Petrus Botha
Boodskappe van hoop
Hoop uit en deur die Woord van God.
Não deixe de visitar o site do podcast e apoiar quem o produz: www.ngpongola.com
Autor
Petrus Botha
Categoria
Site do podcast
Último episódio
24 de jun de 2024
Onde ouvir?
Podcasts no app Replaio Radio Em breveOs podcasts estão chegando ao app. Instale agora e seja o primeiro a descobrir um jeito totalmente novo de curtir podcasts
Episódios
God gebruik gewone mense - Nagmaal 27.11.2022 17:39
Hou saam met ons Nagmaal.
God kyk anders na ons 20.11.2022 25:44
God kyk anders na ons.
God se gesin 13.11.2022 15:30
Efesiërs 2:19: 19Julle is dus nie meer ver van God af nie, nie bywoners nie, maar mede-burgers van die gelowiges en lede van die huisgesin van God. God is ons VADER – en as Vader versorg Hy ons, hou Hy sy verbond, sy beloftes met ons in stand. As Vader word ons sy erfgename, sy naam draers, sy kinders. Jesus is die Seun van God: Kolossense 1:20: Deur die bloed van sy Seun aan die kruis het Hy die...
Die huwelik 06.11.2022 15:43
Efesiërs 5:21: "Wees uit eerbied vir Christus aan mekaar onderdanig" - Man en vrou saam met Christus op pad.
Gryp elke oomblik 30.10.2022 14:30
Efesiers 5:16-17: Maak die beste gebruik van elke geleentheid, want ons lewe in ’n goddelose tyd. 17 Moet daarom nie onverstandig optree nie, maar probeer te wete kom wat die Here wil dat julle moet doen.
God se pad 23.10.2022 15:21
Efesiërs 5:10-11: 10 Vra julle voortdurend af of iets vir die Here aanneemlik is, 11 en moenie meedoen aan die vrugtelose praktyke van die duisternis nie, maar stel dit eerder aan die kaak. Efesiërs 5: 15-17: 15 Wees baie versigtig hoe julle lewe: nie soos onverstandige mense nie, maar soos verstandiges. 16 Maak die beste gebruik van elke geleentheid, want ons lewe in ’n goddelose tyd. 17 Moet daa...
God kies jou 16.10.2022 19:21
Kolossense 3:5-10 en Efesiërs 4:17-24 Die mens se grootste behoeftes: Liefde en aanvaarding – mense se lewens roep uit – KIES MY! Ons lewe in 'n wêreld waarin dit voel asof jy nooit goed genoeg sal of kan wees nie. Daar gaan altyd iemand wees wat vinniger, slimmer, ryker en meer suksesvol as jy is. God sê: “Ek kies jou”. Jy sal nooit goed genoeg vir die wêreld wees nie, maar jy was nog altyd...
Ons verander 09.10.2022 17:41
Efesiërs 5:1-2: Omdat julle kinders van God is en Hy julle liefhet, moet julle sy voorbeeld volg. 2Lewe in liefde, soos Christus ons ook liefgehad en om ons ontwil sy lewe as ’n offergawe gegee het, ja, ’n offer wat vir God aanneemlik was. Die verandering in ons lewens is nie net ‘n verandering na binne nie maar juis ook ‘n verandering na buite. Leef liefde.
Wat adverteer jou lewe 02.10.2022 15:03
Efesiërs 5:1: “Omdat julle kinders van God is en Hy julle liefhet, moet julle sy voorbeeld volg”.
God gee sy alles vir jou 25.09.2022 13:37
Liefde is nie maar net iets ván die Here nie, met ander woorde, een of ander goeie kwaliteit of eienskap nie. Nee, in sy wese ís God liefde (vgl 1 Joh 4:8 : “Wie nie liefhet nie, het geen kennis van God nie, want God is liefde” ). God se liefde kom daarin tot openbaring dat Hy sy Seun na die wêreld toe gestuur het om namens ons te sterf (1 Joh 4:9 : “Hiérin is God se liefde vir ons geopenbaar: sy...
Jy is gekies - jy is goed genoeg 18.09.2022 15:45
Efesiërs 2:18-21: 18Deur Hom het ons almal, Jode en nie-Jode, deur die een Gees vrye toegang tot die Vader. 19Julle is dus nie meer ver van God af nie, nie bywoners nie, maar mede-burgers van die gelowiges en lede van die huisgesin van God. 20Julle is ’n gebou wat opgerig is op die fondament van die apostels en die profete, ’n gebou waarvan Christus Jesus self die hoeksteen is. 21In Hom sluit die...
Tyd loop uit 11.09.2022 17:28
Jy kan nie tyd terug draai nie. Jy kan niks aan jou verlede verander nie, maar IN Christus het jy vandag.
Die fondasie van 'n huis is uiters belangrik 04.09.2022 20:44
Luister! Jy het vir God en mede gelowiges in jou lewe nodig. Jou drink pelle en jou rykdom en jou partytjies en jou oorgee aan jou begeertes gaan jou siel uitdroog en dan gaan alles uitmekaar kraak en is jy alleen. Wat nou in jou lewe saak maak en wat nou in jou lewe prioriteite is gaan jou lewenshuis se fondasie wees. En dan kan ons nie verstaan as ons lewens uitmekaar skeur nie. Jy kan nie jou l...
Ek kan seker wees 1 Johannes 5:6-20 28.08.2022 19:31
Hierdie brief skrywe ek vir julle, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het, julle wat in die Seun van God glo.
Jesus die kern van ons geloof 21.08.2022 15:45
Deur Jesus word ons kinders van God. Sonder Jesus is daar geen Verlossing of Vryspraak nie. Sonder Jesus is daar geen vergifnis nie. Sonder Jesus is daar geen lewe na hierdie lewe nie. Die lewe en vreugdes en oorvloed wat die wêreld gee, is tydelik, sterflik – mot en roes vernietig dit. Die lewe wat God gee, is ewig. Dít en dit alleen, vorm die basis, die grond, waarop ons oorwinningslewe kan lewe...
1 Johannes 4 God is liefde 14.08.2022 17:39
Mense hoor dag na dag dat hulle nie is soos ons hulle wil hê nie. Was hulle maar soos iemand anders sou dit dalk beter gewees het. Die hartseer is dat mense dit later begin glo. Ek is nie goed genoeg nie. En as ek mense moet liefhê soos wat ek myself liefhet sal ons almal maar halfhartig liefhê. En dan begin ons almal maskers dra van hoe ander ons wil sien. Jy leef met 'n voorgee van wie jy nie re...
1 Johannes 3:16-24 07.08.2022 17:11
Dit is maklik om te praat oor die liefde van God. Dit is ook maklik om te getuig oor hoe jy jou hart vir die Here gegee het. Dit is WOW. Wanneer ons praat oor die liefde van God vir ons en ons liefde vir God, vergeet ons dat dit nie hier stop nie. Die uitvloeisel van my liefde vir God, is my liefde teenoor mense rondom my.
Wie is jy? 1 Johannes 3 31.07.2022 11:48
Jy is kind van God en daarom moet jy ook so lewe.
Nike - die ware oorwinning 24.07.2022 20:34
Dit is dus drie kernaspekte, drie sekerhede, van die christen se geloofslewe wat Johannes hier aan elke christen, voorhou: · soos klein kindertjies hou ons daaraan vas dat ons sondes vergewe is , · soos volwasse gelowiges het ons kennis van ons Verlosser, · soos sterk jongmanne bly ons, IN Christus, oorwinnaars.
2022-07-17 1 Johannes 1 Hoe sien die wêreld jou? 17.07.2022 15:40
Wat is die doel van die Bybel? Hoekom is die Bybel geskryf? Ja, die Bybel is geskryf sodat ons daardeur vir God kan ontmoet en leer ken. En ja, die Bybel leer ons om in die regte verhouding met God te staan. Die Bybel help ons om te word wat God ons bedoel het om te wees. Die Bybel help ons dus om ons gedrag te verander.
Daar is nie baie roetes nie - 1 Johannes 1:1-10 26.06.2022 14:48
Johannes, die skrywer van die Johannes evangelie, asook die drie Johannesbriewe, was iemand met ‘n baie eenvoudige lewensbeskouing. Jy wonder nooit wat hy sê of bedoel in dit wat hy geskryf het en vir ons nagelaat is nie. Sy uitkyk op die lewe was inderdaad eenvoudig: reg is reg, en verkeerd is verkeerd, en dinge is nie naastenby so ingewikkeld as wat ons dit soms maak nie. Die lewe, sê Johannes,...
Vadersdag - Ons verantwoordelikhede as pappas 19.06.2022 15:17
Skerp dit by jou kinders in. Dit gaan hier natuurlik oor meer as net jou woorde. Ons as pappas, oupas en mans moet onthou dat ons eintlik sê: Volg my voorbeeld, soos ek die voorbeeld van Christus volg . Daar is drie dinge wat jy mense nie kan leer deur boeke of woorde nie: leefstyl, waardes en gesindhede. Jy leer hierdie dinge deur hoe ander dit vir jou voorleef. Jou leefstyl, jou waardes en jou g...
12 Junie 2022 Verstaan Handelinge 2:1-11 12.06.2022 13:00
Wat verstaan iemand wat koud kry? Hy of sy verstaan 'n kombers. Wat verstaan iemand wat honger is? Hy of sy verstaan iets in die hand om te eet. Wat verstaan iemand wat eensaam is? Hy of sy verstaan jou daar wees. Wat verstaan iemand wat bang is? Hy of sy verstaan dit om veilig by jou te voel. Wat verstaan mense van die liefde van God? Hulle verstaan God se liefde deur by jou aanvaarding, menswaar...
Pinksterfees en Nagmaal 5 Junie 2022 05.06.2022 19:32
Wanneer jy beself dat jy vasgevang geraak het in 'n “rat race”, dan besef jy dat daardie gerond hardlopery ook deur die see van die lewe weggespoel gaan word. Kan ons maar almal by die punt uitkom waar ons kan besef: Julle hemelse Vader weet tog dat julle dit alles nodig het .
Pinkster 2 Junie 2022 Getuig 02.06.2022 18:44
Net omdat die dissipels oor Jesus getuig het, glo mense vandag dwars oor die wêreld. Net omdat hierdie Samaritaanse vrou getuig het, het baie mense in haar dorp tot geloof in Jesus gekom. As jy getuig kan die wêreld rondom jou ook verander.
Podcasts parecidos
O Replaio não é o publicador dos podcasts; os nomes dos programas, as capas e o áudio pertencem aos seus autores e são distribuídos por feeds RSS públicos