RSG

Driesestig

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Não deixe de visitar o site do podcast e apoiar quem o produz: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Categoria

Society

Site do podcast

www.rsg.co.za

Último episódio

26 de nov de 2026

Onde ouvir?

Podcasts no app Replaio Radio Em breve

Os podcasts estão chegando ao app. Instale agora e seja o primeiro a descobrir um jeito totalmente novo de curtir podcasts

Baixe no Google Play Instale grátis Android 10 mi+ downloads · nota 4,7+ iOS em breve

Episódios

360 Speseryroete: Anyswortel 06.11.2026

Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor anyswortel, wat ook boklamvinkel genoem word.

Oor 600 aapstawe by die Bloukransbrug 06.11.2026

Thomas van Tonder vertel vir Martelize Brink van sy aanslag op 600 aapstawe oor 280 m by die Bloukransbrug, 216 meter bo die grond.

Pynappel-op-pizza-probleme 06.11.2026

‘n Italiaanse sjef in Australië is sy werk kwyt omdat hy geweier het om pizza met pynappel daarop te maak. Vir hom is dit ‘n belediging vir sy kultuur.

Regeneratiewe- en sekwensieboerdery 05.11.2026

‘n Australiese boer wat as gevolg van sy waternavorsingsboerdery bankrot gespeel het, se seun het sy idees voortgesit, en vandag word dit as studiegeval deur die Australiese regering in opleiding gebruik. Johan Rademan praat met groenboer Corius Visser oor sy ontdekking van regeneratiewe boerdery, wat verder geneem word met sekwensieboerdery.

Jonk: Oefeninge om balans te verbeter (Deel 2) 05.11.2026

Biokinetikus Conrad Litch verduidelik hoe om oefeninge te doen om jou balans te verbeter.

Rooikaart-rekord 05.11.2026

‘n Rekord van 53 rooikaarte is tydens ‘n onder 20-sokkerwedstryd in Brasilië uitgedeel - 43 aan spelers, agt aan afrigtingspersoneel en twee aan raadslede van ‘n klub.

Quinton Adams kry gesogte toekenning 04.11.2026

DIe opvoedkundige sielkundige en voormalige dosent aan die US, Quinton Adams, staan deesdae bekend as Die Shackbouer. Hy het onlangs 'n gesogte toekenning losgeslaan, en gesels met Haidee Muller-Isaacs oor die werk wat hy en sy span steeds doen in informele nedersettings.

Afrika se eerste broodsommelier 04.11.2026

Ricardo Slawers gesels met Martelize Brink oor brood. Hy is in Duitsland opgelei as Afrika se eerste broodsommelier.

Dorpsgeheime: Barrydale se labirinte 04.11.2026

Terry de Vries vertel vir Martelize Brink van Barrydale se nege labirinte. Daar is meer as een elfbaan Middeleeuse labirinte in die dorp.

Toe bedank die polisie 04.11.2026

Die Amerikaanste stad, Milner, se polisiehoof, permanente personeel en die meeste van hulle reserviste het bedank nadat die burgemeester ‘n kamera geïnstalleer het om te kyk wanner die polisiehoof op kantoor is. Daar is ook ’n GPS-opsporingstoestel op sy werksvoertuig geïnstalleer om dop te hou waarheen hy gaan.

Êrens oorsee: Bangkok, Thailand 03.11.2026

Anru Vorster vertel vir Martelize Brink van Bangkok, Thailand, waar hy tot ‘n maand gelede vir vier jaar lank gewoon het.

Groote Kerk: Vergete grafte en 'n ou kis 03.11.2026

Dr. Marius Breytenbach en dr. Lizelle Swart Smit vertel van argeologie en die NG Kerk se argief wat hande vat, vergete grafte onder die Groote Kerk in Kaapstad, en die ontdekking van 'n eeue oue kis in die kerk.

Geweld in ons huise en verhoudings: Waar kom geweld vandaan? 03.11.2026

Sinta Ebersohn is 'n bekroonde skrywer, spreker en internasionaal geakkrediteerde Post-Traumatiese Groei-spesialis en mentor Sy praat oor geweld en waar dit vandaan kom.

Om die wêreld in 28 jaar 03.11.2026

Karl Bushby het ná 28 jaar weer sy ma gesien. Hy het die afgelope 28 jaar om die aarde gestap. In die proses het hy sowat 50 000 km met sy waentjie afgelê.

Bedlington terriërs 02.11.2026

Rob Marshall vertel vir Martelize Brink van die skaars Bedlington terriërs, waarvan hy die enigste geregistreerde teler in Suid-Afrika is.

In die wêreld van landbou 2 November 2026 02.11.2026

In die landbounuus: Die Nasionale Oesskattingskomitee maak plantvoornemens vir somergewasse bekend; Data van SATI wys dat tafeldruifuitvoere kan daal; Suid-Afrika se landbousektor het in die tweede kwartaal ‘n handelsurplus getoon; Amerika bevestig die voorkoms van nuwewêreld-spykerwurm in wild.

Wetenskapwonder: Slaap en limfvloei 02.11.2026

Felix Spies praat oor slaap en limfvloei, en bewerings wat daaroor en demensie gemaak word.

Die baas se Bugatti kry voete 02.11.2026

Die bestuurshoof van Bugatti los altyd sy sleutels in sy kar. Hy ry ‘n R45 miljoen Bugatti Chiron. Toe dit gesteel is, het hy in ‘n Porsche 911 gespring en agter sy kar aangejaag. Op die ou end het hy, nadat die dief in Oostenryk vasgekeer is, vir hom ‘n saamrygeleentheid huistoe aangebied.

Rosina Secondt van Pella 30.10.2026

Haidee Muller-Isaacs gesels met Rosina Secondt van Pella oor die lekker ou dae op hierdie Namakwalandse dorpie. Haidee sê haar mond het gewater toe daar van varsgebakte brood gepraat word.

360 Speseryroete: Inheemse wilde aspersies 30.10.2026

Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche vertel vir Martelize Brink van inheemse wilde aspersies.

Halloween-uitstappies 30.10.2026

In Amerika is daar Halloween-uitstappies, soos om ‘n voormalige psigiatriese hospitaal of 'n voormalige begrafnisondernemer te besoek. Jy kan selfs daar oorslaap.

Jack Carstens se Salem-tuine 29.10.2026

Baie mense stel belang in die argeologiese en plekspesifieke verwysings in die Bybel. Jack Carstens was lank gelede die Suid-Afrikaanse handelsattaché in Israel. Die omgewing het ‘n blywende indruk op hom gelaat, en nou jare later het hy replikas van bekende verwysings in die Salem-tuin op die Rheebokskloofpad by Windmeul in die Paarl gedupliseer. Jy moet gaan kyk, want jy sal jou oë nie glo nie....

Van stil sit weet Johene niks 29.10.2026

Johene van Wyk van Paarl kan nie handjies gevou sit en niksdoen nie. Selfs al het sy al einde verlede jaar afgetree, bly sy steeds gaan die gang en aktief in haar gemeenskap. Sy vertel vir Haidee Muller-Isaacs meer oor haar lewe, en hoekom sy nooit net kan stilsit nie.

Jonk: Oefeninge om balans te verbeter (Deel 1) 29.10.2026

Biokinetikus Conrad Litch praat oor balans, en die rol van oefeninge om dit te kan verbeter.

Brandstofprys roof 'n plesierskip se plesier 29.10.2026

Die stygende brandstofprys het ‘n plesierskip na meer as 750 dae van drie-en-’n-halfjaar reis na 150 lande, in Kambodja tot stilstand gebring. Die brandstofprys per maand per kajuit het gestyg van $1800 tot $8000.

Ouça o podcast Driesestig no Replaio

Rádio e podcasts em um só app - grátis e sem cadastro. Instale hoje e não perca o lançamento

Baixe no Google Play

O Replaio não é o publicador dos podcasts; os nomes dos programas, as capas e o áudio pertencem aos seus autores e são distribuídos por feeds RSS públicos