RSG
Sterre en Planete
Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
29 May 2016 28.05.2016 19:58
Tradisioneel het mense geglo dat 'n sonnestelsel se rotsagtige planete die naaste aan sy ster voorkom en daarna die gasplanete. Met die ontdekking van eksoplanete is dinge omgekeer. In Sterre en Planete vanaand gesels ons oa met Dr Rudi Kuhn van die SAAO oor die onlangse ontdekking van 'n eksoplaneet met behulp van 'n teleskoop op Sutherland. Dr Kuhn was verantwoordelik vir die sagteware wat die r...
22 May 2016 21.05.2016 20:03
'n Bloumaan beteken gewoonlik twee volmane in een maand. Die span gesels oor 'n ander bloumaan. Daar is ook inligting oor wat 'n Lagrange-punt in die ruimte is. Dit is by Langrange 2 wat die James Webb ruimteteleskoop uiteindelik tot rus sal kom. En dan praat Willie Koorts ook oor 'n nuwe kalibrasiemetode wat by SALT in werking gestel is.
15 May 2016 14.05.2016 19:56
Daar was die afgelope week groot opwinding oor Mercurius se oorgang voor die son. Daar is ook inligting oor die rooi planeet, Mars, wat tans baie helder is. En die span bespreek die vraagstuk oor hoe sterrestelsels teenoor mekaar georiënteer is, en of hulle 'n invloed op mekaar het.
8 May 2016 07.05.2016 19:28
Magda Streicher van Polokwane is 'n ywerige sterrekyker. Sy gesels oor haar stokperdjie en hoe asterismes gesoek en gerapporteer word. Kobus Olckers praat ook oor die skade van 'n reuse Corona Massa-uitbarsting op die aarde kan veroorsaak as hierdie songebeurtenis geo-effektief is – met ander woorde direk na die aarde toe uitbars.
1 May 2016 30.04.2016 20:23
Dr. Japie van Zyl van die Jet Propulsion Laboratory praat oor laseraandrywing in die ruimte. Met 'n lasterstraal met 'n deursnit van 10 km sal dit moontlik wees om 'n satelliet en spieël wat 1 gram weeg, binne drie dae na Mars toe te stuur – maar daar is praktiese probleme.
24 Apr 2016 23.04.2016 20:20
Wat is 'n mini-volmaan? En luister na die klanke wat planete maak. Die "klanke" word met behulp van plasma-antennas opgeneem en gedekodeer sodat dit binne die frekwensiebereik van 20 tot 20 000 Hz val en vir die menslike oor hoorbaar is.
17 Apr 2016 16.04.2016 20:19
Dit verg nogal geduld om die maan met jou selfoon deur 'n teleskoop af te neem, maar as jy dit regkry, is die resultate dikwels verstommend. Die span gesels oor die huidige naghemel,en veral die maan. Daar is ook inligting oor 'n besondere radioteleskoop in Indië, die Reuse Metergolf Radioteleskoop. Suid-Afrikaanse sterrekundiges het 'n belangrike bevinding oor die belyning van gravitasiekolke gem...
10 Apr 2016 09.04.2016 19:14
Kos Coronaios is 'n amateursterrekundige van Louis Trichardt wat hom toespits op astrofotografie. Hy vertel watter stellings hy op sy DSLR-kamera maak om sterrefoto's te neem. En sonkenner Kobus Olckers praat oor filamente wat op die son voorkom.
10 Apr 2016 09.04.2016 19:14
Kos Coronaios is 'n amateursterrekundige van Louis Trichardt wat hom toespits op astrofotografie. Hy vertel watter stellings hy op sy DSLR-kamera maak om sterrefoto's te neem. En sonkenner Kobus Olckers praat oor filamente wat op die son voorkom.
3 Apr 2016 02.04.2016 19:41
Talle instansies, ook in Suid-Afrika, is tans besig om sogenaamde “Cubesats” te bou. dr Japie van Zyl van die Jet Propulsion Laboratory in Pasadena, Kalifornië, vertel meer oor die voordele van die klein satelliete. Hy praat ook oor die proses wat gevolg word as nuwe projekte uitgedink word.
3 Apr 2016 02.04.2016 19:41
Talle instansies, ook in Suid-Afrika, is tans besig om sogenaamde “Cubesats” te bou. dr Japie van Zyl van die Jet Propulsion Laboratory in Pasadena, Kalifornië, vertel meer oor die voordele van die klein satelliete. Hy praat ook oor die proses wat gevolg word as nuwe projekte uitgedink word.
27 Mar 2016 26.03.2016 19:58
Vind uit waar jy 'n komeet, wat tans sigbaar op die suidelike horison is, kan sien. Hennie Maas en gaste bespreek eksoplanete met eksentrieke wentelbane en wat presies 'n bruin-dwerg is.
20 Mar 2016 19.03.2016 19:47
Die grootste sigbare meteoriet impakterrein op aarde is die een by Vredefort in die Vrystaat. Hennie Maas vertel meer oor 'n ander impakterrein geleë onder die see in die Golf van Meksiko wat blykbaar die dinousorusse uitgewis het. Vind ook uit oor die Marssending van die Europese Ruimte agentskap.
13 Mar 2016 12.03.2016 19:55
Daar word beweer dat as jy by die see is, die son jou meer bykom as op ander plekke. Kobus Olckers, ons sonweervoorspeller, vertel of dit waar is. Hy brei ook uit oor die verskillende strale van die elektromagnetiese spektrum wat van die son af kom. En daar is 'n gesprek met Kevin Govender van die Kantoor vir Sterrekunde-ontwikkeling, wat teen die einde van die maand die eerste Suid-Afrikaner sal...
6 Mar 2016 05.03.2016 20:02
Twee satelliete wat om die aarde wentel, speel 'n groot rol om massas soos water te bepaal. Selfs grondwater kan deur die Grace-satelliete gemeet word. Dr. Japie van Zyl van die Jet Propulsion Laboratory verduidelik hoe die satelliete werk. Daar is ook inligting oor die Cassini-tuig wat verlede jaar deur die waterspuite van een van Saturnus se mane, Enceladus, gevlieg en watermonsters versamel het...
28 Feb 2016 27.02.2016 19:58
Die grootste geslote sterrebondel in die Melkweg is Omega Centauri. Dit is snags naby die Suiderkruis te sien. Daar word ook gepraat oor die katalogusname wat aan voorwerpe gegee word, soos die Messier-nommers, die NGC en die Flamsteed-nommers. Jy kan ook luister na die vreemde musiek wat in 1969 aan die donker kant van die maan gehoor is.
21 Feb 2016 20.02.2016 19:48
Dit lyk of die landingstuig Philae, wat skeef geland het op die komeet Churyomov-Girasimenko, finaal gaan slaap het. Pogings om die tuig aan die gang te kry, het misluk. Daar is ook nuus oor 'n vry-swewende planeet wat ontdek is. Dit het 'n massa wat agt keer groter is as Jupiter.
14 Feb 2016 13.02.2016 19:26
Prof. Matie Hoffman van die Fisikadepartement van die Universiteit van die Vrystaat praat oor die belangrike ontdekking van gravitasiegolwe, wat deur Albert Einstain voorspel is.
7 Feb 2016 06.02.2016 19:52
Daar is al baie teorieë geformuleer oor hoe die maan onstaan het. Daar is nou 'n nuwe teorie waarin isotope 'n belangrike rol speel. Daar is ook inligting oor 'n hele ry planete wat vroeg soggens in die noordooste te sien is.
31 Jan 2016 30.01.2016 19:34
Almal is gaande oor die sogenaamde negende planeet wat ontdek is. Dr. Japie van Zyl van Jet Propulsion Laboratory in Kalifornië verduidelik wat dit is, en dat die planeet nog nie waargeneem is nie, maar dat daar ander verskynsels is wat dui op sy bestaan. Dr. van Zyl se kollegas by Caltech het die ontdekking gemaak.
24 Jan 2016 23.01.2016 19:58
Die teleskoop kan beskou word as die ruggraat van sterrekunde. Dit was met 'n nederige teleskoop dat Gallileo Gallilei Jupiter se 4 mane waargeneem het. Die span gesels oor die verskillende soorte teleskope en watter rol saamgestelde spieëls deesdae in teleskope speel. Die sg Gaint Magellan Telescope gaan, wat sy primêre spieël betref, sewe spieëls van 8,4 meter elk hê om een saamgestelde spieël t...
17 Jan 16.01.2016 20:01
Ons is almal bewus van een van die mees algemeenste fisiese kragte: gravitasie. Dit is wat alles op aarde grond toe wil laat val en veroorsaak dat ons moeg word. In Sterre en Planete gesels die span oor gravitasie in ons sonnestelsel. Dit is veral interessant om agter te kom wat die korrelasie tussen massa en gravitasie is. Die span is prof. Matie Hoffman en Willie Koorts.
10 Jan 09.01.2016 19:39
Satelliete speel 'n belangrike rol om weervoorspellings so noukeurig as moontlik te doen. Nico Kroese van die Suid-Afrikaanse Weerdiens gesels oor die funksionering van die satelliete en waar die satelliet lê wat deur die SA Weerdiens gebruik word. Waarom is die El Nino verskynsel in die Stille Oseaan? Het die son 'n bepaalde effek op daardie deel van die aarde? Dit is waaroor Kobus Olckers gesels...
3 Jan 02.01.2016 20:05
Die Cassini-tuig wat die afgelope jare in die omgewing van die ringplaneet, Saturnus, gewentel het, het in Desember 'n nabyvlug by een van Saturnus se mane onderneem. In Sterre en Planete gesels dr. Japie van Zyl van JPL oor Cassini se vlug verby Enceladus. Die span gesels ook oor 'n sending na Mars wat uitgestel moes word.
27 Dec 2015 26.12.2015 20:02
Space X het toe uiteindelik daarin geslaag om 'n vuurpyl te herwin na afloop van 'n volwaardige sending. Die span praat oor die Space X-projek en wat die voordele is om 'n vuurpyl te herwin. Daar is ook nuus oor 'n Supernova wat pas waargeneem is. Sterrekundiges het geweet van die nova wat moes verskyn. Dis nogal besonders omdat Supernovas nie hulle verskyning aankondig nie.
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.