RSG

Sterre en Planete

Science AF ↓ 759 episodes

Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.

Author

RSG

Category

Science

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 5, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

27 Oct 2013 26.10.2013

Ons aanvaar swaartekrag as iets baie normaal op aarde. Ons het elke dag daarmee te doen, maar wat as…

20 Oct 2013 19.10.2013

Waar eindig die heelal? Dit is 'n tergende vraag wat baie mense besig hou. Die span kyk na die moont…

13 Oct 2013 12.10.2013

Hoe ruik die ruimte? Die antwoord is nogal insiggewend. Die span gesels oor hierdie tergende vraag a…

6 Oct 2013 05.10.2013

Waarom is die sending waartydens die Falcon 9 vuurpyl laas Sondag vloeibare suurstof in die ruimte g…

29 Sep 2013 28.09.2013

Dit gebeur van tyd tot tyd dat satelliete of ruimtetuie as verlore bestempel moet word omdat daar ge…

22 Sep 2013 21.09.2013

Die komeet Ison is op pad. Die groot vraag is egter hoe skouspelagtig die hemelliggaam sal wees.

8 Sep 2013 08.09.2013

Wat is ‘n asterisme? Magda Streicher, ‘n amateur sterrekundige van Limpopo wat met haar groot teleskoop baie werk op asterismes en dubbelsterre doen, verduidelik. Willie Koorts van die SA Sterrewag gesels ook oor die helderheid en kleure van sterre. Is ‘n rooi ster noodwendig ‘n ou, afgeleefde ster?

1 Sep 2013 01.09.2013

Die son maak ook geluide. Kobus Olckers vertel wat die geluide werklik beteken. Daar is ook sprake dat ‘n soort water, magmawater, op die maan voorgekom het. En daar is ook ‘n gesprek oor watter element die meeste in die ruimte voorkom.

25 Aug 2013 25.08.2013

Die span praat oor die onenigheid wat bestaan of die Voyager-ruimtetuig wat in 1972 gelanseer is, nou werklik die heliosfeer verlaat het. Daar is ook meer inligting oor die nuwe reuse GMT-teleskoop wat in die VSA in aanbou is. Kobus Olckers in Florida, Amerika, verskaf ook meer inligting oor die gedrag van die son.

18 Aug 2013 18.08.2013

Wat sal gebeur met die rotasie van die maan as die hemelliggaam skrams deur ‘n asteroïde getref word? En hoewel dit nie direk met die ruimte te doen het nie, gesels die kundiges ook oor Elon Musk se Hyperloop wat baie vinnige vervoer op aarde moontlik kan maak. Daar is ook ‘n insetsel oor hoe mens in die Internasionale Ruimtestasie na die kleedkamer gaan.

11 Aug 2013 11.08.2013

Die Mars Curiosity-verkenningtuig is nou al ‘n jaar op die rooi planeet. Dr. Japie van Zyl van die Jet Propulsion Laboratory in Pasadena, Kalifornië, gesels oor die mylpale wat die tuig reeds bereik het. Hy verduidelik waarom Curiosity net ‘n 100 meter per dag kan aflê. Kobus Olckers gee ook meer inligting oor die omswaai van die son se magnetiese pole en of dit ‘n gevaar inhou.

4 Aug 2013 04.08.2013

Is Saturnus die enigste planeet met ringe? Daar is ook inligting oor die huidige posisie van die ringplaneet in die hemelruim. Ons gesels ook met Rainer Jakob, ‘n man wat sonwysers bou. Hy het tydens die Scopex uitstalling nie minder nie as 17 verskillende soorte sonwysers uitgestal wat hy self gebou het.

28 Jul 2013 28.07.2013

Die Cube-satelliete lok baie belangstelling uit. Prof Matie Hofmann gesels oor die voordele van hierdie miniatuurruimtetuie. Die span gesels ook oor die afloop van die Scopex-byeenkoms wat in Johannesburg plaasgevind het. Hennie Maas het tydens Scopex ook met Johan Grobler gesels oor die vuurpyllanseerklub op Sasolburg.

21 Jul 2013 21.07.2013

In die winter is een van die belangrikste konstellasies, die Skerpioen, wat regoor ons hang. Die belangrikste ster in die konstellasie is Antares en as mens dié rooi reus in ons son se plek sit, sal dit so groot wees dat dit selfs Mars sou insluk. Prof Matie Hoffman verduidelik ook wat die funksie is van die Groot Hadron-versneller in Switserland.

14 Jul 2013 14.07.2013

Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.

7 Jul 2013 07.07.2013

Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.

30 Jun 2013 30.06.2013

Prof. Matie Hofmann verduidelik wat mikrogolfagtergrondstraling is. Daar is ook inligting oor ‘n sending na Pluto wat langsamerhand sy klimaks bereik. En Willie Koorts praat oor die supermaan wat onlangs te sien was.

23 Jun 2013 23.06.2013

Daar gaan 'n digitale planetarium by die Sterrewag in Bloemfontein op Naval Hill opgerig word. Matie Hoffman verduidelik wat die verskil tussen ‘n digitale en ‘n tradisionele optiese planetarium is, en Laetitia van Rensburg van die Vrystaatse regering vertel hoe die provinsie betrokke geraak het. Prof. Pieter Meintjes van die Vrystaatse Universiteit se Departement Fisika vertel ook hoe die aantal...

16 Jun 2013 16.06.2013

Heelwat reaksie word ontvang op die kenwysie van Sterre en Planete. Die span vertel hoe die melodie saamgestel is en waar die geluide van die sterre, wat deel daarvan uitmaak, kom. Willie Koorts gesels ook oor komete. Wat byvoorbeeld is die verskil tussen ‘n komeet en ‘n asteroïde?

9 Jun 2013 09.06.2013

Na watter deel van die Melkweg kyk ons as ons dit saans sien? Die Melkweg het ‘n deursnit van sowat 100,000 ligjare en dit is beslis nie een van die grootstes nie. Andromeda wat 2,4 miljoen ligjare weg is, is sowat 200,000 ligjare groot.

2 Jun 2013 02.06.2013

In die sterrekunde word daar dikwels verwys na die spektrale eienskappe van sterre. Prof. Matie Hoffman verduidelik wat dit is en waar dit vandaan kom. Daar word ook gesels oor die helderheid van sterre. Is daar byvoorbeeld ‘n korrelasie tussen ‘n ster se helderheid en sy kleur?

26 May 2013 26.05.2013

Het jy geweet dat vanweë die rotasiesnelheid van die aarde om sy eie as, jy teen sowat 1 600 km/h deur die ruimte beweeg? Die Sterre en Planete-span gesels oor die snelhede en afstande in die ruimte. Prof. Matie Hoffman gesels ook oor die vordering wat gemaak word met Suid-Afrika se eerste digitale planetarium op Naval Hill in Bloemfontein. Kobus Olckers in Florida, Amerika, verduidelik ook wat di...

19 May 2013 19.05.2013

Een van die belangrike teleskope in die ruimte, die Keppler-teleskoop, het probleme. Een van die reaksiewiele het vasgesteek. Die Sterre en Planete-span gesels oor die probleem en wat die telekoems van hierdie eksoplaneetjagter is. Daar is ook ‘n snit musiek wat uit die Internasionale Ruimtestasie kom.

12 May 2013 12.05.2013

Een van die staatmaker ruimteteleskope, die Herschel teleskoop, moes onlangs afgeskakel word omdat sy stikstof verkoelingsmiddel opgeraak het. Prof. Matie Hoffman van die Universiteit van die Vrystaat en die Boyden-sterrewag vertel van die werk wat die teleskoop gedoen het. Hennie Maas praat ook met Kobus Olckers, ons ruimteweervoorspeller in Florida, Amerika.

5 May 2013 05.05.2013

Deesdae is die ringe van die tweede grootste planeet in die sonnestelsel, Saturnus, mooi oop. Met ander woorde mens kan met ‘n redelike teleskoop selfs die Cassini-gaping in die ringe sien. Die span gesels ook oor die maanlanding van 1969 wat al vir baie mense byna vergete is.

Listen to the Sterre en Planete podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.