RSG
Sterre en Planete
Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Sterre en planete 19 November 2023 19.11.2023 28:23
Hoeveel sterre is daar in die hemelruim, en hoe word hulle getel? Dis ‘n tergende vraag want die hemelruim is net so groot soos ons kennisvlak strek. Die span praat oor die maniere hoe die berekening gedoen word. Daar is ook inligting oor suurstof wat op ons warm buurplaneet, Venus, waargeneem is.
Sterre en planete 12 November 2023 12.11.2023 24:00
Stefan Lotz van Sansa praat oor berigte dat die sonsiklusse verkeerd bereken is. Die Marskarretjie, Curiosity, het nou al 4 000 Marsdae op die rooi planeet deurgebring. Die eerste digitale planetaruim in Bloemfontein is vanjaar 10 jaar oud. Is die kleur van auroras altyd groen?
Sterre en planete 5 November 2023 05.11.2023 26:58
Prof. Heino Falcke is die eerste astrofisikus wat ‘n gravitasiekolk “afgeneem” het. Hy is verbonde aan die Radboud Universiteit in Nijmegen, Nederland, en die Max Planck Instituut in Bonn. Hy verduidelik hoe dit gedoen is. Die Parker sonsatelliet is in 2018 gelanseer, en is tans in ‘n eliptiese baan om die son teen ‘n snelheid van 636 266 k/h. Jim Adams praat oor die sending en of die satelliet sy...
Sterre en planete 29 Oktober 2023 29.10.2023 27:36
Ruimtewetenskaplikes het daarin geslaag om die sagteware van Voyager 2 op te dateer terwyl dit 135 astronomiese eenhede van die aarde af is. Een astronomiese eenheid is 150 000 miljoen kilometer – die afstand tussen die aarde en die son. Wetenskaplikes het met hehulp van 3D-tegnognolie daarin geslaag om ‘n vuurpyl spuitstuk te maak gweldige kragte kan hanteer. ‘n Radioknal is onlangs waargeneem wa...
Sterre en planete 22 Oktober 2023 22.10.2023 26:05
Die Psyche-sending het onlangs ‘n tuig gelanseer na ‘n vreemde asteroïde, wat net uit metaal bestaan. Ons vind meer uit van ‘n projek om laserstrale te gebruik om in die ruimte te kommunikeer. Dit wil voorkom of die geld waarmee die Hubble- en Chandra-ruimteteleskope befonds word, aan die opdroog is. Die span praat oor die implikasie van dié verwikkeling, en die rol wat Edwin Hubble in sterrekunde...
Sterre en planete 15 Oktober 2023 15.10.2023 25:07
Wat is ’n attosekonde? Daar is ook inligting oor meteoriete wat in Suid-Afrika gevind is, en toeps wat beskikbaar is om die hemelruim mee te verken.
Sterre en planete 8 Oktober 2023 08.10.2023 25:19
Die Parker-satelliet, wat digby die son beweeg, het onlangs interessante bevindings gemaak. Die satelliet sal teen 2025, wanneer hy die naaste aan die son is, ‘n verbysterende snelheid van 690,000 km/h bereik! Een van die interessante plekke in die hemelruim is die somerkonstellasie waarin die Oriongroep die belangrikste is. Die James Webb-infrarooiteleskoop het onlangs in die Orionnewel nuwe voor...
Sterre en planete 1 Oktober 2023 01.10.2023 27:33
NASA beraam planne oor hoe om die Internasionle Ruimtestasie, wat 400 km van die aarde af wentel, af te bring aarde toe. Jim Adams verduidelik wat die planne is. Dis vandeesweek Wêreld Ruimteweek. Ons hoor wat alles in Suid-Afrika beplan word. Die gruismonster wat Osiris Rex laasweek suksesvol aarde toe gebring het, het groot opslae gemaak. Jim Adams vertel van sy aandeel aan die projek. Hy praat...
Sterre en planete 24 September 2023 24.09.2023 22:40
Sal die Vredefortkoepel-impakkrater sy status verloor as die grootste ooit? Daar is onlangs berig dat ‘n reuse krater in Australië ontdek is. Lafras Smit vertel wat ons in Oktober in die hemelruim kan waarneem.
Sterre en planete 17 September 2023 17.09.2023 26:47
As die son deurentyd besig is om deur middel van fusie materiaal te verloor, waarom word hy nie kleiner nie? Dis een van die interessante vraagstukke wat bespreek word. Een van die uitdagings in ruimtevaart is om beskikbare suurstof te hê. Ons hoor meer van ‘n apparaat op Mars wat suksesvol suurstof gemaak het. Om die een of ander rede is Mercurius koeler as sy naburige planeet, Venus. Maar in ons...
Sterre en planete 10 September 2023 10.09.2023 26:31
Die Osiris-Rex sending is nóg ‘n stap nader aan sy doelwit. Die tuig het ‘n monster van die Benu-asteroïede versamel. Die monster sal in die volgende dae in die VSA aankom vir ontleding. Willie Koorts vertel die interessante verhaal van Osiris Rex. Het jy al van gloeiende wolke in die nag gehoor, of dit dalk gesien? Daar word ook gepraat oor kinge om die maan en die son.
Sterre en planete 3 September 2023 03.09.2023 27:57
Dis nou al drie jaar gelede dat Sterre en Planete se spanlid, Japie van Zyl, oorlede is. Luister na ‘n insetsel oor die Insight-tuig op Mars, ‘n sending waaraan hy deel gehad het. Japie was só belangrik by JPL dat die Marshelikoptersending ‘n spesiale uitkykplek op die rooi planeet gekry het – die Van Zyl Overlook. Wanneer mens na ‘n vuurpyllansering kyk, word jy bewus van die geweldige kragte wat...
Sterre en planete 27 Augustus 2023 27.08.2023 28:10
Hoe weet ons dat verafgeleë sterrestelsels nog bestaan, as dit miljoene ligjaar van die aarde af is? As mens bv. na Andromeda kyk, sien mens lig wat 2,4 miljoen jaar gelede van daar af vertrek het. In die ruimtevaart hoor mens soms dat hulle praat van ‘n suksesvolle mislukking. Wat word daarmee bedoel? Hoe is dit van toepassing op die Russiese maantuig wat op die maan neergestort het? Lafras Smit...
Sterre en planete 20 Augustus 2023 20.08.2023 26:25
Die spoed van lig is 300 000 km per sekonde. Die naaste ster aan ons, behalwe die son, is Alfa Centauri wat 4,3 ligjaar ver is. As mens die huidige snelheid neem van satelliete wat om die aarde wentel, 29 000 km per uur, sal dit 80 000 jaar neem om by daardie ster uit te kom! Hoe word die spoed van lig gemeet? Beplanning word gedoen om tuie op die maan te plaas wat met mekaar kan kommunikeer. Dit...
Sterre en planete 13 Augustus 2023 13.08.2023 26:20
Hoveel sterre en sterrestelsels is daar in die hemelruim? Dis ‘n tergende vraag, want dit kan nie eintlik getel word nie. Die span praat oor die tegnieke wat gebruik word om die aantal sterre te bereken. So elke nou en dan hoor ons van mense wat meteore gesien het. Dit was laasweek die geval toe twee groot vuurballe oor die Wes-Kaap waargeneem is. Die span gesels oor die groot meteore, wat eintlik...
Sterre en planete 6 Augustus 2023 06.08.2023 27:17
Clyde Foster, die ontdekker van Clyde’s Spot op Jupiter, vertel wat van Clyde’s spot geword het, en sy nuwe sterrewag by Gamsberg in Namibië wat ‘n paradys vir amateursterrekundiges is. Die snelheid van die Internasionale Ruimtestasie om die aarde is gemiddeld 29,000 km per uur. Enige iets meer beteken dat die tuig sy ontsnapsnelheid bereik het en weg van die aarde sal beweeg. ‘n Tuig soos Juno wa...
Sterre en planete 30 Julie 2023 30.07.2023 28:39
Het jy al van ‘n stofmaan gehoor? Lafras Smit verduidelik wat dit is. Daar is nuus oor die James Webb-ruimteteleskoop wat nou al ‘n jaar lank in die ruimte rondtuur. Die span praat oor Ingenuity Marshelikopter, en hoe dit grense verskuif. Die vergadering van Bricslande vind in Augustus in Suid-Afrika plaas. Rusland het onlangs aangebied om lidlande te betrek om ‘n nuwe ruimtestasie te bou. Wat is...
Sterre en planete 23 Julie 2023 23.07.2023 27:09
Het die maan en Mars ‘n atmosfeer? Wat is die geval met Enceladus, een van Saturnus se mane, waaruit waterdampe spuit?
Sterre en planete 16 Julie 2023 16.07.2023 28:00
Een van die uitdagings deur die eeue heen was om in ruimte te kom. Vuurpyle is deesdae die aangewese manier, maar het jy al van ‘n ruimtehysbak gehoor? Is die sogenaamde koriolisverskynsel waar? Daarvolgens word geglo dat badwater in die noordelike halfrond anders uitvloei as in die suidelike halfrond.
Sterre en planete 9 Julie 2023 09.07.2023 27:11
Die Titan-tragedie het kenners opnuut laat kyk na mense in uitdagende omgewings. Daar is al so ver met ruimtevaart gevorder dat ruimtetoerisme besig is om al hoe meer pos te vat. ‘n Voorbeeld daarvan is Richard Branson se onlangse vaart met die Virgin Galactic-ruimetuig waarin ‘n handjievol toeriste die kans kon kry om mikrogravitasie te beleef. Stefan Lotz verduidelik die verskil tussen sonvlekke...
Sterre en planete 2 Julie 2023 02.07.2023 27:58
Dit neem ‘n ruimtevaarder ses ure om voor te berei vir ‘n ruimtewandeling. Elke wandelaar dra ook ‘n spesifieke pak wat net vir hom of haar gemaak is. Na aanleiding van die tragedie met die Titan-duikboot praat die span oor soortgelyke uitdagings in die ruimte, en die maatreëls wat getref word om ruimtedruk te hanteer.
Sterre en planete 25 Junie 2023 25.06.2023 26:43
In videogrepe van die Internasionale Ruimtestasie sien mens dikwels van die bemanning wat take buite die tuig doen. Hulle is gewoonlik baie helder verlig teen die swart ruimteagtergrond. Waar kom die lig vandaan? Ons hoor ook waarom die ruimte so doknker is in weerwil van die baie sterre wat mens sien. Lafras Smit vertel wat in Julie in die ruimte te sien sal wees. Willie Koorts en Hennie Maas ver...
Sterre en planete 18 Junie 2023 18.06.2023 27:07
Kunsmatige intelligensie is deesdae ‘n gonswoord. Wat beteken dit vir ruimtenavorsing en sterrekunde? Matie Hoffman praat uit New York oor sy besoek aan die American Museum of Natural History.
Sterre en planete 11 Junie 2023 11.06.2023 27:49
Is die volgorde van rotsagtige planete en dan gasplanete, tipies van elke ster se planete in die ruimte? Betelgeuse, wat naby die Orionkonstellasie gevind kan word, begin manewales uithaal. Hoekom is dié ster so onstabiel? Stefan Lotz praat oor die 11 jaar sonsiklusse en die Maunder-minimum toe daar tussen 1645 en 1715 feitlik geen sonsiklusse was nie. Dis was by tye so koud dat die Teemsrivier in...
Sterre en planete 4 Junie 2023 04.06.2023 26:27
Kommunikasie in die ruimte is belangrik. Soos ruimtetuie verder die ruimte inklief, moet aanpassings gemaak word. Jim Adams verduidelik hoe lastertegnologie ingespan kan word om dataaflaaisnelhede veelvoudig te verhoog. Skylab, die voorloper van die Internasionale Ruimtestasie, is 50 jaar gelede die ruimte ingestuur. In die verlede is aanvaar dat Jupiter die planeet is met die meeste mane. Daar is...
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.