Petrus Botha
Boodskappe van hoop
Hoop uit en deur die Woord van God.
Não deixe de visitar o site do podcast e apoiar quem o produz: www.ngpongola.com
Autor
Petrus Botha
Categoria
Site do podcast
Último episódio
24 de jun de 2024
Onde ouvir?
Podcasts no app Replaio Radio Em breveOs podcasts estão chegando ao app. Instale agora e seja o primeiro a descobrir um jeito totalmente novo de curtir podcasts
Episódios
Psalm 78 Vertel vir jou kinders 31.10.2021 17:32
Ouers kan vergelyk word met beeldhouers. Ons kinders word wat ons vir hulle voor-leef. Hulle na-aap ons in wat ons sê en doen. Hoe jy as man oor en met vrouens praat, is hoe jou seun eendag oor en met vrouens gaan praat. Hoe jy as mamma jou man aanspreek of hanteer is hoe jou dogter eendag met haar man sal doen. En hoe jy as ouer vir God in jou gesin plek maak, insluit of uitsluit, is hoe jo...
Woede 24.10.2021 19:00
Psalm 37:8: Moenie kwaad word nie, laat staan die woede, moet jou nie ontstel nie: dit bring net ellende. Woede is 'n geestelike kanker wat lynreg teenoor God se liefdesgebod staan. Woede breek af, vernietig, verwoes. Want in woede sê jy goed wat jy nooit kan terugtrek nie. Woede maak seer. En daarom vergelyk Jesus woede eintlik met moord. Deur ons woede vermoor ons mense e...
Psalm 34:9: Dit gaan goed met die mens wat by Hom skuil. 03.10.2021 16:52
Ons kan eintlik Psalm 34 die ABC van God se genade noem. Hoekom? Hierdie Psalm is ’n Psalm waarvan elke versreël met die volgende letter van die Hebreeuse alfabet begin. Die digter wil daarmee sê dat God altyd sorg – Hy spring nie verby een letter nie – Hy is altyd daar. Elke vers getuig van God se nabyheid en as geheel getuig die Psalm oor die A-Z van God se verlossing, waarvoor Hy geloof e...
Psalm 32 Let go 26.09.2021 19:48
Waarom wil jy jouself vernietig? Waarvoor wil jy die las van jou verlede elke dag saam met jou sleep? Jy kan absoluut niks aan jou verlede doen nie, maar jy kan alles aan jou hede doen. Hou dan op om in die verlede te lewe. Hou op om die verlede te probeer regmaak. Jy kan niks daaraan doen nie. Jy kan tog nie ‘'n glas vol water in 'n rivier gooi en dink jy kan dieselfde water weer uitskep nie. Dit...
Psalm 31 Wees dus sterk en hou goeie moed, julle almal wat julle vertroue in die Here stel! 19.09.2021 18:58
Om God te vertrou beteken dat jy regtig jou lewe in God se hande lê, en dat dit selfs die dood kan insluit. Dit is baie keer ons probleem in ons geloofslewe. Ons fikseer op die uitkoms, die redding self, op die wonderwerke wat ons lewens weer reg gaan maak, nog soos onsself dit definieer, en dan verbind ons ons geloof aan ons regte uitkoms, in plaas daarvan om ons geloof aan God te verbind, op Hom...
Psalm 27 Vertrou op die Here! Wees sterk en hou goeie moed! Ja, vertrou op die Here! 12.09.2021 17:20
Wanneer jy God se sorg aanvaar, dan kan jou lewe nie dieselfde bly nie. Ja God versorg ons, ten spyte daarvan dat ons dit eintlik nie verdien nie, maar dit laat ons ook die lewe in 'n ander lig sien. Die Psalmskrywer wil doen wat reg is. Hy wil kan onderskei tussen goed en kwaad. “Lei my op ‘n gelyk pad, Here”, vra hy. Hou my staande, selfs wanneer my vyande valse getuienis teen my lew...
Psalm 25 Tot U, Here, rig ek my, my God, op U vertrou ek. Laat my vertroue tog nie tevergeefs wees nie. 29.08.2021 14:45
Soms verloop ons lewe rustig en belewe ons vrede, en ons is lief vir almal en almal is lief vir ons. En dit gaan goed. Ons weet van al die moontlikhede dat dit kan sleg gaan. Om die waarheid te sê, ons ken 'n klomp voorbeelde van hoe dit met mense kan sleg gaan. En ons weet ook hoe ernstig-sleg dit met mense kan gaan. Maar omdat dit met onsself goed gaan, weet ons nie met ons hart van die sl...
Psalm 22 - My God, waarom het U my verlaat? 22.08.2021 15:30
Ons verstaan so min van die lewe want ons sien nie die dinge raak wat regtig saak maak nie. Ons vra vir manna en kwartels, en vir water uit 'n rots uit – maar ons sien gewoonlik nie raak wat God klaar vir ons in ons lewensreis tassies ingepak het nie. Ons verlang terug na die vleispotte van Egipte, altyd terug. Ons onthou altyd hoe dit was. Ons verwys altyd na die goeie ou dae – die dae toe ek in...
Psalm 16: 4-5 teenoor Die blink van die lewe 15.08.2021 15:22
'n Kraai kan niks wat blink uitlos nie. Hulle gaan maak al hierdie blink goed bymekaar en dra alles nes toe. Later is daar absoluut geen plek vir enige iets anders nie. Hulle self moet ongemaklik bo op die gemors sit en tog is hulle nooit tevrede nie. Hulle bly die blink soek. Blink goed maak jou nie gelukkig nie en beslis ook nie tevrede nie, want daar sal altyd iets blinkers wees as wat jy het....
Psalm 16 Here, U is my lewe, U sorg vir my. 08.08.2021 14:14
Moenie huil oor goed wat nie oor jou kan huil nie. Dinge kan nie oor jou huil nie. Gee meer om vir mense as vir dinge!
Psalm 124 As die Here ons nie gehelp het nie... 01.08.2021 18:08
Psalm 124:8: Ons hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het.
God omsluit ons van alle kante - Hy hou jou vas Psalm 139 25.07.2021 17:08
Psalm 139: Here, U sien dwarsdeur my, U ken my. Of ek sit en of ek opstaan, U weet dit. U ken my gedagtes nog voordat hulle by my opkom. Of ek reis en of ek oorbly, U bepaal dit. U is met al my paaie goed bekend. U omsluit my van alle kante, U neem my in besit. Dié wete oorweldig my. Dis te hoog vir my begrip.
Ons moeras lewe - dit is hoe dit behoort te wees 18.07.2021 15:11
Elkeen van ons het deel van daardie vernietigende sprinkaan DNA in ons wese. Ons gebruik en verbruik en vermors. Deur ons oorvloed kerm ons oor dit wat ons nie het nie of oor dit wat van ons weerhou word.
Wat gemaak as selfs God teen jou is? 11.07.2021 12:34
Klaagliedere 3: 8-12: Al roep ek en al smeek ek om hulp, Hy weier om my gebed te verhoor. 9 Hy het my pad met klip toegebou, vir my geen uitkomplek gelaat nie. 10 Hy is soos ’n beer wat my inwag, soos ’n leeu wat my voorlê, 11 Hy het my eenkant toe gekeer en verskeur, my vermink laat lê. 12 Hy het sy boog gespan en my ’n teiken vir sy pyle gemaak. 13 Hy he...
God is altyd by jou - voor jou - Josua 3 04.07.2021 18:30
God het nog nooit verander nie. In moeilike omstandighede soos ’n vol Jordaanrivier wat voor ons lê - dink terug, onthou vir God, en onthou Wie s’n jy is en wie jy is. Glo, kom in beweging, God sal vir die res sorg.
Kies vandag wie jy wil dien 20.06.2021 15:29
Josua 24:15: Kies dan vandag wie julle wil dien. Wat my en my familie betref, ons sal die Here dien.
In Christus verval grense en mure Galasiërs 3:26-29 13.06.2021 15:26
26 Deur hierdie geloof in Christus Jesus is julle nou almal kinders van God, 27 want julle almal wat deur die doop met Christus verenig is, het nou deel van Christus geword . 28 Dit maak nie saak of iemand Jood of Griek, slaaf of vry, man of vrou is nie: in Christus Jesus is julle almal één . 29 En as julle aan Christus behoort, is julle ook nakomelinge van Abraham en erfgename kragtens die beloft...
Beeld van God - Genesis 3 06.06.2021 16:12
Waar is jy?
Help mekaar op in liefde - Galasiërs 6 30.05.2021 19:13
Galasiërs 6:14-15: 14Maar wat my betref, mag God verhoed dat ek ooit oor iets anders roem as oor die kruis van ons Here Jesus Christus, want deur die kruis is die wêreld vir my dood en ek vir die wêreld. 15Of ’n mens besny is of nie, is nie van belang nie, maar dat jy ’n nuwe mens is.
Vrygekoop - Nagmaal - Efesiërs 5 23.05.2021 24:00
Galasiërs 5:1: Christus het ons vry gemaak om werklik vry te wees. Staan dan vas in hierdie vryheid en moet julle nie weer onder ’n slawejuk laat indwing nie. Dit gaan dus nie oor JOU geloof nie maar eerder oor die INHOUD van jou geloof. Jy hoef nie op water te loop nie, maar jy moet weet dat Jesus kan.
Ek staan skuldig voor die Here - Johannes 21:1-17 16.05.2021 17:32
Jy kan, jy moet jou voorgee laat val, ons skuld en ons sonde, ons weerloosheid en ons mislukking, bely. Ons kan met Jesus nuut begin. Aanvaar jou tweede kans en gee jouself opnuut oor aan God.
Hemelvaart 13 Mei 2021 Laat daar lig wees 13.05.2021 17:30
Die chaos dink vandag dat hulle regeer, maar dit is maar net die laaste stuiptrekkings van 'n oorwinde chaos – want Jesus het aan die kruis gesê: Dit is volbring. Ons lewe met geloof, hoop en liefde ... Want Jesus regeer.
9 Mei 2021 Moedersdag Spreuke 31:10-31 09.05.2021 14:46
10'n Knap vrou, wie sal haar vind? Ver bo korale is haar waarde. 30Sjarme is bedrieglik en skoonheid is nietig; 'n vrou wat vir die Here ontsag het, sy moet geprys word.
Erediens 2 Mei 2021 Deel van God se gesin 02.05.2021 11:53
God sal ons nooit alleen los nie.
Erediens 2021-04-25 25.04.2021 14:26
Veroordeel jy?
Podcasts parecidos
O Replaio não é o publicador dos podcasts; os nomes dos programas, as capas e o áudio pertencem aos seus autores e são distribuídos por feeds RSS públicos