RSG

Sterre en Planete

Science AF ↓ 773 episodes

Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za

Author

RSG

Category

Science

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Oct 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Sterre en planete 12 Junie 2022 12.06.2022

Stephan Lotz van SANSA praat oor wat die verskil is tussen ‘n weervoorspelling op die aarde en ‘n ruimteweervoorspelling. Baie mense in Suid-Afrika het onlangs 'n brandende voorwerp in die hemelruim gesien. Willie Koorts verklaar die verskynsel. Matie Hoffman vertel van nuwe toerusting by die digitale planetarium in Bloemfontein.

Sterre en planete 5 Junie 2022 05.06.2022

Lafras Smit vertel wat in Junie in die ruimte te sien is.  Jim Adams praat oor die Boeing Starliner wat onbemand by die internaisonale ruimtestasie aangedoen het. Ná Space X se Dragon is Boeing se Starliner die tweede Amerikaanse privaattuig wat by die ISS gaan kuier. Daar is inligting oor die rotors van Ingenuity, die Marshelikopter, wat steeds bedrywig is op die rooi planeet.

Sterre en planete 29 Mei 2022 29.05.2022

Die Zurong Sjinese ruimtetuig, wat ‘n jaar gelede op Mars geland het, het interessante inligting oor die teenwoordigheid van water op die planeet gevind.  Die span bespreek die bevindings. Die Voyager-ruimtetuie wat reeds ver buite die invloed van son deur die ruimte trek, het eienaardige geluide begin maak. Die beheersentrum probeer nou vasstel wat die telemetrie beteken. Dit neem ‘n radiosein me...

Sterre en planete 22 Mei 2022 22.05.2022

Wat is ruimte? Is dit niks? En wat is ruimtetyd? Dis die breinknopers waaoor die span praat. ‘n Foto doen die rondte van ‘n sogenaamde deur op Mars. Is dit wel 'n deur, of is dit ‘n kwessie van’n spel van lig en skadu? Die span praat ook oor ‘n foto wat onlangs geneem van ‘n reuse gravitasiekolk, iets wat nie dikwels gebeur nie.

Sterre en planete 15 Mei 2022 15.05.2022

Op Maandagoggend 16 Mei 2022 is daar ‘n totale maansverduistering oor Suid-Afrika. Die stappe van die verduistering word in groot besonderhede beskryf. Daar is ‘n luisteraarsvraag of die Hubble-teleskoop die James Webb-teleskoop sal afneem. En, wat is die klankgrens en wat is ontsnapsnelheid?

Sterre en planete 8 Mei 2022 08.05.2022

Mercurius is die naaste planeet aan die son. Dit blyk nou dat dié hemelliggaam skielik ‘n stert ontwikkel het – byna soos ‘n komeet!  Stefan Lotz van Sansa praat oor hierdie verskynsel en wat die oorsaak daarvan is. Daar is ook inligting oor wat sterrekundiges presies sien wanneer hulle na sterre kyk. Is dit soos die kleurryke afbeeldings wat mens in foto's sien? En, die reuse deeltjieversneller (...

Sterre en planete 1 Mei 2022 01.05.2022

Voordat ‘n ruimtetuig die lug ingeskiet word, word talle berekeninge gedoen. Een van die belangrike sake waarna opgelet moet word, is die grootte van die loonvrag. Twee gaste uit die VSA is by ons in die ateljee. Jim Adams is op sy pos, maar dié keer in Suid-Afrika. Bianca Rhim van NASA is ‘n elektriese ingenieur wat baie te doen het met die berekening van die loonvragte van ruimtesendings. Sy was...

Sterre en planete 24 April 2022 24.04.2022

Hoe koud is dit in die ruimte? Sterrekundiges het pas die koudste plek in die heelal opgespoor. In die verlede het die span dikwels oor die Seti-projek gepraat. Die projek is daarop gemik om intelligente lewe in die heelal op te spoor. Die radioteleskoop by Arecibo in Suid-Amerika het ‘n belangrike rol gespeel in dié waarnemings.  Die teleskoop het intussen ineen gestort. Die vraag is nou wat van...

Sterre en planete 17 April 2022 17.04.2022

Meteore en vuurballe dring dikwels die aarde se atmosfeer binne. Geklassifiseerde inligting wat pas openbaar gemaak is, dui daarop dat ‘n vuurbal die atmosfeer binnegedring het teen ‘n snelheid van 210 000 km/h.  Sterrekundiges was natuurlik verbaas oor die snelheid van dié vreemde besoeker. Die span kyk in meer besonderhede na waar die voorwerp vandaan gekom het. Daar word ook gepraat oor ‘n ontd...

Sterre en planete 10 April 2022 10.04.2022

Daar is bekend gemaak dat die Hubble-ruimteteleskoop die verste ster ooit raakgesien het.  Die ster, Earendal, is 12,9 miljard ligjaar van ons af weg, met ander woorde dit neem lig 12,9 miljard jaar om die aarde te bereik! Die span verduidelik hoe dit moontlik is om ‘n ster op so ‘n groot afstand te sien. ‘n Amateur sterrekundige het ook daarin geslaag om die Internasionale Ruimtestasie af te neem...

Sterre en planete 3 April 2022 03.04.2022

Waar sou mens in die buitenste ruim gaan soek na lewe? Jim Adams, voormalige adjunk tegniese direkteur van NASA, verduidelik waar lewe moontlik gevind kan word. Hy gesels ook oor die wisseling van bemanning in die Internasionale Ruimtestasie waar ‘n hele klomp wetenskaplikes, insluitend Russiese bemanning, navorsing doen. Dít ten spyte van die woelinge tussen Rusland en Oekraïne. Daar is ‘n voorui...

Sterre en planete 27 Maart 2022 27.03.2022

As mens sowat 30 jaar terugblaai in die geskiedenis, was die begrip eksoplanete heeltemal vreemd. In die afgelope jare is al meer en meer eksoplanete gevind. Dit is ‘n liggaam wat om ‘n ander son draai. Daar is pas bekend gemaak dat nie minder nie as 5,000 ekspolanete al gevind is. Daar is ook ‘n hele klomp wat as kandidaat-eksoplanete bekend staan, wat nog geverifieer moet word. Daar is ook inlig...

Sterre en planete 20 Maart 2022 20.03.2022

Ons almal leef saam met swaartekrag.  Soms is dié krag jou vriend, en soms jou vyand.  Die span praat oor swaartekrag in die ruimte. Daar is ook inligting wat daarmee verband hou: planne word nou gemaak om ‘n vuurpyl van Mars af te lanseer. Mars se swaartekrag is aansienlik minder as dié van die Aarde. Met die oorlog wat woed in Oekraïne, word Rusland se samewerking met internasionale ruimte organ...

Sterre en planete 13 Maart 2022 13.03.2022

Ons ster, die son, is woelig. Daar was ‘n paar weke gelede ‘n geweldige groot uitbarsting aan die agterkant van die son. Wat sou die implikasie wees sou dit aan die voorkant plaagevind het? Daar was ook berigte dat ‘n stuk vuurpyl in die maan vasgevlieg het. Die maan is sowat 390 000 km van die aarde af.  Die vraag ontstaan oor wat presies dit was, aangesien dit heeltemal te ver is vir ‘n stuk rui...

Sterre en planete 6 Maart 2022 06.03.2022

Die asteroïde, Apophis, sal die volgende 10 jaar redelik naby aan die aarde verbyvlieg. Jim Adams verduidelik wat bedoel word met "naby aan die aarde". Ons sonnestelsel bestaan uit agt planete, waarvan die rotsagtige planete die naaste aan die son is.  Daar is gevind dat ander sonnestelsels omgekeerd is. Die naaste aan hulle ster is die gasplanete. Dis ‘n tergende vraag waaroor die spanlede gesels...

Sterre en planete 27 Februarie 2022 27.02.2022

Daar is deesdae heelwat planete sigbaar in die naghemel. Lafras Smit gee ‘n volledige uiteensetting van watter planete en sterre te sien is. Hoewel die Parker-ruimtetuig gelanseer is om na die son te kyk, het die tuig onlangs ‘n besondere foto  van die oppervlak van Venus geneem. Die span vertel waarom dit so besonders is.

Sterre en planete 20 Februarie 2022 20.02.2022

‘n Reuse sterrestelsel, die grootste ooit, is onlangs gevind. Die stelsel wat ‘n hele paar miljard ligjare weg is, is in die infrarooideel van die ligspektrum raakgesien. Prof. Matie Hoffman het die besonderhede. Die James Webb-ruimteteleskoop het ook sy eerste ster waargeneem. Willie Koorts verduidelik hoe hulle geweet het na watter ster die teleskoop kyk.

Sterre en planete 13 Februarie 2022 13.02.2022

Baie mense het al die rye Starlink-satelliete van SpaceX gesien. Dit het nou bekend geword dat ‘n geomagnetiese storm meer as 40 van ‘n onlangse sending satelliete verwoes het. Die span praat oor die voorspelling van magnetiese storms en hoe dit satelliete beïnvloed. Daar is ook inligting oor die belyning van die James Webb-teleskoop se spieëls waarmee daar onlangs begin is.

Sterre en planete 6 Februarie 2022 06.02.2022

Suid-Afrika maak stadig maar seker sy toetrede tot ruimtenavorsing. Met die inwerkingstelling van die Atlasteleskoop op Sutherland, sal sterrekundiges wêreldwyd gehelp word om asteroïedes op te spoor. Daar is ook die vooruitsig dat Suid-Afrika deel sal word van die diepruimnetwerk, met die oprigting van ‘n grondstasie by Matjiesfontein. Die deenemers is Jim Adams in die VSA, prof. Matie Hoffman en...

Sterre en planete 30 Januarie 2022 30.01.2022

Is dit moontlik dat daar lewe kan wees op ’n planeet waarvan die oppervlaktemperatuur so warm is, dat lood daar smelt? Wat is te sien in die naghemel in Februarie? Werk die maatreëls wat Elon Musk se SpaceX maatskappy in werking gestel het, sodat die 1 440 Starlink-satelliete nie sterrekundige waarnemings belemmer nie? Daar is besonderhede oor ’n kragtige 3.2 Giga-pixel kamera!

Sterre en planete 23 Januarie 2022 23.01.2022

Wat is ‘n burgerlike sterrekundige? 'n Luisteraar wil weet hoe dit vir sterrekundiges moontlik sal wees om  infrarooibeelde van die James Webb-teleskoop te sien as infrarooi buite die optiese gedeelte van die ligspektrum val? Die kenwysie van Sterre en Planete verskaf ‘n deel van die antwoord.

Sterre en planete 16 Januarie 2022 16.01.2022

Die James Webb-ruimteteleskoop se reuse spieëls is ‘n paar dae gelede heetemal ontplooi. Dit is ‘n belangrike mylpaal in die teleskoop se tog na die L2-punt. Daar is ook nuus oor vogtigheid wat opgespoor is in die Valle Marineres skeurvallei op Mars. Is dit moontlik dat planete nie om ‘n ster kan wentel nie? Planete is onlangs waargeneem wat vryswewend in die ruimte beweeg.

Sterre en planete 9 Januarie 2022 09.01.2022

Die son word beskou as ‘n gemiddelde ster, en soos wat die eeue aangaan word hy al hoe groter. Die span beantwoord die vraag of die intensiteit van die son se straling deur die eeue op een of ander manier gemeet is.  Die tog van die James Webb-ruimteteleskoop na die L2-punt word fyn dopgehou. ‘n Belangrike maneuver is uitgevoer toe die sonskerm van die teleskoop volledig ontplooi is. Die span verd...

Sterre en planete 2 Januarie 2022 02.01.2022

Die veelbesproke James Webb-ruimteteleskoop is suksesvol gelanseer, en onderweg na sy eindbestemming.  Jim Adams van Maryland in die VSA praat oor verskeie interessante aspekte van sending. Wat is die Lagrange-punt en wat is die grootte van die teleskoop vergeleke met die Hubble?  Hy praat ook oor die ligspektrum waarin die James Webb sal werk. Die ander spanlede is Willie Koorts en Matie Hoffman.

Sterre en planete 26 Desember 2021 26.12.2021

Daar is die afgelope dae baie gepraat oor die komeet Leonard wat bokant ons westelike horison kuier. Lafras Smit vertel meer van hierdie besoeker. Daar is nuus oor ‘n sterrekundige wat ‘n besondere foto van die maan gepubliseer het.  Hy het 200 000 foto’s geneem en dit saamgestel om ‘n baie realistiese foto van die maan te produseer. En, is dit moontlik om byna die spoed van lig te bereik?

Listen to the Sterre en Planete podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.