RSG

Sterre en Planete

Science AF ↓ 774 episodes

Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za

Author

RSG

Category

Science

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Oct 18, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

16 Feb 2014 15.02.2014

Is daar 'n verband tussen die afstand van 'n ster en sy ouderdom? Daar is ook inligting oor 'n nuwe son wat ontdek is en wat die oudste is wat tot dusver waargeneem is. Die span praat ook oor 'n nuwe krater wat op Mars ontdek is.

9 Feb 2014 08.02.2014

Hennie Maas kuier by 'n paar manne wat geduld met hoofletters skryf, want hulle slyp self hulle teleskoopspieëls. Dis 'n stokperdjie waar jouself beter leer ken as die slypproses, sê een van die ervare slypers. Daar is ook 'n vraag oor waar die kamera was wat Neil Armstrong afgeneem het toe hy in 1969 die eerste mens geword het wat sy voet op die maan gesit het.

2 Feb 2014 01.02.2014

Die kraguitset van die sender wat boodskappe van die Voyager af na die aarde stuur, is gelykstaande aan 'n 60 watt gloeilamp. Voyager is al ver buite die sonnestelsel in die interstellêre ruimte. Dr. Japie van Zyl praat hieroor en oor hoe navigeerders op aarde daarin slaag om 'n satelliet 'n skrale 12 kilometer bokant die oppervlak van 'n verafgeleë planeet of maan te laat verby beweeg.

26 Jan 2014 25.01.2014

Waar in die ruimte is die Lagrange-punte? En hoe word plek in die ruimte bepaal?

19 Jan 18.01.2014

Het ander sonne, of sterre, dieselfde kenmerke as ons eie een? Daar is ook 'n vraag oor die uur en minuutindeling wat tans gebruik word.

12 Jan 11.01.2014

As daar twee keer in 'n maand 'n vol maan is, word dit 'n blou maan genoem. Maar wat noem jy dit as daar twee keer in 'n maand 'n nuwe maan is? 'n Ander vraag wat Mike Simpson van Durban vra, is hoe lank dit 'n radiosein neem om tot by Mars te kom.

5 Jan 04.01.2014

Dr. Japie van Zyl van die Jet Propulsion Laboratory in Pasadena, Kalifornië, vertel van 'n sending na Europa, een van Jupiter se mane, waartydens 'n yssmelter gebruik sal word om die water onder die dik yslaag te ondersoek.

29 Dec 2013 28.12.2013

Een van die groot hoogtepunte van 2013 was die klein asteroide wat in Februarie bokant Tsjeljabinsk in Rusland ontplof het. Daar is ook inligting oor die aktiwiteit van die son en of dit siklies is. Die program word afgesluit met musiek wat opgeneem is met Chris Hadfield wat in die Cupola in die ruimtestasie saamsing met 'n sanger en 'n koor in Kanada.

22 Dec 2013 21.12.2013

As mens saans wes kyk is daar 'n helder voorwerp wat bokant die horison lê. Dit is die aarde se buurplaneet Venus wat in die volksmond bekend staan as die aandster. Die planeet het 'n paar interessante eienskappe. Prof Matie Hoffman en Willie Koorts bespreek die planeet. Waarom is die oppervlaktemperatuur byvoorbeeld hoër as die van Mercurius wat nader aan die son is?

15 Dec 2013 14.12.2013

China het onlangs 'n tuig na die maan gelanseer om meer te leer oor die aarde se natuurlike satelliet. Indië het ook 'n tuig die ruimte ingestuur wat tans onderweg is na Mars. Dit dui daarop dat daar ander lande, buiten die VSA en Rusland, is wat hulle penne in die ruimte wil inslaan.

1 Dec 2013 30.11.2013

Die spore van water wat Curiosity op Mars gekry het, sou drinkbaar vir die mens kon gewees het. Dis …

24 Nov 2013 23.11.2013

Hoeveel weeg die aarde? Die komeet Ison het ook skielik lewe begin kry. En daar is inligting oor di…

17 Nov 16.11.2013

Het jy al 'n groen flits gesien wanneer die son oor die see sak? Daar is ook inligting oor die melkw…

10 Nov 09.11.2013

Ruimterommel word 'n al groter probleem. Al sou geen nuwe rommel ontstaan nie, sal nie minder nie as…

3 Nov 02.11.2013

Die aarde is sowat 5½-duisendmiljoen jaar oud. Dit is nagenoeg dieselfde ouderdom as die son, ons mo…

27 Oct 2013 26.10.2013

Ons aanvaar swaartekrag as iets baie normaal op aarde. Ons het elke dag daarmee te doen, maar wat as…

20 Oct 2013 19.10.2013

Waar eindig die heelal? Dit is 'n tergende vraag wat baie mense besig hou. Die span kyk na die moont…

13 Oct 2013 12.10.2013

Hoe ruik die ruimte? Die antwoord is nogal insiggewend. Die span gesels oor hierdie tergende vraag a…

6 Oct 2013 05.10.2013

Waarom is die sending waartydens die Falcon 9 vuurpyl laas Sondag vloeibare suurstof in die ruimte g…

29 Sep 2013 28.09.2013

Dit gebeur van tyd tot tyd dat satelliete of ruimtetuie as verlore bestempel moet word omdat daar ge…

22 Sep 2013 21.09.2013

Die komeet Ison is op pad. Die groot vraag is egter hoe skouspelagtig die hemelliggaam sal wees.

8 Sep 2013 08.09.2013

Wat is ‘n asterisme? Magda Streicher, ‘n amateur sterrekundige van Limpopo wat met haar groot teleskoop baie werk op asterismes en dubbelsterre doen, verduidelik. Willie Koorts van die SA Sterrewag gesels ook oor die helderheid en kleure van sterre. Is ‘n rooi ster noodwendig ‘n ou, afgeleefde ster?

1 Sep 2013 01.09.2013

Die son maak ook geluide. Kobus Olckers vertel wat die geluide werklik beteken. Daar is ook sprake dat ‘n soort water, magmawater, op die maan voorgekom het. En daar is ook ‘n gesprek oor watter element die meeste in die ruimte voorkom.

25 Aug 2013 25.08.2013

Die span praat oor die onenigheid wat bestaan of die Voyager-ruimtetuig wat in 1972 gelanseer is, nou werklik die heliosfeer verlaat het. Daar is ook meer inligting oor die nuwe reuse GMT-teleskoop wat in die VSA in aanbou is. Kobus Olckers in Florida, Amerika, verskaf ook meer inligting oor die gedrag van die son.

18 Aug 2013 18.08.2013

Wat sal gebeur met die rotasie van die maan as die hemelliggaam skrams deur ‘n asteroïde getref word? En hoewel dit nie direk met die ruimte te doen het nie, gesels die kundiges ook oor Elon Musk se Hyperloop wat baie vinnige vervoer op aarde moontlik kan maak. Daar is ook ‘n insetsel oor hoe mens in die Internasionale Ruimtestasie na die kleedkamer gaan.

Listen to the Sterre en Planete podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.