RSG
Sterre en Planete
Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Sterre en planete 5 April 2020 04.04.2020 27:15
Hoe raak iemand soos dr. Japie van Zyl van die Jet Propulsion Laboratoty betrokke by die stryd teen Covid-19? Daar is inligting oor 'n onverklaarbare piek in die teenwoordigheid van metaangas in die atmosfeer. Die span praat oor 'n sending wat daarop gemik is om 'n asteroïede te manuvreer sodat dit nie die aarde tref nie. Dit is die Dart-sending waarin 'n gevorderde ioonmotoraandrywingstelsel gebr...
Sterre en planete 29 Maart 2020 29.03.2020 29:35
Hoe spoor 'n mens 'n asteroïede op? Asteroïedejagter, Nic Erasmus van die SAAO beantwoord vrae soos: Kan mens 'n asteroïede met die blote oog sien? Watter rol speel die teleskope op Sutherland om asteroïedes op te spoor?.Daar tans bykans eenmiljoen asteroïedes gekatalogiseer. Nic vertel ook watter soort asteroïede die gevaarlikste is.
Sterre en planete 22 Maart 2020 21.03.2020 27:45
Hennie Maas en sy gaste praat onder meer oor die instel van teleskope.
Sterre en planete 15 Maart 2020 14.03.2020 27:27
Het jy al gewonder hoe ons ster, die son, klink? Hennie Maas speel die klank vir jou. 'n Luisteraar van Tulbach het navraag gedoen oor 'n baie helder ster wat in die weste skuins bokant die Winterhoekberge gesien is. Sy wil weet wat dit is. En dit lyk ook of een van die Voyager-satelliete, wat tans in die verre diep ruim is, uiteindelik afgeskakel sal word.
Sterre en planete 8 Maart 2020 07.03.2020 29:07
Al gehoor van 'n proteïen in die ruimte? Die span vertel van een wat in 'n meteoriet gevind is. Sou dit op lewe elders kan dui? Daar is ook meer inligting oor 'n reuse ontploffing wat miljoene ligjare gelede in die ruimte plaasgevind het. En hulle praat oor 'n nuwe projek waar 'n satelliet opgestuur sal word om ander satelliete te gaan diens.
Sterre en planete 1 Maart 2020 29.02.2020 27:22
Een van die sogenaamde vroulike rekenaars, Katherine Johnson, is onlangs in die ouderdom van 101 jaar oorlede. Willie Koorts vertel watter waardevolle werk hierdie vroue in die eerste jare van ruimtevaart by NASA gedoen het. Dr. Japie van Zyl praat oor die trillings wat die Insight-ruimtetuig op Mars waargeneem het. Dit laat die vermoede ontstaan dat die rooi planeet meer aktief is as wat voorheen...
Sterre en planete 23 Februarie 2020 23.02.2020 29:12
Is die helder voorwerp wat tans in die weste te sien is, die aandster? Dis natuurlik nie 'n ster nie, maar die planeet Venus, wat omtrent so groot soos die aarde is. Die span verduidelik hoe mens weet dat jy na 'n ster of 'n planeet kyk. Daar is ook inligting oor die manewales van die rooi reus, Betelgeuse, wat saam met Rigel aan weerskante van die Orion-groep is, en skynbaar op die punt staan om...
Sterre en planete 16 Februarie 2020 16.02.2020 26:18
Suid-Afrika se grootste optiese teleskoop, The South African Large Telescope (SALT), moet voortdurend gediens word. Willie Koorts vertel watter herstelwerk tans gedoen word. Kobus Olckers praat oor die pole van die son en planete. En 'n luisteraar het gevra hoe ons weet wat die noord- of suidpool van die son is.
Sterre en planete 9 Februarie 2020 09.02.2020 28:07
Voyager 2, wat al buite ons sonnestelsel is, het onlangs probleme ondervind. Die satelliet moes toe van die aarde af herstel word. Jy kan hoor hoe dit gedoen is, en dat dit 'n sein 34 uur neem om heen en weer deur die ruimte trek. Daar is meer inligting oor die hardste klank wat op aarde waargeneem is, en dit nie die Saturn-vuurpyle is nie. Prof. Matie Hoffman vertel van 'n studie wat daarop dui d...
Sterre en planete 2 Februarie 2020 02.02.2020 26:44
Dis nou meer as vyftig jaar gelede dat die kasule van Apollo 1 tydens 'n simulasie aan die brand geslaan het. Dr. Japie van Zyl verduidelik wat fout gegaan het, en hoe 'n gevaarlike onderneming ruimtevaart is. 'n Luisteraar het 'n vraag gevra oor die doeltreffendheid van Lithiumioon-batterye. Die span gesels oor battery-ontwikkeling in die toekoms, en dat superkapasitors die soort batterye kan ver...
Sterre en planete 26 Januarie 2020 26.01.2020 27:49
Een van die groot ruimteteleskope, die Spitzer, sal eersdaags nie meer funksioneer nie. Willie Koorts praat oor die belangrike werk wat die teleskoop gedoen het. Dit is 'n teleskoop wat in die infrarooibandwydte werk. Daar is ook inligting oor 'n reuse radioteleskoop wat in Sjina in bedryf gestel is. Die Fast-teleskoop is heelwat groter as sy eweknie in Arecibo, Puerto Rico. Daar word ook gepraat...
Sterre en planete 19 Januarie 2020 19.01.2020 28:35
As jy in die veld loop en jy sien 'n besondere klip of rots, hoe sal jy weet of dit 'n meteoriet is of nie? In vanaand se aflewering van Sterre en Planete is daar meer inligting. Die span praat ook oor 'n lig-aangedrewe seil wat in die ruimte gebruik kan word. Ruimtewetenskaplikes is steeds besig om aan planne te dink om ruimte-rommel te beveg en ESA gaan 'n tuig opstuur om te eksperimenteer met h...
Sterre en planete 12 Januarie 2020 12.01.2020 24:57
Wat sou met ons gebeur indien ons son 'n supernova sou word? Die span gesels ook oor die nuwe Starlink-satelliete wat deur Space X gelanseer is. Kobus Olckers beantwoord 'n luisteraarsvraag oor of daar 'n korrelasie tussen sonvlekke en die groei van gewasse kan wees. En die ruimtevaarder, Chris Hadfield, bespreek die vraag of die mens swaartekrag kan beheer.
Sterre en planete 5 Januarie 2020 05.01.2020 29:26
Een van die groot sterre in die ruimte, Betelgeuse, toon eienaardige gedrag. Daar word bespiegel dat dit dalk die begin van 'n supernova-ontploffing kan wees. Dr. Japie van Zyl van Hydrosat praat oor die moontlikheid dat iets soos 'n ruimtetuig teen die Internasionale Ruimtestasie kan bots, en wat die gevolge sou wees. Daar is ook inligting oor die maan wat blykbaar vroeër in sy bestaan nader aan...
Sterre en planete 28.12.2019 27:26
Wat beteken 'n suksesvolle mislukking? Dit is terminologie wat dikwels gebruik word as 'n ruimtesending om die een of ander rede misluk. Die span praat oor die Boeing Starliner wat nie daarin kon slaag om by sy doelwit, die Internasionale Ruimtestasie, uit te kom nie. President Trump het ook onlangs bekend gemaak dat 'n ruimteweermag in die lewe geroep is om moontlike agressie uit die ruimte hok t...
Sterre en planete 21.12.2019 26:10
Waarom is dit nodig om in die Internasionale Ruimtestasie te oefen, veral as mens dink dat daar geen swaartekrag is om jou moeg te maak nie? Ruimtevaarder Chris Hadfield verduidelik. Daar is ook 'n vraag oor waarom die maan soveel meer kraters het as die aarde. Die maan se afstand van die aarde af, en die uitwerking van die maan se swaartekrag op oseane word ook bespreek.
Sterre en planete 14.12.2019 26:49
Heelwat mense het onlangs die Starlink-satelliete gesien, wat pas in die ruimte geplaas is. Die span vertel meer van die SpaceX-projek. Een van die bekende ruimtevaarders, Chris Hadfield, praat ook oor wat met die menslike liggaam sal gebeur as dit aan die buitenste ruim blootgestel word. En die Sjinese het 'n radio-antenna aan die agterkant van die maan ontplooi om as herleistasie te dien.
Sterre en planete 07.12.2019 28:24
Wat sou gebeur as 'n komeet op Tafelberg val? Dit is 'n vraag wat 'n luisteraar aan die Sterre en Planete-span gestuur het. Daar is ook 'n gesprek oor die verskil tussen 'n meteoor en 'n komeet. Is daar 'n korrelasie tussen sonaktiwiteit en hitte op aarde? Die span praat ook oor klein maantjies wat elke nou-en-dan om die aarde wentel.
Sterre en planete 30.11.2019 28:34
Ruimtewetenskap het ook te doen met wat op Moeder Aarde aangaan. Dr. Japie van Zyl praat oor satelliete wat die oseaanvlak van die aarde meet, en of die vlak van die oseane dwarsoor die aarde relatief gelyk is. Die antwoord sal jou verbaas! Daar is ook vasgestel dat 'n bepaalde sterrestelsel, nie een nie, maar drie gravitasiekolke het. Die span praat ook oor die interessante verskynsel.
Sterre en planete 23.11.2019 28:08
Waarom word die name van hemelliggame verander? Die span vertel wat die nuwe naam van Ultima Thule is. Dit is 'n voorwerp wat deur New Horizons afgeneem is en in die Kuypergordel lê. Daar word ook gesels hoe mens te werk gaan om ons sustergalaksie, Andromeda, te sien en of mens 'n teleskoop nodig het. Die stelsel sit tans bokant die noordelike horison, regs onder die Pegasuskonstellasie. Daar is o...
Sterre en planete 16.11.2019 26:17
Die feit dat die aarde se baan om die son effe eksentriek is, laat mense wonder of dit nie tot klimaatsverandering aanleiding kan gee nie. Daar is ook inligting n.a.v. van 'n vraag of die sonwind nie 'n komeet se roei kan wegwaai nie. Die span praat ook oor hoe die Dopplermetode gebruik word as een van die maniere om eksoplanete op te spoor.
Sterre en planete 09.11.2019 24:21
As jy die regte toerusting het, sal jy die middag van 11 November kan sien hoe die sonnestelsel se kleinste planeet, Mercurius, voor die son verby skuif. Willie Koorts verduidelik waar en hoe mens moet kyk om die verskynsel mooi te sien. Wat is plasma in die ruimte? Kobus Olckers verduidelik wat dit is, veral na aanleiding van Voyager 2 wat die heliosfeer verlaat het. Ruimtewetenskaplikes het 'n m...
Sterre en planete 02.11.2019 28:00
Posisiebepaling in die ruimte is belangrik, veral as jy met projekte in die diepruim besig is. Die span vertel hoe dit gedoen word. Daar is ook inligting oor satelliete wat aarde toe val en nie uitbrand nie, na aanleiding van 'n voorwerp wat in die agterplaas van 'n Amerikaanse boer geval het. Dr. Japie van Zyl gesels ook oor die geheime mini-pendeltuig wat ná etlike maande in die ruimte, teruggek...
Sterre en planete 26.10.2019 29:30
Watter rol speel die aarde se atmosfeer in sterrekunde? Die span praat hieroor, en verduidelik uit watter lae dit bestaan. 'n Luisteraarsvraag oor die waarneming van sterlig en hoe 'n spektrograaf gebruik word om die lig van sterre te isoleer, word beantwoord. En Willie Koorts praat oor die verskil tussen spektrografie en fotometrie.
Sterre en planete 19.10.2019 27:58
Daar is baie faktore wat 'n rol speel in klimaatsverandering. Kobus Olckers vertel van metaanhidriete wat op sekere plekke op die seebodem voorkom. Dit laat gasborrels vry, en as die see warmer word, word meer gasborrels vrygestel wat 'n bose kringloop kan laat begin. Dit gebeur vanweë die mens se bedrywighede, en die son wat wat tans op sy piek is. Daar word ook gepraat oor die wentelperiode van...
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.