RSG

Spektrum

News AF ↓ 2472 episodes

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Spektrum 15 Januarie 2026 15.01.2026

Padsterftes tydens die feesgety neem af in vyf provinsies. Die hoof van die Onafhanklike Onwikkelingstrust, Tebogo Malaka, bedank te midde van bewerings van korrupsie en omkopery. Luitenant-generaal Dumisani Khumalo getuig voor die ad hoc-komitee wat bewerings van politieke inmenging in die regstelsel ondersoek.

Spektrum 14 Januarie 2026 14.01.2026

Die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers stem om die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika met drie jaar te verleng, maar wat beteken dit vir Suid-Afrika? Die minister van landbou, John Steenhuisen, kondig ‘n strategie aan om bek-en-klouseer hok te slaan. Die Knysna-munisipaliteit rig 'n dringende beroep op inwoners om hulle waterverbruik drasties te verminder.

Spektrum 13 Januarie 2026 13.01.2026

Die matriekklas van 2025 behaal die hoogste slaagsyfer ooit, maar nie almal aanvaar dit nie. Ons vra hoe die gebrek aan vergaderings tussen leiers van die RNE beleidsrigting in Suid-Afrika beïnvloed. Iran onttrek aan die BRICS Vloot-oefening in Suid-Afrika in 'n poging om verdere spanning met Amerika te verhoed.

Spektrum 12 Januarie 2026 12.01.2026

Die matrieks van 2025 tel die ure af voor die slaagsyfer amptelik bekendgemaak word. Owerhede in Knysna spook om alternatiewe waterbronne te beveilig in aanloop tot 'n dreigende Dag Zero. Dele van die Nasionale Krugerwildtuin is gesluit weens swaar reënneerslae. Verskeie brande in die Oos- en Wes-Kaap woed voort.

Spektrum 9 Januarie 2026 09.01.2026

Lede van KwaZuluNatal se eenheidsregering reageer op die NFP se onttrekking. Buitengewoon swaar reën word vir die volgende week vir die noordooste van die land voorspel. Reaksie op die VSA se onttrekking aan 66 multilaterale organisasies.

Spektrum 8 Januarie 2026 08.01.2026

Die ANC vier 114de bestaansjaar. Die jongste oor die vernietigende brande in Mosselbaai. Verskeie organisasies betoog buite die Amerikaanse ambassade in Pretoria teen die VSA se optrede in Venezuela.

Spektrum 7 Januarie 2026 07.01.2026

Reaksie op die aanstelling van advokaat Andy Mothibi as die nuwe Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings. Brande in dele van die Mosselbaai-munisipaliteit in die Wes-Kaap woed voort. Meer oor die nuwe plan vir vrede in Oekraïne.

Spektrum 6 Januarie 2026 06.01.2026

Die verdagte in die moord op DJ Warras verskyn in die hof. Geslagsgeweld is tot 'n nasionale ramp verklaar, maar sommige organisasies sê dit maak nie 'n verskil op grondvlak nie. 'n Vrou van KwaZulu-Natal druk haar stempel af in die heuningbedryf.

Spektrum 5 Januarie 2026 05.01.2026

Amerika se aanval op Venezuela sorg vir 'n vars golf geopolitieke onsekerheid, en nou is Groenland glo ook in die VSA se visier. Die ANC beskuldig die SA Kommunisteparty daarvan dat hy dobbel met dié party se toekoms. Mense in die Wes-Kaap word gewaarsku om nie skulpvis, wat op die strand uitgespoel het, te eet nie.

Spektrum 19 Desember 2025 19.12.2025

Die VSA bekragtig 'n konserwatiewe aktivis se benoeming as ambassadeur na Suid-Afrika. Parool vir die Griekwastad-moordenaar, al ontken hy steeds skuld. 'n Geheimsinnige komeet beweeg naby die aarde verby.

Spektrum 18 Desember 2025 18.12.2025

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens voorspel 'n nat Kersfees en Nuwejaar, met 'n waarskuwing van 'n La Niña-weerverskynsel. Die meerderheid van Suid-Afrika se water is nie geskik om te drink nie. Die drama oor onwettige mynboubedrywighede in Bapong in Noordwes, verdiep.

Spektrum 17 Desember 2025 17.12.2025

Die Minister van Binnelandse Sake reageer op gerugte dat Amerikaanse amptenare in Johannesburg aangehou is. Die Wes-Kaap se misdaadsyfers vir die derde kwartaal word vandag bekendgemaak. Regeringslui wens Bafana Bafana sterkte toe vir hulle eerste wedstryd teen Angola by die Afrika Nasies-sokkertoernooi in Morokko.

Spektrum 16 Desember 2025 16.12.2025

Die eerste G20-sjerpa-vergadering vind plaas in Washington DC in die afwesigheid van Suid-Afrika. Die Speaker van KwaZulu-Natal se wetgewer oorweeg regstappe teen 'n MK-partylid ná gister se chaotiese mosie van wantroue. 'n Verhoogde vlak van dringendheid deur die regering oor die omvang geslagsgebasseerde geweld.

Spektrum 15 Desember 2025 15.12.2025

Die minister van binnelandse sake stel strenger reëls voor vir immigrante om burgerskap in Suid-Afrika se bekom. Koringprodusente eis dringend antwoorde van die regering oor invoerheffings. Streng waterbeperkings word ingestel in verskeie munisipaliteite in die Wes-Kaap. Onsekerheid onder oudsoldate wat staatmaak op die weermag se mediese voortsettingsfonds.

Spektrum 12 Desember 2025 12.12.2025

Ethiopian Airlines word beboet in verband met mensehandel. Die Departement van Basiese Onderwys word vanuit alle oorde gelukgewens met die tydige ingryping ná die uitlek van matriekvraestelle. Die Dierebeskermingsvereniging waarsku oor weggooi-troeteldiere.

Spektrum 11 Desember 2025 11.12.2025

Die DA wil 'n interdik bekom teen die onderhoudsproses vir die pos van Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings. Twee regeringsamptenare geskors vir die uitlek van sewe matriekvraestelle. Daar is 'n voorstel om voornemende besoekers aan Amerika se sosiale media-profiele deur te gaan voordat hulle in dié land toegelaat word.

Spektrum 10 Desember 2025 10.12.2025

Cosatu is bekommerd oor die spanning tussen sy alliansievennote, die ANC en SAKP. Australië begin met die wêreld se eerste sosiale media-verbod vir tieners. Vrae oor die effektiwiteit van die Sestien Dae-veldtog teen geweld teen vroue en kinders, wat vandag ten einde loop.

Spektrum 9 Desember 2025 09.12.2025

Die ANC se geld- en ledetal-krisis onder die vergrootglas. 'n Ooreenkoms tussen Eskom en chroomsmelters kan die aflegging van duisende werkers stuit. Hoe gemaak wanneer jy by 'n padblokkade gedwing word om 'n boete te betaal? Ons praat met 'n regsgeleerde.

Spektrum 8 Desember 2025 08.12.2025

Ons praat met 'n politieke ontleder oor die ANC se hoofraadsvergadering. Dis nog onseker of die sluipmoord op Marius van der Merwe weens sy getuinis voor die Madlanga-kommissie was, of sy stryd teen onwettige mynboubedrywighede. Kommer oor gerugte dat die verspreiding van bek-en-klouseer-inentings gesaboteur word.

Spektrum 5 Desember 2025 05.12.2025

Die SAKP gaan nié die ANC in die komende plaaslike regeringsverkiesing steun nie. Die jongste oor die brande in die Wes-Kaap. Die groot vakansie-uittog begin - 'n kenner gee veiligheidswenke.

Spektrum 4 Desember 2025 04.12.2025

Amerika se minister van buitelandse sake herbevestig dat Suid-Afrika nie welkom is by volgende jaar se G20-beraad in Miami nie. Infrastruktuur-, onderwys-, en gesondheids-projekte in die Vrystaat steier weens onderbesteding . Goeie vordering om die konstruksiemafia in KwaZulu-Natal aan bande te lê.

Spektrum 3 Desember 2025 03.12.2025

Suid-Afrika is nie genooi na die eerste Sjerpa-vergadering van die G20 nie. Die parlement gaan 'n oorsigkomitee oor die presidensie stig. Fedsas nader die hof oor regeringsopdragte, wat beperkings op openbare skole sal plaas om hulle eie finansies te bestuur. Ons fokus op die tendens van swendelaars, wat toenemend toelaes vir gestremdes teiken.

Spektrum 2 Desember 2025 02.12.2025

Suid-Afrika se ekonomie het effens in die derde kwartaal gegroei. Die Weerdiens versoek landsburgers om ag te slaan op hulle weerwaarskuwings. Die Cites-vergadering verwerp 'n voorstel om weer handel in renosterhoring toe te laat. Afriforum is bekommerd oor die skoleplasingskrisis in Gauteng.

Spektrum 1 Desember 2025 01.12.2025

Vyf verdagtes wat glo huursoldate vir Rusland gewerf het, sal na verwagting vandag in die hof verskyn. Swaar reën en hael rig groot skade aan in Tshwane. Die polisie is steeds op soek na verdagtes wat 'n egpaar op hulle plaas in Baltimore aangeval het.

Spektrum 28 November 2025 28.11.2025

Die Madlanga-kommissie se aandag wend terug na die 121 misdaaddossiere wat van Durban na Gauteng verskuif is. Die EFF eis die vrystelling van die Konstitusionele Hof se uitspraak oor die diefstalskandaal by president Cyril Ramaphosa se plaas in Limpopo. Die jongste misdaadstatistiek word ná twee keer se uitstel, bekendgemaak.

Listen to the Spektrum podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.