RSG

Sterre en Planete

Science AF ↓ 773 episodes

Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za

Author

RSG

Category

Science

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Oct 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Sterre en planete 02.02.2019

Dr. Japie van Zyl van JPL praat oor die projekte wat tans op Mars aan die gang is. Nog geen woord is gehoor van Opportunity af nie wat ná 'n reuse stofstorm, stil geword het. Hy sê dis moontlik dat die batterye gevries het, maar JPL bly nietemin op die uitkyk vir moontlike seine van die tuig af. Die statiese tuig, Insight, is besig om voor te berei om die seismograaf aan die werk te kry. Fyn versk...

Sterre en planete 26.01.2019

'n Bolied, wat 'n meteoor is, het die Kaap voor verlede week op hol gehad. Verskeie rapporterings is ontvang van mense wat die ruimtelike voorwerp die aarde se atmosfeer sien binnekom het. Sommige mense het die ontploffigs gehoor toe die meteoor gedisintegreer het. Die span praat oor die gebeure en waarvoor mens moet oplet as 'n meteoor waargeneem word. Daar is ook inligting oor die verskillende k...

Sterre en planete 19.01.2019

'n Groot mylpaal is bereik met die oprigting van 'n monument van die ou LaMont Hussey teleskoop by die Digitale Planetarium in Bloemfontein. Daar is ook inligting oor 'n superbloedmaan wat binnekort gesien kan word. Suid-Afrikaners sal egter nie die geleentheid hê om hierdie supermaansverduistering te sien nie. Dit is elders op plekke in die wêreld sigbaar. 'n Luisteraarsvraag oor die afwesigheid...

Sterre en planete 12.01.2019

Die span beantwoord luisteraarsvrae. Daar is 'n vraag van 'n jong luisteraar wat te doen het met die verskil in temperatuur tussen Venus en Mercurius. Mercurius is die naaste aan die son, en daarom sou mens dink dat die planeet warmer as Venus sou wees. Dit is egter nie die geval nie. Daar is ook inligting oor ultravioletbestraling, en wat die effek van hierdie bestraling op byvoorbeeld Uranus sou...

Sterre en planete 05.01.2019

Die Marstuig, Insight, het sy seismometer op sy plek gesit, gereed om met opnames te begin. Dr. Japie van Zyl vertel waar dinge staan met Insight en of alles volgens plan verloop. Daar is ook inligting oor die New Horizons-satelliet wat hom tans in die Kuiperbelt bevind en redelik onlangs by 'n asteroïde, Thule, verby getrek het. Die span op die grond wag nou vir duideliker foto's van Thule. Die s...

Sterre en planete 29.12.2018

Soos met baie dinge tydens die jaarwisseling, kyk die span terug na die afgelope jaar op ruimtegebied. Wat beslis uitstaan, is die suksesvolle landing van Insight op Mars. Die tuig het reeds met sy werksaamhede begin. Die Parkersending na die son is ook 'n belangrike gebeurtenis, en baie mense sal ook die maansverduistering onthou.

Sterre en planete 22.12.2018

Wat is 'n astronomiese eenheid? Die span praat oor 'n sonnestelsel-voorwerp wat 120 astronomiese eenhede ver is. Dit is die verste wat 'n liggaam in ons sonnestelsel waargeneem is. Die voorwerp se naam is Far Out. Daar is ook inligting oor 'n waarneming dat Saturnus besig is om sy ringe te verloor. En daar is 'n uitgebreide verduideliking oor wat donker materie is na aanleiding van SALT wat 'n rol...

Sterre en planete 15.12.2018

Die Voyager 2-satelliet wat in die jare sewentig gelanseer is, is nou amptelik buite ons sonnestelsel. Daar is ook 'n interessante snit van die klank wat die wind van Mars maak wanneer dit oor Insight se sonpanele waai. Dit is opgeneem deur die seismometer wat deel van Insight is. Daar is ook meer inligting oor die komeet, 46P Virtinun, wat tans in ons naghemel sigbaar is. Die komeet behoort op 16...

Sterre en planete 08.12.2018

Is die mensdom verantwoordelik vir klimaatsverandering? Kobus Olckers praat ook oor 'n moontlike buitengewone lang sonminimum wat ook 'n uitwerking op die klimaat kan hê. En daar word gesels oor 'n komeet, 46P Wirtanen, wat deesdae reg bokant ons te sien is. Willie Koorts verduidelik waar die komeet te sien is.

Sterre en planete 01.12.2018

Dr. Japie van Zyl vertel van die spanning wat in die InSight-beheerkamer geheers het voor die tuig op Mars geland het. Hy sê alles het só glad verloop dat hy begin bekommerd raak het. Hy vertel ook wat die volgende stappe is wat gedoen moet word.

Sterre en planete 24.11.2018

Maandag 26 November is 'n groot dag vir dr. Japie van Zyl en sy span in Pasadena, Kalifornië, want Insight moet dan op Mars land. Hennie Maas en Willie Koorts gesels met hom oor alles wat gedoen moet word om die landing suksesvol te laat verloop. Dit is ook die eerste keer dat twee kubersatelliete 'n tuig na Mars vergesel om behulpsaam te wees met kommunikasie met die aarde. Japie praat ook oor di...

Sterre en planete 17.11.2018

So elke nou-en-dan hoor mens van vreemde vlieënde voorwerpe. In die meeste gevalle is daar 'n natuurlike verklaring giervoor. Willie Koorts en prof. Matie Hoffman gesels oor 'n voorwerp, wat enersyds na 'n komeet lyk, en andersyds na 'n asteroide. Ruimtewetenskaplikes het agtergekom dat die voorwerp, Oumuamua, se gedragspatroon onkonvensioneel is. Daar is ook inligting oor 'n nuwe manier om die aa...

Sterre en planete 10.11.2018

Die Dawn-ruimtetuig funksioneer nie meer nie. Die tuig het besoek afgelê by Ceres en Vesta. Daar was onlangs ook probleme met van die reaksiewiele van die Hubble-ruimteteleskoop, maar deskundies kon daarin slaag om herstelwerk te doen deur die rekenaars te herprogrameer.

Sterre en planete 03.11.2018

Die VSA is die enigste land wat tot dusver daarin geslaag het om tuie op Mars te land. Dr. Japie van Zyl van JPL verduidelik hoe moeilik dit is om op die rooi planeet te land. Net 40 persent van die VSA se sendings na Mars was suksesvol. Intussen sit almal by JPL in spanning en wag vir 26 November wanneer die Insight-tuig op Mars moet land. Die Kepler-ruimteteleskoop funksioneer nie meer nie, en d...

Sterre en planete 27.10.2018

Suid-Afrika het 'n florerende satellietbouprogram. Dr. Sias Mostert van SCS Aerospace, wat satelliete vir kliënte regoor die wêreld bou, vertel van die verskillende soorte satelliete wat daar is, en wat gelei het tot die verkleining van satelliete dat daar nou gepraat word van nanosatelliete. Prof. Matie Hofmann en Willie Koorts gesels ook oor ruimteteleskope en hoeveel daar is - selfs teleskope w...

Sterre en planete 20.10.2018

Sal 'n kompas op die son werk? Kobus Olckers verduidelik wat die implikasies sal wees as jy poog om jou rigting met behulp van 'n kompas op die son te vind. Daar word ook gekyk na die gebeure wat daartoe aanleiding gegee het dat 'n Soyuz-lansering skeef geloop het, en hoe die bemanning uiteindelik veilig teruggekeer het aarde toe. En is daar so iets soos 'n tipiese sonnestelsel?

Sterre en planete 13.10.2018

Wetenskaplikes het die eeste maan buite ons sterrestesel gevind, wat om 'n eksoplaneet wentel. Prof. Matie Hofmann en Willie Koorts vertel meer van hierdie ontdekking. Daar is ook inligting oor 'n planeet wat moontlik as die negende planeet in ons sonnestelsel beskou kan word. Dit staan voorlopig bekend as Planeet X. Daar is ook nou aanduidings dat Voyager 2 besig is om die interstellêre gebied te...

Sterre en planete 06.10.2018

Die span vertel hoe moeilik dit is om 'n tuig op 'n asteroïed of komeet neer te sit. Die gebrek aan swaartekrag is die grootste probleem. Dr. Japie van Zyl doen ook verslag oor die welstand van Opportunity, wat steeds nie reageer ná die groot storm op Mars nie. Daar is ook 'n probleem met een van Curiosity se rekenaars, en die span by JPL is hard besig om die probleem op te los.

Sterre en planete 29.09.2018

Japie van Zyl en Matie Hofmann gesels oor stof in die ruimte. Almal weet teen die tyd dat Mars baie stofstorms het, maar daar is onlangs waargeneem dat Saturnus se grootste maan, Titan, ook deur stofstorms geteister word. Hulle praat ook oor die werk wat Seti doen in hulle soeke na intelligente lewe.

Sterre en planete 22.09.2018

Die span praat oor die verskil tussen sonne- en sterrestelsels. Daar word voortdurend nuwe stelsels ontdek en dit word nou aanvaar dat die sonne in sterrestelsels waarskynlik almal een of meer eksoplanete het. Daar word ook verwys na 'n planeet wat naby Proxima B gesien is. Proxima B is een van die naaste sterre aan die aarde.

Sterre en planete 15.09.2018

Edwin Hubble se naam is sinoniem met die begrip van 'n uitdyende heelal. Daar is egter stemme wat opgaan dat 'n Belgiese priester, Lemaitre, ook deel van die eer moet kry. Hy het afsonderlik van Hubble gewerk aan die idee van 'n heelal wat groter word, die sogenaamde rooi verskuiwing. Prof. Matie Hofmann van die Digitale Planetarium en Willie Koorts van die SAAO praat oor hierdie twee groot geeste...

Sterre en planete 08.09.2018

Ons ruimteweervoorspeller, Kobus Olckers, vertel of die nuwe sonsiklus al in sy beginstadium is. Hy praat ook oor die rekordtemperature wat in Engeland aangeteken is, en waarom dit gebeur. Die span gesels ook oor newels in die ruimte. Die bekendste is die Orionnewel en die Carinanewel naby die Suiderkruis. Dit is interessant om te hoor waaruit newels bestaan, en waar die lig vandaan kom wat ons to...

Sterre en planete 01.09.2018

Daar is al hoe meer aanduidings dat daar volop water in die ruimte is. Dr. Japie van Zyl en prof. Matie Hofmann praat oor hierdie bevindings. Japie het al talle kere gesels oor die water wat onder die oppervlak van twee mane is - Enceladus naby Saturnus, en Europa by Jupiter. Daar is ook 'n opdatering van Insight se vlug na Mars, veral omdat dit lyk of die stofstorm op die rooi planet aan die beda...

Sterre en planete 25.08.2018

Jupiter is sowat 4,5 astronomiese eenhede van die son af. Dit is 150 miljoen kilometer vermenigvuldig met 4,5. Die aarde se afstand van die son af is 150 miljoen kilometer. Dit is een astronomiese eenheid. Aangesien die rooi planeet veel verder van die son af is as die aarde, is dit ook 'n kouer plek. Die span praar oor 'n superwarm eksoplaneet wat by 'n ander ster gevind is. Daar is ook inligting...

Sterre en planete 18.08.2018

Die span praat oor die SKA-projek, wat sy deure vir 'n groep belanghebbendes oopgemaak het. Prof. Matie Hoffman was een van die uitgenooide gaste, en hy vertel van die belewenis. Daar is ook 'n gesprek met Kathryn Rosie van SKA. Sy is die projekingenieur van die Hera-projek. Sy vertel wat die doel met die onderneming is en waarom hulle material gebruik wat by elke plaaslike hardeware winkel beskik...

Listen to the Sterre en Planete podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.