RSG

Sterre en Planete

Science AF ↓ 773 episodes

Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za

Author

RSG

Category

Science

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Oct 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Sterre en planete 19 Desember 2021 19.12.2021

Heelwat mense het verlede week die helder voorwerp gesien wat ons lugruim binnegedring het. Wat was dit? Daar is inligting oor die Atlas-teleskoop op Sutherland wat onlangs “eerste lig” gesien het. Al gehoor van ‘n brandstofstasie in die ruimte? Prof. Matie Hoffman verduidelik.

Sterre en planete 12 November 2021 12.12.2021

In Suid-Afrika is ons nie bevoorreg om die suider- of noorderligte te sien nie. Stefan Lotz verduidelik hoekom dit die geval is. Daar is inligting oor ‘n nuwe robotiese teleskoop wat by die Boyden-sterrewag opgerig is.  Daar is heelwat geskryf oor die volledige sonverduistering wat onlangs plaasgevind het. Mense in Antarktika kon wel die skouspel in volle glorie aanskou.

Sterre en planete 5 Desember 2021 05.12.2021

Die teenwoordigheid van asteroïedes in ons hemelruim laat mense dikwels wonder en selfs kommer uitspreek.  Wat gebeur wanneer ‘n groot asteroïede die aarde tref? Jim Adams praat oor ‘n projek wat pas van stapel laat loop is om ‘n bepaalde asteroïede te deflekteer. Dis ‘n eksperiment om vas te stel of so ‘n hemelliggaam wel effe van koers af gestoot kan word. Daar is ook inligting oor die Parker-sa...

Sterre en planete 28 November 2021 28.11.2021

Wanneer jy is die veld loop en ‘n eienaardige klip sien, hoe sal jy weet of dit ‘n meteoriet is of nie? Daar is inligting oor wat in die hemelruim te sien sal wees in Desember. Die Meerkat-radioteleskoop in die Karoo het onlangs besondere beelde van sterrestelsels die lig laat sien. Die Meerkat is deel van die SKA-projek. Daar is ook interessante inligting oor ‘n teleskoop wat van 168 Canon 400 mm...

Sterre en planete 21 November 2021 21.11.2021

Die Hubble-ruimteteleskoop begin tekens van veroudering toon. Vir die tweede keer vanjaar moes die instrument in rusmodus geplaas word omdat sekere onderdele nie werk nie. Daar is ‘n interessante vuurpyl lanseermetode getoets wat nie van tradisionele vuurpylbrandstof gebruik maak nie. Die vuurpyl word baie vinnig “geswaai” en deur middel van kinetiese energie die lug ingeskiet.

Sterre en planete 14 November 2021 14.11.2021

Stefan Lotz van die Suid-Afrikaanse Ruimte-agentskap op Hermanus vertel wat sy werk by die agentskap behels, en die metodies wat aangewend word om die aktiwiteite op die son waar te neem.

Sterre en planete 7 November 2021 07.11.2021

Wat het die Trojane, die Grieke en Lucy met Jupiter te doen? Jim Adams vertel van die jongste sending met die naam Lucy.  Hy vertel waarom asteroïedes wat om Jupiter wentel, belangrik is. Die asteroïedes het hulle name te dankie aan die vroeëre geskiedenis en die stryd tussen Troje en die Grieke. Jim vertel ook van die probleem wat ervaar is om een van die sonpanele van Lucy ten volle ontplooi te...

Sterre en planete 31 Oktober 2021 31.10.2021

Het jy al gehoor hoe dit klink wanneer die metaalwiele van Perseverance oor die klippe van Mars ry? Ons speel ‘n paar opnames wat deur die aanboord-mikrofone van die Marstuig opgeneem is. Daar is ook inligting oor wat daar in November in die hemelruim te sien is.  Jy kan gerus probeer om die Andromeda-galaksie op die noordelike horison te sien. Matie Hoffman verduidelik hoe ‘n satelliet se verbyvl...

Sterre en planete 24 Oktober 2021 24.10.2021

Hoe gemaak as ‘n meteoriet deur jou dak val, en langs jou op jou kopkussing beland? Dit is een van die intessanthede waaroor daar gepraat word nadat die ‘n vrou in Kanada ‘n noue ontkoming gehad het. Nick Erasmus van die SAAO praat oor die waarskynlikheid van so ‘n voorval. Wat is ‘n foton? Prof. Matie Hoffman het die antwoord.

Sterre en planete 17 Oktober 2021 17.10.2021

So elke nou-en-dan maak ‘n komeet sy verskyning. Halley se komeet is waarskynlik die bekendste. Nou is daar aanduidings dat ‘n reuse komeet sy opwagting in ons sonnestelsel gemaak het. Dit is sowat 300 km in deursnee. Hoe koud is koud? Hoe laag moet die temperatuur wees sodat ‘n absulote nulpunt bereik word?

Sterre en planete 10 Oktober 2021 10.10.2021

Daar is verskeie plekke in die wêreld wat met ‘n donkerlug status kan spog. Wat presies word bedoel met hierdie begrip in sterrekunde?  Die span praat ook oor die rol van ‘n atoomklok in die ruimte. Verlede week was Internasionale Ruimteweek en, die span vertel hoe dit in Suid-Afrika gevier is.

Sterre en planete 3 Oktober 2021 03.10.2021

Wat is terraformering?  Jim Adams, Sterre en Planete se man in Maryland in die VSA, verduidelik wat daarmee bedoel word.  Daar is ook interessante inligting oor baie koue plekke op die maan – plekke wat oor miljoene jare nog nooit die son gesien het nie. Een van die tegnieke om ruimtetuie te laat versnel is die slingervelmetode, waar die gravitasie van ‘n planeet gebruik word om tuie vinniger te l...

Sterre en planete 26 September 2021 26.09.2021

Soos die belangstelling in die ruimte toeneem, neem die belangstelling in amateursterrekunde toe. ‘n Vraag wat dikwels voorkom, is watter amateurteleskoop aangekoop moet word. Die span verduidelik wat in gedagte gehou moet word, en die onderskeid tussen ‘n Alt-Az en ‘n ekwatoriale teleskoop.  Lafras Smit verduidelik ook wat die beste teleskoop vir astrofotografie is.

Sterre en planete 19 September 2021 19.09.2021

‘n Voorwerp, waarskynlik ‘n asteroïede, het Dinsdag in ons sonnestelsel se grootste planeet, Jupiter, ingeval. Ons praat hieroor met Clyde Foster, wat Jupiter deurgaans fyn dophou. Is daar klank in die ruimte? Dit is een van die luisteraarsvrae wat beantwoord word. Daar word ook gesels oor een van die Hubble-teleskoop se beroemdste foto’s – die Hubble Ultra Deep field.

Sterre en planete 12 September 2021 12.09.2021

Met die mensdom se betreding van die ruimte, het die kwessie van ruimterommel telkens na vore gekom.  Die span praat oor dié probleem. Willie Koorts vertel hoeveel lanserings al sedert Sputnik plaasgevind het. Magda Streicher vertel van die Noorderkruis wat deesdae op die noordelike horison te sien is. Daar is meer sonsiklusse as die elf jaar siklusse waarvan ons weet.

Sterre en planete 5 September 2021 05.09.2021

Die veelbesproke James Webb-ruimteteleskoop vat eersdaags die pad na Frans-Guiana vanwaar die lansering sal plaasvind. Jim Adams praat oor die teleskoop en hoe dit verskil van die Hubble-ruimteteleskoop. Die teleskoop sal op die L2-punt in die ruimte geplaas word om waarnemings in die infrarooigolflengte te doen.  Jim verduidelik ook hoekom die lansering nie in die VSA plaasvind nie.

Sterre en planete 29 Augustus 2021 29.08.2021

Daar was onlangs oor groot dele van die land opgewondenheid oor ‘n brandende voorwerp wat van noord na suid deur die ruimte getrek het.  Was dit ‘n meteoor, asteroïede of iets anders?  Ons hoor van ‘n nuwe ruimte-organsisasie wat in Suid-Afrika tot stand gaan kom, en praat met ‘n planetêre waarnemer oor sy foto’s van twee van Jupiter se twee mane.  Die foto’s is so duidelik dat die skadu van die m...

Sterre en planete 22 Augustus 2021 22.08.2021

Wat is die verskil tussen ‘n nova en ‘n supernova?  Die span praat oor ‘n nova wat skielik baie helder geword het en moontlik met die blote oog sigbaar sal wees. Daar is ook interessante inligting oor metings wat die Marstuig, Insight, gedoen het oor die ingewande van die rooi planeet. Die ruimte lewer allerhande klanke op, en jy kan hoor hoe dit klink as ‘n tuig verby Venus vlieg.

Sterre en planete 15 Augustus 2021 15.08.2021

Foto’s is onlangs bekend gestel van Space X se Starship. Wanneer die tuig gelanseer word, sal dit die grootste ruimtetuig ooit wees om Moeder Aarde te verlaat. Daar word ook gepraat oor ‘n Russiese tuig wat amper amok gemaak het toe dit by die Internasionale Ruimtestasie moes aansluit.

Sterre en planete 8 Augustus 2021 08.08.2021

Die mens kyk dikwels met verwondering na die naghemel. Dan gebeur dit soms asof dit lyk of twee voorwerpe baie na aanmekaar of selfs bo-oor mekaar verskyn.  Wanneer dit gebeur trek dit baie aandag. Dit word ‘n konjunksie of ‘n oorgang genoem.  Wat is dit?

Sterre en planete 1 Augustus 2021 01.08.2021

Jim Adams vertel van die sonsendings waarby hy betrokke was.  Van die belangrikstes is die Soho en Solar Dynamic Observatory sendings.  Dis interessant dat die tuie nie noodwending baie naby aan die son moet kom om navorsing te doen nie.

Sterre en planete 25 Julie 2021 25.07.2021

Die Britse entrepreuneur, Richard Branson, het skaars sy voete van die aarde af gelig of Amazon se Jeff Bezos besluit om nog beter te doen. Die afgelope week het Blue Origin, ruimtetoeriste selfs verder die ruimte in geneem tot anderkant die Karmanlyn. Die span praat oor die twee ruimtevlugte met toeriste. Lafras Smit verduidelik ook hoekom hy daarvan hou om na Copernicus, een van die kraters op d...

Sterre en planete 18 Julie 2021 18.07.2021

Sir Richard Branson en sy span het die afgelope week die voorblaaie gehaal met sy poging om die eeu van ruimtetoerisme in te lui. Die span praat hieroor, en verduidelik ook hoe ruimtewetenskaplikes mik om ‘n tuig op ‘n spesifieke datum by ‘n planeet te laat aankom, veral as die tuig agt maande neem om byvoorbeeld na Mars te reis.

Sterre en planete 11 Julie 2021 11.07.2021

Wat is die verskil tussen son- en ruimteweer?  Die span praat ook oor die Chinese tuig, Zhuron, wat pas op Mars geland het. Jy kan ook hoor na klanke wat die tuig op Mars maak. Die kwessie van rigting, wedvlugduiwe en sonaktiwiteit word ook bespreek.

Sterre en planete 4 Julie 2021 04.07.2021

Waarom is die Karmanlyn so belangrik vir ruimtetoerisme? Die span praat oor die nuwe soort toerisme en wat dit kos om op ‘n ruimtevlug te gaan.  Waarom sou mens op so ‘n vlug gaan?  Is dit die sensasie van gewigloosheid, of om die aarbol uit ‘n ander hoek te sien?  Die span kyk ook na ‘n belangrike mylpaal wat bereik is by die SKA-projek.

Listen to the Sterre en Planete podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.