RSG
Sterre en Planete
Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
29 Jun 2014 29.06.2014 29:24
Sterre en planete 29 Junie 2014
29 Jun 2014 28.06.2014 29:24
Magda Streicher van Polokwane het 'n groot teleskoop by haar huis ingerig en daar is vir haar niks lekkerder nie as om die diep ruim te bestudeer.
22 Jun 2014 22.06.2014 29:36
Sterre en planete 22 Junie 2014
22 Jun 2014 21.06.2014 29:36
Een van die aanskoulike sterrestelsels wat van die aarde af sigbaar is, is die Andromeda-sterrestelsel wat 2,4 miljoen ligjaar van ons af is. Kan mens sê dat die lig wat 2,4 miljoen jaar gelede van daardie galaksie af vertrek het, teen 'n konstante 300,000 km per sekonde getrek het?
15 Jun 2014 15.06.2014 29:20
Sterre en planete 15 Junie 2014
15 Jun 2014 14.06.2014 29:20
Die maan Saturnus het onlangs ge-okkulteer. Dit beteken dat die maan voor die ringplaneet verby beweeg het. Dit is moeilik om die verskynsel af te neem en Willie Koorts verduidelik hoe jy dit kan regkry. Prof. Matie Hoffman praat oor die elktromagnetiese spektrum.
8 Jun 2014 08.06.2014 27:05
In die 1800's het 'n uitermatige groot sonfakkel redelike chaos op aarde veroorsaak. 'n Kleiner, beperkte een het in die 1980's skade aan infrastruktuur in Quebec, Kanada aangerig. Sonkenner, Kobus Olckers praat oor die gevare wat groot sonfakkels vir die aarde inhou. Vind ook uit oor die samestelling van die ringplaneet, Saturnus.
8 Jun 2014 08.06.2014 27:05
Sterre en planete 8 Junie 204
8 Jun 2014 08.06.2014 27:05
In die 1800's het 'n uitermatige groot sonfakkel redelike chaos op aarde veroorsaak. 'n Kleiner, beperkte een het in die 1980's skade aan infrastruktuur in Quebec, Kanada aangerig. Sonkenner, Kobus Olckers praat oor die gevare wat groot sonfakkels vir die aarde inhou. Vind ook uit oor die samestelling van die ringplaneet, Saturnus.
1 Jun 2014 01.06.2014 29:16
Sterre en Planete 1 Junie 2014
1 Jun 2014 31.05.2014 29:16
Hennie Maas praat met dr. Japie van Zyl van die Jet Propulsion Laboratory in Pasadena, Kalifornië oor die interessante projekte waarmee Nasa besig is. Een van die projekte is om 'n nuwe hitteskild tegnologie te ontwikkel wat swaarder voorwerpe in planete se atmosfeer kan hanteer. Hy gesels ook oor koördinate op planete soos Mars. Die ander gaste is Prof Matie Hoffman van die Universiteit van die V...
25 May 2014 24.05.2014 24:57
Die kosmos is een van T. T. Cloete se belangrikste temas in sy gedigte. Hennie Maas gesels met hom om uit te vind oor sy belangstelling in die sterre. Willie Koorts verduidelik meer oor die ontdekking van vyf nuwe sterre deur Suid-Afrikaanse sterrekundiges.
18 May 2014 17.05.2014 28:23
Ons almal ken 'n GPS waarmee jy jou posisie op die aarde kan bepaal, maar hoe word die posisie van sterre en planete aangedui? Watter rol speel boogsekondes, deklinasie en regte klimming wanneer jy 'n teleskoop gebruik?
11 May 2014 10.05.2014 28:16
Lizelke Clindt, nagraadse student in sterrekunde, vertel hoe 'n studie van sterrekunde 'n mens se sosiale en veral verhoudingslewe beinvloed. Prof. Matie Hoffman gesels ook oor son- en maansverduisterings.
4 May 2014 04.05.2014 28:23
Hoe vang mens 'n asteroïde? Dr. Japie van Zyl van die Jet Propulsion Laboratory in Pasadena, Kalifornië, vertel van planne wat beraam word om juis dit te doen. Hy verduidelik ook hoe waterspuite gevind is op een van Saturnus se mane, Enceladus, en hoe vasgestel is dat dit suiwer water is.
27 Apr 2014 26.04.2014 28:41
Hennie Maas gesels met 'n nagraadse student in sterrekunde aan die Universiteit van die Vrystaat oor haar besluit om die rigting te bestudeer en hoe dit haar lewensuitkyk verander het. Daar is ook inligting oor hoe 'n klein planetarium wat in Kaapstad was, uiteindelik in Bloemfontein beland het.
20 Apr 2014 19.04.2014 28:26
Amateur sterreklubs speel 'n belangrike rol in die wêreld van sterrekunde. Hennie Maas kuier by die Orion Observasiegroep wat sy ontstaan te danke het aan hierdie RSG-program.
13 Apr 2014 12.04.2014 29:18
Waarom is planete rond? Waarom wentel asteroïdes nie om die aarde nie?
6 Apr 2014 05.04.2014 29:42
'n Komeet met die naam Siding Spring, sal in Oktober baie naby aan Mars verbyskuur. Die span vertgel watter maatreëls ingespan word deur Nasa om te sorg dat die komeet se stofdeeltjies nie skade aan satelliete aanrig wat om Mars wentel nie. Daar is ook inligting oor hoe satelliete wat om Mars wentel, 'n ander wentelsnelheid het as die wat om die aarde wentel.
30 Mar 2014 29.03.2014 29:17
Werk aan die Meerkat SKA vorder fluks. Hennie Maas gesels met die programbestuurder van Meerkat oor waar die projek nou staan. Hy vertel onder andere van werk wat gedoen is om radiostilte in die omgewing te bewerkstellig in samewerking met plaaslike selfoonmaatskappye. Kobus Olckers, ons sonweervoorspeller, vertel van 'n sonfakkel wat aan die anderkant van die son uitgebars het. As die aarde in sy...
28 Mar 2014 28.03.2014 1:40
Saamrybrief van Mariaan Burger
23 Mar 2014 22.03.2014 28:04
'n Belangrike bevinding is onlangs gedoen, gegrond op die mikrogolfagtergrondstraling in die ruimte. Dit het die voorkoms van die oerknal help bevestig. Daar is ook 'n vraag oor noord en suid in die ruimte en in ons sonnestelsel.
9 Mar 2014 08.03.2014 25:29
Nasa het onlangs bekend gemaak dat 'n horde nuwe eksoplanete deur die Keplerteleskoop waargeneem is. Hennie Maas praat eksklusief met dr. Japie van Zyl van Jet Propulsion Laboratory in Pasadena, Kalifornië, oor die betekenis van die ontdekking. JPL is een van die onderafdelings van Nasa. Ruimtewetenskaplikes het ook 'n interessante manier gevind om die planete op te spoor.
2 Mar 2014 02.03.2014 28:00
Wat word bedoel met as 'n nuwe seisoen op Saturnus aanbreek?
23 Feb 2014 22.02.2014 29:35
Dis nou sowat 'n jaar gelede dat 'n klein asteroïde oor Rusland ontplof het. Dit plaas die fokus weer eens op die moontlikheid dat gesteentes uit die buitenste ruim die aarde se atmosfeer kan binnedring en skade op die grond kan aanrig. Die span kyk na die moontlikheid om so 'n naderende bedreiging betyds te vernietig. Daar is ook inligting oor astrofotografie.
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.