RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Não deixe de visitar o site do podcast e apoiar quem o produz: www.rsg.co.za
Onde ouvir?
Podcasts no app Replaio Radio Em breveOs podcasts estão chegando ao app. Instale agora e seja o primeiro a descobrir um jeito totalmente novo de curtir podcasts
Episódios
Seeslange 16.11.2026 9:31
Marienebioloog Maryke Musson vertel van seeslange en slange wat ‘n deel van hulle lewe in die see en ‘n deel op land spandeer.
In die wêreld van landbou 15 November 2026 16.11.2026 5:15
In die landbounuus: Graan SA teleurgesteld oor die hof se besluit om nie die JSE se meervoudige verwysingspuntmodel vir sojabone te skrap nie; die nuwe rooivleis statutêre heffingsiklus is amptelik gepubliseer; die toekoms van Premier Foods se inmaakfabriek in Tulbagh bly onseker; en die minister van bosbou, visserye en die omgewing stem in om van nuuts af met gesprekvoering oor die Bosboumeesterp...
Wetenskapwonder: Blus brand met klank! 16.11.2026 2:35
Felix Spies vertel hoe klank gebruik word om vuur te blus. Dit word van veldbrande tot binne geboue ingespan.
Vrae om TV te kyk 16.11.2026 1:49
‘n Pa in China het met KI ‘n stesel ontwikkel om sy seun se tyd voor die TV te bestuur. Elke 10 minute moet hy ‘n vraag uit sy skoolwerk reg beantwoord om verder te kan kyk.
Plattekloof-vrou (80) maak groot golwe in akwafiksheid 13.11.2026 6:44
Die vernaamste internasionale viering wat aan akwafiksheid en groepsoefening in water gewy word, is die Wêreldwye Aquathon-dag, wat op 14 November 2026 vir die 14e keer gebeur. In Plattekloof bied die 80-jarige Jos van Schalkwyk die klas aan. Haidee Muller-Isaacs het met dié merkwaardige vrou gesels wat oud en jonk in die swembad op hulle tone hou.
360 Speseryroete: Suurvye 13.11.2026 7:40
Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor suurvye, en hoe dit in van konfyt tot kerrie gebruik word.
Drie jaar waarborg-troue 13.11.2026 1:46
'n Vlerksleeptoepassing in China bied 'n geldterug-waarborg aan op jou ledegeld as jy nie binne drie jaar trou nie.
7 Dae, 7 marathons, 7 vastelande 13.11.2026 7:22
Alice Myburg vertel vir Martelize Brink van The Great World Race. Dis 7 marathons in 7 dae op 7 vastelande. Diá 62 jarige begin in Kaapstad, dan Antarktika, Australië, Singapoer, Algarve, Cartagena en Miami. Dit vind plaas van 15 tot 21 November 2026.
Braaibroodjies: Deel 1 (Die geskiedenis van vuur) 12.11.2026 7:27
‘n Google-soektog oor die geskiedenis van braaibroodjies het niks opgelewer nie. Dít het Frans de Villiers op ‘n kulturele en geskiedkundige reis geneem om meer uit vind van die oorsprong van hierdie heerlike Suid-Afrikaanse braai-bykos. Johan Rademan het om hieroor gesels.
Jonk: Mooimaak vir mans 12.11.2026 3:49
Dr. Xen Ludick vertel vir Martelize Brink van mans se aanslag tot estetiese behandeling.
Jonk: Balansuitdagings met toe oë 12.11.2026 1:27
Biokinetikus Conrad Litch verklaar waarom ‘n mens se balans swakker is wanneer jy jou oë toe maak.
Boeing in tuin begrawe 12.11.2026 1:36
Dave Billings van Derbyshire, Engeland, het ‘n Boeing 737 aanlyn gekoop, en in sy tuin begrawe. Eerstens as ‘n plek vir partytjies, maar in geval van nood is dit ‘n ondergrondse skuiling.
Herman Labuschagne se Militariaversameling 11.11.2026 10:39
Herman Labuschagne vertel van sy militariaversameling, wat fokus op uniforms. Hy deel die storie agter een van sy gunstelingitems en medaljes van die Slag van Delvillebos tydens die Eerste Wêreldoorlog.
Ellirien se boek vir kinders 11.11.2026 7:37
Haidee Muller-Isaacs loer weer in by die grondslagfase-onderwyser, Ellirien Koopman van Carnavon. Sy woon die afgelope paar jaar in die Kaap, waar haar onderwysloopbaan van krag tot krag gegaan het. Die afgelope paar jaar help sy kinders met leerprobleme met 'n program wat sy self ontwikkel het. Nou het sy ook 'n boek vir die jongspan geskryf.
Dorpsgeheime: Bijouteater, Observatory 11.11.2026 5:57
Edwin Angless vertel vir Martelize Brink van die Bijouteater in Observatory, Kaapstad, en wat sedert die 1930’s met dié Art Deco-gebou gebeur het.
Gemaskerde stadsraadslid 11.11.2026 1:33
‘n Professionele stoeier is in Japan tot stadsraadslid verkies. ‘n Spesiale vergadering is gehou waar daar besluit is dat hy wel sy stoeimasker tydens raadsvergaderings en ander werksgeleenthede mag dra.
Êrens oorsee: Maledive 10.11.2026 11:13
Rudolf Lubbe vertel vir Martelize Brink van sy lewe as ‘n vlieënier in Maledive is. Hy kan daar net in die dag vlieg omdat hy moet kan sien om die vliegtuig op die water te land.
Geweld in ons huise en verhoudings: Soorte gesinsgeweld 10.11.2026 9:38
Sinta Ebersohn is 'n bekroonde skrywer, spreker en internasionaal geakkrediteerde Post-Traumatiese Groei-spesialis en mentor. Sy praat oor die verskillende soorte gesinsgeweld. Wanneer is dit 'n verhouding wat net moeilik is, en wanneer is dit mishandeling?
Robotkonyne vang slange 10.11.2026 1:41
In Florida in die VSA word robotkonyne ingespan om indringer luislange te vang. Hulle beweeg, is warm en hoef nie gevoer te word nie.
Slangbytvoorkoming 09.11.2026 7:37
Gerrie Heyns gee vir Martelize Brink raad oor hoie om slangbyte te voorkom, en deel ook mites oor slange.
Jellievisse op die strand 09.11.2026 4:57
Marinebioloog Maryke Musson vertel vir Martelize Brink van die duisende jellievisse wat op die Kaapse strande uitgespoel het.
In die wêreld van landbou 9 November 2026 09.11.2026 5:17
In die landbounuus: Die Amerikaanse regering se besluit om Suid-Afrika uit die Agoa-ooreenkoms te skop, lok groot reaksie by landbou-organisasies; Vooruitskatting dui op ‘n daling in steenvrug-uitvoervolumes; Die Departement van Landbou bevestig ‘n geval van Afrika-perdesiekte in die Cederberg-gebied; en Suid-Afrika se 2026 Lamb Champs-reeks sluit op ‘n hoë noot af.
Wetenskapwonder: Kankerinentings 09.11.2026 2:39
Felix Spies verduidelik vir Martelize Brink hoe die nuwe kankerinentings werk.
Hof toe oor die prys van etes 09.11.2026 2:06
Ná ‘n geskil oor die prys van spyseniering tydens die 2022 Meesters Gholftoernooi by Augusta in die SAV het ‘n hof $60 391 aan ‘n restaurant toegestaan. Toe hulle die regskoste van sowat $107 000 eis, word net $1 950 toegestaan.
Tanya O’Connor se menopouse-boek 06.11.2026 6:49
Menopouse het haar met 'n knal getref. Sy was soos 'n ontploffing wat wag om te gebeur. Toe besluit die Gordonbaaise kunstenaar, Tanya O’Connor, om ’n boek te skryf soos sy praat, kompleet met 'n drieletter swetswoord as deel van die titel. Tydens die skryf daarvan het sy gou besef sy sal 'n brug moet bou om oor haarself te kom...
Podcasts parecidos
O Replaio não é o publicador dos podcasts; os nomes dos programas, as capas e o áudio pertencem aos seus autores e são distribuídos por feeds RSS públicos