RSG
Sterre en Planete
Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
27 Apr 2014 26.04.2014 28:41
Hennie Maas gesels met 'n nagraadse student in sterrekunde aan die Universiteit van die Vrystaat oor haar besluit om die rigting te bestudeer en hoe dit haar lewensuitkyk verander het. Daar is ook inligting oor hoe 'n klein planetarium wat in Kaapstad was, uiteindelik in Bloemfontein beland het.
20 Apr 2014 19.04.2014 28:26
Amateur sterreklubs speel 'n belangrike rol in die wêreld van sterrekunde. Hennie Maas kuier by die Orion Observasiegroep wat sy ontstaan te danke het aan hierdie RSG-program.
13 Apr 2014 12.04.2014 29:18
Waarom is planete rond? Waarom wentel asteroïdes nie om die aarde nie?
6 Apr 2014 05.04.2014 29:42
'n Komeet met die naam Siding Spring, sal in Oktober baie naby aan Mars verbyskuur. Die span vertgel watter maatreëls ingespan word deur Nasa om te sorg dat die komeet se stofdeeltjies nie skade aan satelliete aanrig wat om Mars wentel nie. Daar is ook inligting oor hoe satelliete wat om Mars wentel, 'n ander wentelsnelheid het as die wat om die aarde wentel.
30 Mar 2014 29.03.2014 29:17
Werk aan die Meerkat SKA vorder fluks. Hennie Maas gesels met die programbestuurder van Meerkat oor waar die projek nou staan. Hy vertel onder andere van werk wat gedoen is om radiostilte in die omgewing te bewerkstellig in samewerking met plaaslike selfoonmaatskappye. Kobus Olckers, ons sonweervoorspeller, vertel van 'n sonfakkel wat aan die anderkant van die son uitgebars het. As die aarde in sy...
28 Mar 2014 28.03.2014 1:40
Saamrybrief van Mariaan Burger
23 Mar 2014 22.03.2014 28:04
'n Belangrike bevinding is onlangs gedoen, gegrond op die mikrogolfagtergrondstraling in die ruimte. Dit het die voorkoms van die oerknal help bevestig. Daar is ook 'n vraag oor noord en suid in die ruimte en in ons sonnestelsel.
9 Mar 2014 08.03.2014 25:29
Nasa het onlangs bekend gemaak dat 'n horde nuwe eksoplanete deur die Keplerteleskoop waargeneem is. Hennie Maas praat eksklusief met dr. Japie van Zyl van Jet Propulsion Laboratory in Pasadena, Kalifornië, oor die betekenis van die ontdekking. JPL is een van die onderafdelings van Nasa. Ruimtewetenskaplikes het ook 'n interessante manier gevind om die planete op te spoor.
2 Mar 2014 02.03.2014 28:00
Wat word bedoel met as 'n nuwe seisoen op Saturnus aanbreek?
23 Feb 2014 22.02.2014 29:35
Dis nou sowat 'n jaar gelede dat 'n klein asteroïde oor Rusland ontplof het. Dit plaas die fokus weer eens op die moontlikheid dat gesteentes uit die buitenste ruim die aarde se atmosfeer kan binnedring en skade op die grond kan aanrig. Die span kyk na die moontlikheid om so 'n naderende bedreiging betyds te vernietig. Daar is ook inligting oor astrofotografie.
16 Feb 2014 15.02.2014 28:36
Is daar 'n verband tussen die afstand van 'n ster en sy ouderdom? Daar is ook inligting oor 'n nuwe son wat ontdek is en wat die oudste is wat tot dusver waargeneem is. Die span praat ook oor 'n nuwe krater wat op Mars ontdek is.
9 Feb 2014 08.02.2014 28:34
Hennie Maas kuier by 'n paar manne wat geduld met hoofletters skryf, want hulle slyp self hulle teleskoopspieëls. Dis 'n stokperdjie waar jouself beter leer ken as die slypproses, sê een van die ervare slypers. Daar is ook 'n vraag oor waar die kamera was wat Neil Armstrong afgeneem het toe hy in 1969 die eerste mens geword het wat sy voet op die maan gesit het.
2 Feb 2014 01.02.2014 28:27
Die kraguitset van die sender wat boodskappe van die Voyager af na die aarde stuur, is gelykstaande aan 'n 60 watt gloeilamp. Voyager is al ver buite die sonnestelsel in die interstellêre ruimte. Dr. Japie van Zyl praat hieroor en oor hoe navigeerders op aarde daarin slaag om 'n satelliet 'n skrale 12 kilometer bokant die oppervlak van 'n verafgeleë planeet of maan te laat verby beweeg.
26 Jan 2014 25.01.2014 27:26
Waar in die ruimte is die Lagrange-punte? En hoe word plek in die ruimte bepaal?
19 Jan 18.01.2014 26:31
Het ander sonne, of sterre, dieselfde kenmerke as ons eie een? Daar is ook 'n vraag oor die uur en minuutindeling wat tans gebruik word.
12 Jan 11.01.2014 29:52
As daar twee keer in 'n maand 'n vol maan is, word dit 'n blou maan genoem. Maar wat noem jy dit as daar twee keer in 'n maand 'n nuwe maan is? 'n Ander vraag wat Mike Simpson van Durban vra, is hoe lank dit 'n radiosein neem om tot by Mars te kom.
5 Jan 04.01.2014 29:08
Dr. Japie van Zyl van die Jet Propulsion Laboratory in Pasadena, Kalifornië, vertel van 'n sending na Europa, een van Jupiter se mane, waartydens 'n yssmelter gebruik sal word om die water onder die dik yslaag te ondersoek.
29 Dec 2013 28.12.2013 30:25
Een van die groot hoogtepunte van 2013 was die klein asteroide wat in Februarie bokant Tsjeljabinsk in Rusland ontplof het. Daar is ook inligting oor die aktiwiteit van die son en of dit siklies is. Die program word afgesluit met musiek wat opgeneem is met Chris Hadfield wat in die Cupola in die ruimtestasie saamsing met 'n sanger en 'n koor in Kanada.
22 Dec 2013 21.12.2013 26:35
As mens saans wes kyk is daar 'n helder voorwerp wat bokant die horison lê. Dit is die aarde se buurplaneet Venus wat in die volksmond bekend staan as die aandster. Die planeet het 'n paar interessante eienskappe. Prof Matie Hoffman en Willie Koorts bespreek die planeet. Waarom is die oppervlaktemperatuur byvoorbeeld hoër as die van Mercurius wat nader aan die son is?
15 Dec 2013 14.12.2013 28:42
China het onlangs 'n tuig na die maan gelanseer om meer te leer oor die aarde se natuurlike satelliet. Indië het ook 'n tuig die ruimte ingestuur wat tans onderweg is na Mars. Dit dui daarop dat daar ander lande, buiten die VSA en Rusland, is wat hulle penne in die ruimte wil inslaan.
1 Dec 2013 30.11.2013 27:06
Die spore van water wat Curiosity op Mars gekry het, sou drinkbaar vir die mens kon gewees het. Dis …
24 Nov 2013 23.11.2013 27:30
Hoeveel weeg die aarde? Die komeet Ison het ook skielik lewe begin kry. En daar is inligting oor di…
17 Nov 16.11.2013 27:39
Het jy al 'n groen flits gesien wanneer die son oor die see sak? Daar is ook inligting oor die melkw…
10 Nov 09.11.2013 26:23
Ruimterommel word 'n al groter probleem. Al sou geen nuwe rommel ontstaan nie, sal nie minder nie as…
3 Nov 02.11.2013 29:04
Die aarde is sowat 5½-duisendmiljoen jaar oud. Dit is nagenoeg dieselfde ouderdom as die son, ons mo…
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.