RSG
Sterre en Planete
Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Sterrre en planete: Ruimteweerraaisel opgeklaar; Nobelprys vir Fisika 11.10.2026 26:24
11 Oktober 2026: Dr. Stefan Lotz praat oor ruimteweer en verduidelik hoe wetenskaplikes onlangs ’n 1840’s ruimteweerraaisel opgeklaar het. Hy verklaar ook ’n skielike afname van 30% in atmosferiese straling wat studente in 2024 met instrumente op ballonne gemeet het. Prof. Matie Hoffman verduidelik die belangrikheid van die 2026 Nobelprys vir Fisika, hoe spookpartikels opgespoor kon word met die I...
Sterre en planete: “Cubesats”; Lagrange-wentelbaan 04.10.2026 25:36
4 Oktober 2026: Ons praat oor sogenaamde “cubesats” - een wat sowaar van hout gemaak is! Ons praat ook oor hoekom die materiale waarvan ruimtetuie gebou word, baie versigtig gekies moet word. Die span verduidelik die spesiale Lagrange-wentelbaan waarin die Nancy Grace Roman-ruimteteleskoop geplaas word, asook hoe dit eksoplanete en donker materie sal bestudeer.
Sterre en planete: Starlink-flitse is VVV’s? 27.09.2026 26:38
27 September 2026: Ons hoor by Johan le Roux watter interessantehede voorlê in Oktober se nagte, asook die interessanthede wat in die geskiedenis in Oktober gebeur het. Hoekom rapporteer mense dikwels sogenaamde Starlink-flitse as VVV’s? Ons kon toe sowaar die skip wat SpaceX se Starship terugneem na Amerika, by Agulhas sien verbyvaar - dit het selfs ’n klompie luisteraars gelok om hierdie geskied...
Sterre en planete: Sterrekunde in Namibië 20.09.2026 26:24
20 September 2026: Ons kuier in Namibië en hoor van die Africa Millimeter Projek, en hoe baie sterrekundige aktiwiteite daar in dié land is. Ons gaste, Zandré en Ndu, vertel van hulle betrokkenheid by sterrekundeuitreike en onderwys. Ons hoor ook van Namibië se deelname aan die NASA Dragonfly-projek en dat ’n Duitse ruimtevaarder hulle binnekort kom besoek.
Sterre en planete: Ontdekking wat bestaan van donker materie moontlik kan bevestig 13.09.2026 26:33
13 September 2026: Dr. Stefan Lotz praat oor ruimteweer, en beantwoord ’n luiteraarsvraag oor die invloed van sonweer op langafstand-radiokommunikasie. Die Parker Solar Probe het weer ’n rekord nabyverbyvlug van die son gedoen, binne 6,2 miljoen kilometer van die sonoppervlak, en teen 700 000 km/h. Ons hoor hoe Eugene Parker se oorspronklike idee van ’n sonwind, aanvanklik as “utter nonsense” afge...
Sterre en planete: Nancy Grace Roman-ruimteteleskoop 06.09.2026 26:23
6 September 2026: Jim Adams en prof. Matie Hoffman praat oor die Nancy Grace Roman-ruimteteleskoop, en hoe dit vergelyk met Hubble en James Webb. Kan Hubble se lewe verleng word deur sy wentelbaan te verhoog? Daar is dalk ’n kans dat ons die herwinde Starship om die Kaap kan sien verbyvaar.
Sterre en planete: Komete wat die geskiedenis herskryf het 30.08.2026 26:38
30 Augustus 2026: Komete het dikwels die geskiedenis herskryf. Kort ná Julius Caesar se dood het daar ’n komeet verskyn wat so helder was, dat dit in die dag sigbaar was. Dit het die mense oortuig dat dit sy siel is, wat op pad na die hemel is. Nóg ’n dagkomeet het die fotografiese era in sterrekunde tot gevolg gehad, en dit in Suid-Afrika! En, Napoleon se inval van Rusland is deur ’n swaardvormig...
Sterre en planete: Africa2Moon-projek 23.08.2026 26:37
23 Augustus 2026: Suid-Afrikaanse ingenieurs en wetenskaplikes is tans besig met ’n interessante projek wat ’n eerste in die wêreld sal wees. Die Africa2Moon-projek is 'n lae-frekwensie radioteleskoop in die vorm van balle, wat in 2029 op die maanoppervlak ontplooi sal word om nuwe tegnologie te demonstreer en baanbrekerwetenskap te doen.
Sterre en planete: Sterrekundiges meet iets wat Einstein voorspel het, wat te klein is om te meet 16.08.2026 26:57
16 Augustus 2026: Ons gas is ’n Suid-Afrikaner wat sy doktorsgraad in Australië doen, waar hulle dit kon regkry om iets te meet wat Einstein voorspel het. Dit word moontlik gemaak deur data van die Meerkat-teleskoop van sterre wat tot ’n duisend keer per sekonde om hulle eie as roteer. Luisteraars sal hierdie sterre kan hoor en herken in die program se kenwysie.
Sterre en planete: Besonderse sonuitbarsting; SpaceX-botsing met maan 09.08.2026 27:07
9 Augustus 2026: Dr. Stefan Lotz vertel van ‘n besonderse sonuitbarsting aan die begin van Augustus. Prof. Matie Hoffman vertel die storie van die SpaceX-vuurpylstadium wat met die maan gebots het. Botsings het nogal ’n belangrike rol gespeel in die geskiedenis van die heelal, asook die ontstaan van ons sonnestelsel. Wat is die oorsprong van gas soos metaan en koolstof in die gasplanete?
Sterre en planete: Maan-na-Mars-marathon; 20 Julie; Herwinning van vuurpyle 02.08.2026 26:39
2 Augustus 2026: Jim Adams vertel van ’n Maan-na-Mars-marathon, en hoekom 20 Julie ’n spesiale datum is vir die Maan en Mars, met ’n besonderse Suid-Afrikaanse verbintenis. Ons hoor hoe StarShip gebou word om te verhoed dat die vuurpyl swig onder die geweldige lanseringskragte, en dat daar nou vier ruimteagentskappe is wat vuurpyle weer hergebruik deur hulle terug te land op aard...
Sterre en planete: Maansverduistering in Augustus 26.07.2026 26:44
26 Julie 2026: Augustus se hoogtepunte sluit in ‘n besonderse maansverduistering. Ons word ook weer herinner aan interessante Russiese sendings destyds, soos Spoetnik 5 in 1960 waarin twee honde, ’n konyn, veertig muise en twee rotte ‘n rit na die ruimte meegemaak het en weer veilig teruggebring is aarde toe.
Sterre en planete: Agter die skerms 19.07.2026 27:41
19 Julie 2026: Het jy geweet dat Sterre en Planete oorspronklik as ’n vyfminuut insetsel in Hennie Maas se kontinuïteitskof begin het? Willie Koorts se eerste regstreekse uitsending op RSG was in Desember 2002 op die “Verduisteringstrein” vanaf die hoogste stasie in Suid-Afrika. Ons luister na uittreksels uit Willie Koorts se aanbieding by vanjaar se Vrystaat Kunstefees, STERRE EN PLANETE, AGTER D...
Sterre en planete: Hoekom flikker sommige hemelliggame in verskillende kleure? 12.07.2026 26:59
12 Julie 2026: Dr. Stefan Lotz het die jongste ruimteweervoorspelling. Ons hoor watter invloed die son op die ander planete in ons sonnestelsel het. ’n Luisteraar wil weet hoekom flikker party hemelliggame in verskillende kleure, terwyl ander net wit lyk? En, hoekom word die Hubble- en James Webb ruimteteleskope nie ingespan om eksoplanete te ontdek nie?
Sterre en planete: Voyager 1; Perseverance Marskarretjie 05.07.2026 27:13
5 Julie 2026: Die 50-jaar oue Voyager 1-ruimtetuig moes nóg ’n instrument afskakel weens ’n tekort aan krag. JPL ingenieurs het ’n blink plan uigedink sodat die Perseverance Marskarretjie nou op Mars kan navigeer sonder GPS. Die volgende groot ruimteteleskoop het in Florida aangekom om binnekort gelanseer te word.
Sterre en planete: Planete wat stilstaan, of agteruitbeweeg? 28.06.2026 26:47
28 Junie 2026: Ons praat oor planete wat stilstaan en selfs agteruitbeweeg, na sterrekundiges wat 12 voet onder die grond of selfs op die maan begrawe is, en hoe NASA ’n boete opgelê is vir rommelstrooi van ’n ruimtestasie.
Sterre en planete: Die lewe van ‘n tegnikus by ’n afgeleë sterrewag 21.06.2026 26:48
21 Junie 2026: Hoe is die lewe om as tegnikus by ’n afgeleë sterrewag op ’n koppie in die middel van nêrens te bly, en om diep in die nag uitgeroep te word om ’n fout op ’n teleskoop reg te maak? Toe die Covid-inperkings destyds toegeslaan het, was die Sutherland Sterrewag toevallig slaggereed, danksy stelsels wat in plek gesit is deur Pieter Fourie, ons gas in hierdie episode.
Sterre en planete: Wat veroorsaak die kring om die maan? 14.06.2026 26:51
14 Junie 2026: Wat is helioseismologie? Dit is soos om aardbewings op die son te meet, maar vanaf die aarde! Waarvoor word dit gebruik? Hoe vorm die kring om die maan, en voorspel dit wind? Kan jy dieper in die ruimte kyk deur jou verkyker se fokus te verstel?
Sterre en planete: Blue Origin-vuurpyl ontplof; kernafval in die ruimte 07.06.2026 26:16
7 Junie 2026: Daar was ’n massiewe ontploffing van ’n reuse Blue Origin-vuurpyl tydens ’n roetinetoets op die lanseerplatform by die Cape Canaveral Space Force Station in Florida in die VSA. Dit word gereken as die tweede kragtigste vuurpylontploffing ooit. ’n Luisteraar wil weet of dit moontlik is om kernafval te vernietig deur dit in die ruimte in te stuur en met die son te laat bots.
Sterre en planete: Die Suiderkruis en Wysersterre lyk soos kameelperde se koppe? 31.05.2026 27:16
31 Mei 2026: Johan le Roux vertel wat Junie se naghemel inhou, en ons hoor wat in daardie maand in die geskiedenis gebeur het. Hierdie tyd van die jaar sit die Suiderkruis en Wysersterre soggens baie laag, en verdwyn selfs in sekere dele van die land. Dit het aanleiding gegee tot interessante plaaslike sterrestories, wat hierdie helder sterre assosieer met kameelperde, wat se koppe net-net bo die...
Sterre en planete: 'n Tipiese nag in SALT se beheerkamer 24.05.2026 26:41
Hoekom word ontdekkings van nuwe eksoplanete nie meer met aardgebonde teleskope gedoen nie? Hoe verloop ’n tipiese nag in die beheerkamer van die SALT-teleskoop? Wat is die mees dramatiese observasies wat gereeld met SALT gedoen word?
Sterre en planete 17 Mei 2026 17.05.2026 27:08
Hoe werk tydsones? Is dit waar dat die aarde se magneetveld veroorsaak word deur ‘n reuse magnetiese klip onder die noordpool? Het jy geweet daar is amper 40% verskil in die sonskyn wat Suid-Afrika ontvang tussen midsomer en midwinter?
Sterre en planete 10 Mei 2026 10.05.2026 27:09
Hoe voorspel sterrekundiges wanneer die son super-fakkels gaan voortbring? Het jy geweet die ringstelsel om Uranus is byna 50 jaar gelede ontdek deur ’n Suid-Afrikaanse sterrekundige vanaf die sterrewag in Kaapstad? En hoe werk ’n vuurpylmotor in die vakuum van die ruimte waar daar niks is om teen vas te skop nie?
Sterre en planete 3 Mei 2026 03.05.2026 27:06
Jim Adams beantwoord luisteraarsvrae oor of daar ’n internasionale liggaam is wat lanserings reguleer, hoe warm die Artemis-kapsule is wanneer dit in die see neerplons, en hoeveel Boeing 747’s sou nodig wees om dieselfde stukrag te verskaf om Artemis te lanseer en maan toe te stuur.
Sterre en planete 26 April 2026 26.04.2026 27:09
Johan le Roux vertel wat in Mei in die hemelruim te sien sal wees. Het jy geweet dat die definisie van ’n bloumaan wat ons vandag gebruik, eintlik spruit uit ‘n fout van ’n joernalis in ’n sterrekundetydskrif in 1946. En ons kyk na die geskiedkundige gebeure in Mei deur die eeue.
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.