RSG

Sterre en Planete

Science AF ↓ 759 episodes

Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.

Author

RSG

Category

Science

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 5, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Sterre en planete 4 Februarie 2024 04.02.2024

Japie van Zyl se helikopter op Mars, het sy laaste vlug onderneem. Japie het destyds in Sterre en Planete gesê dat hy ‘n span het wat die helikopter daar geplaas het, maar ons weet dat dit eintlik sy projek was. Ons praat oor die laaste vlug, en hoe die werkverrigting van die tuig alle verwagtings oortref het. Daar is planne om teleskope op die maan te bou. Dit sal aan die wegkant van die maan opg...

Sterre en planete 28 Januarie 2024 28.01.2024

Die Melkweg is deel van ‘n plaaslike groep, wat weer deel van ‘n tros sterrestelsels is. Matie Hoffman praat oor ‘n besondere sirkelvormige groep stelsels. Japan se ruimte-agentskap, Jaxa, het onlags ‘n tuig na die maan gestuur. Dit het ongelukkig op sy sy beland. Dit beteken dat die sonpanele nie behoorlik kan funksioneer nie.

Sterre en Planete 21 Januarie 2024 21.01.2024

Zandré Duvenhage werk vir ‘n organisasie wat in Nijmegen, Nederland gevestig is.  Die organisasie, die Radbout Universiteit, is baie aktief in Namibië waar Zandré gesetel is. Hulle beoog om die Afrika Millimeter radio teleskoop by Gamsberg op te rig.

Sterre en Planete 14 Januarie 2024 14.01.2024

‘n Vuurpyl wat deur die United Launch Alliance gelanseer is na die maan toe kon nie sy sending voltooi nie.  Willie Koorts verduidelik wat fout gegaan het.  Hy praat ook oor ‘n miniatuur aandrywingstelsel vir ‘n mikrosatelliet.

Sterre en planete 7 Januarie 2024 07.01.2024

Een van die die belangrikste ruimtesendings wat vanjaar beplan word is die lansering van die Artemis vuurpyl wat uiteindelik weer mense op die maan gaan plaas. Dit word bespreek in Sondagaand se Sterre en Planete. Die deelnemers is Jim Adams van die VSA en Matie Hoffman.

Sterre en planete 31 Desember 2023 31.12.2023

Toe die Voyager tuie in die sewentiger jare gelanseer is, is ‘n goue plaat saamgestuur. In Sterre en Planete vanaand gesels die span of dié plaat nog enige nuut het in die digitale eeu.  Die Voyagers is tans die tuie wat die verste van die son af is.  Oudergewoonte is Lafras Smit ook op sy pos om meer te vertel wat in Januarie in die lugruim te sien gaan wees. Die spanlede van Sterre en Planete is...

Sterre en planete 24 Desember 2023 24.12.2023

Hoe voel dit om aand vir aand na die hemel te tuur op soek na klein sterretjies?  Dit is wat Magda Streicher van Polokwane doen. Sy is een van die gaste vanaand in Sterre en Planete en sy praat oor haar projek om die sg Kaapse wolkies – die Groot en Klein Magelaanse wolke, in diepte te bestudeeer.

Sterre en planete 17 Desember 2023 17.12.2023

Nasa word dikwels besptempel as ‘n organisasie wat net met ruimtesake te doen het. Een van Sterre en Planete se luisteraars, Johan le Roux, het onlangs opgemerk dat twee vliegtuie van Nasa besig was om opmetings oor die Kaap te doen. Willie Koorts verduidelik Sondagaand in Sterre en Planete wat die doel van die projek was.

Sterre en planete 10 Desember 2023 10.12.2023

Stefan Lotz van die Suid-Afrikaanse ruimte agentskap is elke tweede Sondag van die maand ‘n gas op Sterre en Planete.  Hy praat Sondagaand oor ‘n baie aktiewe son.  Aurora’s kom nie net op aarde voor nie maar ook by ander planete sê Stefan.

Sterre en planete 3 Desember 2023 03.12.2023

Jim Adams van die VSA en vorige tegniese hoof van Nasa is Sondagaand die gas in Sterre en Planete. Hy gesels oor ‘n interessante samewerkingsprojek wat binnekort tussen Suid-Afrika en die VSA van stapel gestuur word.

Sterre en planete 26 November 2023 26.11.2023

A rapid unscheduled disassembly. Dis wat die Amerikaners sê toe die Starship-vuurpyl onlangs ontplof het. Willie Koorts gee ‘n uiteensetting van wat gebeur het. Die tradisionele metode om ruimtetuie aan te dryf is deur middel van vuurpyle. Matie Hoffman verduidelik hoe ‘n groep ruimte wetenskaplikes ‘n motor ontwikkel het, wat aangedryf word deur plasma.

Sterre en planete 19 November 2023 19.11.2023

Hoeveel sterre is daar in die hemelruim, en hoe word hulle getel? Dis ‘n tergende vraag want die hemelruim is net so groot soos ons kennisvlak strek. Die span praat oor die maniere hoe die berekening gedoen word. Daar is ook inligting oor suurstof wat op ons warm buurplaneet, Venus, waargeneem is.

Sterre en planete 12 November 2023 12.11.2023

Stefan Lotz van Sansa praat oor berigte dat die sonsiklusse verkeerd bereken is. Die Marskarretjie, Curiosity, het nou al 4 000 Marsdae op die rooi planeet deurgebring. Die eerste digitale planetaruim in Bloemfontein is vanjaar 10 jaar oud. Is die kleur van auroras altyd groen?

Sterre en planete 5 November 2023 05.11.2023

Prof. Heino Falcke is die eerste astrofisikus wat ‘n gravitasiekolk “afgeneem” het. Hy is verbonde aan die Radboud Universiteit in Nijmegen, Nederland, en die Max Planck Instituut in Bonn. Hy verduidelik hoe dit gedoen is. Die Parker sonsatelliet is in 2018 gelanseer, en is tans in ‘n eliptiese baan om die son teen ‘n snelheid van 636 266 k/h. Jim Adams praat oor die sending en of die satelliet sy...

Sterre en planete 29 Oktober 2023 29.10.2023

Ruimtewetenskaplikes het daarin geslaag om die sagteware van Voyager 2 op te dateer terwyl dit 135 astronomiese eenhede van die aarde af is. Een astronomiese eenheid is 150 000 miljoen kilometer – die afstand tussen die aarde en die son. Wetenskaplikes het met hehulp van 3D-tegnognolie daarin geslaag om ‘n vuurpyl spuitstuk te maak gweldige kragte kan hanteer. ‘n Radioknal is onlangs waargeneem wa...

Sterre en planete 22 Oktober 2023 22.10.2023

Die Psyche-sending het onlangs ‘n tuig gelanseer na ‘n vreemde asteroïde, wat net uit metaal bestaan. Ons vind meer uit van ‘n projek om laserstrale te gebruik om in die ruimte te kommunikeer. Dit wil voorkom of die geld waarmee die Hubble- en Chandra-ruimteteleskope befonds word, aan die opdroog is. Die span praat oor die implikasie van dié verwikkeling, en die rol wat Edwin Hubble in sterrekunde...

Sterre en planete 15 Oktober 2023 15.10.2023

Wat is ’n attosekonde? Daar is ook inligting oor meteoriete wat in Suid-Afrika gevind is, en toeps wat beskikbaar is om die hemelruim mee te verken.

Sterre en planete 8 Oktober 2023 08.10.2023

Die Parker-satelliet, wat digby die son beweeg, het onlangs interessante bevindings gemaak. Die satelliet sal teen 2025, wanneer hy die naaste aan die son is, ‘n verbysterende snelheid van 690,000 km/h bereik! Een van die interessante plekke in die hemelruim is die somerkonstellasie waarin die Oriongroep die belangrikste is. Die James Webb-infrarooiteleskoop het onlangs in die Orionnewel nuwe voor...

Sterre en planete 1 Oktober 2023 01.10.2023

NASA beraam planne oor hoe om die Internasionle Ruimtestasie, wat 400 km van die aarde af wentel, af te bring aarde toe. Jim Adams verduidelik wat die planne is. Dis vandeesweek Wêreld Ruimteweek. Ons hoor wat alles in Suid-Afrika beplan word. Die gruismonster wat Osiris Rex laasweek suksesvol aarde toe gebring het, het groot opslae gemaak. Jim Adams vertel van sy aandeel aan die projek. Hy praat...

Sterre en planete 24 September 2023 24.09.2023

Sal die Vredefortkoepel-impakkrater sy status verloor as die grootste ooit? Daar is onlangs berig dat ‘n reuse krater in Australië ontdek is. Lafras Smit vertel wat ons in Oktober in die hemelruim kan waarneem.

Sterre en planete 17 September 2023 17.09.2023

As die son deurentyd besig is om deur middel van fusie materiaal te verloor, waarom word hy nie kleiner nie? Dis een van die interessante vraagstukke wat bespreek word. Een van die uitdagings in ruimtevaart is om beskikbare suurstof te hê. Ons hoor meer van ‘n apparaat op Mars wat suksesvol suurstof gemaak het. Om die een of ander rede is Mercurius koeler as sy naburige planeet, Venus. Maar in ons...

Sterre en planete 10 September 2023 10.09.2023

Die Osiris-Rex sending is nóg ‘n stap nader aan sy doelwit. Die tuig het ‘n monster van die Benu-asteroïede versamel. Die monster sal in die volgende dae in die VSA aankom vir ontleding. Willie Koorts vertel die interessante verhaal van Osiris Rex. Het jy al van gloeiende wolke in die nag gehoor, of dit dalk gesien? Daar word ook gepraat oor kinge om die maan en die son.

Sterre en planete 3 September 2023 03.09.2023

Dis nou al drie jaar gelede dat Sterre en Planete se spanlid, Japie van Zyl, oorlede is. Luister na ‘n insetsel oor die Insight-tuig op Mars, ‘n sending waaraan hy deel gehad het. Japie was só belangrik by JPL dat die Marshelikoptersending ‘n spesiale uitkykplek op die rooi planeet gekry het – die Van Zyl Overlook. Wanneer mens na ‘n vuurpyllansering kyk, word jy bewus van die geweldige kragte wat...

Sterre en planete 27 Augustus 2023 27.08.2023

Hoe weet ons dat verafgeleë sterrestelsels nog bestaan, as dit miljoene ligjaar van die aarde af is? As mens bv. na Andromeda kyk, sien mens lig wat 2,4 miljoen jaar gelede van daar af vertrek het. In die ruimtevaart hoor mens soms dat hulle praat van ‘n suksesvolle mislukking. Wat word daarmee bedoel? Hoe is dit van toepassing op die Russiese maantuig wat op die maan neergestort het? Lafras Smit...

Sterre en planete 20 Augustus 2023 20.08.2023

Die spoed van lig is 300 000 km per sekonde. Die naaste ster aan ons, behalwe die son, is Alfa Centauri wat 4,3 ligjaar ver is. As mens die huidige snelheid neem van satelliete wat om die aarde wentel, 29 000 km per uur, sal dit 80 000 jaar neem om by daardie ster uit te kom! Hoe word die spoed van lig gemeet? Beplanning word gedoen om tuie op die maan te plaas wat met mekaar kan kommunikeer. Dit...

Listen to the Sterre en Planete podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.