RSG
Sterre en Planete
Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
2 Nov 2014 02.11.2014 28:40
In teorie is dit moontlik om die sogenaamde warp-spoed te bereik. Dit is so vinnig dat ruimte as't ware skeefgetrek word, maar sê dr. Japie van Zyl, dit is nog net 'n teorie. Hy praat oor snelhede in die ruimte om korter reistye na planete te bewerkstellig. Prof. Matie Hoffman gesels ook oor 'n komeet wat moontlik vroeg vandeesmaand in die suidelike halfrond sigbaar sal wees.
26 Oct 2014 26.10.2014 29:42
Sterre en planete 26 Oktober 2014
26 Oct 2014 26.10.2014 29:42
Wat is die spoed van 'n komeet? Wat bepaal die spoed? Waarom is die relatiewe snelhede van planete om sonne verskillend? Wat sê Keppler se wet oor die verskynsel.
19 Oct 2014 19.10.2014 30:05
Sterre en planete 19 Oktober 2014
19 Oct 2014 18.10.2014 30:05
Opspraakwekkende inligting oor vulkane op die maan het pas na vore gekom. Daar is ook meer inligting oor die komeet Siding Spring wat Sondagaand baie naby Mars sal verbybeweeg.
12 Oct 2014 12.10.2014 26:05
Sterre en planete 12 Oktober 2014
12 Oct 2014 11.10.2014 26:05
Kobus Olckers verduidelik hoe 'n sonvlek ontstaan en waar die sogenaamde fakkels vandaan kom. Daar is ook inligting oor 'n fakkel van 'n ander ster wat duisende keer kragtiger as die van ons son is.
5 Oct 2014 05.10.2014 28:47
Sterre en planete 5 Oktober 2014
5 Oct 2014 04.10.2014 28:47
Mars is deesdae 'n planeet wat nogal baie besoekers ontvang. Die Maventuig van Nasa het so 'n rukkie gelede daar aangekom. Dr. Japie van Zyl van die Jet Propulsion Laboratory in Pasadena, Kalifornië, vertel meer oor die werk wat die Maven by die rooi planeet gaan doen. 'n Tuig van die Indiërs het ook intussen sy opwagting by Mars gemaak.
28 Sep 2014 28.09.2014 26:32
Sterre en planete 28 September 2014
28 Sep 2014 27.09.2014 26:32
Hoe oud is die aarde, en is die sonnestelsel min of meer dieselfde ouderdom? Daar is ook inligting oor die Vredefortkoepel en die asteroïde, so groot soos Tafelberg, wat miljoene jare gelede uit die suide die aarde getref het.
21 Sep 2014 21.09.2014 29:50
Sterre en planete 21 September 2014
21 Sep 2014 20.09.2014 29:50
Elke jaar vind daar 'n groot gebeurtenis in die sterrekundewêreld van Suid-Afrika plaas - Scopex. Dan kom 'n hele aantal amateursterrekundiges en teleskoopbouers saam om by die militêre museum in Johannesburg hulle ware uit te stal. Hennie Maas was daar. Hy praat met Wim Filmalter oor sy teleskoopbouery en astrofotografie.
14 Sep 2014 14.09.2014 26:13
Sterre en planete 14 September 2014
14 Sep 2014 13.09.2014 26:13
Dit blyk dat die destydse gat in die osoonlaag reeds eeu gelede daar was. Die span gesels oor die argeologiese geskiedenis wat daarop dui dat die osoongat nie 'n nuwe verskynsel is nie. Daar is ook inligting oor die korrelasie tussen sonsiklusse en weerstoestande.
7 Sep 2014 07.09.2014 28:34
Sterre en planete 7 September 2014
7 Sep 2014 06.09.2014 28:34
Wat maak jy as jy 'n gat op 'n ander planeet wil boor, en die rots waarin jy wil boor, wankel? Dr. Japie van Zyl van die Jet Propulsion Laboratory in Kalfornië vertel van hierdie probleem wat sy kop op Mars uitgesteek het. Die span praat ook oor die Churiomof-Girasimenko komeet en die Rosetta-satelliet.
31 Aug 2014 31.08.2014 27:30
Sterre en planete 31 Augustus 2014
31 Aug 2014 30.08.2014 27:30
Andromeda en ons melkweg is besig om stadig maar seker nader aan mekaar te beweeg. Wat is die moontlike gevolge van 'n botsing tussen die twee sterrestelsels? Daar is ook inligting oor die teleskoopbouer-byeenkoms, Scopex, wat op 13 September in Johannesburg plaasvind. Auke Slotegraaf vertel ook van die internasionale maankyk-aand.
24 Aug 2014 24.08.2014 29:20
Sterre en planete 24 Augustus 2014
24 Aug 2014 23.08.2014 29:20
Die Rosetta-ruimtetuig het sy opwagting gemaak by die Tjoerioemof-Girasimenko komeet. Die komeet is nie baie groot nie en het dus 'n lae massa. Wat word gedoen om die Rosettatuig in 'n wentelbaan om die komeet te plaas?
17 Aug 2014 17.08.2014 28:53
Sterre en planete 17 Augustus 2014
17 Aug 2014 16.08.2014 28:53
Dit was onlangs Nasionale Wetenskapweek. Sterre en Planete was by die Boyden Sterrewag in Bloemfontein. Die deelnemers is prof. Matie Hoffman van die Universiteit van die Vrystaat, die Boyden Sterrewag en die digitale planetarium; prof. Pieter Meintjies, hoof van die Departement Sterrekunde aan die Universiteit van die Vrystaat; en Alida Odendaal, 'n doktorale student in sterrekunde. Alida gesels...
10 Aug 2014 10.08.2014 25:27
Sterre en planete 10 Augustus 2014
10 Aug 2014 09.08.2014 25:27
Hennie Maas vind uit hoe die son saamgestel is. Die nuutste ruimtenuus.
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.