RSG
Sterre en Planete
Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
3 Aug 2014 03.08.2014 29:24
Sterre en planete 3 Augustus 2014
3 Aug 2014 02.08.2014 29:24
Wat maak jy as jy satelliete het wat om Mars wentel en jy weet 'n komeet gaan gevaarlik naby die rooi planeet verbyskuur? Dr. Japie van Zyl van die Jet Propulsion Laboratory in Pasadena, Kalifornië, vertel watter maatreëls getref word om die Mars-satelliete teen komeetstofdeeltjies te beskerm. Hy vertel ook teen watter helling Curiosity teen die Sharp-berg moet opry en hoe die gryparm beweeg moet...
27 Jul 2014 27.07.2014 26:26
Sterre en planete 27 Julie 2014
27 Jul 2014 26.07.2014 26:26
Op 20 Julie was dit 45 jaar gelede dat die mens sy voet op die maan gesit het. 'n Mens hoef net te dink waar rekenaartegnologie in 1969 gestaan het om te besef watter merkwaardige prestasie die Amerikaners behaal het.
20 Jul 2014 20.07.2014 25:05
Sterre en planete 20 Julie 2014
20 Jul 2014 19.07.2014 25:05
Hoekom word die maan soms 'n supermaan genoem? Daar is ook inligting oor waarom die maan of die son groter lyk as hy naby die horison is. Kobus Olckers, ons sonweervoorspeller, gesels oor die son en vertel van 'n interessante verskynsel.
13 Jul 2014 13.07.2014 27:01
Sterre en planete 13 Julie 2014
13 Jul 2014 12.07.2014 27:01
Watter soort toerusting het mens nodig om die sonweer te voorspel? Kobus Olckers van Florida in die VSA gesels oor die metodes wat hy gebruik om sonweervoorspellings te doen. Die Lagrangepunt (waar die effek van die aarde en die van die son mekaar uitkanselleer) is ook 'n goeie posisie om son waarnemingsatelliete soos die SDO te plaas. Die span gesels uitgebreid oor die son en sy magneetveld.
6 Jul 2014 06.07.2014 28:13
Sterre en planete 6 Julie 2014
6 Jul 2014 05.07.2014 28:13
Wanneer ruimtetuie van die aarde af na planete soos Jupiter en Saturnus gestuur word, is daar 'n asteroïdegordel in die pad. Dr. Japie van Zyl van die Jet Propulsion Laboratory in Kalifornië verduidelik wat hulle doen om botsings met asteroïdes te vermy. Daar word ook gesels oor die dikte van die asteroïdegordel.
29 Jun 2014 29.06.2014 29:24
Sterre en planete 29 Junie 2014
29 Jun 2014 28.06.2014 29:24
Magda Streicher van Polokwane het 'n groot teleskoop by haar huis ingerig en daar is vir haar niks lekkerder nie as om die diep ruim te bestudeer.
22 Jun 2014 22.06.2014 29:36
Sterre en planete 22 Junie 2014
22 Jun 2014 21.06.2014 29:36
Een van die aanskoulike sterrestelsels wat van die aarde af sigbaar is, is die Andromeda-sterrestelsel wat 2,4 miljoen ligjaar van ons af is. Kan mens sê dat die lig wat 2,4 miljoen jaar gelede van daardie galaksie af vertrek het, teen 'n konstante 300,000 km per sekonde getrek het?
15 Jun 2014 15.06.2014 29:20
Sterre en planete 15 Junie 2014
15 Jun 2014 14.06.2014 29:20
Die maan Saturnus het onlangs ge-okkulteer. Dit beteken dat die maan voor die ringplaneet verby beweeg het. Dit is moeilik om die verskynsel af te neem en Willie Koorts verduidelik hoe jy dit kan regkry. Prof. Matie Hoffman praat oor die elktromagnetiese spektrum.
8 Jun 2014 08.06.2014 27:05
In die 1800's het 'n uitermatige groot sonfakkel redelike chaos op aarde veroorsaak. 'n Kleiner, beperkte een het in die 1980's skade aan infrastruktuur in Quebec, Kanada aangerig. Sonkenner, Kobus Olckers praat oor die gevare wat groot sonfakkels vir die aarde inhou. Vind ook uit oor die samestelling van die ringplaneet, Saturnus.
8 Jun 2014 08.06.2014 27:05
Sterre en planete 8 Junie 204
8 Jun 2014 08.06.2014 27:05
In die 1800's het 'n uitermatige groot sonfakkel redelike chaos op aarde veroorsaak. 'n Kleiner, beperkte een het in die 1980's skade aan infrastruktuur in Quebec, Kanada aangerig. Sonkenner, Kobus Olckers praat oor die gevare wat groot sonfakkels vir die aarde inhou. Vind ook uit oor die samestelling van die ringplaneet, Saturnus.
1 Jun 2014 01.06.2014 29:16
Sterre en Planete 1 Junie 2014
1 Jun 2014 31.05.2014 29:16
Hennie Maas praat met dr. Japie van Zyl van die Jet Propulsion Laboratory in Pasadena, Kalifornië oor die interessante projekte waarmee Nasa besig is. Een van die projekte is om 'n nuwe hitteskild tegnologie te ontwikkel wat swaarder voorwerpe in planete se atmosfeer kan hanteer. Hy gesels ook oor koördinate op planete soos Mars. Die ander gaste is Prof Matie Hoffman van die Universiteit van die V...
25 May 2014 24.05.2014 24:57
Die kosmos is een van T. T. Cloete se belangrikste temas in sy gedigte. Hennie Maas gesels met hom om uit te vind oor sy belangstelling in die sterre. Willie Koorts verduidelik meer oor die ontdekking van vyf nuwe sterre deur Suid-Afrikaanse sterrekundiges.
18 May 2014 17.05.2014 28:23
Ons almal ken 'n GPS waarmee jy jou posisie op die aarde kan bepaal, maar hoe word die posisie van sterre en planete aangedui? Watter rol speel boogsekondes, deklinasie en regte klimming wanneer jy 'n teleskoop gebruik?
11 May 2014 10.05.2014 28:16
Lizelke Clindt, nagraadse student in sterrekunde, vertel hoe 'n studie van sterrekunde 'n mens se sosiale en veral verhoudingslewe beinvloed. Prof. Matie Hoffman gesels ook oor son- en maansverduisterings.
4 May 2014 04.05.2014 28:23
Hoe vang mens 'n asteroïde? Dr. Japie van Zyl van die Jet Propulsion Laboratory in Pasadena, Kalifornië, vertel van planne wat beraam word om juis dit te doen. Hy verduidelik ook hoe waterspuite gevind is op een van Saturnus se mane, Enceladus, en hoe vasgestel is dat dit suiwer water is.
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.