RSG

Sterre en Planete

Science AF ↓ 773 episodes

Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za

Author

RSG

Category

Science

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Oct 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Sterre en planete 19 Januarie 2020 19.01.2020

As jy in die veld loop en jy sien 'n besondere klip of rots, hoe sal jy weet of dit 'n meteoriet is of nie? In vanaand se aflewering van Sterre en Planete is daar meer inligting. Die span praat ook oor 'n lig-aangedrewe seil wat in die ruimte gebruik kan word. Ruimtewetenskaplikes is steeds besig om aan planne te dink om ruimte-rommel te beveg en ESA gaan 'n tuig opstuur om te eksperimenteer met h...

Sterre en planete 12 Januarie 2020 12.01.2020

Wat sou met ons gebeur indien ons son 'n supernova sou word? Die span gesels ook oor die nuwe Starlink-satelliete wat deur Space X gelanseer is. Kobus Olckers beantwoord 'n luisteraarsvraag oor of daar 'n korrelasie tussen sonvlekke en die groei van gewasse kan wees. En die ruimtevaarder, Chris Hadfield, bespreek die vraag of die mens swaartekrag kan beheer.

Sterre en planete 5 Januarie 2020 05.01.2020

Een van die groot sterre in die ruimte, Betelgeuse, toon eienaardige gedrag. Daar word bespiegel dat dit dalk die begin van 'n supernova-ontploffing kan wees. Dr. Japie van Zyl van Hydrosat praat oor die moontlikheid dat iets soos 'n ruimtetuig teen die Internasionale Ruimtestasie kan bots, en wat die gevolge sou wees. Daar is ook inligting oor die maan wat blykbaar vroeër in sy bestaan nader aan...

Sterre en planete 28.12.2019

Wat beteken 'n suksesvolle mislukking? Dit is terminologie wat dikwels gebruik word as 'n ruimtesending om die een of ander rede misluk. Die span praat oor die Boeing Starliner wat nie daarin kon slaag om by sy doelwit, die Internasionale Ruimtestasie, uit te kom nie. President Trump het ook onlangs bekend gemaak dat 'n ruimteweermag in die lewe geroep is om moontlike agressie uit die ruimte hok t...

Sterre en planete 21.12.2019

Waarom is dit nodig om in die Internasionale Ruimtestasie te oefen, veral as mens dink dat daar geen swaartekrag is om jou moeg te maak nie? Ruimtevaarder Chris Hadfield verduidelik. Daar is ook 'n vraag oor waarom die maan soveel meer kraters het as die aarde. Die maan se afstand van die aarde af, en die uitwerking van die maan se swaartekrag op oseane word ook bespreek.

Sterre en planete 14.12.2019

Heelwat mense het onlangs die Starlink-satelliete gesien, wat pas in die ruimte geplaas is. Die span vertel meer van die SpaceX-projek. Een van die bekende ruimtevaarders, Chris Hadfield, praat ook oor wat met die menslike liggaam sal gebeur as dit aan die buitenste ruim blootgestel word. En die Sjinese het 'n radio-antenna aan die agterkant van die maan ontplooi om as herleistasie te dien.

Sterre en planete 07.12.2019

Wat sou gebeur as 'n komeet op Tafelberg val? Dit is 'n vraag wat 'n luisteraar aan die Sterre en Planete-span gestuur het. Daar is ook 'n gesprek oor die verskil tussen 'n meteoor en 'n komeet. Is daar 'n korrelasie tussen sonaktiwiteit en hitte op aarde? Die span praat ook oor klein maantjies wat elke nou-en-dan om die aarde wentel.

Sterre en planete 30.11.2019

Ruimtewetenskap het ook te doen met wat op Moeder Aarde aangaan. Dr. Japie van Zyl praat oor satelliete wat die oseaanvlak van die aarde meet, en of die vlak van die oseane dwarsoor die aarde relatief gelyk is. Die antwoord sal jou verbaas! Daar is ook vasgestel dat 'n bepaalde sterrestelsel, nie een nie, maar drie gravitasiekolke het. Die span praat ook oor die interessante verskynsel.

Sterre en planete 23.11.2019

Waarom word die name van hemelliggame verander? Die span vertel wat die nuwe naam van Ultima Thule is. Dit is 'n voorwerp wat deur New Horizons afgeneem is en in die Kuypergordel lê. Daar word ook gesels hoe mens te werk gaan om ons sustergalaksie, Andromeda, te sien en of mens 'n teleskoop nodig het. Die stelsel sit tans bokant die noordelike horison, regs onder die Pegasuskonstellasie. Daar is o...

Sterre en planete 16.11.2019

Die feit dat die aarde se baan om die son effe eksentriek is, laat mense wonder of dit nie tot klimaatsverandering aanleiding kan gee nie. Daar is ook inligting n.a.v. van 'n vraag of die sonwind nie 'n komeet se roei kan wegwaai nie. Die span praat ook oor hoe die Dopplermetode gebruik word as een van die maniere om eksoplanete op te spoor.

Sterre en planete 09.11.2019

As jy die regte toerusting het, sal jy die middag van 11 November kan sien hoe die sonnestelsel se kleinste planeet, Mercurius, voor die son verby skuif. Willie Koorts verduidelik waar en hoe mens moet kyk om die verskynsel mooi te sien. Wat is plasma in die ruimte? Kobus Olckers verduidelik wat dit is, veral na aanleiding van Voyager 2 wat die heliosfeer verlaat het. Ruimtewetenskaplikes het 'n m...

Sterre en planete 02.11.2019

Posisiebepaling in die ruimte is belangrik, veral as jy met projekte in die diepruim besig is. Die span vertel hoe dit gedoen word. Daar is ook inligting oor satelliete wat aarde toe val en nie uitbrand nie, na aanleiding van 'n voorwerp wat in die agterplaas van 'n Amerikaanse boer geval het. Dr. Japie van Zyl gesels ook oor die geheime mini-pendeltuig wat ná etlike maande in die ruimte, teruggek...

Sterre en planete 26.10.2019

Watter rol speel die aarde se atmosfeer in sterrekunde? Die span praat hieroor, en verduidelik uit watter lae dit bestaan. 'n Luisteraarsvraag oor die waarneming van sterlig en hoe 'n spektrograaf gebruik word om die lig van sterre te isoleer, word beantwoord. En Willie Koorts praat oor die verskil tussen spektrografie en fotometrie.

Sterre en planete 19.10.2019

Daar is baie faktore wat 'n rol speel in klimaatsverandering. Kobus Olckers vertel van metaanhidriete wat op sekere plekke op die seebodem voorkom. Dit laat gasborrels vry, en as die see warmer word, word meer gasborrels vrygestel wat 'n bose kringloop kan laat begin. Dit gebeur vanweë die mens se bedrywighede, en die son wat wat tans op sy piek is. Daar word ook gepraat oor die wentelperiode van...

Sterre en planete 12.10.2019

Tot dusver was Jupiter die planeet in ons sonnestelsel wat die meeste mane gehad het, maar die ringplaneet, Saturnus, het Jupiter nou onttroon. Die span vertel hoeveel mane Saturnus nou het. Daar is ook meer inligting oor die Hydrosat-projek van dr. Japie van Zyl, en wat die resolusie is van die foto's wat die satelliete van die aarde gaan neem. Kobus Olckers praat oor die son se draai-aksie, en h...

Sterre en planete 05.10.2019

Een van die vrae wat dikwels deur luisteraars gevra word, is of die son se aktiwiteit weerpatrone op aarde kan beïnvloed. Die span praat hieroor, veral met betrekking tot kosmiese strale. Daar is ook 'n vraag oor hoe rekenaars wat aan boord van ruimtetuie is, se temperature beheer word. 'n Luisteraar wou ook weet of enige iemand al 'n ster sien vergaan het.

Sterre en planete 28.09.2019

Gemeet teen die aarde, wat 'n deursnit van sowat 12-duisend kilometer het, is ons son reusagtig met 'n deursnit van 1,2 miljoen kilometer. Die span gesels oor die grootte van sterre, veral Beutelgeuse, wat as dit in ons son se plek was, die aarde en Mars sou ingesluk het. Die rooi ster in die Skerpioen, Antares, is veel groter. Daar word ook gepraat oor die bane van komete en of hulle noodwendig '...

Sterre en planete 21.09.2019

As jy met 'n boer gesels, en hy vertel jou hy tel skape is dit te wagte, maar as hy begin vertel dat hy sterre ook tel, spits jy jou ore. Lafras Smit, wat in die Reitz-omgewing boer, is al 'n hele paar jaar 'n kranige sterrekyker. Hy vertel hoe hy te werk gaan om die hele melkweg af te neem. Die span praat ook oor 'n komeet wat moontlijk te sien sal wees. Daar is mense wat sê dat dit 'n tweede Oum...

Sterre en planete 14.09.2019

'n Luisteraar, Samuel de Beer, het uit die noorde van Kanada uit die provinsie Nunavut, 'n vraag gestel oor die voorspelbaarheid van auroras. Waar hy woon, binne die poolsirkel, is auroras redelik algemeen. Kobus Olckers praat auroras en waaruit hulle bestaan. Daar is ook 'n gesprek oor magnetisme. Dit lyk of die Voyager-tuie wat ver in die diepruim is, se masjiene afgeskakel gaan word. Willie Koo...

Sterre en planete 07.09.2019

Waarom draai voorwerpe in die ruimte om 'n as? Wat het dit aangeskakel? Daar is ook 'n gesprek oor waar die voorwerpe in die ruimte hulle name vandaan kry. Een van die spanlede, dr. Japie van Zyl, het 'n groot toekenning by Nasa gekry. Hy praat oor hierdie prestasie.

Sterre en planete 31.08.2019

Wat beteken dit as ons sê dat 'n ruimtetuig die gravitasieveld van die aarde verlaat het? Die span kyk na die ontsnapsnelheid van ruimtetuie, en hoe ander hemelligame gebruik word om deur middel van die slingerveleffek hulle spoed te vermeerder. Een van die groot uitdagings in ruimtevaart is datatransmissie. Hoe lank neem dit vir 'n sein om van 'n ruimtetuig soos die Voyager af tot by die aarde te...

Sterre en planete 24.08.2019

Wat is die verskil tussen 'n reaksiewiel en 'n giroskoop? 'n Luisteraar het ook gevra hoe dit gebeur het dat die planete en mane in ons sonnestelsel sferies is. En die span praat oor die vraag wat op die internet ronddryf of swaartekrag 'n mite is.

Sterre en planete 17.08.2019

Is daar sterre wat ouer as die heelal is? 'n Vraag oor meteorietimpakte op die maan word ook beantwoord. En daar word oor gravitasiekolke gepraat en die feit dat die mens nog nie die kolke spesifiek waargeneem het nie. Dis net die effek van die kolk wat gesien word.

Sterre en planete 10.08.2019

Kobus Olckers in Florida in die V.S.A. is een van Sterre en Planete se spanlede wat nie genoeg van die son kry nie. Hy kyk al tussen 30 en 40 jaar na ons ster, maar verlede week het hy iets op die son gesien wat hy nog nooit vantevore waargeneem het nie. Hy vertel wat hy gesien het. Daar is ook 'n antwoord op 'n luisteraarsvraag oor die diepte van die kraters op die maan.

Sterre en planete 03.08.2019

Dis deesdae nie juis nuus as 'n satelliet gelanseer word nie. Die span oor die stappe wat gevolg moet word om 'n satelliet in 'n baan te kry, en of alle satelliete met stumotors toegerus is. In die wêreld van die ruimtewetenskap word daar ook na ander metodes gekyk om ruimtetuie mee aan te dryf. Daar is al in hierdie program gepraat oor ioonmotors, maar ligseile is ook iets waarna gekyk word.

Listen to the Sterre en Planete podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.