RSG
Wie is ek?
Die program fokus daarop om die man op straat kennis en insig te gee in belangrike sake rakende menslike gedrag. Kwelvrae oor dié kwessies word op ‘n eenvoudige en toeganklike manier verduidelik.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
18 Mar 18.03.2016 24:41
Die verlies van 'n geliefde is almal se vrees, maar die dood is nie die enigste oorsaak van verlies nie. Egskeiding, onoplosbare argumente, of geen voor die hand liggende redes kan ook die oorsaak van verlies wees, van jou lewensmaat, jou kind, of beste vriend of vriendin. Wat doen jy dan?
11 Mar 11.03.2016 24:39
Ons almal ken pyn. Of jy nou jou vinger gesny het, jou arm gebreek het of 'n mediese diagnose het, pyn is deel van menswees. Maar hoe leef mens met kroniese pyn? Hoe kan jy seker maak die pyn affekteer nie jou funksionering, jou gedagtes, jou gemoed en gedrag nie?
4 Mar 04.03.2016 24:45
Woorde kan 'n verhouding red of ruïneer. Louise en Lise kyk na wat belangriker is: WAT jy sê, of HOE jy dit sê.
26 Feb 26.02.2016 24:09
Slaap jy lekker in die nag? Indien nie, hoekom nie? Of aanvaar jy dit is maar net deel van die lewe en sy stressors? Louis en Lise kyk hoekom 'n goeie nagrus belangrik is; watter effek min slaap op jou gemoed kan uitoefen; en wat 'n moontlike oorsaak kan wees van jou min slaap.
19 Feb 19.02.2016 24:45
Louis en Lise bespreek luisteraarsbriewe oor seksuele molestering en die verkragting van 'n minderjarige kind. Wat doen jy as die aantuigings teen jou onwaar is? Hoe kan jy jou kind beskerm? En hoe kan 'n verskeurde familie herstel word?
12 Feb 12.02.2016 24:43
Is jy verloof, of het jy onlangs 'n nuwe verhouding met iemand begin? Hoe weet jy die persoon is die een vir jou? Is die liefde waarlik genoeg om 'n verhouding te laat werk? Louis en Lise gesels oor hierdie vrae, en kyk na maniere om 'n sterk en gelukkig verhouding of huwelik te verseker.
5 Feb 05.02.2016 24:41
Om die slagoffer van 'n boelie te wees – of jy nou 9 jaar oud is, of 49 – het 'n uitwerking op 'n persoon se denke, emosies en gedrag. Word jy by die werk afgeknou, of vermoed jy jou kind word geboelie by die skool? Louis en LIse bespreek aan die hand van twee luisteraarsbriewe, oplossings oor hoe jy 'n boelie kan stop.
29 Jan 29.01.2016 24:38
Om deur 'n middeljarekrisis, of 'n midlife crisis te gaan, is nie net vir die individu 'n deurmekaar en ongemaklike lewensfase nie, maar het ook 'n direkte uitwerking op die mense om hulle. Vermoed jy jou man/vrou ervaar tans 'n middeljarekrisis? Voel jy jy hanteer die situasie reg en gee vir jou lewensmaat die nodige ondersteuning en spasie om gemaklik deur hierdie fase te gaan? Louis en Lise ges...
22 Jan 22.01.2016 24:39
Is jy in jou vroeë veertigs na laat vyftigs? Is jy meer bewus van die lewenskeuses wat jy al gemaak het, soos jou beroep, jou huwelike self jou haarstyl? Ervaar jy druk om drastiese veranderinge in jou lewe te maak? Ons bespreek middeljarekrisis, ook bekend as 'n midlife crisis. Wat die tekens is en hoe jy bewus moet wees van die moontlike impulsiewe keuses wat jy dalk kan maak.
15 Jan 15.01.2016 24:44
Die droogte en watertekorte wat ons tans in SA ervaar gaan 'n effek op ons almal uitoefen. Wat staan jou te doen as jy, soos 'n boer, direk deur hierdie droogte geaffekteer word, of selfs indirek, maar jy is bewus van die moontlikhede in die toekoms? Ons bespreek hoe jy mooi na jouself kan kyk tydens hierdie omstandighede waaroor niemand beheer het nie.
8 Jan 08.01.2016 24:41
“Wees die beste wat jy kan wees!” Hierdie sin hoor en lees ons gereeld in die media, maar wat presies beteken dit en hoe kan jy die beste wees wat jy kan wees? Louis en Lise ontleed hierdie sin en gee praktiese wenke oor hoe jydie beste kan wees wat jy kan wees, maak nie saak wat jou omstandighede is nie.
1 Jan 31.12.2015 24:41
Hierdie tyd van die jaar besluit die meeste mense op hul nuwejaars voorneme; vir baie het hierdie ritueel al 'n grap geword, maar vir ander gee dit hoop vir die toekoms – dit mag dalk net die begin wees van die pad na ware geluk. Maar hoe kan jy bly by jou nuwejaars voorneme, of die doelwitte wat jy vir jouself gestel het vir 2016? Ons gesels oor stappe wat jy kan neem om te verseker dat hierdie j...
11 Dec 11.12.2015 24:17
Kan enige iemand gebreinspoel word? Indien wel, hoe bewus is die persoon van die breinspoeling en wat is die motivering vir 'n persoon om so 'n sterk invloed op 'n ander mens te hê?
4 Dec 04.12.2015 24:43
Louis en Lise bespreek luisteraarsbriewe oor waaroor jy beheer kan terugvat wanneer jy afgedank is, en wat jou te doen staan wanneer jy agterkom iemand agtervolg jou en hou jou elke beweging dop.
27 Nov 27.11.2015 24:32
Die jaar is so te sê op sy rug, en die meeste mense sien uit na die vakansietyd wat voorlê. Hulle sukkel egter om hulle energie te behou om deur die laaste paar weke van die jaar te kom. Hoe kan jy jou battery nóú herlaai? Meer belangrik, hoe kan jy seker maak jy ontspan tydens die vakansie om met 'n vol battery die nuwe jaar te begin?
20 Nov 20.11.2015 24:44
Louis en Lise bespreek luiseraarsbriewe: Wat staan jou te doen wanneer jy vermoed dat jou liefde kontak met realiteit verloor? En 'n ma voel dat haar volwasse stiefkinders haar lewe oorneem.
13 Nov 13.11.2015 24:41
Verbale, emosionele en fisiese mishandeling is 'n ingewikkelde onderwerp. Dit is nooit so eenvoudig soos “loop net weg”, of “veg terug” nie. Louis en Lise kyk na mishandeling, hoekom dit gebeur, hoe dit gestop kan word, en wat jy of jou kinders te doen staan wanneer julle so 'n nagmerrie beleef.
6 Nov 06.11.2015 24:40
Louis en Lise bespreek luisteraarsbriewe: Hoe kan jy 'n goeie ouer wees wanneer jy geen leiding van jou eie ouers gehad het nie? En by wie gaan ons Kersdag spandeer – jou ouers of myne?
30 Oct 30.10.2015 24:43
Wie is ek? 30 Oktober 2015
23 Oct 23.10.2015 24:41
Wie is ek? 23 Oktober 2015
16 Oct 16.10.2015 24:45
Wie is ek? 16 Oktober 2015
9 Oct 09.10.2015 24:29
Wie is ek? 9 Oktober 2015
2 Oct 02.10.2015 24:44
Wie is ek? 2 Oktober 2015
25 Sep 24.09.2015 24:42
Wie is ek? 25 September 2015
18 Sep 18.09.2015 24:44
Wie is ek? 18 September 2015
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.