wanneer 'n ongelukslagoffer later selfdood pleeg.

Regsake: Personeelafleggings; Werking van howe 29.06.2026

29 Junie 2026: Dr. Gerrie Ebersohn praat oor arbeidsreg en personeelafleggings. Elsa Kruger-Willemse verduidelik die hierargie en die werking en toeganklikheid van Suid-Afrikaanse howe.

Regsake: Skadevergoeding vir onregmatige arrestasie; Mag jou werk jou summier afdank? 22.06.2026

22 Junie 2026: Boedelspesialis Volker Krüger bespreek ‘n saak wat handel oor wanneer jy skadevergoeding van die Staat vir onregmatige arrestasie en aanhouding kan eis. Tiaan Joubert verduidelik of jou werkgewer jou summier mag wegjaag. Hy beantwoord onder meer vrae oor wat substantiewe billikheid behels, wanneer ‘n verhoor moet plaasvind, en of dit waar is dat jy eers drie waarskuwings moet kry vo...

Regsake: Outeursreg; Aftreeouderdom 15.06.2026

15 Junie 2026: Patentprokureur Bianca Luwe praat oor outeursreg, wat mense soms dink slegs op skrywers, kunstenaars en musikante van toepassing is. Dr. Gerrie Ebersohn bespreek die arbeidsreg met betrekking tot jou aftreeouderdom.

Regsake: Konsepgedragskode oor toegangsbeheer 08.06.2026

8 Junie 2026: Prokureur Tiaan Joubert praat oor die Inligtingsreguleerder se konsepgedragskode oor toegangsbeheer by geboue en komplekse. Est-Marié McCallaghan praat oor onwettige bouery in komplekse, en gepaargaande boetes.

Ouça o podcast Regsake no Replaio

Rádio e podcasts em um só app - grátis e sem cadastro. Instale hoje e não perca o lançamento

Baixe no Google Play

O Replaio não é o publicador dos podcasts; os nomes dos programas, as capas e o áudio pertencem aos seus autores e são distribuídos por feeds RSS públicos