RSG
Sterre en Planete
Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Sterre en planete 20.04.2019 26:20
Daar was groot opgewonderheid verlede week oor 'n eerste in ruimtewetenskap toe 'n gravitasiekolk “afgeneem” is. Is dit werklik afgeneem? Die span verduidelik presies hoe dit gedoen is. 'n Luisteraarsvraag word ook beantwoord oor wat die aarde laat roteer. Nog 'n vraag oor 'n voorwerp op die maan, word ook beantwoord.
Sterre en planete 13.04.2019 24:45
Die meeste planete in ons sonnestelsel het dieselfde rotasierigting. Daar is egter twee wat heeltemal anders roteer as die res. Daar is ook inligting oor waar die Parker-sonsatelliet hom bevind, en of daar al resultate is. Een van die luisteraars het 'n vraag gevra oor 'n helder voorwerp wat hy gesien het. Die voorwerp het helder geflits en toe verdwyn. Willie Koorts prrobeer die vraag beantwoord.
Sterre en planete 06.04.2019 30:42
Die span praat oor Indië se jongste satelliet. Dr. Japie van Zyl verduidelik hoe moeilik dit is om swaar vragte op Mars te laat land. Hy praat ook oor satelliettegnologie om die waterbehoeftes van plante te monitor sodat water betyds gegee kan word. Die span kyk ook na 'n “oorvol” satellietgebied om die aarde wat in die toekoms probleme kan skep, veral met die kleiner kubersatelliete wat nou meer...
Sterre en planete 30.03.2019 29:18
Ligo is 'n baie sensitiewe instrument wat gebruik word om gravitasiegolwe te meet. Hoor hoe sensitief die instrument is en hoe Ligo presies lyk. Daar is ook inligting oor die stigtingsvergadering van die Afrika Planetarium Vereniging wat in Kaapstad plaasgevind het. Prof Matie Hofmann het die vergadering bygewoon en hy vertel wat die doelstellings van die organisasie is. Willie Koorts beantwoord o...
Sterre en planete 24.03.2019 28:39
Tyd is 'n begrip wat moeilik is om te definieer. Prof. Matie Hofmann en Willie Koorts beantwoord 'n luisteraarsvraag oor die verskil tussen Sideriese, of sterretyd, en sontyd. Willie verduidelik hoekom daar by Sutherland net met sterretyd gewerk word. 'n Ander luisteraar het gevra of swaartekrag beteken se trekrigting altyd na die middel van die aarde is, al staan jy waar op die aarde.
Sterre en planete 16.03.2019 30:20
'n Luisteraars wil weet hoe die son se energie-uitset vergelyk met die opwekking van elektrisiteit op aarde. Prof. Matie Hofmann verduidelik dat die sone elke sekonde 5000-miljoen Gigawatt uitsit! Daar is nog 'n luisteraarsvraag wat beantwoord word oor totale sonsverduisterings, en hoe dikwels dit voorkom. Willie Koorts verduidelik ook hoe die Orionkonstellasie lyk wat tans reg bo ons koppe te sie...
Sterre en planete 09.03.2019 26:57
Heelwat luisteraars vra dikwels wat die opppervlaktemperatuur van ons ster, die son, is. Die span beantwoord die vraag, verduidelik waarom die korona van die son baie warmer is as die oppervlak. Daar is ook inligting oor Insight op Mars wat 'n rots raak geboor het, en planne word nou beraam om die boor verby die rots te stuur. Willie Koorts praat ook oor die grootte van sensors wat op teleskope en...
Sterre en planete 02.03.2019 28:46
Dr. Japie van Zyl praat oor sy toekomsplanne, en hoe satelliete die landbousektor gebruik kan word, veral die spesialis-satelliete meer dikwels om die aarde wentel. Daar word ook gesels oor nuwe tegnologie waar X-strale vir beter kommunikasie in die ruimte gebruik sal word. Die span praat ook oor die welslae wat die Japanse Ruimte-agentskap gehad het met die Hyabusa-tuig wat op die Ryugu-asteroïed...
Sterre en planete 23.02.2019 29:03
Een van die vrae wat ons van 'n luisteraar gekry het, handel oor 'n helder voorwerp wat vanuit die weste al helderder geword het en toe na die noorde oor die horison verdwyn het. Die span bespiegel oor die moontlikheid dat dit 'n vliegtuig was wat reg op die luisteraar afgepeil het. Hy kon dus nie beweging sien nie, maar wel dat die voorwerp helderder word. Die feit dat die Mars 1-projek gelikwide...
Sterre en planete 16.02.2019 30:15
'n Luisteraar wil weet hoe mens die spoed van lig kan meet as daar nie duidelikheid is oor wat presies lig is nie. Willie Koorts verduidelik ook meer oor die skeppingsverhaal en die ruimte na aanleiding van 'n luisteraarsvraag. En Matie Hoffman praat oor die komeet Iwamoto wat wat tans in die omgewing van die aarde met 'n verkyker te sien is.
Sterre en planete 09.02.2019 29:37
Wat is lig? Dis een van die tameletjies wat bespreek word. 'n Luisteraar, Pieter Smith, wil weet of dit moontlik is dat 'n maan ook 'n maan kan hê. En sterrekundiges daarin geslaag om konveksievlekke op 'n ander ster as ons son raak te sien. Heelwat inligting is beskikbaar oor die aktiwiteit van ons son, maar baie gevorderde optika word vereis om op 'n ander son aktiwiteit waar te neem.
Sterre en planete 02.02.2019 30:11
Dr. Japie van Zyl van JPL praat oor die projekte wat tans op Mars aan die gang is. Nog geen woord is gehoor van Opportunity af nie wat ná 'n reuse stofstorm, stil geword het. Hy sê dis moontlik dat die batterye gevries het, maar JPL bly nietemin op die uitkyk vir moontlike seine van die tuig af. Die statiese tuig, Insight, is besig om voor te berei om die seismograaf aan die werk te kry. Fyn versk...
Sterre en planete 26.01.2019 29:27
'n Bolied, wat 'n meteoor is, het die Kaap voor verlede week op hol gehad. Verskeie rapporterings is ontvang van mense wat die ruimtelike voorwerp die aarde se atmosfeer sien binnekom het. Sommige mense het die ontploffigs gehoor toe die meteoor gedisintegreer het. Die span praat oor die gebeure en waarvoor mens moet oplet as 'n meteoor waargeneem word. Daar is ook inligting oor die verskillende k...
Sterre en planete 19.01.2019 30:20
'n Groot mylpaal is bereik met die oprigting van 'n monument van die ou LaMont Hussey teleskoop by die Digitale Planetarium in Bloemfontein. Daar is ook inligting oor 'n superbloedmaan wat binnekort gesien kan word. Suid-Afrikaners sal egter nie die geleentheid hê om hierdie supermaansverduistering te sien nie. Dit is elders op plekke in die wêreld sigbaar. 'n Luisteraarsvraag oor die afwesigheid...
Sterre en planete 12.01.2019 27:39
Die span beantwoord luisteraarsvrae. Daar is 'n vraag van 'n jong luisteraar wat te doen het met die verskil in temperatuur tussen Venus en Mercurius. Mercurius is die naaste aan die son, en daarom sou mens dink dat die planeet warmer as Venus sou wees. Dit is egter nie die geval nie. Daar is ook inligting oor ultravioletbestraling, en wat die effek van hierdie bestraling op byvoorbeeld Uranus sou...
Sterre en planete 05.01.2019 29:42
Die Marstuig, Insight, het sy seismometer op sy plek gesit, gereed om met opnames te begin. Dr. Japie van Zyl vertel waar dinge staan met Insight en of alles volgens plan verloop. Daar is ook inligting oor die New Horizons-satelliet wat hom tans in die Kuiperbelt bevind en redelik onlangs by 'n asteroïde, Thule, verby getrek het. Die span op die grond wag nou vir duideliker foto's van Thule. Die s...
Sterre en planete 29.12.2018 29:07
Soos met baie dinge tydens die jaarwisseling, kyk die span terug na die afgelope jaar op ruimtegebied. Wat beslis uitstaan, is die suksesvolle landing van Insight op Mars. Die tuig het reeds met sy werksaamhede begin. Die Parkersending na die son is ook 'n belangrike gebeurtenis, en baie mense sal ook die maansverduistering onthou.
Sterre en planete 22.12.2018 28:48
Wat is 'n astronomiese eenheid? Die span praat oor 'n sonnestelsel-voorwerp wat 120 astronomiese eenhede ver is. Dit is die verste wat 'n liggaam in ons sonnestelsel waargeneem is. Die voorwerp se naam is Far Out. Daar is ook inligting oor 'n waarneming dat Saturnus besig is om sy ringe te verloor. En daar is 'n uitgebreide verduideliking oor wat donker materie is na aanleiding van SALT wat 'n rol...
Sterre en planete 15.12.2018 28:13
Die Voyager 2-satelliet wat in die jare sewentig gelanseer is, is nou amptelik buite ons sonnestelsel. Daar is ook 'n interessante snit van die klank wat die wind van Mars maak wanneer dit oor Insight se sonpanele waai. Dit is opgeneem deur die seismometer wat deel van Insight is. Daar is ook meer inligting oor die komeet, 46P Virtinun, wat tans in ons naghemel sigbaar is. Die komeet behoort op 16...
Sterre en planete 08.12.2018 27:23
Is die mensdom verantwoordelik vir klimaatsverandering? Kobus Olckers praat ook oor 'n moontlike buitengewone lang sonminimum wat ook 'n uitwerking op die klimaat kan hê. En daar word gesels oor 'n komeet, 46P Wirtanen, wat deesdae reg bokant ons te sien is. Willie Koorts verduidelik waar die komeet te sien is.
Sterre en planete 01.12.2018 28:03
Dr. Japie van Zyl vertel van die spanning wat in die InSight-beheerkamer geheers het voor die tuig op Mars geland het. Hy sê alles het só glad verloop dat hy begin bekommerd raak het. Hy vertel ook wat die volgende stappe is wat gedoen moet word.
Sterre en planete 24.11.2018 27:26
Maandag 26 November is 'n groot dag vir dr. Japie van Zyl en sy span in Pasadena, Kalifornië, want Insight moet dan op Mars land. Hennie Maas en Willie Koorts gesels met hom oor alles wat gedoen moet word om die landing suksesvol te laat verloop. Dit is ook die eerste keer dat twee kubersatelliete 'n tuig na Mars vergesel om behulpsaam te wees met kommunikasie met die aarde. Japie praat ook oor di...
Sterre en planete 17.11.2018 27:04
So elke nou-en-dan hoor mens van vreemde vlieënde voorwerpe. In die meeste gevalle is daar 'n natuurlike verklaring giervoor. Willie Koorts en prof. Matie Hoffman gesels oor 'n voorwerp, wat enersyds na 'n komeet lyk, en andersyds na 'n asteroide. Ruimtewetenskaplikes het agtergekom dat die voorwerp, Oumuamua, se gedragspatroon onkonvensioneel is. Daar is ook inligting oor 'n nuwe manier om die aa...
Sterre en planete 10.11.2018 29:26
Die Dawn-ruimtetuig funksioneer nie meer nie. Die tuig het besoek afgelê by Ceres en Vesta. Daar was onlangs ook probleme met van die reaksiewiele van die Hubble-ruimteteleskoop, maar deskundies kon daarin slaag om herstelwerk te doen deur die rekenaars te herprogrameer.
Sterre en planete 03.11.2018 30:50
Die VSA is die enigste land wat tot dusver daarin geslaag het om tuie op Mars te land. Dr. Japie van Zyl van JPL verduidelik hoe moeilik dit is om op die rooi planeet te land. Net 40 persent van die VSA se sendings na Mars was suksesvol. Intussen sit almal by JPL in spanning en wag vir 26 November wanneer die Insight-tuig op Mars moet land. Die Kepler-ruimteteleskoop funksioneer nie meer nie, en d...
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.