RSG
Sterre en Planete
Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Sterre en planete 21 Maart 2021 21.03.2021 26:25
Watter soort teleskoop het Galileo Galilei gebruik om die hemelruim te verken? Die span gesels oor die verskil tussen refraksie- en refleksieteleskope. Is daar so iets soos ‘n sterrestelsel wat net radiogolwe uitstraal?
Sterre en planete 14 Maart 2021 14.03.2021 26:24
‘n Luisteraar wil weet of die swaartekrag van die son en die maan voorwerpe op aarde kan laat “groei”. Kobus Olckers beantwoord ook ‘n vraag oor die Milankowietsj-verskynsel. En daar is ‘n vraag of die vlaggies wat deur die Amerikaners op die maan geplant is, nog staan.
Sterre en planete 7 Maart 2021 07.03.2021 27:34
Die hele program word gewy aan een van die opspraakwekkendste dele van die Perserverance-sending, Ingenuity – die Marshelikopter. Toe dr. Japie van Zyl nog by JPL was, was hy een van die dryfvere om die helikopter deel van die sending te maak. Jim Adams vertel hoe die helikopter werk en hoe groot die span is wat aan die klein tuigie van sowat 10 kubieke sentimeter gewerk het.
Sterre en planete 28 Februarie 2021 28.02.2021 28:30
Die mensdom is gaande oor die kwaliteit van die videobeelde wat ontvang is nadat die nuutste aankomeling op Mars, Perseverance, se beeldsending vrygestel is. Lafras Smit, ons sterrespeurder, vertel wat daar in Maart te sien sal wees, onder andere ‘n konjunksie. En wat word op die Internasionale Ruimtestasie gedoen as iemand sou sterf?
Sterre en planete 21 Februarie 2021 21.02.2021 26:18
Met die Marstuig, Perseverance, wat sy pote op Mars neergesit het, is alle sintuie by Nasa en JPL nou daarop gespits om vas te stel of alles funksioneer. Een van die interessanste projekte is die Ingenuity Marshelikopter. Een van dr. Japie van Zyl se spanlede, Mimi Aung, wat die bestuurder van die Ingenuity projek is, vertel watter rol Japie gespeel het om die projek op sy bene te kry. Ons gesels...
Sterre en planete 14 Februarie 2021 14.02.2021 29:22
Die rooi planeet, Mars, is deesdae baie in die nuus. In verlede week se program het Jim Adams uitvoerig gepraat oor Perseverance wat eersdaags op Mars land. Perseverance is egter nie al tuig wat sy opwagting in by Mars sal maak nie. Daar is tuie van die Verenigde Arabiese Emirate en China wat projekte op Mars gaan onderneem. Daar is ook ‘n antwoord op ‘n luisteraarsvraag oor wat van die triljoen...
Sterre en planete 7 Februarie 2021 07.02.2021 26:25
Ruimtewetenskaplikes sit vandeesmaand op die punte van hulle stoele, want die VSA se jongste Marstuig, Perseverance, sal op die 18de op die rooi planeet land. Jim Adams van Maryland in die VSA praat oor die ingewikkeldhede van die beoogde landing. Hy vertel ook van die eksperimente wat Perseverance sal doen. Die ander deelnemers is prof. Matie Hoffman en Willie Koorts.
Sterre en planete 31 Januarie 2021 31.01.2021 27:08
Die Diepruim-netwerk het pas ‘n nuwe antenna bygekry. Die span verduidelik wat die netwerk is en waar nie nuwe antenna is. Wanneer jy na die sterrehemel kyk, moet jy besef dat die lig van ‘n ster af kom wat moontlik nie meer bestaan nie. Dit neem lig miljoene jare om teen 360,000 km per sekonde deur die ruimte te trek. As dit so lank neem, kan dit beteken dat die die oorsprong van die lig, ‘n st...
Sterre en planete 24 Januarie 2021 24.01.2021 26:34
SpaceX het ‘n paar dae gelede weer ‘n klomp Starlink-satelliete die ruimte in geskiet. Sterrekundiges raak bekommerd oor die uitwerking wat die satelliete op sterrekundige waarnemings sal hê. Hoor wat Elon Musk te sê het oor hierdie projek van hom. Een van Sterre en Planete se luisteraars wil weet wat die verskil tussen kosmos en ruimte is, en die span praat oor Insight op Mars en die “mol” wat on...
Sterre en planete 17 Januarie 2021 17.01.2021 26:09
Is die ruimte heeltemal donker? Die span praat ook die uitdying van die heelal, en waarop die beginsel gebasseer is. Het jy al van ‘n skrikkelsekonde gehoor? Skrikkeljare is algemeen bekend, maar ‘n skrikkelsekonde? Een van die bekende bgerippe in die ruimtewetenskap is die mikrogolf-agtergrondgeraas, maar daar is nou vasgestel dat daar ook so iets soos ‘n agtergrondgebrom is.
Sterre en planete 10 Januarie 2021 10.01.2021 26:54
Lafas Smit vertel waarna om in die sterrehemel in Januarie te kyk. Daar is inligting oor die rotasie van die son, en waar die son se noord- en suidpole geleë is. Willie Koorts gee ‘n uiteesetting van die atmosfere wat op planete bestaan, en wat bepaal of daar ‘n atmosfeer is of nie. Die aarde se susterplaneet het byvoorbeeld ‘n redelike stewige atmosfeer.
Sterre en planete 3 Januarie 2020 03.01.2021 28:26
Die V2-vuurpyl wat deur die Duitsers in die Tweede Wêreldoorlog gebruik is, is die eerste vuurpyl wat suksesvol gebruik is. Jim Adams van Nasa praat oor aandrywingstelsels in die ruimte. Dis interessant om te hoor watter persentasie van die massa van ‘n vuurpyl, soos die Atlas, brandstof is wanneer dit afgevuur word. Jim gesels ook die New Horizons-sending na Pluto toe die satelliet met gravitasi...
Sterre en planete 27 Desember 2020 27.12.2020 28:19
Die span kyk terug na ‘n paar belangrike ruimtegebeure die afgelope jaar, soos die suksesvolle Hayabusa 2-sending van Japan waartydens materiaal van die asteroïde Ryugu versamel is en suksesvol na die aarde teruggebring is. Nog ‘n belangrike gebeurtenis is dr. Japie van Zyl se dood, wat almal onkant gevang het.
Sterre en planete 20 Desember 2020 20.12.2020 28:27
Baassterrekyker Lafras Smit gesels saam oor die konjunksie van Jupiter en Saturnus wat op 21 Desember sy maksimum bereik. Willie Koorts praat oor ‘n bielie van ‘n digitale kamera wat gebou word om in ‘n teleskoop te pas. Hy verduidelik ook hoe die CCD-beginsel werk wat in so ‘n kamera gebruik word.
Sterre en planete 13 Desember 2020 13.12.2020 28:32
Die konjunksie tussen Jupiter en Saturnus op 21 Desember trek baie aandag. Die span praat oor hierdie gebeurtenis wat elke paar honderd jaar plaasvind. Kobus Olckers gesels oor die rol wat die Arecibo-teleskoop gespeel het om die Soho-sonsatelliet weer terug in sy baan te kry nadat die reaksiewiele per ongeluk afgeskakel is. En Lafras Smit vertel wat in die hemelruim te sien is in Desember.
Sterre en planete 6 Desember 2020 06.12.2020 28:59
Aandrywing in die ruimte raak al hoe meer ‘n kwessie soos ruimtetuie verder in die ruimte in beweeg. Jim Adams praat oor die rol wat kernkrag in die toekoms van ruimteverkenning kan speel. NASA het in die verlede reeds na verskeie opsies gekyk om kernkrag in te span. Een daarvan was die korrelbedreaktor wat in Suid-Afrika ontwikkel is.
Sterre en planete 29 November 2020 29.11.2020 25:30
Willie Koorts was op Sutherland betrokke by die oprigting van ‘n nuwe koepel met sy teleskoopbehuising. Hy verduidelik hoe waterpas die vloer moet wees om die teleskoop korrek te monteer. Daar is nuus oor die Arecibo-radioteleskoop in Puerto Rico wat die einde van sy lewe bereik het. Prof. Matie Hoffman beantwoord ‘n luisteraarsvraag oor ‘n waterstofwolk wat besig is om ons sterrestelsel te nader.
Sterre en planete 22 November 2020 22.11.2020 28:21
Wat is die verband tussen ‘n draaiende tol en die tolbeweging van die aarde? Ruimtewetenskaplikes het ‘n asteroïede gevind wat geheel en al uit metale saamgestel is. Op die aarde sal hierdie klip triljoene dollar werd wees. Daar is ook inligting oor die asteroïede, Apophis, wat die aarde moontlik oor ‘n paar dekades kan tref.
Sterre en planete 15 November 2020 15.11.2020 24:30
Kan ‘n ander satelliet dieselfde baan hê as die Internasionale ruimtestasie? Daar is inligting oor kleiner sterrestelsels naby die melkweg. Kobus Olckers gesels oor hoëspoed partikels wat van die son af kom en moontlik skade aan satelliete kan aanrig.
Sterre en planete 8 November 2020 08.11.2020 29:24
Die span praat oor ’n proteïen wat in ‘n meteoriet gevind is. Sou dit op lewe elders kan dui? Daar is ook meer inligting oor ‘n reuse ontploffing wat miljoene ligjare gelede in die ruimte plaasgevind het. En ‘n satelliet gaan opgestuur word om ander satelliete te gaan diens.
Sterre en planete 1 November 2020 01.11.2020 29:20
Die span praat oor water op die maan bespeur is met ‘n spesiale teleskoop wat in ‘n Boeing 747 gemonteer is, en die sending na die asteroïede, Bennu. Jim Adams verduidelik waarom dit so belangrik is dat die asteroïede monsters wat op Bennu opgeskep is, nie tydens die terugvlug verlore gaan nie. Hy praat ook oor die aard van die water op ons maan, en waarom dit nie vroeër opgemerk is nie.
Sterre en planete 25 Oktober 2020 25.10.2020 28:56
NASA het die afgelope week hoofberigte oorheers toe die eerste Amerikaanse tuig op ‘n asteroïede neergestryk het. Daar is ‘n antwoord op die vraag wat sal gebeur as ons susterstelsel, Andromeda, teen ons eie melkweg bots? Daar is bewyse dat die twee stelsels stadig nader aan mekaar beweeg. Een van die interessante brokkies inligting wat van die Voyager-satelliete af kom, is dat die digtheid van...
Sterre en planete 18 Oktober 2020 18.10.2020 29:30
Sterrekunde in Suid-Afrika is 200 jaar oud. Willie Koorts praat oor die vroeë geskiedenis van sterrekunde aan die suidpunt van Afrika. Matie Hoffman verduidelik waarom ‘n swerwersplaneet sonder ‘n son in die ruimte kan ronddryf. Daar is ook inligting oor waarom radiosterrekundiges kommer uitgespreek het oor die Starlink-satelliete van Elon Musk, waarvan daar al 653 gelanseer is.
Sterre en planete 11 Oktober 2020 11.10.2020 25:04
Het jy al gewonder wat die mense in die Internasionale Ruimtestasie doen as hulle kleedkamer toe wil gaan? Die span praat oor 'n nuwe toilet wat op pad is na die ruimtestasie. Kobus Olckers verduidelik wat bedoel word as hy praat van 'n sonwind. Lafras Smit vertel watter sterre en planete in Oktober in die hemelruim te sien is, en wat bedoel word met Mars is in opposisie.
Sterre en planete 4 Oktober 2020 04.10.2020 28:38
Jim Adams, die voormalige adjunktegniesedirekteur van NASA gaan van nou af elke eerste Sondag van die maand aan die program deelneem. Hy vertel hoe hy in ruimte-ingenieurswese beland het en oor watter sendings hy beheer gehad het. Hy praat ook oor die Osiris-Rex sending waartydens 'n tuig in November op die asteroïede, Bennu, materiaal sal versamel om terug te bring aarde toe. Die ander spanlede i...
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.