RSG
Sterre en Planete
Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Sterre en planete 27 September 2002 27.09.2020 28:18
Kobus Olckers kyk na die ruimteweervoorspelling. Daar is 'n bespreking na aanleiding van 'n luisteraarsvraag oor hoe paralaks in die ruimte gebruik word om afstand te bepaal. Die kwessie of die ruimte 'n absolute vakuum is, word ook bespreek.
Sterre en planete 20 September 2020 20.09.2020 27:44
Die ontdekking van moontlike lewe op ons buurplaneet, Venus, het ruimtekundiges opgewonde gemaak. Teleskope maak deesdae van CCD-tegnologie gebruik om beelde uit die ruimte te registreer. 'n Reuse CCD-kamera sal binnekort in 'n teleskoop in Chili geinstalleer word. Die kamera se sensor het 'n grootte van 3,200 megapixels.
Sterre en planete 13 September 2020 13.09.2020 28:19
As mens snags opkyk na die sterrehemel, lyk alles kalm en rustig, maar eintlik kan die ruimte 'n rowwe plek wees. Een van die verskynsels wat die Aarde bedreig, is magnetiese storms. In die verlede was daar twee sulke storms wat opspraak verwek het. Die storm in 1859, bekend as die Carrington-voorval, het groot dele van die VSA en Europa sonder krag gelaat. Meer onlangs het 'n storm Quebec in Kana...
Sterre en planete 6 September 2020 06.09.2020 27:28
Die dood van een van Sterre en Planete se spanlede, dr. Japie van Zyl, het wye reaksie uitgelok en wys hoe geliefd hy in Suid-Afrika was. In hierdie aflewering kyk ons na die mens Japie van Zyl. Daar is 'n gesprek met die persoon by Caltech en JPL, prof. Charles Elachi, wat daarvoor verantwoordelik was dat Japie na die VSA verhuis en 'n loopbaan daar begin het. Jim Adams van Nasa, wat saam met Jap...
Sterre en planete 30 Augustus 2020 30.08.2020 27:38
Een van Sterre en Planete se spanlede, dr. Japie van Zyl, is in Pasadena, Kalifornië in die VSA oorlede. Ons doen ‘n kort huldeblyk aan die geliefde Japie van Zyl. In ander ruimtesake gesels die span oor ‘n paar luisteraarsbriewe en foutiewe opvattings wat mense het. Daar is ook aanduidings dat die maan stadigaan besig is om weg te beweeg van die aarde af. Die bevinding is gemaak met behulp van la...
Sterre en planete 23 Augustus 2020 23.08.2020 27:46
Magda Streicher van Polokwane het saam met Clyde Foster 'n besondere toekenning van die Suid-Afrikaanse Amateur Sterrekunde Vereniging gekry. Ons praat met Magda oor haar werk, en waarom sy in sterstringe spesialiseer. Daar is ook nuus oor die ster, Betelgeuse, wat die afgelope maande tekens van verdowwing getoon het. Sterrekundiges het nou ontdek wat die rede daarvoor is. Betelgeuse is een van gr...
Sterre en planete 16 Augustus 2020 16.08.2020 28:16
Hoe vergelyk die ontploffing wat in 2013 deur 'n meteoor bokant Cheljabinks in Rusland gemaak is met die Beiroet-ontploffing? Daar is ook 'n vraag oor hoe die maan deur die jaar skuif. Elon Musk se maatskappy, Space X, is steeds besig om die Starlink-satellietnetwerk uit te brei. Sterrekykers het al begin kla omdat hierdie formasie satelliete hulle sterrekykaktiwiteite beïnvloed. Willie Koorts ver...
Sterre en planete 9 Augustus 2020 09.08.2020 28:14
Hoe oud is die son? Kobus Olckers verduidelik hoe die ouderdom van 'n ster gemeet word. Daar was ook 'n luisteraarsvraag oor die noorderligte wat tydens hulle besoek aan Noorweë toe nie so spesiaal was nie. Kobus verduidelik ook wat die verskil is tussen die Solar Dynamic Observatory en die Parker-satelliet. En Lafras Smit is op sy pos met inligting oor wat in Augustus in die hemelruim te sien is.
Sterre en planete 2 Augustus 2020 01.08.2020 29:23
Is daar 'n internasionale verdrag wat bepaal waar tuie op Mars kan land? Dit is een van die vrae wat dr. Japie van Zyl beantwoord. Hy praat ook oor hoe problematies dit is om uit te werk waar 'n tuig moet land. Dr. van Zyl het ook 'n hand gehad in drie projekte wat deel is van die Perseverance-sending na Mars.
Sterre en planete 26 Julie 2020 25.07.2020 26:35
Die komeet, Neowise, het ruimtebelangstellendes in die noordelike halfrond gaande gehad. Ongelukkig het ons in die suide nie die voorreg gehad om hierdie aanskoulike verskynsel te sien nie. Maar daar is darem 'n troos dat Suid-Afrikaners in die volgende dae die komeet vroegaand in die noordweste, laag op die horison, sal kan sien. Die span gesels ook oor die vraag waar die middelpunt van ons sonne...
Sterre en planete 19 Julie 2020 19.07.2020 25:47
Suider-Afrikaans gebore wetenskaplikes en sterrekundiges het al hulle merk gemaak op die gebied van ruimteverkenning, soos die amateursterrekundige John Bennet, na wie die Bennetkomeet vernoem is. Daar is ook dr. Japie van Zyl, voorheen van JPL, wat 'n leidende rol gespeel het in die Amerikaanse ruimteprogram. Heel onlangs het 'n amateursterrekundige van Centurion, Clyde Foster, 'n verskynsel op J...
Sterre en planete 12 Julie 2020 12.07.2020 27:20
Die korrelasie tussen ruimteweer en die weer op Aarde kom dikwels onder die soeklig in Sterre en Planete. 'n Ruimteweerkundige en 'n aardse weerkundige is deel van die span wat deelneem. In ons steromgewing is dit ons son wat die drywer is van alles wat met die planete gebeur. Daar is ook inligting oor 'n Suid-Afrikaanse amateur sterrekundige wat 'n vreemde kolk op Jupiter waargeneem het. Niemand...
Sterre en planete 5 Julie 2020 05.07.2020 28:58
In verlede se program het ons gepraat oor VVV's en weerballonne. Nou gee Johan le Roux meer inligting oor ander soort ballone wat deel vorm van Google se Loonprojek. Daar is ook 'n bespreking oor 'n ster wat heeltemal verdwyn het – iets ongewoon. Prof. Matie Hoffman praat vertel waarom Dinsdag 30 Junie Wêreld Asteroïededag genoem word.
Sterre en planete 28 Junie 2020 27.06.2020 29:58
Hoewel die annulêre sonsverduistering 'n paar dae gelede in die noordelike halfrond beter gesien is, is daar tog mense in die suide wat foto's van die verskynsel geneem het. Die span praat oor die verduistering en wat annulêr beteken. Antares is een van die reusesterre in die hemelruim, en is tans mooi te sien in die Skerpioen-konstellasie. Die Europese Ruimte-agentskap het daarin geslaag om met b...
Sterre en planete 21 Junie 2020 21.06.2020 29:31
Die span kry dikwels vrae oor vreemde voorwerpe wat in die lug gesien word. In die oorgrote meerderheid van die gevalle is dit lensrefraksie wat waargeneem word. 'n Luisteraarsvraag oor die ontstaan van die heelal word beantwoord asook 'n vraag oor of die bekende sterre wat ons kan sien soos Aldebaran, Sirius en Antares almal eksoplanete het.
Sterre en planete 14 Junie 2020 14.06.2020 25:45
Wat is die verband tussen sonweer en die weer op aarde? Daar is ook inligting oor 'n pulsar wat deur 'n akresieproses besig is om kragtiger te word. Willie Koorts beantwoord 'n luisteraarsvraag oor hoe vuurpyle dit regkry om regop te bly staan, net voor die lansering.
Sterre en planete 7 Junie 2020 06.06.2020 30:02
Ruimte-entoesiaste is steeds gaande oor die lansering van die Dragon-ruimtekapsule na die Internasionale Ruimtestasie. Dr. Japie van Zyl verduidelik hoe fyn die berekeninge moet wees om die kapsule aan die ruimtesasie te laat koppel. Daar is nuus oor Hydrosat se planne om kameras met behulp van 'n ruimteballon te laat toets. Lafras Smit het inligting oor wat in Junie in die ruimte te sien sal wees...
Sterre en planete 31 Mei 2020 31.05.2020 26:46
SpaceX en Nasa het gister geskiedenis gemaak toe twee ruimtevaarders in die Dragon-kapsule na die Internasionale Ruimtestasie gelanseer is. Dr. Japie van Zyl, Willie Koorts en prof. Matie Hoffman verduidelik hoekom die sending histories is, en vergelyk hierdie nuwe tegnologie met die pendeltuigtegnologie van die verlede.
Sterre en planete 24 Mei 2020 24.05.2020 27:26
Die Voyager-satelliete is steeds onderweg van ons sonnestelsel af, en bevind hulle tans in die heliosfeer. Voyager 2 het onlangs probleme begin gee, en wou nie opdragte wat van die aarde af gestuur is, gehoorsaam nie. Ruimtewetenskaplikes het daarin geslaag om die satelliete, wat sowat 18-miljard kilometer van die aarde af is, weer aan die gang te kry.
Sterre en planete 17 Mei 2020 17.05.2020 26:54
'n Sjinese Longmarch-vuurpyl het 'n paar dae gelede onbeheerd na die aarde teruggeval. Die span praat oor die implikasies van so 'n gebeurtenis. Daar word ook gesels oor die gevolge wat die coronavirus vir die ruimtebedryf het, en watter voorsorg die SAAO tref om te sorg dat die teleskope op Sutherland sonder haakplekke funksioneer. Dr. Japie van Zyl gee ook 'n opdatering van sy span se poging om...
Sterre en planete 10 Mei 2020 09.05.2020 29:06
Waarom is sommige komete groen? Die span vertel wat moontlik tot die groen kleur aanleiding kan gee. Dit is veral na aanleiding van die groen komeet Swan wat tans in die hemelruim te sien is. Lafras Smit, ons verslaggewer in die Vrystaat, brei ook uit oor waarna mense kan kyk as hulle gedurende die volgende paar weke na die hemelruim kyk.
Sterre en planete 3 Mei 2020 02.05.2020 28:21
Een van die konstellasies wat bekend is aan baie mense, is die Suiderkruis. Willie Koorts verduidelik hoe om die kruis in die hemelruim te kry. Dr. Japie van Zyl verduidelik hoe hy vorder met sy twee projekte - die lansering van die Hydrosat-satelliete en die vervaardiging van die Covid-toetsapparaat wat 'n volledige uitslag binne 10 tot 15 minute sal gee. Prof. Matie Hoffman beantwoord 'n luister...
Sterre en planete 26 April 2020 26.04.2020 27:41
Hoe ver noord moet jy gaan om die Noorderligte mooi te kan sien, en hoe lyk die koue, noordelike sterrehemel van Baffin-eiland in Noord-Kanada? Sam de Beer van Nunavut in Kanada is 'n gereelde luisteraar na Sterre en Planete. Hy vertel van die sterrehemel in sy omgewing. Die span praat ook oor 'n asteroïed wat later vandeesweek naby die aarde verbyflits. En daar is nuwe inligting oor die uitdying...
Sterre en planete 19 April 2020 18.04.2020 28:27
Waarom is die windspoed op Mars belangrik vir die Mars-helikopter wat met die volgende sending na die rooi planeet met sy dun atmosfeer, gestuur sal word? Dr. Japie van Zyl verduidelik hoe toetse gedoen is met die helikopter om te verseker dat die tuig, wat onlangs aan die Marstuig gekoppel is, na wense funksioneer. Willie Koorts vertel ook van die grootste supernova-uitbarsting wat tot dusver waa...
Sterre en planete 12 April 2020 11.04.2020 28:36
Een van Sterre en Planete se entoesiaste, Lafras Smit, verskaf elke tweede Sondag van die maand inligting oor waarna mense kan kyk as hulle in die naghemel opkyk. Die span praat ook oor verskillende selfoontoepassings wat mens kan gebruik om na sterre en planete te kyk. Is daar 'n verband tussen die maksimummaan en die minimumson wat ons tans beleef? Die vraag word deur Kobus Olckers uit Amerika b...
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.