RSG
Sterre en Planete
Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
21 Dec 2014 21.12.2014 27:00
Sterre en planete 21 Desember 2014
21 Dec 2014 20.12.2014 27:00
Is dit 'n gegewe dat planete wat nader aan hulle ster wentel, rotsagtig sal wees, teenoor planete wat ver weg van hulle son is? Sal 'n groot planeet altyd gasagtig wees en 'n klein planeet rotsagtig?
14 Dec 2014 14.12.2014 22:53
Sterre en planete 14 Desember 2014
14 Dec 2014 14.12.2014 22:53
Die span gesels oor kosmiese strale en hoe gevaarlik dit kan wees vir ruimtetuie en ruimtevaarders. Daar is ook 'n antwoord op die vraag of die son se magneetveld 'n indirekte invloed het op die klimaat van die aarde, en watter rol die son speel in klimaatsverandering.
7 Dec 2014 07.12.2014 28:40
Sterre en planete 7 Desember 2014
7 Dec 2014 06.12.2014 28:40
Die span gesels oor water as oppervlakte-bedekking van die aarde, en water as 'n deel van die massa van die aarde. Daar word gekyk na aardskynsel.
30 Nov 2014 30.11.2014 28:26
Sterre en planete 30 November 2014
30 Nov 2014 29.11.2014 28:26
Ruimtevaartbeplanners maak dikwels van swaartekragversnelling-metodes gebruik. Dr. Japie van Zyl van Jet Propulsion Laboratory in Pasadena, Kalifornië, verduidelik wat dit behels. Daar is ook inligting oor gravitasielense.
23 Nov 2014 23.11.2014 28:49
Sterre en planete 23 November 2014
23 Nov 2014 23.11.2014 28:49
Die span praat oor die Philae-landingstuig wat in 'n “komeet-slaap” modus ingegaan het. Daar is ook bespiegeling of daar sterre tussen die sterrestelsels is. En wat sou gebeur as twee sterrestelsels bots? Daar is aanduidings dat die Andromeda-stelsel stadig besig is om nader aan ons melkweg te beweeg.
16 Nov 2014 16.11.2014 30:22
Sterre en planete 16 November 2014
16 Nov 2014 15.11.2014 30:22
Die afgelope week was 'n belangrike tyd vir die Europese Ruimte-agentskap toe die Philae landingsgtuig op die komeet Churyomov-Girasimenko geland het. Prof. Herman Steyn van die Universiteit van Stellenbosch, wat 'n aandeel gehad het in die sukses van die sending omdat hy betrokke was by die ontwikkeling van 'n momentumwiel wat op Philae gebruik is, praat oor die missie. Jy kan ook luister na 'n k...
9 Nov 2014 09.11.2014 27:25
Sterre en planete 9 November 2014
9 Nov 2014 08.11.2014 27:25
Wat is 'n sonfakkel? Kobus Olckers praat oor die kragtigheid van sonfakkels en watter skade hulle op die aarde kan berokken. Daar is ook inligting oor die Rosettatuig wat sy komeettuig, Philae, op die komeet Guryomov-Girasimenko gaan laat neerdaal en vasheg.
2 Nov 2014 02.11.2014 28:40
Sterre en planete 2 November 2014
2 Nov 2014 02.11.2014 28:40
In teorie is dit moontlik om die sogenaamde warp-spoed te bereik. Dit is so vinnig dat ruimte as't ware skeefgetrek word, maar sê dr. Japie van Zyl, dit is nog net 'n teorie. Hy praat oor snelhede in die ruimte om korter reistye na planete te bewerkstellig. Prof. Matie Hoffman gesels ook oor 'n komeet wat moontlik vroeg vandeesmaand in die suidelike halfrond sigbaar sal wees.
26 Oct 2014 26.10.2014 29:42
Sterre en planete 26 Oktober 2014
26 Oct 2014 26.10.2014 29:42
Wat is die spoed van 'n komeet? Wat bepaal die spoed? Waarom is die relatiewe snelhede van planete om sonne verskillend? Wat sê Keppler se wet oor die verskynsel.
19 Oct 2014 19.10.2014 30:05
Sterre en planete 19 Oktober 2014
19 Oct 2014 18.10.2014 30:05
Opspraakwekkende inligting oor vulkane op die maan het pas na vore gekom. Daar is ook meer inligting oor die komeet Siding Spring wat Sondagaand baie naby Mars sal verbybeweeg.
12 Oct 2014 12.10.2014 26:05
Sterre en planete 12 Oktober 2014
12 Oct 2014 11.10.2014 26:05
Kobus Olckers verduidelik hoe 'n sonvlek ontstaan en waar die sogenaamde fakkels vandaan kom. Daar is ook inligting oor 'n fakkel van 'n ander ster wat duisende keer kragtiger as die van ons son is.
5 Oct 2014 05.10.2014 28:47
Sterre en planete 5 Oktober 2014
5 Oct 2014 04.10.2014 28:47
Mars is deesdae 'n planeet wat nogal baie besoekers ontvang. Die Maventuig van Nasa het so 'n rukkie gelede daar aangekom. Dr. Japie van Zyl van die Jet Propulsion Laboratory in Pasadena, Kalifornië, vertel meer oor die werk wat die Maven by die rooi planeet gaan doen. 'n Tuig van die Indiërs het ook intussen sy opwagting by Mars gemaak.
28 Sep 2014 28.09.2014 26:32
Sterre en planete 28 September 2014
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.