RSG

Driesestig

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Não deixe de visitar o site do podcast e apoiar quem o produz: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Categoria

Society

Site do podcast

www.rsg.co.za

Último episódio

26 de nov de 2026

Onde ouvir?

Podcasts no app Replaio Radio Em breve

Os podcasts estão chegando ao app. Instale agora e seja o primeiro a descobrir um jeito totalmente novo de curtir podcasts

Baixe no Google Play Instale grátis Android 10 mi+ downloads · nota 4,7+ iOS em breve

Episódios

Braaibroodjies: Deel 3 (Die geskiedenis van kaas) 26.11.2026

Jan Bloukaas se woorde “Ek hou van kaas Bra” kan maar in die agtergrond speel vir hierdie gesprek waar Johan Rademan met Frans de Villiers gesels oor die geskiedenis van kaas.

Opvolg: 7 Dae, 7 marathons, 7 vastelande 26.11.2026

Alice Myburg vertel vir Martelize Brink van The Great World Race. Dis 7 marathons in 7 dae op 7 vastelande. Sy het al 7 marathons in 39 en 'n half uur voltooi.

The Esther Foundation SA 25.11.2026

Shanay Jonas, 'n vrywilliger van The Esther Foundation SA, gesels oor die werk wat hulle in gemeenskappe doen, en hoe hulle jongmeisies aan die hand vat wat uit behoeftige gemeenskappe kom. Die organisasie is gestig deur Michelle de Witt, wat onlangs ’n Women Changing the World-benoeming daarvoor gekry het.

Dorpsgeheime: Mal’va De Rust-projek 25.11.2026

Freda Schoeman vertel vir Martelize Brink van Mal'va De Rust, ‘n projek waar daar reeds 10 000 malvasteggies op die dorp geplant is. Die malva wat so gewild in Europa is, is oorspronklik in Meiringspoort geoes en veredel.

Kat laat rower hasepad kies 25.11.2026

‘n Familie se kat het ‘n wapen in die dogter se hand geword toe ‘n man hulle winkel wou beroof. Met die kat se geblaas en gekrap, is hy leë hande daar weg.

Êrens oorsee: Die Eiland Man 24.11.2026

Sanet du Toit vertel vir Martelize Brink van die Eiland Man waar sy al 23 jaar lank in Port Erin in die suide woon.

Geweld in ons huise en verhoudings: Kinders in die siklus van gesinsgeweld 24.11.2026

Sinta Ebersohn praat oor kinders in die siklus van gesinsgeweld, en hoe geweld in ‘n huis ‘n kind beïnvloed wat nie direk deurloop nie.

868 keer probeer parkeer! 24.11.2026

‘n Veiligheidswag in ’n parkeergarage in China het ‘n bestuurderlose elektriese motor gekry wat homself drie uur die oggend 868 probeer parkeer het.

Die Groot Suidelike BioBlitz 23.11.2026

Wikus Engelbrecht vertel van die groot Suidelike BioBlitz, wat hulle in die Tuinroete daarvoor beplan, en die mate waartoe Suid-Afrikaners deelneem aan die inisiatief.

In die wêreld van landbou 23 November 2026 23.11.2026

In die landbounuus: Wes-Kapenaars gewaarsku teen hoë temperature en veldbrande; Vrystaat stig ’n predasieforum; Agbiz ontken ‘n wydverspreide arbeidskrisis op plase; en meer as 90% van Suid-Afrika se beeskudde is reeds teen bek-en-klouseer ingeënt.

Wetenskapwonder: Biologiese rekenaar 23.11.2026

Felix Spies vertel van ‘n biologiese rekenaar waar menslike senuweeselle met rekenaartegnologie gekombineer word.

Sewe marathonne terwyl sy swanger is 23.11.2026

Deidre Keane het vanjaar sewe marathonne gehardloop terwyl sy swanger was. Die laaste een was op 1 November in New York, op 34 weke.

Desmond Wells se tuingesin 20.11.2026

Die afgelope drie en 'n half jaar het die sanger Desmond Wells 'n tuingesinnetjie bygekry toe die dikkop-voëls, wat hy Hansie en Grietjie gedoop het, in sy tuin kom nesskop het. Haidee Muller-Isaacs het gaan inloer terwyl hy hulle voer. Dié geveerde gesinnetjie kry daagliks roereier vir ete...

360 Speseryroete: Kei-appel 20.11.2026

Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche vertel van die kei-appel met sy dorings en heerlike reuk. Dit word ook die wilde appelkoos en appelkoosdoring genoem.

Aktivistiese argiviste 20.11.2026

Argiefaktiviste in Frankryk skakel mense se ou tuisfilms oor na ‘n digitale formaat, om dit te bewaar vir die toekoms.

Braaibroodjies: Deel 2 (Die geskiedenis van tamaties en uie) 19.11.2026

Volgens Martha Jay, skrywer van ONIONS AND GARLIC: A GLOBAL HISTORY (2016) is die ui moontlik die eerste groente waarmee die mens geboer het. ‘n Braaibroodjie sonder uie en tamatie is mos nie ‘n regte egte Suid-Afrikaanse braaibroodjie nie, of hoe?. Verbeel jou jy kan uie en tamaties uit die Kompanjiestuin kry. Dít is wat Frans de Villiers reggekry het in sy soektog na die geskiedkundige braaibroo...

Jonk: Kos en jou gemoed 19.11.2026

Dieetkundige Valpré Huisamen vertel vir Martelize Brink hoe voeding gedrag en emosie beïnvloed. En, maak suiker kinders regtig meer aktief?

1 Ligdag vir Voyager 1 19.11.2026

Yvonne van den Bergh gesels met Martelize Brink oor Voyager 1 wat die een ligdag-mylpaal op sy reis deur die ruimte bereik het. Sy het reageer op NASA se versoek om ‘n morsekode boodskap van ondersteuning aan Voyager 1 te stuur. ‘n Video daarvan is op die TV-program, Good Morning America, gewys.

Swangerskappe wat mense laat praat 19.11.2026

'n Swangerskap is in Engeland in die nuus nadat ‘n 59-jarige TV-aanbieder aangekondig het dat haar derde kind op pad is. In die Ooste is daar ander soort swangerskap in die nuus. ‘n Lid van ‘n K-popgroep wat met behulp van KI geskep is, gaan glo die musiekbedryf verlaat om op haar gesondheid te fokus, weens haar "swangerskap".

Op die spoor van die Grotes 18.11.2026

Ockie Cloete van die Klein Karoo Camino vertel vir Haidee Muller-Isaacs van die Op-die-Spoor-van-die-Grotes-staptogte in die Knysnawoud. Jy volg figuurlik die Grotes van die Oerbos, maar ook letterlik die spoor van die oorblywende Grootvoete.

Dorpsgeheime: Burgersdorp se taalmonument 18.11.2026

Marinda Schutte vertel vir Martelize Brink van Suid-Afrika se eerste taalmonument op Burgersdorp, en waarom daar twee langs mekaar staan.

Toep wys hotelle met bedluise 18.11.2026

In China is daar ‘n toepassing wat wys watter hotelle bedluise het. Jy kan ook daarop sien watter insekte voorkom in sekere streke, en hoe hulle byte lyk.

Êrens oorsee: Darwin, Australië 17.11.2026

Albertha Deeb vertel vir Martelize Brink van die lewe in Darwin, Australië se noordelike gebied. Die gebied is so groot soos Suid-Afrika, maar daar woon net 260 000 mense.

Geweld in ons huise en verhoudings: Waarom bly mense in gesinsgeweld? 17.11.2026

Sinta Ebersohn is 'n bekroonde skrywer, spreker en internasionaal geakkrediteerde Post-Traumatiese Groei-spesialis en mentor. Sy praat oor waarom mense in situasies van gesinsgeweld bly, en gee praktiese raad oor hoe om daar uit te kom.

Wat die werk met 'n speletjie doen 17.11.2026

Met die vrystelling met die rekenaarspeletjie, GTA 6, waarvan daar reeds 12 miljoen kopieë verkoop is, vat baie mense verlof om dit te speel die oomblik wanneer dit vrygestel word. Die soldate van die Amerikaanse Leër se 3e Infanteriedivisie kon vier dae verlof kry om dit te speel indien hulle ‘n herindiensnemingskontrak van minstens twee jaar teken.

Ouça o podcast Driesestig no Replaio

Rádio e podcasts em um só app - grátis e sem cadastro. Instale hoje e não perca o lançamento

Baixe no Google Play

O Replaio não é o publicador dos podcasts; os nomes dos programas, as capas e o áudio pertencem aos seus autores e são distribuídos por feeds RSS públicos