RSG

Spektrum

News AF ↓ 2534 episodes

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Oct 5, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Discovery Health reageer op aantygings 15.10.2013

Ons het vroeër in Spektrum berig oor dr. Martin Young, 'n oor, neus en keelspesialis wat sy stem dik…

Jordaan wil sokker Afrikaanse skole toe vat 03.10.2013

Die nuwe president van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging, Danny Jordaan, sê hy wil sokker ook aan…

Klimaatsverandering word onderskat 27.09.2013

Klimaatsverandering word onderskat. Die Verenigde Nasies se Interregeringspaneel oor klimaatsverande…

Obama gesien as swakkeling 13.09.2013

Volgens internasionale mediaberigte lyk dit of president Barack Obama van Amerika 'n swakkeling is wat aan die hoof van 'n onsekere nasie staan. Talle Amerikaners meen die land kan dié beeld kwalik bekostig. Dit volg nadat Rusland die leiding in die Siriese krisis geneem en 'n diplomatieke skikking oor moontlike militêre optrede teen die land beding het. Suzanne Paxton praat hieroor met Roland Hen...

Dankie Tannie-pakkie maak weer sy verskyning 09.09.2013

Diegene wat destyds aan die bosoorlog deelgeneem het, sal die sogenaamde “Dankie Tannie”-pakkies ont…

ANC sal ly onder Numsa en Cosatu se skeuring 13.08.2013

'n Onafhanklike politieke ontleder, Harold Pakendorf, waarsku dat die ANC die meeste sal ly in 'n skeuring tussen Numsa en Cosatu. Numsa eis dat 'n Cosatu-vergadering môre summier afgestel word. Cosatu sal glo dan van Zwelenzima Vavi, sy hoofsekretaris, ontslae raak.

Spanning op myne 13.08.2013

Die mynwerkersvakbond, NUM, wag nog vir bevestiging van hoëvlak-samesprekings met die bestuur van Lonmin Platinum-myn in Rustenburg oor die veiligheid van sy lede. Dit volg op die dood gister van 'n vroue vakbondverteenwoordiger. Die polisie sê niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Suzanne Paxton praat hieroor met ons verslaggewer in Noordwes, Lizette Labuschagne.

Internasionale dag van linkshandigheid 13.08.2013

Vandag is dit die Internasionale dag van Linkshandigheid en volgens navorsing is sewe tot tien persent van die wêreld se bevolking linkshandig. Volgens Tracy van der Merwe, die eienaar van Left Hand Learning, besef regshandige mense nie altyd hoe moeilik dit werklik is om alles, soos sy dit stel, andersom te moet doen nie. Sy bied daarom werkswinkels aan om mense tot die besef te bring.

Miljardrand grondeis vir Mala Mala Wildreservaat 06.08.2013

Die regering se grondeis-aanbod van meer as een miljard rand aan die eienaar van die Mala Mala Wildreservaat, Michael Rattray, sal na verwagting alle ander grondeise in die skadu stel. Volgens die prokureur van die Mhlanganisweni wat by die grondeis baat, Louise du Plessis, stuur die regering verwarrende boodskappe met hierdie aanbod uit.

Eskom se laer kredietgradering kan verbruikers knou 22.07.2013

Die kredietgraderingsagentskap, Moody's, se negatiewe aanpassing van Eskom se langtermyn buitelandse valutagradering sal volgens 'n onafhanklike ekonoom 'n besliste negatiewe uitwerking op verbruikers hê. Moody's het Eskom se selfstandige kredietgehalte ook afwaarts aangepas.

MTN Qhubeka maak TDF debuut in 2015 22.07.2013

Die pas afgelope 100ste Tour de France het gisteraand op in Parys ten einde geloop. Met Suid-Afrika se Darryl Impey wat twee dae lank die geeltrui gedra het en die Keniaans-gebore Chris Froome wat as kampioen gekroon is, is die kollig op Afrika. En Suid-Afrika se MTN Qhubeka, die eerste professionele kontinentale span van Afrika, se planne is goed op dreef om in 2015 sy debuut by die Tour de Franc...

Opkikkers in skolesport 22.07.2013

Daar is nie genoeg geld om elke atleet by elke skolesportbyeenkoms vir opkikkers te toets nie, sê die voorsitter van Atletiek Suid-Afrika se Opkikkerkomitee, Chris Hattingh. Die nasionale veldtog om skole as vennote by 'n opkikkerprogram te betrek, behoort te help om die probleem van opkikkergebruik onder skoliere beter te bestuur.

Zulu oor vingers getik oor Zim 22.07.2013

President Jacob Zuma se kantoor sê sy raadgewer oor internasionale aangeleenthede, Lindiwe Zulu, het uit haar beurt gepraat oor Zimbabwe. Dit is hoekom sy in die openbaar oor die vingers getik is. President Zuma het hom gisteraand in 'n sterk bewoorde verklaring gedistansieer van Zulu se uitlatings oor die komende verkiesing in Zimbabwe. Vandag sê sy woordvoerder, Mac Maharaj, die konflik het nie...

Gratis elektrisiteit aan armes verminder 09.07.2013

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

'n Ratel wat twiet 03.07.2013

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Wat doen politieke partye om jonges se stemme te werf? 03.07.2013

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Mandla Mandela moet ootskot teruggee 03.07.2013

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Snowden speel met VSA 03.07.2013

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Afwagting op Mandela se afsterwe bring spanning mee 28.06.2013

Dis 'n tyd van slapelose nagte vir baie Suid-Afrikaners wat angstig wag op enige brokkie nuus oor oudpresident Nelson Mandela se gesondheid. Madiba is nou byna drie weke in die hospitaal en sy familie en ANC-kaders praat nou openlik van sy moontlike afsterwe. Kenners sê daar is duidelik spanning te bespeur in die Suid-Afrikaanse gemeenskap en die situasie is veral uitdagend omdat kultuur en politi...

Obama bring n magdom wapens saam 28.06.2013

Die Amerikaanse president Barack Obama kom vanaand in Suid-Afrika aan. Dié besoek kos Amerika na wat berig word, sowat een miljard rand. Obama bring gewoonlik sy eie vliegtuie, helikopters, motors en selfs 'n oorlogskip saam wanneer hy ander lande besoek.

Aftrede 25 Junie 2013 25.06.2013

Die aftreebedryf gaan grondliggend verander word met die inwerkingstelling van nuwe regulasies. 'n Begrotingsdokument wat deur die Nasionale Tesourie gepubliseer is, dui aan dat die belasting-aftrekbaarheid van individue se bydraes tot pensioenfondse en ander aftree-voorsieningsfondse wat byvoordele behels, verhoog gaan word. Die streekhoofbestuurder van Ou Mutual in die Wes-Kaap, Eksteen de Waal,...

Arab idol 25 Junie 2013 25.06.2013

Dis 'n wêrelddeel waaruit daar min goeie nuus kom - maar die inwoners van die Gaza-strook het die afgelope week iets besonders gehad om te vier. 'n Jong sanger van die gebied het die eerste Palestynse wenner geword van die Arab Idol kompetisie. Die televisiereeks se Midde-Oosterse weergawe is net so gewild as die Amerikaanse en Britse weergawes - maar vir baie van die deelnemers, is daar meer op d...

Michael Jackson 25 Junie 2013 25.06.2013

Vier jaar na die popkoning Michael Jackson se dood op 25 Junie 2009 , gaan sy oudste seun getuig oor wat daardie nag gebeur het. Prince Jackson nou sestien was 12 jaar oud in 2009 en het die ambulans gevolg wat sy pa na die hospitaal geneem het. Die familie het 'n eis ingestel teen die AEG LIVE, die promoters van sy laaste konsert toer. Die familie voer aan dat die maatskappy verantwoordelik is vi...

SA en Mosambiek bekommerd oor renosterstropery 18.06.2013

Die Minister van Omgewingsake, Edna Molewa, en die Mosambiekse Minister van Toerisme, Carvalho Muaria, het Vrydag hulle kommer uitgespreek oor renosterstropery in die Limpopo-oorgrenspark. Tydens die samesprekings is daar besluit dat 'n ooreenkoms deur die twee lande onderteken moet word. Suid-Afrika het ook die Mosambiekse regering gevra om die verskuiwing van gemeenskappe uit die park te versnel...

Arbeidsmakelaars 12.06.2013

Die ANC loop deur onder kritiek oor nuwe wysigings aan die Wet op Arbeidsverhoudinge. Die wysigings dien tans voor die parlement se portefeuljekomitee vir arbeid. Een van die punte onder bespreking is die posisie van arbeidsmakelaars. Prof. Andries Bezuidenhout van die Departement Dosiologie aan die Universiteit van Pretoria verduidelik waaroor die kwessie gaan.

Listen to the Spektrum podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.