RSG

Sterre en Planete

Science AF ↓ 759 episodes

Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.

Author

RSG

Category

Science

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 5, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Sterre en planete 19 Februarie 2023 19.02.2023

Kosmiese strale het die afgelope weke vir drama op die James Webb-teleskoop gesorg. ‘n Belangrike onderdeel van die teleskoop is deur ‘n straal getref. Willie Koorts verduidelik wat fout gegaan het en hoe die fout herstel is. Matie Hoffman praat oor alledaagse gebruiksartikels wat hulle ontstaan uit ruimtenavorsing gehad het.

Sterre en planete 12 Februarie 2023 12.02.2023

Die groen komeet is tans iewers in die omgewing van Mars en Aldebaran in die noorde. Daar was ‘n berig dat een van die James Webb-onderdele onklaar geraak het vanweë ‘n kosmiese straal. Die span verduidelik wat ‘n kosmiese straal is, en of die fout uiteindelik herstel is. Hulle praat ook oor produkte wat uit die ruimteprogram voortgevloei het, en hoe ons op verskeie maniere daarby baat. Stefan Lot...

Sterre en planete 5 Februarie 2023 05.02.2023

Tjel Lindgren van Nasa is ‘n ervare ruimtevaarder wat al twee keer na die Internasionale Ruimtestasie gevlieg het. Hy vertel hoe sy pad geloop het om uiteindelik ‘n ruimtevaarder te word. Afgesien van sy kwalifikasie as vegvlieënier het hy ook gespesialiseer in fisiologie om die uitwerking van mikrogravitasie op die menslike liggaam te bestudeer.

Sterre en planete 29 Januarie 2023 29.01.2023

Min mense besef hoe klein die aarde teenoor die son is. As mens byvoorbeeld die son na 1 meter sou verklein, sal die aarde se grootte ‘n skrale 9 mm wees. Die span verduidelik wat ‘n planetêre hoofweg is waarin planete op skaal op sekere afstande geplaas word. Eksoplanete is lankal nie meer nuus nie. ‘n Teleskoop wat spesfiek na eksoplanete soek, Tess, het onlangs bevind dat daar twee aardagtige p...

Sterre en planete 22 Januarie 2022 20.01.2023

Daar is ‘n groen komeet wat in Februarie oor Suid-Afrika sigbaar sal wees met ‘n verkyker.  Willie Koorts en Matie Hoffman gesels oor hierdie besoeker aan ons hemelruim. Sterrekykers is veral opgewonde omdat dit 50 000 jaar gelede naby die aarde was. ‘n Luisteraar wil weet wat van die satelliete geword het wat aan boord die vuurpyl was wat onlangs nie volledig in ‘n baan ontplooi kon word nie. Die...

Sterre en planete 15 Januarie 2023 15.01.2023

Is daar iets soos ‘n suksesvolle mislukking? In die wêreld van ruimtetegnologie word daar dikwels hierna verwys. Die onlangse mislukte poging van die Britte om ‘n vuurpyl van ‘n vliegtuig af te lanseer, is ‘n goeie voorbeeld daarvan. Nuwe navorsing wys dat ons son nie ‘n tipiese ster is nie. Suid-Afrikaanse satellietbouers het nog ‘n mylpaal bereik deur ‘n kubsat te lanseer, wat spesifiek daarop g...

Sterre en planete 8 Januarie 2023 08.01.2023

Hoe word die grootte van die heelal bepaal? Stefan Lotz van Sansa kyk na die aktiwiteit van die son en vertel van die sonwind wat water op die maan skep. Daar is nuus oor die Hubble-ruimteteleskoop wat in 1990 gelanseer is, wat moontlik nuwe lewe gaan kry vanweë Nasa se samewerking met Space X. ‘n Groen komeet is op pad en sal weldra in die suidelike halfrond gesien kan word.

Sterre en planete 1 Januarie 2023 01.01.2023

2022 is gekenmerk deur drie uitstaande gebeurtenisse in ruimtevaart. Die James Webb-ruimteteleskoop is op Kersdag in 2021 die lug in geskiet, en het in die loop van 2022 ruimtewetenskaplikes verbaas oor die gehalte van die eerste beelde wat ontvang is. Die Dart-sending, waartydens ‘n tuig teen ‘n asteroïde gebots het, het ook vrugte afgewerp, en bewys dat ‘n ruimteklip wel deur ‘n tuig effe van ri...

Sterre en planete 25 Desember 2022 25.12.2022

Daar is al baie bespiegel oor wat die Bethlehemster presies was. Was dit ‘n konjunksie of ‘n okkultasie? Die span praat ook oor die drie konings in die somerkonstellasie. die Oriongroep, en die Rigel- en Betelgeuse-sterre. Twee gereelde spanlede, prof. Matie Hoffman en Willie Koorts, vertel wat hulle werk behels.

Sterre en planete 18 Desember 2022 18.12.2022

Teleskope was tradisioneel aardgebonde. Dis eers heelwat later dat ruimteteleskope soos die Hubble, die Kepler en Chandra om die aarde begin wentel het om waarnemings te doen. Nou word fyner gewerk aan die moontlikheid om teleskope met balonne op te stuur om waarnemings bo die atmosfeer te doen. Daar word ook gepraat oor die heelal wat uitdy, met ander woorde alles beweeg weg van mekaar af. Nou ho...

Sterre en planete 11 Desember 2022 11.12.2022

Die reuse Arecibo-radioteleskoop in Puerto Rico het in 2020 in duie gestort, en is onherstelbaar beskadig. Die teleskoop het ‘n groot rol gespeel in die radiodeel van sterrekundige waarnemings. Intussen is ‘n ander groter radioteleskoop in China opgerig om waarnemings van die son te doen. Willie Koorts vertel hoe SALT se spieëls skoongemaak word, en hoe dikwels.

Sterre en planete 4 Desember 2022 04.12.2022

Hoe moontlik is dit om die energie van die son vanuit ‘n ruimtetuig af te kaats aarde toe? Dit beteken in wese dat elektrisiteit op dié manier opgewek, en op die aarde opgevang word. Dis span praat ook oor nuwe tegnologie aanboord van Artemis soos vergelyk met die Apollo-projek.

Sterre en planete 27 November 2022 27.11.2022

Die auroras by die poolstreke word veroorsaak deur magnetiese interaksie van die son af. Normaalweg is die auroras groen. Die span praat oor pienk auroras wat onlangs gesien is. NASA het bekendgemaak dat hy ‘n span aangestel het om  VVV’s te ondersoek. Lafras Smit vertel ook wat in Desember se hemelruim te sien sal wees.

Sterre en planete 20 November 2022 20.11.2022

Die Apollo sendings het ‘n hele paar dekades gelede ten einde geloop. Daarom is die Artemis-sending wat die afgelope week plaasgevind het, ‘n mylpaal in ruimteverkenning.  Die sending is ‘n toetslopie vir die plasing van mense op die maan. Die sending is ‘n paar keer vertraag as gevolg van tegniese probleme en ‘n orkaan. Ons het 'n paar weke gelede gepraat oor die groen flits wat soms gesien kan w...

Sterre en planete 13 November 2022 13.11.2022

Suid-Afrika word stadigaan ‘n groter speler in ruimtetegnologie. Afgesien van ‘n paar satelliete wat al gelanseer is, het ‘n Suid-Afrikaanse produk ook onlangs ‘n rol in die Dart-sending gespeel. Nou is die klein Matjiesfontein gekies om hulp te verleen met die Artemis-sending na die maan. Die hoof van NASA se kommunikasie-afdeling, Bardi Younis, wat verantwoordelik is vir die kommunikasie tussen...

Sterre en planete 6 November 2022 06.11.2022

Die eerste mensegemaakte ruimtetuig, Sputnik, is 1975 opgeskiet. Dit was die eerste satelliet. Wat is ’n satelliet, en hoeveel soorte satelliete is daar? Was Cassini wat om Saturnus gewentel het, ‘n satelliet? Wat van die Dart-sending? Jim Adams van Maryland in die VSA verduidelik.

Sterre en planete 30 Oktober 2022 30.10.2022

Is die maan besig om van die Aarde af weg te dryf?  ‘n Reuse kamera wat opnames van die hele ruimte moet maak, is bekendgestel. Dis is die grootste digitale kamera wat nog gebou is. Dit weeg drie ton en het ‘n resolusie van 3200 megapixels.

Sterre en planete 23 Oktober 2022 23.10.2022

Wat het geword van die Arecibo radioteleskoop in Puerto Rico wat in 2020 ineengestort het? Gaan dit herbou word? Willie Koorts verduidelik wat die groen flits is wat soms gesien kan word met die sonsondergang. Die spam praat ook oor ‘n reuse gammaknal wat onlangs waargeneem is, ook deur een van die teleskope op Sutherland.

Sterre en planete 16 Oktober 2022 16.10.2022

Laika was die eerste hond wat die ruimte ingeskiet is. Wat het van die hond geword, en hoe lank was hy in die ruimte? 'n Luisteraar het in Bermuda ‘n “komeet” gesien. Hoe weet mense dat dit ‘n komeet is of nie? Die stof oor die botsing van die DART-tuig met ‘n asteroïde het nog nie gaan lê nie. Daar is bevind dat die projek wel geslaagd was.

Sterre en planete 9 Oktober 2022 09.10.2022

Die James Webb-ruimteteleskoop het die afgelope tyd groot opgewondenheid veroorsaak vanweë die skerp beelde wat verkry is. Daar word intussen ‘n teleskoop gebou wat nog skerper beelde behoort te gee. Dit is nie ‘n infrarooiteleskoop soos die James Webb nie, maar ‘n optiese teleskoop wat waarnemings van die aarde af doen.  Ander onderwerpe wat bespreek word, is die invloed van die maan op die mens...

Sterre en planete 2 Oktober 2022 02.10.2022

Daar was groot opgewonderheid toe die Dart-satelliet op 26 September teen ‘n asteroïde gebots het. Die botsing was daarop gemik om te sien of die tuig dit effens uit sy baan sou kon stoot.  Twee Suid-Afrikaanse ondernemings speel ‘n rol in hierdie sending. Ons praat hieroor met Nic Erasmus van die SAAO en Rikus Cronjé van Dragonfly Aerospace.

Sterre en planete 25 September 2022 25.09.2022

Wat kan die mens doen om moontlike asteroïde botsings met die aarde te voorkom? Dit is die vraag wat die Dart-sending wil beantwoord. Dis ‘n sending wat daarop gemik is om ‘n asteroïde effens uit sy baan te druk. Ruimtewetenskaplikes wil vasstel of die voorwerp wel genoeg uit sy baan gedruk kan word. Die SAAO op Sutherland is ook betrokke by die meting. Daar is ook inligting oor die Insight-tuig o...

Sterre en planete 18 September 2022 18.09.2022

In ruimtevaart word daar dikwels van ‘n lanseervenster gepraat. Wat is dit? Daar is ook inligting oor die sogenaamde wikkeling van die aarde. Die span praat ook oor die proses van fusie in sterre.  En, daar is aandoenlike nuus van ‘n bejaarde dame wat na elke uitsending van die program geluister het sedert sy ontstaan in 2000. Sy is onlangs in die rype ouderdom van 97 jaar oorlede.

Sterre en planete 11 September 2022 11.09.2022

‘n Groot deel van die noordelike halfrond het kwaai hittegolwe beleef. Waarom? Is die son die sondebok, of is daar iets anders? Daar is interessante inligting oor die Starlink-satelliete wat ingespan gaan word om ruimteweer te voorspel. Het jy al gewonder wat die kleure van sterre beteken? As mens kyk na Antares, die rooi ster in die skerpioen-konstellasie, of Betelegeuse by Orion, sal jy sien dat...

Sterre en planete 4 September 2022 04.09.2022

Die lansering van die Artemis maak hoofberigte in die media. Jim Adams verduidelik die stappe wat gevolg word voor ‘n lansering plaasvind. Hy vertel wat fout gegaan het tydens die eerste lanseringspoging. Daar is ook interessante feite oor die reuse motore van die SLS. Die reuse kruiptrekker wat gebruik word om die vuurpyl van die Vehicle Assembly-gebou na die die lanseerplatform te vervoer, slaan...

Listen to the Sterre en Planete podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.