RSG
Sterre en Planete
Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Sterre en planete 11.11.2017 27:46
Hoewel dit nie wyd bekend is nie, is Suid-Afrika ook aktief met satellietprogramme. Sias Mostert van die SCS Aerospace Groep vertel van een van hulle satelliete, die En Sight 1, wat reeds langer as 120 dae om die aarde wentel. Hy verduidelik wat die verskil is tussen 'n nanosatelliet en 'n kubsat, en wat die funksies daarvan is. Kobus Olckers, ons sonkenner in Florida in die VSA, verduidelik ook h...
Sterre en planete 04.11.2017 30:42
Dis ongelooflik hoe die mens gevorder het om die teenwoordigheid van planete en komete om ander sterre (sonne) aan te toon. Die span gesels oor die oorgangsmetode wat gebruik word. Dr. Japie van Zyl verduidelik hoe ses komete met hierdie metode gevind is wat om 'n ster wentel wat 800 ligjare weg is. Daar is ook nuus oor 'n komeet wat van iewers van buite ons sonnestelsel af naby die aarde verby be...
Sterre en planete 28.10.2017 30:49
Waarom is die grond se kleur op die maan so anders as die op Mars? Daar is ook inligting oor die nuwe Sterre en Planete boek, en die span gesels oor hulle wedervaringe om deel te wees van die boekskryfprojek. Hulle vertel ook van 'n nuwe virtuele speletjie waarmee jy, voor jou rekenaar of TV, die oppervlak van die rooi planeet kan verken. Die Dawn-projek by die asteroïede Ceres is intussen ook nuw...
Sterre en planete 21.10.2017 29:57
Dit gebeur nie sommer dat sterrekundiges regoor die wêreld gaande raak oor 'n gebeurtenis in die ruimte nie. Dit het die afgelope week bekend geword dat 'n botsing van twee neutronsterre nie net gravitasiegolwe die ruimte ingestuur het nie, maar ook liggolwe. Die sterre het 130 miljoen jaar gelede gebots, en die lig van die ontploffing kon waargeneem word. Dit is ook die eerste keer dat gravitasie...
Sterre en planete 14.10.2017 30:41
So elke nou en dan hoor mens van 'n swart ster of 'n nuwe planeet met die naam “X”. 'n Naam wat ook dikwels gehoor word is Niburu. Die span gesels oor die moontlikheid dat daar 'n negende planeet mag bestaan. Dis tans nog net teorie, maar wetenskaplikes het goeie rede om te meen dat daar wel so iets is. En 'n asteroïede het die afgelope week rakelings verby die aarde geflits. Die span vertel hoe m...
Sterre en planete 07.10.2017 30:12
Die Nobelprys vir wetenskap is onlangs toegeken aan 'n drietal Amerikaners vir hulle werk op gravitasiegolwe. Die span praat oor die belangrikheid van hierdie praktiese bevestiging van Einstein se bekende teorie. Die Amerikaners het 'n apparaat ontwikkel wat 'n verandering in gravitasie baie noukeurig kan meet. Die verandering staan bekend as 'n gravitasiegolf, soos golwe op die see.
Sterre en planete 30.09.2017 30:28
Al die lande wat te doen het met ruitenavorsing en -sendings het die afgelope week in Adelaide in Australië byeengekom. Dr. Japie van Zyl was ook daar. Hy vertel wat daar gebeur het, en dat die Amerika belangstel in satelliet-onderdele wat op Somerset-Wes ontwikkel word.
Sterre en planete 23.09.2017 29:02
Die span verduidelik die verskille tussen die twee hoofgroepe teleskope, refraktor en reflektor. Die Hubble ruimteteleskoop is 'n reflektor met 'n spieël asook SALT op Sutherland wat 'n saamgestelde spieël het. Daar is ook 'n kort gesprek met dr. Japie van Zyl wat opgeneem is pas nadat die Cassini-verkenningstuig homself in die atmosfeer van Saturnus vernietig het.
Sterre en planete 16.09.2017 29:30
Die Cassini-verkenningstuig het Vrydag sy swanesang gesing toe hy in Saturnus ingeduik het op 'n selfvernietigingstrajek. Die span gesels oor die gebeure en wat Cassini alles bereik het in sy 13 jaar lange sending by die ringplaneet. Daar is ook 'n gesprek oor die Kepler-ruimteteleskoop wat drie superaardes raakgesien het, nie te ver van ons sonnestelsel af nie. Die teleskoop het reeds 2 494 eksop...
Sterre en planete 09.09.2017 29:52
Die son laat sy invloed op baie maniere op aarde geld. Die kragtige orkane wat die ooskus van Amerika tans teister, is een voorbeeld. Die span gesels oor die korrelasie tussen die son se gedrag en 'n verskynsel soos 'n orkaan. Daar is ook inligting oor die satelliete wat gebruik word om die son dop te hou. En Kobus Olckers vertel van 'n nuwe satelliet wat die ruimte ingestuur gaan word, wat byna b...
Sterre en planete 02.09.2017 30:27
Een van die veteraanruimtevaarders, Chris Hadfield, het onlangs gewonder waarom mense nie eerder die maan koloniseer as Mars nie. Dit is een van die onderwerpe wat die span bespreek saam met dr. Japie van Zyl van die Jet Propulsion Laboratory in Pasadena, Kalifornië. Japie vertel ook dat daar heelwat belangstelling in Amerika is om asteroïdes te gaan myn.
Sterre en planete 27.08.2017 23:12
Die span beantwoord luisteraarsvrae oor die ruimte.
20 Aug 19.08.2017 30:28
Baie mense was die afgelope dae gaande oor 'n sterrereën wat oor Suid-Afrika gesien sou word. Die span verduidelik wat 'n sterrereën is, en waarom die Perseides nie oor Suid-Afrika gesien is nie. Daar is ook 'n verduidelking wat die verskil is tussen 'n meteoor en dit wat vroeg in 2013 oor Tsjeljabinks in Rusland bokant die aarde ontplof het.
13 Aug 12.08.2017 28:34
Wanneer Kobus Olckers uit die VSA gesels oor die verskynsels op die son, praat hy dikwels van dinge soos corona-gate, filamente en coronamassa-uitbarstings. Hy verduidelik wat die gevaarlikste van hierdie verskynsels is. Daar is ook 'n gesprek oor die onlangse gedeeltelike maasverduisdering, en hoe Willie Koorts te werk gegaan het om dit af te neem.
6 Aug 05.08.2017 27:04
Dr. Japie van Zyl vertel waarom dit lyk of NASA meer in mane belangstel as in planete. Hy praat ook oor die rol van die James Webb-ruimteteleskoop, en hoe die Jet Propulsion Laboratory by die teleskoop betrokke is. Hy gesels ook oor toekomstige moontlikhede om teleskope soos die James Webb te diens – iets wat nie tans moontlik is nie.
30 Jul 29.07.2017 30:38
GPS-toerusting gebruik satelliete wat om die aarde wentel om met navigasie te help. Ver in die ruimte sal dit nie help nie. Die span verduidelik wat ruimtewetenskaplikes doen om ruimtetuie rigting te gee, want as jy in die omgewing van Jupiter wentel, kan jy nie op 'n GPS staatmaak nie. Daar is ook inligting oor 'n Sterre en Planete-aand wat in Augustus by die Leriba hotel in Pretoria plaasvind.
23 Jul 22.07.2017 28:51
Daar is al gesê dat die meeste wat jy in ruimte sal kry, is niks, maar is daar iets soos niks in ruimteterme? Daar is ook 'n gesprek oor seine vanuit die ruimte, wat by die Arecibo-radioteleskoop in Puerto Rico opgevang is. Wat sou die seine beteken? Is dit noodwendig 'n teken van lewe?
16 Jul 15.07.2017 29:57
Hoe lyk lig in die ruimte? Het jy agtergekom dat die bemanning van die Internasionale Ruimtestasie tydens hulle ruimtewandelings helder verlig is, maar dat die agtergrond van die ruimte pikswart bly? Die span bespreek die verskynsel, en daar is ook inligting oor kleur in die ruimte. Hoe word die indrukwekkende kleure van die Hubble-teleskoop foto's verkry? Hennie Maas en die span bespreek ook Juno...
9 Jul 08.07.2017 30:20
Ons het lanklaas met Dr Anton Koekemoer van die Space Telescope Science Institute in Baltimore, Amerika gesels. Hy is vanaand die gas in Sterre en Planete. Hy brei natuurlik uit oor die werk wat die Hubble teleskoop doen, maar ook oor die skedulering van die volgende ruimteteleskoop, die James Webb. Hy gesels oor die verwagte vermoë van die teleskoop wat 1 miljoen kilometer van die aarde af op die...
2 Jul 01.07.2017 29:27
Die Opportunity Marstuig doen al vir meer as tien jaar sy werk op die Rooiplaneet. Dr. Japie van Zyl van JPL verduidelik vir ons watter take díe tuig tans verrig. Hy praat ook oor Internasionale Asteroïddag wat die afgelope week gevier is, en verduidelik dat 'n spesiale groep by die Jet Propulsion Laboratory byeengebring is om asteroïdes te soek.
25 Jun 24.06.2017 29:55
Vreemde vlieënde voorwerpe! Ons gesels oor moontlike vlieënde pierings, maar ook oor vlieënde klippe wat ons atmosfeer binnedring. Mense was die afgelope week of twee gaande oor 'n helder voorwerp wat ons ruimte ingeskeur het. Ons bespreek hierdie voorwerp en ook wat die verskil is tussen asteroides, meteore en meteoriete. Hennie Maas gesels met Willie Koorts van die SAAO en prof. Matie Hoffman va...
18 Jun 17.06.2017 30:25
Wat is die donker materie? Wel, die naam sê alles. Dit is materie wat onsigbaar is. Hennie Maas praat oor díe onderwerp tydens 'n spesiale opname by die Digitale Planetariuim in Bloemfontein. Prof. Matie Hoffman verduidelik vir ons wat materie nou eintlik is. Daar was ook vrae uit die gehoor, wat verband hou met die tergende vraag oor donker materie. Wat is byvoorbeeld die verskil tussen donker ma...
11 Jun 10.06.2017 28:29
Die aktiwiteite op die son word deur 'n paar satelliete dopgehou. Een daarvan is die Solar Dynamic Observatory. Luister na meer oor die werksverrigting van die satelliet wat onlangs sy sewende verjaardag in die ruimte gevier het. Daar is ook inligting oor die stand van Saturnus se ringe wat deesdae as “oop” beskou word. Met ander woorde as 'n mens deur 'n teleskoop na díe ringplaneet sou kyk, sal...
4 Jun 03.06.2017 30:19
Dr. Japie van Zyl, van die Jet Propulsion Laboratory in Pasadena, Kalifornië, glimlag breed want twee van hulle sonnestelselsendings werp reeds ongelooflike vrugte af. Ons brei uit oor die betekenis van die inligting oor Jupiter wat Juno besig is om na die aarde te stuur. Dr. van Zyl vertel dat dit baie beter is as wat verwag word en die kamera waarmee foto's van die pole geneem word se werksverri...
28 May 27.05.2017 29:43
Planetariums is nuttige instrumente om mense op 'n aanskoulike manier meer oor die ruimte in te lig. Prof. Matie Hoffman vertel van die nuwe tegnologie wat by 'n nuwe digitale planetarium in Kaapstad gebruik word. Hy praat ook oor donkermaterie, en of daar meer as een heelal is.
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.