Petrus Botha
Boodskappe van hoop
Hoop uit en deur die Woord van God.
Não deixe de visitar o site do podcast e apoiar quem o produz: www.ngpongola.com
Autor
Petrus Botha
Categoria
Site do podcast
Último episódio
24 de jun de 2024
Onde ouvir?
Podcasts no app Replaio Radio Em breveOs podcasts estão chegando ao app. Instale agora e seja o primeiro a descobrir um jeito totalmente novo de curtir podcasts
Episódios
Pinkster Woensdag Gehoorsaam 31.05.2022 15:17
Ons moet eers luister na God en die Bybel om te weet wat God van ons vra. Ons moet eers God “hoor” en dan “saam” met die Heilige Gees dit doen.
Pinkster 2022 Dinsdag Gebed Handelinge 16:16-40 31.05.2022 16:55
Miskien vra ons te veel en sê te min dankie? Ons sien gewoonlik alles raak wat ons nie het nie, of wat ons verloor het. Ek dink dat ons 'n algehele re-boot nodig het: Ons moet begin dankie sê vir dit wat ons het. Dankie vir my gesondheid, vir my familie, vir my verlossing! Ek vertrou U, en daarom wil ek nie U wil verander met my gebede nie, ek vra dat U, deur U Heilige Gees my die krag sa gee, om...
Pinkster 2 2022 Markus 1:16-20 30.05.2022 14:35
Wat behels dit in vandag se tyd om Jesus te volg? Dit vra van jou dat almal sal weet waar jou vertroue lê. Dit vra van jou om anders op te tree. Dit vra van jou om al hoe meer Jesus se persoonlikheid uit te lewe. En dit is nie maklik nie. Ons word eintlik elke dag uitgedaag. Die lewe en die wêreld val oor na die een kant toe, maar God wil hê dat jy sal oorval na die regte kant toe.
Handelinge 1:1-8 Pinkster reeks begin 29.05.2022 14:19
Hou dan op om 'n selfsugtige en lui Christen te wees en doen wat reg is – LAAT DAAR LIG WEES! Voordat God jou lampie kom vat en vir iemand anders gee. Laat daar LIG wees. Laat daar LIG wees in jou lewe! As almal, wat die Heilige Gees ontvang het, hulle liggies laat skyn, sal ons SAAM helderder as die son skyn – LAAT DAAR LIG WEES.
Hemelvaart 26.05.2022 17:06
Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld. My taak, my roeping, word nou, deur die Heilige Gees, JULLE taak en roeping – julle word my verteenwoordigers, soos voor die sondeval. Ek herstel julle weer in dieselfde gestalte soos wat die mens VOOR die sond...
1 Johannes 5:1-6 Geloof en gehoorsaamheid 22.05.2022 15:37
Ons oorwinning is nie die resultaat van óns geloofs prestasie nie, maar van ons geloofs verbintenis aan Jesus Christus.
Handelinge 10:44-48 Vir ALMAL wat glo 15.05.2022 14:51
Word mense deur jou woorde en deur jou houding en deur jou dade na God toe, en selfs kerk toe getrek of nie? Bly jy weg by die kerk omdat dar iemand in die kerk is wat jy nie kan verdra nie? Uitgesluit deur jou vooroordele maar ingesluit deur God se genade? Glo jy nog regtig dat verlossing net vir die mense is wat jy oordeel gered is of kan word? Besluit jy en oordeel jy wie gered is?
Hy het nie gedoen wat reg was in die oë van die Here nie 08.05.2022 19:47
2 Kronieke 34 Dalk is jou en my verlede nie iets om oor te spog nie. Dalk kan jy in die woud van jou voorouers ook geen voorbeeld vind om te volg nie. Maar selfs dit maak nie saak nie. Wat saak maak is dat ons elkeen vandag ‘n keuse het. Jy kan of plunder of plant. Jy kan of maak soos almal rondom jou of jy kan 'n verskil maak. Ons elkeen het ‘n eenvoudige keuse: · gaan ons bo ons verlede uitstyg...
Lukas 19: 28-40 Die Koning 10.04.2022 17:25
LOOF DIE KONING, HY WAT IN DIE NAAM VAN DIE HERE KOM! Al juig die skare, het hulle nie besef waaroor hulle regtig juig nie. Daar is 'n misverstand. Die skare verwag dat die koninkryk van God deur Jesus nou op 'n sigbare wyse sou aanbreek – Jesus moes volgens hulle hier as aardse koning gekroon woord, maar dit gebeur nie en daarom het die skare se entoesiasme oor Jesus vinnig verdwyn. Binne 'n week...
Johannes 12:20-33 03.04.2022 19:08
Ons dink ook dikwels, soos die mense van Jesus se tyd, dat ons spesiale kragte nodig het om helde te wees. Jesus leer vir ons dat ‘n held anders lyk. Hy oorwin slegte mense deur hulle lief te hê – selfs al kos dit sy lewe!
Jesaja 62 God se plan 27.03.2022 18:29
Jesaja 62 help ons om ons vertroue in God te plaas, maar dit leer ons ook om op ons knieë daaroor te bly. Breek met jou hooploosheid. Breek met jou negatiewe gedagtes. Breek met jou ongehoorsaamheid.
Jesaja 55 - God maak wat stukkend is heel 20.03.2022 20:47
Jesaja 55:6-7: 6Vra na die wil van die Here terwyl Hy nog te vinde is, roep Hom aan terwyl Hy nog naby is. 7Die goddelose moet sy verkeerde pad laat staan, die slegte mens sy slegte planne. Hy moet hom tot die Here bekeer, dan sal Hy hom genadig wees; hy moet hom tot ons God bekeer, Hy vergewe altyd weer.
Jesaja 43:16-21 13.03.2022 17:20
Jesaja 43: 18: Maar moenie net aan die vroeëre dinge dink en by die verlede stilstaan nie. 19Kyk, Ek gaan iets nuuts doen .
Eksodus 32 Afgode 06.03.2022 21:08
Is ons vandag regtig baie anders as die volk van God daar by die berg Sinai? Klaarblyklik verskil die soort van sonde of die mate van afvalligheid dikwels met dit waarvan ons in Eksodus 32 lees. Is ons sonde in wese anders? Is dit nie óns waarvan die Bybel hier praat nie? Is God jou eerste prioriteit? Is Hy jou begin en einde? Of is jy of iets anders in jou lewe maar eintlik jou god? Jy moet ontho...
Eksodus 20 God se wil 27.02.2022 20:29
God vra absolute lojaliteit en afhanklikheid van God. Romeine 12:1-2: Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is. Dit is die wesenlike van die godsdiens wat julle moet beoefen. 2Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom...
Woestyntye Eksodus 16 20.02.2022 18:00
Woestyntyd is moeilike tyd. Dis 'n: · tyd van skaarste, · ’n tyd waarin mense bewus word van hulle broosheid en afhanklikheid, · ’n tyd van rondval tussen wanhoop en hoop, · ook ’n tyd van voorsiening (verlossing, water, manna, kwartels), omdat God daar is.
Deuteronomium 30:11-20 Kies 13.02.2022 18:11
Kies vandag. Moses sê een van die konsekwensies daarvan om vir die lewe, en vir gehoorsaamheid aan God te kies, is (vers 19) sodat jou nageslag kan lewe. Ons keuses as ouers beïnvloed ons kinders. Jou keuse om gereeld kerk toe te kom, en om daagliks soos Jesus te probeer lewe, beïnvloed jou kind. Ja, sê Moses, as jy die lewe kies, dan kies jy ook ‘n lewe vir jou nageslag. Die konsekwensies van ons...
Vertrou op God - 1 Konings 17:8-16 30.01.2022 15:00
1 Konings 17:12-15: 12Toe sê sy: “So seker as die Here u God leef, ek het nie meer brood nie, net ’n handvol meel in die kruik en ’n bietjie olie in die erdekan. Ek maak nou maar ’n paar houtjies bymekaar en dan gaan ek vir my en my seuntjie iets klaarmaak om te eet. Daarna moet ons maar doodgaan.” 13Elia sê toe vir haar: “Moenie bekommerd wees nie. Gaan maak dit klaar net soos jy gesê het, maar m...
Psalm 23 Waar kom jou energie vandaan? 23.01.2022 18:23
Dit is vir my altyd so “mind boggeling” dat ons die lewe vir onsself soveel moeiliker maak, as wat dit hoef te wees. Ons sleep soveel onnodige gemors en bagasie met ons saam. Ons sleep gister en eergister saam, al kan ons niks daaraan verander nie. Die verlede se bagasie raak so swaar dat ons nie meer plek het, of krag het vir vandag se las nie. En wanneer ons opkyk dan sien ons net more se berge...
Gebed is afhanklikheid aan God - Matteus 6 16.01.2022 16:55
Vanoggend skuif ons alles wat krap, bekommer en skuur eenkant toe. Vanoggend gaan hierdie boodskap nie oor ons nie maar oor God. Vanoggend gaan ons fokus op ons afhanklikheid van God. Vanoggend gaan ons fokus op gebed. Die Bybel is vol gebede. Gebede van hoop, vrees, frustrasie, smeking, oorgawe, lof en aanbidding. Gebed se doel is om ons, wat bid, se fokus reg te kry. Gebed is nie om vir God aan...
Feestyd is oorgawe aan God tyd. 05.12.2021 16:43
Laat Heer U vrede deur my vloei
Psalm 121 Help my 28.11.2021 17:14
Ja, daar kom tye in ‘n mens se lewe, oomblikke van twyfel, oomblikke van vrees, van verwarring, van swaarkry, ... maar al voel dit vir ons soos maande, jare, is dit net 'n oomblik in God se hand. Ja die gevare en swaarkry is 'n realiteit, maar dit is nie die enigste realiteit nie – dit is nie ons fianle realiteit nie.
Psalm 116 ek kan op geen mens staat maak nie. 21.11.2021 17:53
Waarheen draai 'n mens wanneer jy voel dat GEEN mens jou kan of selfs wil help nie? Waarheen gaan jy as op “geen mens staat kan maak nie” ? Kom na My toe, almal wat moeg en oorlaai is, en ek sal julle rus gee.
Geloof 14.11.2021 17:47
Daar is nou eenmaal dinge in die lewe wat by mekaar hoort: Naald en gare, rugby en braaivleis, vrouens en sepies, mans en remotes... Ja, hierdie dinge kan nou eenmaal net nie van mekaar los gemaak word nie. Maar dit is ook waar van ons geloof. Geloof is 'n saak van kop, hart en hande. Dit kan nie van mekaar geskei word nie. Geloof en kennis (kop) kan nie van mekaar losgemaak word...
Psalm 107 08.11.2021 14:19
Die wêreld waarin ons lewe is nie ’n waarborg vir geluk nie, maar dit is ook nie ’n veroordeling tot wanhoop nie. Ons hoop is nie gevestig op die grond waarop ons ons voete sit nie, maar in God op Wie ons ons vertroue plaas.
Podcasts parecidos
O Replaio não é o publicador dos podcasts; os nomes dos programas, as capas e o áudio pertencem aos seus autores e são distribuídos por feeds RSS públicos