RSG
Sterre en Planete
Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
11 Sep 2016 10.09.2016 20:56
Francois Rautenbach van Pretoria het met 'n bietjie speurwerk die sagteware en onderdele van een van Apollo se eerste rekenaars opgespoor. Die span praat met hom oor die gesofistikeerdheid van hierdie soort rekenaars en hoe dit gebruik is. Kobus Olckers gesels ook oor Auroras en die verband tussen sonsiklusse en weerpatrone.
4 Sep 2016 03.09.2016 20:40
Dr. Japie van Zyl van die Jet Propulsion Laboratory in Pasadena, Kalifornië, vertel van die nuwe hoed wat hy opgesit deur verantwoordelikheid te aanvaar as Direkteur van Sonnestelsel-eksplorasie. Hy brei uit oor die opwindende nuwe projekte waarmee hulle besig is soos om 'n asteroïde in 'n net te gaan vang.
28 Aug 2016 27.08.2016 20:34
Die ontdekking van 'n nuwe planeet wat om een van die sterre in die Alfa Centauri-groep wentel, het sterrekundiges gaande. Willie Koorts en prof. Matie Hofmann gesels ook oor die gedeeltelike sonverduistering wat oor groot dele van Suid-Afrika gesien kan word.
21 Aug 2016 20.08.2016 20:37
'n Aardagtige planeet is in die omgewing van Proxima Centauri waargeneem. Proxima Centauri is in die omgewing van die naaste ster aan ons, Alfa Centauri. Die span praat ook oor 'n vyfde natuurkrag wat ontdek is.
14 Aug 2016 13.08.2016 20:40
As die son wil, kan hy 'n gevaarlike kalant wees. Kobus Olckers praat oor die katastrofiese moontlikhede as 'n groot magnetiese sonuitbarsting die aarde tref. Hy verduidelik ook wat die verskil is tussen die gewone weervoorspelling en 'n sonweervoorspelling. En 'n amateursterrekundige, Johan Smit, verduidelik waarna mense moet kyk as hulle teleskope wil koop.
7 Aug 2016 06.08.2016 20:40
Alle oë en ore is deesdae gespits by die Jet Propulsion Laboratory, want die Juno-ruimtetuig by Jupiter het pas 'n kritieke maneuver uitgevoer. Dr. Japie van Zyl van die JPL vertel van die stappe wat volg noudat die tuig nader aan die planeet beweeg. Hy praat ook oor die snelheid van 200 000 km/h wat Juno bereik het onderweg na die planeet. Juno is een van die ruimtetuie wat die vinnigste na sy te...
31 Jul 2016 31.07.2016 20:32
Een van die feitefoute wat mense maak as hulle na die hemelruim kyk, is dat die aand- of oggendster, 'n ster genoem word. Dit is nie 'n ster nie, maar die planeet Venus. Venus het 'n hele paar interessante eienskappe wat nogal vreemd is. Daar word ook gepraat oor die feit dat al vyf naakte oog planete tans sigbaar is – Mercurius, Venus, Mars, Jupiter en Saturnus.
24 Jul 2016 23.07.2016 20:46
Die eerste fase van die SKA-projek, die Meerkat, het vandeesweek vir groot opwinding gesorg deur die sogenaamde eerste lig te sien. Sterrestelsels is waargeneem wat andersins onbekend was. Die span gesels oor hierdie belangwekkende gebeurtenis en wat dit vir die toekoms van die projek beteken. Daar word ook gekyk na die vyf verskillende lae van die Aarde se atmosfeer.
17 Jul 2016 16.07.2016 20:31
Die span praat oor sterre se rotasie en die dwergplanete in ons sonnestelsel. 'n Nuwe dwergplaneet is onlangs weer ontdek. Dis interessant om te hoor aan watter eienskappe 'n planeet moet voldoen om as 'n dwergplaneet bestempel te word.
10 Jul 2016 09.07.2016 20:09
Toe ons verlede week met dr. Japie van Zyl van JPL oor die Juno sending gepraat het, was dit nog voor die tuig Jupiter se magneetveld genader het. Juno het intussen by die gasplaneet aangekom. Dr. van Zyl praat oor die welslae van hierdie belangrike stap van die sending. En Kobus Olckers vertek ook van die pole van die die son wat omswaai, en die son wat op pad is om sy minimum te bereik.
3 Jul 2016 02.07.2016 20:19
Daar is groot opgewondenheid oor die aankoms van die Juno-ruimtetuig by Jupiter. Dr. Japie van Zyl vertel hoe moeilik die sending is, aangesien die tuig baie naby aan die planeet sal beweeg en aan hewige magnetiese kragte onderwerp sal word. Die sending is so beplan dat die aankomsdatum saamval met Amerika se onafhanklikheidsvierings op 4 Julie.
26 Jun 2016 25.06.2016 15:18
Die Surveyor 1 is 50 jaar gelede na die maan gestuur om sagte landings te oefen. Daar is ook inligting oor 'n tweede gravitasiegolf wat met die Ligo-tegniek waargeneem is. Prof. Matie Hoffman verduidelik waarom dit belangrik is vir sterrekunde.
19 Jun 2016 19.06.2016 20:10
Na verlede week se uitsending waartydens stergeluide gespeel is, het talle navrae ontstaan oor die verskynsel. In Sterre en Planete gesels die span oor die sterklanke. Daar is ook inligting oor wat met 'n ster se gravitasie gebeur as die ster die einde van sy lewe bereik. Die deelnemers is Wille Koorts van die SAAO en Prof Matie Hoffman van die Boyden sterrewag op Bloemfontein.
12 Jun 2016 11.06.2016 19:50
Die twee satelliete wat die meeste inligting oor die son verskaf is die Soho en die Solar Dynamic Observatory. In Sterre en Planete praat Kobus Olckers oor die metings wat met behulp van die satelliete gedoen word. Die ander deelnemer in die program is 'n boer in die Heilbron-omgewing. Lafras Smit is 'n kranige sterrekyker en het onlangs begin met astrofotografie. Jy kan ook 'n paar sterregeluide...
5 Jun 2016 04.06.2016 19:57
Temperature in die ruimte kan tot sover as -270 grade Celsius daal. Die vraag is hoe funksioneer elektroniese toerusting teen sulke onmoontlike temperature? In Sterre en Planete verduidelik die span watter maatreëls getref word om elektronika aan die gang te hou. Juno kom ook aan die begin van Julie by Jupiter aan. Dr Japie van Zyl verduidelik wat die doel van die satelliet is.
29 May 2016 28.05.2016 19:58
Tradisioneel het mense geglo dat 'n sonnestelsel se rotsagtige planete die naaste aan sy ster voorkom en daarna die gasplanete. Met die ontdekking van eksoplanete is dinge omgekeer. In Sterre en Planete vanaand gesels ons oa met Dr Rudi Kuhn van die SAAO oor die onlangse ontdekking van 'n eksoplaneet met behulp van 'n teleskoop op Sutherland. Dr Kuhn was verantwoordelik vir die sagteware wat die r...
22 May 2016 21.05.2016 20:03
'n Bloumaan beteken gewoonlik twee volmane in een maand. Die span gesels oor 'n ander bloumaan. Daar is ook inligting oor wat 'n Lagrange-punt in die ruimte is. Dit is by Langrange 2 wat die James Webb ruimteteleskoop uiteindelik tot rus sal kom. En dan praat Willie Koorts ook oor 'n nuwe kalibrasiemetode wat by SALT in werking gestel is.
15 May 2016 14.05.2016 19:56
Daar was die afgelope week groot opwinding oor Mercurius se oorgang voor die son. Daar is ook inligting oor die rooi planeet, Mars, wat tans baie helder is. En die span bespreek die vraagstuk oor hoe sterrestelsels teenoor mekaar georiënteer is, en of hulle 'n invloed op mekaar het.
8 May 2016 07.05.2016 19:28
Magda Streicher van Polokwane is 'n ywerige sterrekyker. Sy gesels oor haar stokperdjie en hoe asterismes gesoek en gerapporteer word. Kobus Olckers praat ook oor die skade van 'n reuse Corona Massa-uitbarsting op die aarde kan veroorsaak as hierdie songebeurtenis geo-effektief is – met ander woorde direk na die aarde toe uitbars.
1 May 2016 30.04.2016 20:23
Dr. Japie van Zyl van die Jet Propulsion Laboratory praat oor laseraandrywing in die ruimte. Met 'n lasterstraal met 'n deursnit van 10 km sal dit moontlik wees om 'n satelliet en spieël wat 1 gram weeg, binne drie dae na Mars toe te stuur – maar daar is praktiese probleme.
24 Apr 2016 23.04.2016 20:20
Wat is 'n mini-volmaan? En luister na die klanke wat planete maak. Die "klanke" word met behulp van plasma-antennas opgeneem en gedekodeer sodat dit binne die frekwensiebereik van 20 tot 20 000 Hz val en vir die menslike oor hoorbaar is.
17 Apr 2016 16.04.2016 20:19
Dit verg nogal geduld om die maan met jou selfoon deur 'n teleskoop af te neem, maar as jy dit regkry, is die resultate dikwels verstommend. Die span gesels oor die huidige naghemel,en veral die maan. Daar is ook inligting oor 'n besondere radioteleskoop in Indië, die Reuse Metergolf Radioteleskoop. Suid-Afrikaanse sterrekundiges het 'n belangrike bevinding oor die belyning van gravitasiekolke gem...
10 Apr 2016 09.04.2016 19:14
Kos Coronaios is 'n amateursterrekundige van Louis Trichardt wat hom toespits op astrofotografie. Hy vertel watter stellings hy op sy DSLR-kamera maak om sterrefoto's te neem. En sonkenner Kobus Olckers praat oor filamente wat op die son voorkom.
10 Apr 2016 09.04.2016 19:14
Kos Coronaios is 'n amateursterrekundige van Louis Trichardt wat hom toespits op astrofotografie. Hy vertel watter stellings hy op sy DSLR-kamera maak om sterrefoto's te neem. En sonkenner Kobus Olckers praat oor filamente wat op die son voorkom.
3 Apr 2016 02.04.2016 19:41
Talle instansies, ook in Suid-Afrika, is tans besig om sogenaamde “Cubesats” te bou. dr Japie van Zyl van die Jet Propulsion Laboratory in Pasadena, Kalifornië, vertel meer oor die voordele van die klein satelliete. Hy praat ook oor die proses wat gevolg word as nuwe projekte uitgedink word.
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.