Maroela Media

ToekomsVenster

Religion AF ↓ 150 episodes

"ToekomsVenster" is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie (info@toekomsvenster.co.za) of besoek toekomsvenster.co.za.

Author

Maroela Media

Category

Religion

Podcast website

maroelamedia.co.za

Latest episode

Jul 6, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

ToekomsVenster | Wie is jy en hoekom maak dit saak? 01.05.2026

Selfkennis verander hoe jy leef, liefhet en reageer – selfs op die pad of agter jou slimfoon se skerm.

ToekomsVenster | Werk as ʼn roeping 28.04.2026

Mag ons aan die einde van die dag die woorde hoor: “Mooi so, goeie en getroue dienskneg. Oor min was jy getrou, oor baie sal Ek jou aanstel”.

ToekomsVenster | Jy is uniek maar leef jy dit uit? 28.04.2026

Ons dra dikwels etikette wat nooit vir ons bedoel was nie. Wat gebeur as jy dit afhaal?

ToekomsVenster | Agter die stuurwiel met ʼn skuilnaam 28.04.2026

Van sosiale media tot op die snelweë van die land sien ons dieselfde woede, net op ander platforms. Anonimiteit laat mense dinge doen wat hulle nooit van aangesig tot aangesig sou waag nie. Maar is jy ooit werklik onsigbaar?

ToekomsVenster | Wanneer frustrasies snellers word 27.04.2026

ʼn Enkele oomblik van woede kan ʼn leeftyd se skade saai. Hoe rek jy die spasie tussen reaksie en berou?

ToekomsVenster | ʼn Lewende voorbeeld 20.04.2026

Mag die Here ons genade bewys sodat ons vir ander eerder ʼn voorbeeld as ʼn struikelblok sal wees.

ToekomsVenster | Waarop ons gedagtes gerig is 20.04.2026

Pasop vir verkeerde invloede wat jy wetend of onwetend in jou lewe innooi.

ToekomsVenster | Van bekommernis na vrede 20.04.2026

Ons behoort aan die Here. Genoeg is genoeg. Wees oor niks besorg nie, maar in alles op die Here se goedheid en guns aangewese.

ToekomsVenster | Die krag van inskiklikheid 20.04.2026

Kom ons neem die teks ter harte en wees inskiklik teenoor mense. Gee hulle die voordeel van die twyfel.

ToekomsVenster | Blydskap onder alle omstandighede 20.04.2026

Mag jy die genade ontvang om vandag, ongeag jou omstandighede, bly te wees.

ToekomsVenster | Wanneer God aan jou hart werk 13.04.2026

In God se hand word selfs ʼn weerstandige hart gestem.

ToekomsVenster | Ons skuld mekaar liefde en niks minder nie 13.04.2026

Dit is maklik om te kritiseer maar moeiliker om lief te hê.

ToekomsVenster | Die maatstaf van ware leierskap 13.04.2026

Leierskap gaan nie oor mag nie, maar oor karakter.

ToekomsVenster | Keer dat jou verhouding met God ʼn transaksie word 13.04.2026

Jy kan alles reg doen en steeds verkeerd wees.

ToekomsVenster | Lees jy net of leef jy die Woord? 13.04.2026

Die vraag is nie óf jy ʼn Bybel het nie, maar wat jy daarmee doen.

ToekomsVenster | God se uitnodigende liefde vir jou en my 02.04.2026

Dit is so ʼn bevrydende gedagte dat God se liefde nie van ons prestasie afhang nie. Watter aspek van hierdie “nuwe begin” het jy vandag die nodigste om te hoor?

ToekomsVenster | Die krag van God se saaiproses 02.04.2026

Ons roeping is om te saai en God sal sorg vir die groei. Is daar ʼn spesifieke situasie waar jy tans sukkel om die “vrug” op jou arbeid raak te sien?

ToekomsVenster | Wanneer die wêreld se pyn jou raak 02.04.2026

Ander se lyding is nie vêr nie – dit raak ons almal.

ToekomsVenster | Slaggate van die lewe 02.04.2026

Watter “geestelike slaggat” voel vir jou tans die moeilikste om te herstel?

ToekomsVenster | Die graf is leeg en dit het alles verander 02.04.2026

Die boodskap van Paasfees is nie net dood nie, maar lewe – vir elkeen van ons.

ToekomsVenster | ‘Waarlik die Seun van God’ 30.03.2026

In daardie donkerste uur word die grootste oorwinning behaal.

ToekomsVenster | Die Koning aan ʼn kruis 30.03.2026

Die bordjie bo die kruis sê soveel meer as wat die owerhede destyds besef het. Oorweeg dit vandag om jou eie identiteit te herskryf, want jy behoort aan hierdie Koning.

ToekomsVenster | Kan geloof ooit geweld regverdig? 30.03.2026

Jesus se lyding dwing ons om eerlik na ons eie optrede te kyk.

ToekomsVenster | Is ons werklik anders as hulle wat Hom veroordeel het? 30.03.2026

Die grootste skok van die verhoor is nie die geweld nie, maar wie dit dryf. Ons is vinnig om te oordeel, maar hoe naby staan ons aan dieselfde kring?

ToekomsVenster | Doodsbenoud en alleen in Getsemane 30.03.2026

In daardie tuin sien ons nie net God nie, maar ʼn mens wat tot die dood toe benoud is en alleen gelaat word.

Listen to the ToekomsVenster podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.