RSG

Wie is ek?

Health AF ↓ 662 episodes

Die program fokus daarop om die man op straat kennis en insig te gee in belangrike sake rakende menslike gedrag. Kwelvrae oor dié kwessies word op ‘n eenvoudige en toeganklike manier verduidelik.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za

Author

RSG

Category

Health

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Nov 20, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 10M+ downloads · 4.7+ rating iOS soon

Episodes

Wie is ek: Word jy die ouer wat jy nooit wou wees nie? Liefde is maklik, maar saamwees moeilik 20.11.2026

20 November 2026: Jy hoor jou ma of pa se woorde uit jou eie mond… en skrik. Jy het jouself belowe dat jy nóóit daardie soort ouer sal wees nie. Hoekom herhaal jy dan die patroon? En, kan jy iemand liefhê, maar steeds sukkel om ’n verhouding te bou waarin julle albei gelukkig is?

Wie is ek: Waarheen met jou lewe? Die donker kant van seerkry 13.11.2026

13 November 2026: Almal lyk of hulle weet waarheen hulle op pad is… behalwe jy. Is dit normaal om steeds oor jou lewensrigting te wonder? En, wat gebeur wanneer seerkry in bitterheid, woede of ’n behoefte aan wraak verander?

Wie is ek: Wie is ek nóú? Wat doen voortdurende krisisse aan jou senuweestelsel? 06.11.2026

6 November 2026: Om in jou veertigs of vyftigs verlore te voel, kan saamhang met veranderende rolle en ’n identiteit wat nie meer so vanselfsprekend voel nie. En, wanneer die een krisis op die ander volg, kan dit moeilik raak om tussenin tot rus te kom, selfs wanneer die onmiddellike gevaar verby is.

Wie is ek: Wat laat jou bly in ’n ongelukkige verhouding? 30.10.2026

30 Oktober 2026: Jy is ongelukkig, maar jy bly. Wat hou jou daar? Liefde, vrees, of hoop dat dinge sal verander? En, is jy verlief op die mens voor jou, of op wie jy hóóp hulle sal word?

Wie is ek: Was dit trauma, of net ’n moeilike tyd? 23.10.2026

23 Oktober 2026: Dit was ’n moeilike tyd, Maar was dit trauma? Hoe weet jy die verskil? En, as jy ná ’n verlies net aangegaan het, Beteken dit jy het nooit gerou nie?

Wie is ek: Wanneer werk te belangrik word; Eensaamheid in digitale era 16.10.2026

16 Oktober 2026: Kan jou werk só belangrik vir jou identiteit word dat jy nie meer weet wie jy is sonder jou beroep nie? Hoekom voel ons soms dieper eensaam, juis omdat ons meer aanlyn en digitaal met mense verbind is as ooit tevore?

Wie is ek: Hoekom voel jy skuldig wanneer jy niks doen nie? 09.10.2026

9 Oktober 2026: Kan jy jouself ná jare se aanpassing weer herontdek? Of het ons onsself eintlik nooit verloor of vergeet nie? Hoekom is dit so moeilik om soms net te rus? Hoekom voel jy skuldig wanneer jy niks doen nie?

Wie is ek: Toksiese verhoudings; Oorlewing as leefstyl 02.10.2026

2 Oktober 2026: Wat gebeur met jou wanneer jy in ’n toksiese verhouding is, wat jou stadig breek? Hoe herstel jy ná so ’n verhouding? Wanneer raak oorlewing ’n leefstyl? Wanneer beskerm jy jouself, en wanneer hou jy jouself vas in oorlewingsmodus?

Wie is ek: Stres; Emosionele verantwoordelikheid 25.09.2026

25 September 2026: Wanneer begin stres jou verander? En, hoekom voel jy soms uitgeput, selfs wanneer jy eintlik niks fisies gedoen het nie? Jy kan tog nie verantwoordelik wees vir hoe almal rondom jou voel nie… of kan jy? Waar eindig empatie, en waar begin emosionele verantwoordelikheid?

Wie is ek: Hoekom reageer ek soos ek reageer? 18.09.2026

18 September 2026: “Ek het nog nooit emosionele werk aan myself gedoen nie. Waar begin ’n mens?” Dis ’n vraag wat dalk meer van ons raak as wat ons wil erken. En dan is daar finansiële stres – daardie konstante bekommernis oor geld wat nie net jou beursie raak nie, maar ook jou gemoed, verhoudings en jou besluite. Waar begin jy om jouself beter te verstaan? En wat gebeur met jou emosies wanneer ge...

Wie is ek: Empatie in ’n gepolariseerde samelewing; Stres wat intimiteit vernietig 11.09.2026

11 September 2026: Hoe behou jy empatie in ’n gepolariseerde samelewing? Hoe kry jy weer nabyheid wanneer stres tussen jou en jou maat kom lê?

Wie is ek: Wanneer is dit tyd om ’n verhouding te los? 04.09.2026

4 September 2026: Wanneer is dit tyd om ’n verhouding te los? En, waarom loop sommige mense ’n kamer binne en almal se aandag gaan sommer vanself na hulle?

Wie is ek: Hoekom lyk dit of almal weet wat hulle doen, terwyl jy net probeer byhou? 28.08.2026

28 Augustus 2026: Het jy ook soms die gevoel dat almal die handleiding vir die lewe gekry het, behalwe jy? Hoekom lyk dit asof ander mense presies weet wat hulle doen, terwyl jy soms net probeer byhou? En, almal baklei van tyd tot tyd, maar wanneer word dit ’n probleem? Is baklei noodwendig sleg vir ’n verhouding, of kan konflik eintlik normaal en selfs gesond wees?

Wie is ek: Huil jy in die stort? Hoekom stoot iemand met kanker my weg? 21.08.2026

21 Augustus 2026: Waarom breek sommige mense skielik in trane uit wanneer hulle stort? Is dit net die warm water, of gebeur daar iets dieper in die brein? Hoe ondersteun jy iemand met kanker wat jou wegstoot om jóú te beskerm, terwyl jy net daar wil wees?

Wie is ek: Gesonde grense sonder skuldgevoelens; Hormonale veranderinge 14.08.2026

14 Augustus 2026: Hoe stel jy grense sonder om mense te verloor? Hoe beïnvloed hormonale veranderinge jou emosionele stabiliteit?

Wie is ek? Emosionele uitputting; Emosionele trauma 07.08.2026

7 Augustus 2026: Voel dit asof jy emosioneel leeg is, al gaan die lewe net aan? Hoe bou 'n mens weer energie ná emosionele uitputting? En kan 'n mens regtig herstel van emosionele trauma?

Wie is ek? Die manier waarop jy grootgeword het, beïnvloed dikwels jou ouerskap 31.07.2026

31 Julie 2026: Baie ouers word later presies die ouer wat hulle hulleself beloof het hulle nooit sou wees nie. Hoe weet jy wanneer dit tyd is om 'n verhouding te los, of eerder daaraan te werk?

Wie is ek? Hoekom groei ons identiteit so maklik aan ons werk en prestasies vas? 24.07.2026

24 Julie 2026: Jou werk kan baie meer as net 'n salaris wees. Vir baie mense word dit deel van wie hulle is. En, hoekom voel sommige mense leeg, al het hulle alles waarvan hulle nog altyd gedroom het?

Wie is ek: Hoekom is dit moeilik om as volwassene vriende te maak? 17.07.2026

17 Julie 2026: Hoekom was dit as kind so maklik om vriende te maak, maar as volwassene soveel moeiliker? En, wat gebeur met jou emosies wanneer geldsorge elke dag saam met jou opstaan? Ons ondersoek die sielkunde agter ons verhoudings, en finansiële stres.

Wie is ek? Onverwagse rou; Groot verandering 10.07.2026

10 Julie 2026: Wat doen jy wanneer rou jou onverwags oorval, maar die lewe verwag jy moet net aangaan? En, hoe aanvaar jy groot verandering sonder om jouself langs die pad te verloor?

Wie is ek? Voel jy soms asof jy net probeer byhou? 03.07.2026

3 Julie 2026: Voel jy soms asof jy net probeer byhou? Asof jy elke dag rolle speel — die sterk een, die verantwoordelike een, die een wat alles onder beheer het? En tog voel jy oorweldig, uitgeput en vreemd… los van jouself. Hoekom gebeur dit? Ons ondersoek waarom soveel mense voel hulle leef sonder om werklik teenwoordig te wees.

Wie is ek? Waarom voel jy soms leeg ná groot veranderinge? 26.06.2026

26 Junie 2026: Groot lewensveranderinge bring nie net verlies nie. Selfs positiewe veranderinge kan gevoelens van leegheid, onsekerheid en verwarring ontlok. Jou brein moet dikwels eers aanpas by 'n nuwe weergawe van jou lewe. En, wanneer jy ure lank oor dieselfde dinge dink en herkou - is dit insig wat groei, of angs wat jou vasvang?

Wie is ek? Is dit gesond om altyd beskikbaar te wees? 19.06.2026

19 Junie 2026: Hoekom dra sommige mense emosionele pyn vir jare sonder om dit raak te sien? En, is dit regtig gesond om altyd beskikbaar te wees vir almal rondom jou? Ons ondersoek hoe ongemak soms normaal begin voel, en waarom die onvermoë om grense te stel jou welstand kan beïnvloed.

Wie is ek? Wie is jy werklik as jy aanpas by wat ander van jou verwag? 12.06.2026

12 Junie 2026: Hoe weet jy wie jy regtig is as jy jou hele lewe lank aanpas by wat ander van jou verwag? Waarom verloor sommige mense belangstelling sodra iemand hulle goed behandel? Ons praat oor identiteit, aanvaarding en die vreemde patrone wat ons verhoudings beïnvloed.

Wie is ek? Die emosionele prys van konstante goedkeuring soek 05.06.2026

5 Junie 2026: Mense verander dikwels hulle gedrag, persoonlikheid en selfs voorkoms, net om aanvaar te voel. Wie sou ek wees as ek niemand se goedkeuring nodig hehad het nie? En, liggaamsdismorfie gaan nie oor ydleheid nie, dit kan iemand obsessief laat fokus op gebreke, wat ander mense skaars raaksien.

Listen to the Wie is ek? podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.