RSG
Sterre en Planete
Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Sterre en planete 28 Augustus 2022 28.08.2022 28:08
Die ruimte is vol klanke… as jy dit kan dekodeer. Hoe word dit gedoen? Die kenwysie van Sterre en Planete is byvoorbeeld saamgestel uit klanke wat van verskillende sterre af kom. Ons luister na klank wat sy ontstaan het in ‘n reuse gravitasiekolk. ‘n Groot deel van die program word gewy aan die lansering van die Artemistuig wat Maandag plaasvind. Dit sal die eerste keer sedert die Apollosendings w...
Sterre en planete 21 Augustus 2022 21.08.2022 26:05
Ons buurplaneet, Mars, het twee van die merkwaardigste geologiese verskynsels in ons sonnestelsel, al is die rooi planeet die helfte van die aarde se grootte. Die planeet spog nie net met die hoogste berg in die sonnestelsel nie, maar ook met die langste skeurvallei. Daar is aanduidings dat Betelgeuse, die rooi reus naby Orion, ‘n deel van sy oppervlak weggeskiet het. Betelgeuse is ‘n wisselster,...
Sterre en planete 14 Augustus 2022 14.08.2022 26:17
Die aktiwiteite op die son raak die lewe op aarde op verskeie maniere. Een daarvan is die effek van magnetiese storms. Dié storms kan die lesings van GPS toestelle nadelig beïnvloed en onakkurate lesings veroorsaak. Magnetiese storms is ook verantwoordelik vir die skouspelagtige auroras wat op die aarde se pole sigbaar. Die Marsvoertuig, Curiosity, is nou al tien jaar lank op die rooi planeet doe...
Sterre en planete 7 Augustus 2022 07.08.2022 25:27
Europa is een van die groter mane van Jupiter. Nasa dr Europa Clipper is besig om die maan van naderby te bestudeer. Jim Adams vertel van dié interessante projek, waartydens ‘n spesiale ysboor sowat 20 km deur Europa se ysoppervlak sal boor om by die water binne-in die maan uit te kom. As dit suksesvol is, sal ‘n swerm robotte vrygelaat word wat die water sal ondersoek.
Sterre en planete 31 Julie 2022 31.07.2022 26:13
In die volksmond staan die Pleiades-sterregroep as die Sewe Susters bekend, maar is daar werklik net sewe? Daar is ook inligting oor Rusland wat bekend gemaak het dat hy nie meer gaan deelneem aan die aktiwiteite op die Internasionale Ruimtestasie nie. Die juwelekis by die Suiderkruis het nie verniet dié naam nie. Sal mens die groep met ‘n verkyker kan sien, en die kleure kan onderskei?
Sterre en planete 24 Julie 2022 24.07.2022 23:35
Wat gebeur wanneer iets soos ‘n mikrometeoor een van die spieëls van die James Webb-ruimteteleskoop tref? Die sterregemeenskap is ook gaande oor ‘n komeet wat vanuit sommige dele van die wêreld te sien is. Dit is die 2017 Panstarrs-komeet. Suid-Afrikaners wonder seker ook of die komeet in ons lugruim te sien sal wees.
Sterre en planete 17 Julie 2022 17.07.2022 26:31
Die foto’s wat deur die James Webb-ruimteteleskoop geneem is, het wêreldwyd opslae gemaak as gevolg van die detail wat te sien is. Sterre en Planete gesels met die man wat verantwoordelik was vir die samestelling van die beelde. Dr. Anton Koekemoer werk by die Space Telescope Science Institute in Baltimore in die VSA. Hy was jare lank betrokke by die aktiwiteite van die Hubble-ruimteteleskoop. Dr....
Sterre en planete 10 Julie 2022 10.07.2022 26:35
Die aarde draai om sy eie as, so ook die ander planete in ons sonnestelsel, maar waarom draai die son om sy eie as? Wat veroorsaak dit? Daar is inligting oor ‘n dubbelkrater wat op die man gesien is, wat veroorsaak is deur die impak van ‘n Sjinese tuig. Kenners weet nog nie waarom daar twee kraters is nie.
Sterre en planete 3 Julie 2022 03.07.2022 25:41
Kan daar vuur gemaak word in die Internasionale Ruimtestasie? As dit wel die geval is, hoe sou so ‘n vuur lyk? Daar is ‘n bespreking oor die aarde se atmosfeer wat swel, en meebring dat sommige satelliete gouer in die atmosfeer uitbrand.
Sterre en planete 26 Junie 2022 26.06.2022 25:05
Rekenaarbedryfstelsels vorm die ruggraat van ons lewe hier aarde. Almal weet van Windows, Apple, Linux en nog ‘n paar ander. Een van Sterre en Planete se luisteraars het onlangs gevra watter bedryfstelsels in ruimtetegnologie gebruik word. Die Hubblekonstante is ‘n belangrike begrip in die kosmologie. Die span praat oor dié belangrike begrip en nuwe bevindings wat gemaak is oor die uitdying van di...
Sterre en planete 19 Junie 2022 19.06.2022 26:22
Die bedryfspan van die James Webb-ruimteteleskoop het onlangs geskrik toe hulle agterkom dat ‘n ruimtebrokstuk een van die panele van die nuwe teleskoop getref het. Hulle was egter nie te bekommerd daaroor nie, want die teleskoop se panele is op aarde deeglik getoets vir so ‘n moontlikheid. Die span verduidelik hoe ruimtewetenskaplikes dit op groot afstand regkry om rekenaarstelsels aan boord van...
Sterre en planete 12 Junie 2022 12.06.2022 25:11
Stephan Lotz van SANSA praat oor wat die verskil is tussen ‘n weervoorspelling op die aarde en ‘n ruimteweervoorspelling. Baie mense in Suid-Afrika het onlangs 'n brandende voorwerp in die hemelruim gesien. Willie Koorts verklaar die verskynsel. Matie Hoffman vertel van nuwe toerusting by die digitale planetarium in Bloemfontein.
Sterre en planete 5 Junie 2022 05.06.2022 24:56
Lafras Smit vertel wat in Junie in die ruimte te sien is. Jim Adams praat oor die Boeing Starliner wat onbemand by die internaisonale ruimtestasie aangedoen het. Ná Space X se Dragon is Boeing se Starliner die tweede Amerikaanse privaattuig wat by die ISS gaan kuier. Daar is inligting oor die rotors van Ingenuity, die Marshelikopter, wat steeds bedrywig is op die rooi planeet.
Sterre en planete 29 Mei 2022 29.05.2022 24:02
Die Zurong Sjinese ruimtetuig, wat ‘n jaar gelede op Mars geland het, het interessante inligting oor die teenwoordigheid van water op die planeet gevind. Die span bespreek die bevindings. Die Voyager-ruimtetuie wat reeds ver buite die invloed van son deur die ruimte trek, het eienaardige geluide begin maak. Die beheersentrum probeer nou vasstel wat die telemetrie beteken. Dit neem ‘n radiosein me...
Sterre en planete 22 Mei 2022 22.05.2022 24:13
Wat is ruimte? Is dit niks? En wat is ruimtetyd? Dis die breinknopers waaoor die span praat. ‘n Foto doen die rondte van ‘n sogenaamde deur op Mars. Is dit wel 'n deur, of is dit ‘n kwessie van’n spel van lig en skadu? Die span praat ook oor ‘n foto wat onlangs geneem van ‘n reuse gravitasiekolk, iets wat nie dikwels gebeur nie.
Sterre en planete 15 Mei 2022 15.05.2022 26:22
Op Maandagoggend 16 Mei 2022 is daar ‘n totale maansverduistering oor Suid-Afrika. Die stappe van die verduistering word in groot besonderhede beskryf. Daar is ‘n luisteraarsvraag of die Hubble-teleskoop die James Webb-teleskoop sal afneem. En, wat is die klankgrens en wat is ontsnapsnelheid?
Sterre en planete 8 Mei 2022 08.05.2022 26:08
Mercurius is die naaste planeet aan die son. Dit blyk nou dat dié hemelliggaam skielik ‘n stert ontwikkel het – byna soos ‘n komeet! Stefan Lotz van Sansa praat oor hierdie verskynsel en wat die oorsaak daarvan is. Daar is ook inligting oor wat sterrekundiges presies sien wanneer hulle na sterre kyk. Is dit soos die kleurryke afbeeldings wat mens in foto's sien? En, die reuse deeltjieversneller (...
Sterre en planete 1 Mei 2022 01.05.2022 27:20
Voordat ‘n ruimtetuig die lug ingeskiet word, word talle berekeninge gedoen. Een van die belangrike sake waarna opgelet moet word, is die grootte van die loonvrag. Twee gaste uit die VSA is by ons in die ateljee. Jim Adams is op sy pos, maar dié keer in Suid-Afrika. Bianca Rhim van NASA is ‘n elektriese ingenieur wat baie te doen het met die berekening van die loonvragte van ruimtesendings. Sy was...
Sterre en planete 24 April 2022 24.04.2022 28:17
Hoe koud is dit in die ruimte? Sterrekundiges het pas die koudste plek in die heelal opgespoor. In die verlede het die span dikwels oor die Seti-projek gepraat. Die projek is daarop gemik om intelligente lewe in die heelal op te spoor. Die radioteleskoop by Arecibo in Suid-Amerika het ‘n belangrike rol gespeel in dié waarnemings. Die teleskoop het intussen ineen gestort. Die vraag is nou wat van...
Sterre en planete 17 April 2022 17.04.2022 27:46
Meteore en vuurballe dring dikwels die aarde se atmosfeer binne. Geklassifiseerde inligting wat pas openbaar gemaak is, dui daarop dat ‘n vuurbal die atmosfeer binnegedring het teen ‘n snelheid van 210 000 km/h. Sterrekundiges was natuurlik verbaas oor die snelheid van dié vreemde besoeker. Die span kyk in meer besonderhede na waar die voorwerp vandaan gekom het. Daar word ook gepraat oor ‘n ontd...
Sterre en planete 10 April 2022 10.04.2022 25:42
Daar is bekend gemaak dat die Hubble-ruimteteleskoop die verste ster ooit raakgesien het. Die ster, Earendal, is 12,9 miljard ligjaar van ons af weg, met ander woorde dit neem lig 12,9 miljard jaar om die aarde te bereik! Die span verduidelik hoe dit moontlik is om ‘n ster op so ‘n groot afstand te sien. ‘n Amateur sterrekundige het ook daarin geslaag om die Internasionale Ruimtestasie af te neem...
Sterre en planete 3 April 2022 03.04.2022 24:22
Waar sou mens in die buitenste ruim gaan soek na lewe? Jim Adams, voormalige adjunk tegniese direkteur van NASA, verduidelik waar lewe moontlik gevind kan word. Hy gesels ook oor die wisseling van bemanning in die Internasionale Ruimtestasie waar ‘n hele klomp wetenskaplikes, insluitend Russiese bemanning, navorsing doen. Dít ten spyte van die woelinge tussen Rusland en Oekraïne. Daar is ‘n voorui...
Sterre en planete 27 Maart 2022 27.03.2022 26:38
As mens sowat 30 jaar terugblaai in die geskiedenis, was die begrip eksoplanete heeltemal vreemd. In die afgelope jare is al meer en meer eksoplanete gevind. Dit is ‘n liggaam wat om ‘n ander son draai. Daar is pas bekend gemaak dat nie minder nie as 5,000 ekspolanete al gevind is. Daar is ook ‘n hele klomp wat as kandidaat-eksoplanete bekend staan, wat nog geverifieer moet word. Daar is ook inlig...
Sterre en planete 20 Maart 2022 20.03.2022 25:21
Ons almal leef saam met swaartekrag. Soms is dié krag jou vriend, en soms jou vyand. Die span praat oor swaartekrag in die ruimte. Daar is ook inligting wat daarmee verband hou: planne word nou gemaak om ‘n vuurpyl van Mars af te lanseer. Mars se swaartekrag is aansienlik minder as dié van die Aarde. Met die oorlog wat woed in Oekraïne, word Rusland se samewerking met internasionale ruimte organ...
Sterre en planete 13 Maart 2022 13.03.2022 25:14
Ons ster, die son, is woelig. Daar was ‘n paar weke gelede ‘n geweldige groot uitbarsting aan die agterkant van die son. Wat sou die implikasie wees sou dit aan die voorkant plaagevind het? Daar was ook berigte dat ‘n stuk vuurpyl in die maan vasgevlieg het. Die maan is sowat 390 000 km van die aarde af. Die vraag ontstaan oor wat presies dit was, aangesien dit heeltemal te ver is vir ‘n stuk rui...
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.