RSG
Sterre en Planete
Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
11 Aug 2013 11.08.2013 27:39
Die Mars Curiosity-verkenningtuig is nou al ‘n jaar op die rooi planeet. Dr. Japie van Zyl van die Jet Propulsion Laboratory in Pasadena, Kalifornië, gesels oor die mylpale wat die tuig reeds bereik het. Hy verduidelik waarom Curiosity net ‘n 100 meter per dag kan aflê. Kobus Olckers gee ook meer inligting oor die omswaai van die son se magnetiese pole en of dit ‘n gevaar inhou.
4 Aug 2013 04.08.2013 27:45
Is Saturnus die enigste planeet met ringe? Daar is ook inligting oor die huidige posisie van die ringplaneet in die hemelruim. Ons gesels ook met Rainer Jakob, ‘n man wat sonwysers bou. Hy het tydens die Scopex uitstalling nie minder nie as 17 verskillende soorte sonwysers uitgestal wat hy self gebou het.
28 Jul 2013 28.07.2013 28:24
Die Cube-satelliete lok baie belangstelling uit. Prof Matie Hofmann gesels oor die voordele van hierdie miniatuurruimtetuie. Die span gesels ook oor die afloop van die Scopex-byeenkoms wat in Johannesburg plaasgevind het. Hennie Maas het tydens Scopex ook met Johan Grobler gesels oor die vuurpyllanseerklub op Sasolburg.
21 Jul 2013 21.07.2013 28:32
In die winter is een van die belangrikste konstellasies, die Skerpioen, wat regoor ons hang. Die belangrikste ster in die konstellasie is Antares en as mens dié rooi reus in ons son se plek sit, sal dit so groot wees dat dit selfs Mars sou insluk. Prof Matie Hoffman verduidelik ook wat die funksie is van die Groot Hadron-versneller in Switserland.
14 Jul 2013 14.07.2013 29:26
Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.
7 Jul 2013 07.07.2013 24:33
Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.
30 Jun 2013 30.06.2013 29:10
Prof. Matie Hofmann verduidelik wat mikrogolfagtergrondstraling is. Daar is ook inligting oor ‘n sending na Pluto wat langsamerhand sy klimaks bereik. En Willie Koorts praat oor die supermaan wat onlangs te sien was.
23 Jun 2013 23.06.2013 28:29
Daar gaan 'n digitale planetarium by die Sterrewag in Bloemfontein op Naval Hill opgerig word. Matie Hoffman verduidelik wat die verskil tussen ‘n digitale en ‘n tradisionele optiese planetarium is, en Laetitia van Rensburg van die Vrystaatse regering vertel hoe die provinsie betrokke geraak het. Prof. Pieter Meintjes van die Vrystaatse Universiteit se Departement Fisika vertel ook hoe die aantal...
16 Jun 2013 16.06.2013 28:19
Heelwat reaksie word ontvang op die kenwysie van Sterre en Planete. Die span vertel hoe die melodie saamgestel is en waar die geluide van die sterre, wat deel daarvan uitmaak, kom. Willie Koorts gesels ook oor komete. Wat byvoorbeeld is die verskil tussen ‘n komeet en ‘n asteroïde?
9 Jun 2013 09.06.2013 29:08
Na watter deel van die Melkweg kyk ons as ons dit saans sien? Die Melkweg het ‘n deursnit van sowat 100,000 ligjare en dit is beslis nie een van die grootstes nie. Andromeda wat 2,4 miljoen ligjare weg is, is sowat 200,000 ligjare groot.
2 Jun 2013 02.06.2013 26:15
In die sterrekunde word daar dikwels verwys na die spektrale eienskappe van sterre. Prof. Matie Hoffman verduidelik wat dit is en waar dit vandaan kom. Daar word ook gesels oor die helderheid van sterre. Is daar byvoorbeeld ‘n korrelasie tussen ‘n ster se helderheid en sy kleur?
26 May 2013 26.05.2013 28:11
Het jy geweet dat vanweë die rotasiesnelheid van die aarde om sy eie as, jy teen sowat 1 600 km/h deur die ruimte beweeg? Die Sterre en Planete-span gesels oor die snelhede en afstande in die ruimte. Prof. Matie Hoffman gesels ook oor die vordering wat gemaak word met Suid-Afrika se eerste digitale planetarium op Naval Hill in Bloemfontein. Kobus Olckers in Florida, Amerika, verduidelik ook wat di...
19 May 2013 19.05.2013 26:58
Een van die belangrike teleskope in die ruimte, die Keppler-teleskoop, het probleme. Een van die reaksiewiele het vasgesteek. Die Sterre en Planete-span gesels oor die probleem en wat die telekoems van hierdie eksoplaneetjagter is. Daar is ook ‘n snit musiek wat uit die Internasionale Ruimtestasie kom.
12 May 2013 12.05.2013 28:57
Een van die staatmaker ruimteteleskope, die Herschel teleskoop, moes onlangs afgeskakel word omdat sy stikstof verkoelingsmiddel opgeraak het. Prof. Matie Hoffman van die Universiteit van die Vrystaat en die Boyden-sterrewag vertel van die werk wat die teleskoop gedoen het. Hennie Maas praat ook met Kobus Olckers, ons ruimteweervoorspeller in Florida, Amerika.
5 May 2013 05.05.2013 25:31
Deesdae is die ringe van die tweede grootste planeet in die sonnestelsel, Saturnus, mooi oop. Met ander woorde mens kan met ‘n redelike teleskoop selfs die Cassini-gaping in die ringe sien. Die span gesels ook oor die maanlanding van 1969 wat al vir baie mense byna vergete is.
28 Apr 2013 28.04.2013 25:31
Hennie Maas en sy span gesels oor die jongste ruimtenuus.
14 Apr 2013 14.04.2013 26:50
Wie weet van die sogenaamde groen vlek net wanneer die son sak of opkom? Nie almal is beskore om dit te sien nie. Daar is ook ‘n vraag oor waarom die auroras oënskynlik groen gekleur is. Daar is wel ander kleure, maar groen is in die meerderheid.
7 Apr 2013 07.04.2013 26:17
Wat is ‘n bruin dwergster? Prof. Matie Hoffman vertel meer oor die nuwe radioteleskoop wat in die Atacamawoestyn in Chili opgerig is. Herman Toerien van Bloemfontein sal ook voortaan die hemelruim met ‘n valkoog dophou vir ruimtenuus.
29 Mar 2013 29.03.2013 30:25
Skuif die Steenbok- en Kreefskeerkringe? Dit is een van die vrae wat beantwoord word deur prof. Matie Hoffman en Willie Koorts. Willie gee ook terugvoer oor die vuurbal wat onlangs oor die Kaap gesien is.
22 Mar 2013 22.03.2013 28:39
Skuif die Steenbok- en Kreefskeerkringe? Dit is een van die vrae wat beantwoord word deur prof. Matie Hoffman en Willie Koorts. Willie gee ook terugvoer oor die vuurbal wat onlangs oor die Kaap gesien is.
8 Mar 2013 08.03.2013 26:58
Daar is tans twee komete sigbaar en boonop is daar nog 'n ruimteklip of asteroïde wat die naweek verby die aarde skeur. Prof. Matie Hoffman en Willie Koorts gesels oor hierdie verskynsels.
1 Mar 2013 01.03.2013 21:45
Is die uitspansel rond of plat? Dit is een van die vrae wat te doen met kosmologie. Prof. Matie Hofmann verduidelik ook wat die verskil is tussen sterrekunde en kosmologie. Willie Koorts gee ook meer inligting oor drie nuwe teleskope wat “eerste lig” gesien het in Sutherland.
28 Sep 2012 28.09.2012 27:38
Die span praat oor snelhede in die ruimte en watter tipe motore gebruik word om die snelhede te bereik. Luister na ‘n uittreksel oor die ontwikkeling van ‘n reaksiemotor wat ‘n vliegtuig in staat sal stel om Mach 5 te bereik.
21 Sep 2012 21.09.2012 28:58
Hennie Maas gesels met prof. Matie Hoffman en Willie Koorts oor wat met twee sterrestelsels gebeur wanneer hulle bots. Dit is wat voorspel word met Andromeda en ons melkweg wat nader aan mekaar beweeg. Daar is ook klanke van die aarde se magnetosfeer wat deur nuwe satelliete opgeneem is.
14 Sep 2012 14.09.2012 26:49
Klippe wat waarskynlik van Mars afkomstig is, word op die aarde gekry. Prof. Marian Tredoux van die Departement Geologie aan die Universiteit van die Vrystaat vertel hoe geoloë weet dat die klippe van die rooi planeet afkomstig is. Daar is ook inligting oor hoe mens weet of ‘n krater a.g.v. ‘n impak ontstaan het of as gevolg van ‘n vulkaniese uitbarsting.
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.