RSG
Sterre en Planete
Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
7 Sep 2012 07.09.2012 28:57
Wat is die verskil tussen ‘n sonfilament en ‘n sonfakkel? Prof. Matie Hoffman en Willie Koorts vertel ook oor hoe kefeiede gebruik word om sterre se afstand te bepaal.
24 Aug 2012 24.08.2012 29:28
Prof. Matie Hoffman en Willie Koorts praat oor die vorming van sterre. Kobus Olckers van die Suid-Afrikaanse Nasionale Ruimte-agentskap op Hermanus praat ook oor die aktiwiteite van die son. Hy gee ook inligting oor magnetisme en hoe dit byvoorbeeld posduiwe se rigtingsoek kan beinvloed.
17 Aug 2012 17.08.2012 28:21
Prof. Matie Hoffman gee terugvoer van sy besoek aan die VSA en die hoofkwartier van die Hubble-ruimteteskoop. Willie Koorts praat ook oor drie hemelvoorwerpe wat deesdae taamlik naby aan mekaar is - Saturnus, Mars en die ster, Spica.
3 Aug 2012 03.08.2012 27:31
Alle oë is die naweek gerig op die Curiosity-marsvaartuig wat Sondag/Maandag op Mars sal land. Hoor die presiese stappe waardeur die kapsule moet gaan voordat dit op die rooi planeet geplaas word.
27 Jul 2012 27.07.2012 23:46
Hoe vind jy ‘n bepaalde ster of planeet as daar te veel sterre is? Daar is ook ‘n gesprek met prof. Matie Hofmann wat tans in Louisiana in die VSA is om ‘n planetariumkonferensie by te woon. Kobus Olckers van die Suid-Afrikaanse Nasionale Ruimte-agentskap praat ook oor die koronagaatjies op die son.
20 Jul 2012 20.07.2012 27:47
Willie Koorts en prof. Matie Hofmann gesels oor die vyfde maan wat by Pluto gevind is. Daar is ook inligting oor Antares, die reuse rooi ster wat in die skerpioen gesien kan word. As Antares in ons son se plek was sou selfs Mars deur hom ingesluk word. Daar is ook inligting oor ‘n sterrekundefees wat in die Kallie Human-sentrum by die Universiteit van die Vrystaat gehou word.
13 Jul 2012 13.07.2012 27:58
Die ontdekking van die Higgs Boson-partikel het wetenskaplikes aan die praat. Prof. Matie Hofmann praat oor die betekenis van die ontdekking. Daar is ook ‘n gesprek met Johan Smit oor die Scopex teleskoopuitstalling wat eersdaags in Johannesburg plaasvind. Willie Koorts gesels ook oor sy werksaamhede by die SAAO se Sutherland-sterrewag.
29 Jun 2012 29.06.2012 25:45
Prof. Matie Hoffman van die Universiteit van die Vrystaat en die Boyden Sterrewag en Willie Koorts van die SAAO beantwoord luisteraarsvrae oor uitspansel.
22 Jun 2012 22.06.2012 27:04
Michael Neale van die Suid-Afrikaanse Ruimte-hulpbronvereniging vertel meer van die organisasie en mynbou in die ruimte. Daar is ook ‘n gesprek oor die belangrike rol wat uitbarstings op die son het op die osoonlaag. Prof. Matie Hoffman praat ook oor die aardskynsel wat soms op die maan gesien kan word.
15 Jun 2012 15.06.2012 29:03
Die Europese Ruimte-agenstkap het bekend gemaak dat ‘n reuse teleskoop in Suid-Amerika opgerig gaan word. Prof. Matie Hofmann en Willie Koorts praat ook oor watter tyd van die jaar die beste teleskoopkyk omstandighede bied.
8 Jun 2012 08.06.2012 26:57
Wat gebeur as twee sterrestelsels teen mekaar bots? Prof. Matie Hofmann en Willie Koorts praat oor donker materie en dr. Pierre Celliers van die Suid-Afrikaanse Ruimte-agentskap bespreek die effek van die son se aktiwiteit op die werking van iets soos die SKA.
1 Jun 2012 01.06.2012 27:15
Hennie Maas gesels onder meer oor spektroskopiese ontledings en die SKA-projek.
25 May 2012 25.05.2012 24:22
In die noordelike halfrond was daar ‘n sonsverduistering en die eerste kommersiële sending na die Internasionale Ruimtestasie het gestalte gekry met die lansering van die Falcon-vuurpyl van Space X.
18 May 2012 18.05.2012 26:47
Willie Koorts van die Suid-Afrikaanse Sterrewag prof. Matie Hoffman van die Universiteit van die Vrystaat en die Boyden Sterrewag beantwoord luisteraarsvrae oor hemelruim.
11 May 2012 11.05.2012 27:06
Dr. Pieter Kotzé van die Suid-Afrikaanse Nasionale Ruimte-agentskap op Hermanus vertel van die son wat weer besig is om redelik aktief te raak. Daar is ook inligting oor ‘n belangrike gebeurtenis in Junie wanneer Venus voor die son verfbyskuif.
4 May 2012 04.05.2012 27:56
Hoe sal jy weet jy tel ‘n meteoriet op en nie ‘n klip nie? Daar is ook inligting oor die stereo-satelliete wat inligting oor die son versamel. Die komende naweek gaan ‘n maannaweek wees, want die maan sal ‘n sogenaamde supermaan wees – baie nader aan die aarde as normaalweg. Daar is ook nuus oor die volgende Sterre en Planete-aand wat by die Gariepdam plaasvind.
20 Apr 2012 20.04.2012 28:46
As mens na die suiderkruis kyk, lyk dit of al die sterre ewe ver van jou af is, maar dit is beslis nie die geval nie. Hennie Maas praat met Willie Koorts en prof. Matie Hoffman oor die oënskynlike afstande van sterre. Hoe helder sal Canopus byvoorbeeld wees as die ster dieselfde afstand as Alfa Centauri gehad het?
13 Apr 2012 13.04.2012 28:22
Prof. Matie Hoffman gesels oor die verskuiwing van die melkweg. Daar is ook meer inligting oor watter soort teleskoop - reflektor of refraktor - beter is vir watter hemelliggaam. Dr. Pieter Kotzé van die Suid-Afrikaanse nasionale Ruimte-agentskap op Hermanus verduidelik ook hoe magnetiese storms op die son gemeet word.
29 Mar 2012 29.03.2012 27:35
Wat is die verskil tussen ‘n reflektor en ‘n refraktorteleskoop? Watter soort teleskoop is die SALT?
22 Mar 2012 22.03.2012 27:44
Dit gons oor die planeet Niburu wat die aarde een of ander tyd oënskynlik gaan tref. Don Yeomans van die Jet Propulsion Laboratory in Pasadena, Kalifornië, vertel meer oor hierdie hemelliggaam. Prof Matie Hoffman en Willie Koorts praat ook oor die pragtige sterrehemel wat tans te sien is met die Orion-konstellasie en die Suiderkruis wat aan die opkom is. Naby die kruis is die mooiste en grootste s...
15 Mar 2012 15.03.2012 28:23
Daar was die afgelope tyd baie berigte in die media oor die toekenning van die SKA-bod. Willie Koorts van die SAAO praat oor die bod en waar dinge nou staan. Prof Matie Hoffman van die Boydensterrewag praat oor die rooi planeet, Mars, en die hoogste berg in die sonnestelsel, Olympus Mons.
8 Mar 2012 08.03.2012 28:02
Hoe kragtig moet ‘n teleskoop wees om die poolkappe op Mars te sien? Hoe weet sterrekundiges hoeveel sterre daar in ons melkweg is? Die jongste raming is tussen 200 en 400 miljard.
1 Mar 2012 01.03.2012 28:06
Willie Koorts van die Suid-Afrikaanse Sterrewag verduidelik hoe supernovas in die ruimte ontstaan. Prof. Matie Hoffman van die Boyden Sterrewag in Bloemfontein verduidelik ook wat die verskil tussen ‘n supernova en ‘n wisselster is, en hy verwys veral na die gebeure in die Carina-newel.
23 Feb 2012 23.02.2012 27:52
Hennie Maas, prof. Matie Hofmann en Willie Koorts beantwoord luisteraarsvrae oor die uitspansel.
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.