RSG

Sterre en Planete

Science AF ↓ 774 episodes

Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za

Author

RSG

Category

Science

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Oct 18, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

12 Mar 11.03.2017

Onlangse studies wys dat die intensiteit van kosmiese bestraling uit die ruimte besig is om toe te neem. Is dit iets om oor bekommerd te wees? Daar is ook 'n gesprek met Auke Slotegraaf van die Wes-Kaap. Hy is 'n amateursterrekundige wat veral op die diepruim konsentreer. Hy vertel van een van die skouspelagtige sterreswerms wat met die blote oog naby die Suiderkruis te sien is. Omega Centauri.

5 Mar 04.03.2017

Warrelwinde is nogal volop op Mars, tot so 'n mate dat die wind gebruik word om sonpanele van Marstuie skoon te waai. Dr. Japie van Zyl van die Jet Propulsion Laboratory in Kalifornië vertel meer van die aard van die warrelwinde. Vanweë Mars se lae atmosfeer sal wind wat teen sowat 100 km/h waai amper nie deur 'n gewone mense gevoel kan word nie. Nasa gaan ook volgende jaar 'n Marslander gebruik o...

26 Feb 25.02.2017

Die span praat oor die weer op ander planete, soos Mars waar erge stofstorms voorkom, hoewel die atmosfeer daar beduidend dunner is as die Aarde s'n. Hoe gebeur dit dat die bekende rooi kolk op Jupiter al vir talle jare onverpoosd voortwoed? Hulle praat ook oor die belangrike vonds wat verlede week bekendgemaak is oor die rooidwergster wat sewe planete het wat om hom wentel.

19 Feb 18.02.2017

Later vandeesmaand is daar 'n interessante ruimteverskynsel wat dopgehou kan word. Die span gesels oor die gedeeltelike sonsverduistering wat oor feitlik die hele Suid-Afrika sigbaar sal wees. Hulle kyk ook na die ruimtegebeurtenisse wat die grootste impak gemaak het - van die lansering van die Sputniktuig in 1957 tot die Hubble-ruimteteleskoop wat die mens se siening van die ruimte radikaal veran...

12 Feb 11.02.2017

Wat is die belangrikste oorweging as jy 'n eenrigting-reis na Mars wil onderneem? Adriana Marais het sulke planne, en sy vertel wat moet gebeur. Daar is ook 'n gesprek met Lynette du Preez vir wie die onlangse groen flits nie 'n vreemde verskynsel is nie. Sy en haar man het 'n paar jaar gelede tydens vaart om die wêreld in hulle seiljag, die verskynsel dikwels waargeneem. Kobus Olckers gesels ook...

5 Feb 04.02.2017

Die Jet Propulsion Laboratory, waar dr. Japie van Zyl een van die direkteure is, is op enige gegewe oomblik met tientalle projekte besig. Hy vertel van 'n paar van die projekte, veral die wat met lesings oor die aarde te doen het. Daar kan selfs gemeet word hoeveel water uit boorgate gepomp word! Hy vetrel ook wat die situasie met Juno en Cassini is.

29 Jan 28.01.2017

Die teleskoopplaas op Sutherland is 'n sterrekundige Verenigde Nasies. Willie Koorts vertel van die lande wat betrokke is, en 'n projek wat van 'n klein teleskoop gebruik maak. Robotika-tegnologie maak dit ook moontlik vir sterrekundiges elders in die wêreld om van die fasiliteite op Sutherland gebruik te maak.

22 Jan 21.01.2017

Die gesels span oor die voorwerpe wat hierdie tyd van die jaar in die hemelruim gesien kan word.

15 Jan 14.01.2017

NASA het onlangs bekend gemaak dat twee besondere sendings in die volgende jaar of drie die ruimte ingestuur sal word. Dr. Japie van Zyl van die Jet Propulsion Laboratory verterl meer van die Psyche- en Lucy-sendings. Prof. Matie Hoffman praat ook oor sterrestelsels wat bots of op pad is om in 'n ander sterrestelsel in te beweeg, soos die Melkweg en Andromeda.

8 Jan 07.01.2017

Is klimaatsverandering gekoppel aan die son se aktiwiteit? En Wim Filmalter praat oor kamera/teleskoop-kombinasies vir astrofotografie.

1 Jan 31.12.2016

Die span kyk terug na die afgelope ruimtejaar. Dr. Japie van Zyl vertel ook waarom dinge skeepgeloop het met die Juno-tuig wat om Jupiter wentel.

18 Dec 17.12.2016

Die uitdying van die heelal is 'n onderwerp waaroor baie gepraat word. Prof. Matie Hoffman vertel van nuwe teorieë wat na vore gekom het dat die heelal nie uitdy nie. Hy verduidelik ook wat die uitwerking van die nuwe siening is, en hoe 'n Nederlandse sterrekundige modelle saamgestel het wat die stelling probeer bewys.

11 Dec 10.12.2016

Met nuwe kamerategnologie en die toetrede van selfone, het astrofotografie baie meer gewild en makliker geraak. Wim Filmalter praat in die eerste van twee aflewerings oor die toersuting wat nodig is vir astrofotografie. Kobus Olckers bespreek ook wat die uitwerking van die son is op iets soos aardverwarming en klimaat.

4 Dec 03.12.2016

Dr. Japie van Zyl van die Jet Propulsion Laboratory in Pasadena, Kalifornië, het 'n hele paar jaar gelede voorgestel dat Mars se oppervlak met radar ondersoek moet word om die teenwoordigheid van water te bevestig. Hy verduidelik hoe die radar werk. Daar is ook 'n bespreking oor die grootte van die yskristalle in die ringe van Saturnus.

27 Nov 26.11.2016

Kosmiese straling is een van die groot uitdagings as mense na planete soos Mars wil reis. Ruimtewetenskaplikes wat in die Internasionale Ruimtestasie werk, moet voortdurend gemonitor word vir bestraling. Die span gesels ook oor die virtuele koördinate waarmee sterrekundiges in die ruimte werk. Begrippe soos regteklimming en deklinasie word gebruik.

20 Nov 19.11.2016

Mense wat teleskope bou en spieëls slyp in hulle agterplase is gewoonlik baie innoverend. Johan Swanepoel van George vertel van die 3D-drukkers wat hy gebou het om onderdele vir sy sterrekyk-toerusting te bou. En Kobus Olckers gesels oor die son se manewales, en of ander sterre dieselfde gedrag as ons s'n toon.

6 Nov 05.11.2016

Die ESA-tuig, Schiaparelli wat op Mars moes land en toe misluk het, is steeds in die nuus. Volgens dr. Japie van Zyl van Jet Propulsion Laboratory in Kalifornië wys foto's wat deur 'n Nasa-tuig geneem is, dat die vuurpyle moontlik te kort gebrand het. Hy praat ook oor 'n kryo-vulkaan wat op Ceres waargeneem is. Dit is 'n vulkaan wat ys i.p.v. lawa uitstoot.

30 Oct 29.10.2016

Die span gesels oor die Groen Vlek en onder watter omstandighede dit gesien kan word. Dis glo taamlik raar dat mense dit sien. Willie Koorts was so gelukkig om dit saam met sy gesin te sien. Die span praat ook oor die nagevolge van die Schiaparelli-voorval op Mars.

23 Oct 23.10.2016

So in die loop van die week was alle ruimtebelangstellendes opgewonde oor Chiaparelli van ESA wat op die rooi planeet moet gaan land. Dit het later geblyk dat iets fout gegaan het met die landing aangesien geen sein ontvang is nie. Willie Koorts en dr. Japie van Zyl van die Jet Propulsion Laboratory vertel hoe die twee tuie, Chiaparelli en Curiosity, van mekaar verskil. Ons geen ook aandag aan die...

16 Oct 15.10.2016

Die Hubble-ruimteteleskoop is al 'n paar dekades in sy baan om die aarde, en waarnemings wat met dit gedoen is, het baie inligting oor die ruimte op sy kop gedraai. Die span gesels oor die teleskoop en hoe dit verskil van die James Webb-teleskoop wat oor twee jaar gelanseer sal word. Die James Webb se saamgestelde spieël sal meer lig opvang en is saam groter as die spieël van die Hubble. Die ontwe...

9 Oct 2016 09.10.2016

Ruimteweervoorspelling is nodig vir kommunikasie- en elektriesestelsels. Kobus Olckers van Florida in Amerika praat oor die noodsaaklikheid van die voorspellings. Hy skets ook wat die rol van siklone is om van energie ontslae te raak. En daar is 'n bydrae oor 'n besondere projek wat op Secunda deur 'n groep skoliere onderneem word in samewerking met die plaaslike amateurradioklub.

9 Oct 08.10.2016

Ruimteweervoorspelling is nodig vir kommunikasie- en elektriesestelsels. Kobus Olckers van Florida in Amerika praat oor die noodsaaklikheid van die voorspellings. Hy skets ook wat die rol van siklone is om van energie ontslae te raak. En daar is 'n bydrae oor 'n besondere projek wat op Secunda deur 'n groep skoliere onderneem word in samewerking met die plaaslike amateurradioklub.

2 Oct 2016 01.10.2016

Hoewel vroeër daaroor bespiegel is, het Nasa nou vasgestel dat daar water uit een van Jupiter se mane, Europa, spuit. Dr. Japie van Zyl praat oor die ontdekking en wat die implikasies daarvan is. Daar is ook sprake dat die water wat uitspuit, sout is en dit impliseer dat die maan soutwater in sy kern het. Nasa se missie is om vas te stel wat die eienskappe van die water is deur deur die waterspuit...

25 Sep 2016 24.09.2016

Die Iziko Planetarium in Kaapstad is die tweede planetarium in Suid-Afrika wat van digitale tegnologie gebruik sal maak. Die bestuurder van die planetarium, Theo Ferreira, gesels oor sy nuwe speelding. Prof. Matie Hofmann neem ook aan die gesprek deel want hy is in Kaapstad om verdere opleiding te kry om die nuwe sagteware te beheer. Prof. Hofmann is die hoof van die digitale planetarium op Naval...

18 Sep 2016 17.09.2016

Die ruimtetuig Rosetta het 'n tyd gelede 'n klein ruimtelander, Philae, op die komeet Churyomov-Girasimenko laat land. Die landing was egter 'n mislukking want die tuig kon nie data terugstuur nie omdat sy landingsposisie verkeerd was. Ruimtewetenskaplikes het die afgelope dae daarin geslaag om die tuig waar te neem op die komeet. En daar is inligting oor hoe asteroïdes opgespoor word.

Listen to the Sterre en Planete podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.