RSG

Sterre en Planete

Science AF ↓ 773 episodes

Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za

Author

RSG

Category

Science

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Oct 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Sterre en planete 27.08.2017

Die span beantwoord luisteraarsvrae oor die ruimte.

20 Aug 19.08.2017

Baie mense was die afgelope dae gaande oor 'n sterrereën wat oor Suid-Afrika gesien sou word. Die span verduidelik wat 'n sterrereën is, en waarom die Perseides nie oor Suid-Afrika gesien is nie. Daar is ook 'n verduidelking wat die verskil is tussen 'n meteoor en dit wat vroeg in 2013 oor Tsjeljabinks in Rusland bokant die aarde ontplof het.

13 Aug 12.08.2017

Wanneer Kobus Olckers uit die VSA gesels oor die verskynsels op die son, praat hy dikwels van dinge soos corona-gate, filamente en coronamassa-uitbarstings. Hy verduidelik wat die gevaarlikste van hierdie verskynsels is. Daar is ook 'n gesprek oor die onlangse gedeeltelike maasverduisdering, en hoe Willie Koorts te werk gegaan het om dit af te neem.

6 Aug 05.08.2017

Dr. Japie van Zyl vertel waarom dit lyk of NASA meer in mane belangstel as in planete. Hy praat ook oor die rol van die James Webb-ruimteteleskoop, en hoe die Jet Propulsion Laboratory by die teleskoop betrokke is. Hy gesels ook oor toekomstige moontlikhede om teleskope soos die James Webb te diens – iets wat nie tans moontlik is nie.

30 Jul 29.07.2017

GPS-toerusting gebruik satelliete wat om die aarde wentel om met navigasie te help. Ver in die ruimte sal dit nie help nie. Die span verduidelik wat ruimtewetenskaplikes doen om ruimtetuie rigting te gee, want as jy in die omgewing van Jupiter wentel, kan jy nie op 'n GPS staatmaak nie. Daar is ook inligting oor 'n Sterre en Planete-aand wat in Augustus by die Leriba hotel in Pretoria plaasvind.

23 Jul 22.07.2017

Daar is al gesê dat die meeste wat jy in ruimte sal kry, is niks, maar is daar iets soos niks in ruimteterme? Daar is ook 'n gesprek oor seine vanuit die ruimte, wat by die Arecibo-radioteleskoop in Puerto Rico opgevang is. Wat sou die seine beteken? Is dit noodwendig 'n teken van lewe?

16 Jul 15.07.2017

Hoe lyk lig in die ruimte? Het jy agtergekom dat die bemanning van die Internasionale Ruimtestasie tydens hulle ruimtewandelings helder verlig is, maar dat die agtergrond van die ruimte pikswart bly? Die span bespreek die verskynsel, en daar is ook inligting oor kleur in die ruimte. Hoe word die indrukwekkende kleure van die Hubble-teleskoop foto's verkry? Hennie Maas en die span bespreek ook Juno...

9 Jul 08.07.2017

Ons het lanklaas met Dr Anton Koekemoer van die Space Telescope Science Institute in Baltimore, Amerika gesels. Hy is vanaand die gas in Sterre en Planete. Hy brei natuurlik uit oor die werk wat die Hubble teleskoop doen, maar ook oor die skedulering van die volgende ruimteteleskoop, die James Webb. Hy gesels oor die verwagte vermoë van die teleskoop wat 1 miljoen kilometer van die aarde af op die...

2 Jul 01.07.2017

Die Opportunity Marstuig doen al vir meer as tien jaar sy werk op die Rooiplaneet. Dr. Japie van Zyl van JPL verduidelik vir ons watter take díe tuig tans verrig. Hy praat ook oor Internasionale Asteroïddag wat die afgelope week gevier is, en verduidelik dat 'n spesiale groep by die Jet Propulsion Laboratory byeengebring is om asteroïdes te soek.

25 Jun 24.06.2017

Vreemde vlieënde voorwerpe! Ons gesels oor moontlike vlieënde pierings, maar ook oor vlieënde klippe wat ons atmosfeer binnedring. Mense was die afgelope week of twee gaande oor 'n helder voorwerp wat ons ruimte ingeskeur het. Ons bespreek hierdie voorwerp en ook wat die verskil is tussen asteroides, meteore en meteoriete. Hennie Maas gesels met Willie Koorts van die SAAO en prof. Matie Hoffman va...

18 Jun 17.06.2017

Wat is die donker materie? Wel, die naam sê alles. Dit is materie wat onsigbaar is. Hennie Maas praat oor díe onderwerp tydens 'n spesiale opname by die Digitale Planetariuim in Bloemfontein. Prof. Matie Hoffman verduidelik vir ons wat materie nou eintlik is. Daar was ook vrae uit die gehoor, wat verband hou met die tergende vraag oor donker materie. Wat is byvoorbeeld die verskil tussen donker ma...

11 Jun 10.06.2017

Die aktiwiteite op die son word deur 'n paar satelliete dopgehou. Een daarvan is die Solar Dynamic Observatory. Luister na meer oor die werksverrigting van die satelliet wat onlangs sy sewende verjaardag in die ruimte gevier het. Daar is ook inligting oor die stand van Saturnus se ringe wat deesdae as “oop” beskou word. Met ander woorde as 'n mens deur 'n teleskoop na díe ringplaneet sou kyk, sal...

4 Jun 03.06.2017

Dr. Japie van Zyl, van die Jet Propulsion Laboratory in Pasadena, Kalifornië, glimlag breed want twee van hulle sonnestelselsendings werp reeds ongelooflike vrugte af. Ons brei uit oor die betekenis van die inligting oor Jupiter wat Juno besig is om na die aarde te stuur. Dr. van Zyl vertel dat dit baie beter is as wat verwag word en die kamera waarmee foto's van die pole geneem word se werksverri...

28 May 27.05.2017

Planetariums is nuttige instrumente om mense op 'n aanskoulike manier meer oor die ruimte in te lig. Prof. Matie Hoffman vertel van die nuwe tegnologie wat by 'n nuwe digitale planetarium in Kaapstad gebruik word. Hy praat ook oor donkermaterie, en of daar meer as een heelal is.

21 May 20.05.2017

Beweeg sterre? Wanneer jy na die naghemel kyk, lyk alles staties, maar op 'n ander tydskaal is daar tog beweging tussen die sterre onderling. Daar is ook sprake van lewe in die water onder die oppervlak van Enceladus, een van Saturnus se mane. Die span verduidelik hoe vasgestel kan word of daar lewe in die water is. En Willie Koorts gesels oor 'n nuwe teleskoop wat onlangs op Sutherland ingebruik...

14 May 13.05.2017

Koronamassa-uitbarstings is van die hewigste aktiwiteite op ons ster, die son. Kobus Olckers, ons sonweerkundige, praat hieroor en sluip-uitbarstings wat niemand van weet nie. Daar is ook 'n bydrae deur prof. Matie Hoffman oor die asteroïede wat onlangs verby die aarde geflits het.

7 May 06.05.2017

Die aksies van die Cassini-satelliet, wat in die omgewing van Saturnus wentel, trek steeds aandag. Dr. Japie van Zyl van die Jet Propulsion Laboratory in Pasadena, Kalifornië, vertel wat nou net Cassini gaan gebeur. Daar is ook inligting oor die Space Launch System, wat stadig besig is om gestalte te kry. Met die vuurpyl sal reise na ander planete aansienlik verkort word.

30 Apr 29.04.2017

Twee baie belangrike begrippe speel 'n kardinale rol in die ruimte – massa en swaartekrag. Wat is die verskil tussen die twee? Die span bespreek ook die besondere foto wat die Cassini-tuig van die aarde geneem het toe hy deur die Sarturnus se ringe beweeg het. Wat sou die uitwerking op die aarde wees as 'n groterige asteroiede op die aarde val? So iets is baie moontlik, en planne word reeds beraam...

23 Apr 22.04.2017

Die privaatsektor is besig om sy stem al dikker te maak op die gebied van ruimtelogistiek en -navorsing. Die Cygnus-module is onlangs deur Space Alliance na die Internasionale Ruimtestasie gelanseer. Die organisasie is een van 'n paar wat reeds ruimtetogte onderneem het. Die span gesels oor hierdie projek, en hoe die Gaia-satelliet al 'n paar jaar lank afstande tussen veraf sterre meet.

16 Apr 15.04.2017

Die grootste planeet in ons sonnestelsel, Jupiter, is deesdae in opposisie. Wat beteken dit? Cassini, die satelliet wat nou al 'n geruime tyd om Saturnus wentel, is besig om voorberei te word om teen die gasplaneet te bots. Cassini word opsetlik in 'n sekere baan geplaas om sy trajek al nader aan die planeet te bring. Daar word ook gepraat oor watter resolusie bereik kan word met kameras wat plane...

9 Apr 08.04.2017

Sekere verskynsels op die son kan lei tot beter weervoorspellings op aarde. Kobus Olckers verduidelik hoe die Rossby-golwe op die son, beter inligting tot gevolg kan hê. Daar is ook inligting oor 'n satelliet wat in die son se korona gaan inbeweeg om ons ster beter te bestudeer. En Willie Koorts praat oor die Lovejoy-komeet wat tans naby aan die aarde is.

2 Apr 01.04.2017

By die Jet Propulsion Laboratory in Pasadena, Kalifornië, waar dr. Japie van Zyl een van die direkteure is, word daar aan verskeie projekte oor lang periodes gewerk. Hy vertel wat hierdie projekte behels. 'n Interessante vraag word ook beantwoord of die maanaktiwiteite van NASA binne die werksopdrag van Japie val. Daar word ook gepraat oor ioonaandrywing wat blykbaar die antwoord is wanneer lang r...

26 Mar 25.03.2017

Op sy pad deur die hemelruim, het die son pas die dag-en-nagewening bereik. Die span gesels oor die betekenis van hierdie posisie, en hoe dit uitgewerk is. Daar is ook interessante inligting oor ruimterommel wat 'n al hoe groter probleem word. Prof. Matie Hofmann sê daar is konvensies wat die aktiwiteite van satelliete en ruimterommel beheer, maar nie veel meer as dit nie. Die grootste gros voorwe...

19 Mar 18.03.2017

Dit lyk of nanostalliete in die toekoms die in-ding sal wees. Die span praat oor hierdie soort satelliete en wat die impak daarvan op die oorbevolkte aardruim sal wees. Prof. Matie Hoffman en Willie Koorts brei ook uit oor die reuse Andromeda-galaksie wat 2,4 miljoen ligjaar van die aarde af is. Wat die sterrestelsel merkwaardig maak, is dat mens dit op 'n donker aand met die blote oog kan sien -...

12 Mar 11.03.2017

Onlangse studies wys dat die intensiteit van kosmiese bestraling uit die ruimte besig is om toe te neem. Is dit iets om oor bekommerd te wees? Daar is ook 'n gesprek met Auke Slotegraaf van die Wes-Kaap. Hy is 'n amateursterrekundige wat veral op die diepruim konsentreer. Hy vertel van een van die skouspelagtige sterreswerms wat met die blote oog naby die Suiderkruis te sien is. Omega Centauri.

Listen to the Sterre en Planete podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.