RSG
Sterre en Planete
Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
28 Sep 2014 27.09.2014 26:32
Hoe oud is die aarde, en is die sonnestelsel min of meer dieselfde ouderdom? Daar is ook inligting oor die Vredefortkoepel en die asteroïde, so groot soos Tafelberg, wat miljoene jare gelede uit die suide die aarde getref het.
21 Sep 2014 21.09.2014 29:50
Sterre en planete 21 September 2014
21 Sep 2014 20.09.2014 29:50
Elke jaar vind daar 'n groot gebeurtenis in die sterrekundewêreld van Suid-Afrika plaas - Scopex. Dan kom 'n hele aantal amateursterrekundiges en teleskoopbouers saam om by die militêre museum in Johannesburg hulle ware uit te stal. Hennie Maas was daar. Hy praat met Wim Filmalter oor sy teleskoopbouery en astrofotografie.
14 Sep 2014 14.09.2014 26:13
Sterre en planete 14 September 2014
14 Sep 2014 13.09.2014 26:13
Dit blyk dat die destydse gat in die osoonlaag reeds eeu gelede daar was. Die span gesels oor die argeologiese geskiedenis wat daarop dui dat die osoongat nie 'n nuwe verskynsel is nie. Daar is ook inligting oor die korrelasie tussen sonsiklusse en weerstoestande.
7 Sep 2014 07.09.2014 28:34
Sterre en planete 7 September 2014
7 Sep 2014 06.09.2014 28:34
Wat maak jy as jy 'n gat op 'n ander planeet wil boor, en die rots waarin jy wil boor, wankel? Dr. Japie van Zyl van die Jet Propulsion Laboratory in Kalfornië vertel van hierdie probleem wat sy kop op Mars uitgesteek het. Die span praat ook oor die Churiomof-Girasimenko komeet en die Rosetta-satelliet.
31 Aug 2014 31.08.2014 27:30
Sterre en planete 31 Augustus 2014
31 Aug 2014 30.08.2014 27:30
Andromeda en ons melkweg is besig om stadig maar seker nader aan mekaar te beweeg. Wat is die moontlike gevolge van 'n botsing tussen die twee sterrestelsels? Daar is ook inligting oor die teleskoopbouer-byeenkoms, Scopex, wat op 13 September in Johannesburg plaasvind. Auke Slotegraaf vertel ook van die internasionale maankyk-aand.
24 Aug 2014 24.08.2014 29:20
Sterre en planete 24 Augustus 2014
24 Aug 2014 23.08.2014 29:20
Die Rosetta-ruimtetuig het sy opwagting gemaak by die Tjoerioemof-Girasimenko komeet. Die komeet is nie baie groot nie en het dus 'n lae massa. Wat word gedoen om die Rosettatuig in 'n wentelbaan om die komeet te plaas?
17 Aug 2014 17.08.2014 28:53
Sterre en planete 17 Augustus 2014
17 Aug 2014 16.08.2014 28:53
Dit was onlangs Nasionale Wetenskapweek. Sterre en Planete was by die Boyden Sterrewag in Bloemfontein. Die deelnemers is prof. Matie Hoffman van die Universiteit van die Vrystaat, die Boyden Sterrewag en die digitale planetarium; prof. Pieter Meintjies, hoof van die Departement Sterrekunde aan die Universiteit van die Vrystaat; en Alida Odendaal, 'n doktorale student in sterrekunde. Alida gesels...
10 Aug 2014 10.08.2014 25:27
Sterre en planete 10 Augustus 2014
10 Aug 2014 09.08.2014 25:27
Hennie Maas vind uit hoe die son saamgestel is. Die nuutste ruimtenuus.
3 Aug 2014 03.08.2014 29:24
Sterre en planete 3 Augustus 2014
3 Aug 2014 02.08.2014 29:24
Wat maak jy as jy satelliete het wat om Mars wentel en jy weet 'n komeet gaan gevaarlik naby die rooi planeet verbyskuur? Dr. Japie van Zyl van die Jet Propulsion Laboratory in Pasadena, Kalifornië, vertel watter maatreëls getref word om die Mars-satelliete teen komeetstofdeeltjies te beskerm. Hy vertel ook teen watter helling Curiosity teen die Sharp-berg moet opry en hoe die gryparm beweeg moet...
27 Jul 2014 27.07.2014 26:26
Sterre en planete 27 Julie 2014
27 Jul 2014 26.07.2014 26:26
Op 20 Julie was dit 45 jaar gelede dat die mens sy voet op die maan gesit het. 'n Mens hoef net te dink waar rekenaartegnologie in 1969 gestaan het om te besef watter merkwaardige prestasie die Amerikaners behaal het.
20 Jul 2014 20.07.2014 25:05
Sterre en planete 20 Julie 2014
20 Jul 2014 19.07.2014 25:05
Hoekom word die maan soms 'n supermaan genoem? Daar is ook inligting oor waarom die maan of die son groter lyk as hy naby die horison is. Kobus Olckers, ons sonweervoorspeller, gesels oor die son en vertel van 'n interessante verskynsel.
13 Jul 2014 13.07.2014 27:01
Sterre en planete 13 Julie 2014
13 Jul 2014 12.07.2014 27:01
Watter soort toerusting het mens nodig om die sonweer te voorspel? Kobus Olckers van Florida in die VSA gesels oor die metodes wat hy gebruik om sonweervoorspellings te doen. Die Lagrangepunt (waar die effek van die aarde en die van die son mekaar uitkanselleer) is ook 'n goeie posisie om son waarnemingsatelliete soos die SDO te plaas. Die span gesels uitgebreid oor die son en sy magneetveld.
6 Jul 2014 06.07.2014 28:13
Sterre en planete 6 Julie 2014
6 Jul 2014 05.07.2014 28:13
Wanneer ruimtetuie van die aarde af na planete soos Jupiter en Saturnus gestuur word, is daar 'n asteroïdegordel in die pad. Dr. Japie van Zyl van die Jet Propulsion Laboratory in Kalifornië verduidelik wat hulle doen om botsings met asteroïdes te vermy. Daar word ook gesels oor die dikte van die asteroïdegordel.
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.