RSG

Sterre en Planete

Science AF ↓ 759 episodes

Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.

Author

RSG

Category

Science

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 5, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

20 Nov 19.11.2016

Mense wat teleskope bou en spieëls slyp in hulle agterplase is gewoonlik baie innoverend. Johan Swanepoel van George vertel van die 3D-drukkers wat hy gebou het om onderdele vir sy sterrekyk-toerusting te bou. En Kobus Olckers gesels oor die son se manewales, en of ander sterre dieselfde gedrag as ons s'n toon.

6 Nov 05.11.2016

Die ESA-tuig, Schiaparelli wat op Mars moes land en toe misluk het, is steeds in die nuus. Volgens dr. Japie van Zyl van Jet Propulsion Laboratory in Kalifornië wys foto's wat deur 'n Nasa-tuig geneem is, dat die vuurpyle moontlik te kort gebrand het. Hy praat ook oor 'n kryo-vulkaan wat op Ceres waargeneem is. Dit is 'n vulkaan wat ys i.p.v. lawa uitstoot.

30 Oct 29.10.2016

Die span gesels oor die Groen Vlek en onder watter omstandighede dit gesien kan word. Dis glo taamlik raar dat mense dit sien. Willie Koorts was so gelukkig om dit saam met sy gesin te sien. Die span praat ook oor die nagevolge van die Schiaparelli-voorval op Mars.

23 Oct 23.10.2016

So in die loop van die week was alle ruimtebelangstellendes opgewonde oor Chiaparelli van ESA wat op die rooi planeet moet gaan land. Dit het later geblyk dat iets fout gegaan het met die landing aangesien geen sein ontvang is nie. Willie Koorts en dr. Japie van Zyl van die Jet Propulsion Laboratory vertel hoe die twee tuie, Chiaparelli en Curiosity, van mekaar verskil. Ons geen ook aandag aan die...

16 Oct 15.10.2016

Die Hubble-ruimteteleskoop is al 'n paar dekades in sy baan om die aarde, en waarnemings wat met dit gedoen is, het baie inligting oor die ruimte op sy kop gedraai. Die span gesels oor die teleskoop en hoe dit verskil van die James Webb-teleskoop wat oor twee jaar gelanseer sal word. Die James Webb se saamgestelde spieël sal meer lig opvang en is saam groter as die spieël van die Hubble. Die ontwe...

9 Oct 2016 09.10.2016

Ruimteweervoorspelling is nodig vir kommunikasie- en elektriesestelsels. Kobus Olckers van Florida in Amerika praat oor die noodsaaklikheid van die voorspellings. Hy skets ook wat die rol van siklone is om van energie ontslae te raak. En daar is 'n bydrae oor 'n besondere projek wat op Secunda deur 'n groep skoliere onderneem word in samewerking met die plaaslike amateurradioklub.

9 Oct 08.10.2016

Ruimteweervoorspelling is nodig vir kommunikasie- en elektriesestelsels. Kobus Olckers van Florida in Amerika praat oor die noodsaaklikheid van die voorspellings. Hy skets ook wat die rol van siklone is om van energie ontslae te raak. En daar is 'n bydrae oor 'n besondere projek wat op Secunda deur 'n groep skoliere onderneem word in samewerking met die plaaslike amateurradioklub.

2 Oct 2016 01.10.2016

Hoewel vroeër daaroor bespiegel is, het Nasa nou vasgestel dat daar water uit een van Jupiter se mane, Europa, spuit. Dr. Japie van Zyl praat oor die ontdekking en wat die implikasies daarvan is. Daar is ook sprake dat die water wat uitspuit, sout is en dit impliseer dat die maan soutwater in sy kern het. Nasa se missie is om vas te stel wat die eienskappe van die water is deur deur die waterspuit...

25 Sep 2016 24.09.2016

Die Iziko Planetarium in Kaapstad is die tweede planetarium in Suid-Afrika wat van digitale tegnologie gebruik sal maak. Die bestuurder van die planetarium, Theo Ferreira, gesels oor sy nuwe speelding. Prof. Matie Hofmann neem ook aan die gesprek deel want hy is in Kaapstad om verdere opleiding te kry om die nuwe sagteware te beheer. Prof. Hofmann is die hoof van die digitale planetarium op Naval...

18 Sep 2016 17.09.2016

Die ruimtetuig Rosetta het 'n tyd gelede 'n klein ruimtelander, Philae, op die komeet Churyomov-Girasimenko laat land. Die landing was egter 'n mislukking want die tuig kon nie data terugstuur nie omdat sy landingsposisie verkeerd was. Ruimtewetenskaplikes het die afgelope dae daarin geslaag om die tuig waar te neem op die komeet. En daar is inligting oor hoe asteroïdes opgespoor word.

11 Sep 2016 10.09.2016

Francois Rautenbach van Pretoria het met 'n bietjie speurwerk die sagteware en onderdele van een van Apollo se eerste rekenaars opgespoor. Die span praat met hom oor die gesofistikeerdheid van hierdie soort rekenaars en hoe dit gebruik is. Kobus Olckers gesels ook oor Auroras en die verband tussen sonsiklusse en weerpatrone.

4 Sep 2016 03.09.2016

Dr. Japie van Zyl van die Jet Propulsion Laboratory in Pasadena, Kalifornië, vertel van die nuwe hoed wat hy opgesit deur verantwoordelikheid te aanvaar as Direkteur van Sonnestelsel-eksplorasie. Hy brei uit oor die opwindende nuwe projekte waarmee hulle besig is soos om 'n asteroïde in 'n net te gaan vang.

28 Aug 2016 27.08.2016

Die ontdekking van 'n nuwe planeet wat om een van die sterre in die Alfa Centauri-groep wentel, het sterrekundiges gaande. Willie Koorts en prof. Matie Hofmann gesels ook oor die gedeeltelike sonverduistering wat oor groot dele van Suid-Afrika gesien kan word.

21 Aug 2016 20.08.2016

'n Aardagtige planeet is in die omgewing van Proxima Centauri waargeneem. Proxima Centauri is in die omgewing van die naaste ster aan ons, Alfa Centauri. Die span praat ook oor 'n vyfde natuurkrag wat ontdek is.

14 Aug 2016 13.08.2016

As die son wil, kan hy 'n gevaarlike kalant wees. Kobus Olckers praat oor die katastrofiese moontlikhede as 'n groot magnetiese sonuitbarsting die aarde tref. Hy verduidelik ook wat die verskil is tussen die gewone weervoorspelling en 'n sonweervoorspelling. En 'n amateursterrekundige, Johan Smit, verduidelik waarna mense moet kyk as hulle teleskope wil koop.

7 Aug 2016 06.08.2016

Alle oë en ore is deesdae gespits by die Jet Propulsion Laboratory, want die Juno-ruimtetuig by Jupiter het pas 'n kritieke maneuver uitgevoer. Dr. Japie van Zyl van die JPL vertel van die stappe wat volg noudat die tuig nader aan die planeet beweeg. Hy praat ook oor die snelheid van 200 000 km/h wat Juno bereik het onderweg na die planeet. Juno is een van die ruimtetuie wat die vinnigste na sy te...

31 Jul 2016 31.07.2016

Een van die feitefoute wat mense maak as hulle na die hemelruim kyk, is dat die aand- of oggendster, 'n ster genoem word. Dit is nie 'n ster nie, maar die planeet Venus. Venus het 'n hele paar interessante eienskappe wat nogal vreemd is. Daar word ook gepraat oor die feit dat al vyf naakte oog planete tans sigbaar is – Mercurius, Venus, Mars, Jupiter en Saturnus.

24 Jul 2016 23.07.2016

Die eerste fase van die SKA-projek, die Meerkat, het vandeesweek vir groot opwinding gesorg deur die sogenaamde eerste lig te sien. Sterrestelsels is waargeneem wat andersins onbekend was. Die span gesels oor hierdie belangwekkende gebeurtenis en wat dit vir die toekoms van die projek beteken. Daar word ook gekyk na die vyf verskillende lae van die Aarde se atmosfeer.

17 Jul 2016 16.07.2016

Die span praat oor sterre se rotasie en die dwergplanete in ons sonnestelsel. 'n Nuwe dwergplaneet is onlangs weer ontdek. Dis interessant om te hoor aan watter eienskappe 'n planeet moet voldoen om as 'n dwergplaneet bestempel te word.

10 Jul 2016 09.07.2016

Toe ons verlede week met dr. Japie van Zyl van JPL oor die Juno sending gepraat het, was dit nog voor die tuig Jupiter se magneetveld genader het. Juno het intussen by die gasplaneet aangekom. Dr. van Zyl praat oor die welslae van hierdie belangrike stap van die sending. En Kobus Olckers vertek ook van die pole van die die son wat omswaai, en die son wat op pad is om sy minimum te bereik.

3 Jul 2016 02.07.2016

Daar is groot opgewondenheid oor die aankoms van die Juno-ruimtetuig by Jupiter. Dr. Japie van Zyl vertel hoe moeilik die sending is, aangesien die tuig baie naby aan die planeet sal beweeg en aan hewige magnetiese kragte onderwerp sal word. Die sending is so beplan dat die aankomsdatum saamval met Amerika se onafhanklikheidsvierings op 4 Julie.

26 Jun 2016 25.06.2016

Die Surveyor 1 is 50 jaar gelede na die maan gestuur om sagte landings te oefen. Daar is ook inligting oor 'n tweede gravitasiegolf wat met die Ligo-tegniek waargeneem is. Prof. Matie Hoffman verduidelik waarom dit belangrik is vir sterrekunde.

19 Jun 2016 19.06.2016

Na verlede week se uitsending waartydens stergeluide gespeel is, het talle navrae ontstaan oor die verskynsel. In Sterre en Planete gesels die span oor die sterklanke. Daar is ook inligting oor wat met 'n ster se gravitasie gebeur as die ster die einde van sy lewe bereik. Die deelnemers is Wille Koorts van die SAAO en Prof Matie Hoffman van die Boyden sterrewag op Bloemfontein.

12 Jun 2016 11.06.2016

Die twee satelliete wat die meeste inligting oor die son verskaf is die Soho en die Solar Dynamic Observatory. In Sterre en Planete praat Kobus Olckers oor die metings wat met behulp van die satelliete gedoen word. Die ander deelnemer in die program is 'n boer in die Heilbron-omgewing. Lafras Smit is 'n kranige sterrekyker en het onlangs begin met astrofotografie. Jy kan ook 'n paar sterregeluide...

5 Jun 2016 04.06.2016

Temperature in die ruimte kan tot sover as -270 grade Celsius daal. Die vraag is hoe funksioneer elektroniese toerusting teen sulke onmoontlike temperature? In Sterre en Planete verduidelik die span watter maatreëls getref word om elektronika aan die gang te hou. Juno kom ook aan die begin van Julie by Jupiter aan. Dr Japie van Zyl verduidelik wat die doel van die satelliet is.

Listen to the Sterre en Planete podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.