RSG

Spektrum

News AF ↓ 2472 episodes

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Spektrum 26 Maart 2026 26.03.2026

Die DA lê 'n strafregtelike klag oor SETA-wanbestuur van R637-miljoen. 'n Waterskeidinghofsaak oor sosiale media-verslawing. Ekonome verwag dat die repokoers onveranderd sal bly.

Spektrum 25 Maart 2026 25.03.2026

Twaalf senior polisiebeamptes in die hof oor 'n tender van R360-miljoen. Afriforum oorweeg die private vervolging van Fikile Mbalula. Sowat die helfte van stemgeregtigde Suid-Afrikaners is nie vir vanjaar se plaaslike regeringsverkiesing geregistreer nie.

Spektrum 24 Maart 2026 24.03.2026

Tenderonreëlmatighede in die Tshwane Metropolisie is onder die vergrootglas by die Madlanga-kommissie. Die Appèlhof las dat Eskom die inhoud van sy diesel- en steenkoolkontrakte aan Afriforum bekend maak. Dis 'n tweeman-stryd vir die posisie van DA-leier. Boere in die Tuinroete in die Wes-Kaap ontvang broodnodige droogtehulp.

Spektrum 23 Maart 2026 23.03.2026

Die DA wil die Madlanga-kommissie nader oor bewerings van korrupsie in die Tshwane-metro. Die oorskot van al vyf mynwerkers, wat by die Ekapa-myn ondergronds vasgekeer was, is na die oppervlak gebring. Gauteng se departement van gesondheid doen stappe om uitstaande pasiëntgelde te verhaal.

Spektrum 20 Maart 2026 20.03.2026

OUTA gaan met Sanral bemiddel oor motoriste se agterstallige e-tolskuld. Statistieke Suid-Afrika sê minder mense trou as tien jaar gelede. 'n WhatsApp-platform rus onderwysers toe met die vaardighede om gehoorverlies onder kinders vroeg te kan identifiseer.

Spektrum 19 Maart 2026 19.03.2026

Die parlementêre ad hoc-komitee beweeg na 'n volgende fase in sy werksaamhede. Intussen is die Madlanga-kommissie besig om opspraakwekkende getuienis aan te hoor. Eskom sê sy finansiële posisie is besig om te verbeter met die regering se skuldverligtingshulp.

Spektrum 18 Maart 2026 18.03.2026

Die verbruikersinflasiekoers verlangsaam. Die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, is die laaste getuie om voor die parlementere ad hoc-komitee te getuig. Die Universiteit van Wes-Kaapland bied 'n seminaar aan oor bendegeweld en sosiale disfunksie.

Spektrum 17 Maart 2026 17.03.2026

Sakereddingspraktisyns wil die Poskantoor likwideer - ons praat met Mark Barnes, 'n voormalige bestuurshoof. Dis geen grap nie - hengse prysverhogings wag by die pomp op 1 April. President Donald Trump wil Kuba oorneem.

Spektrum 16 Maart 2026 16.03.2026

Die ANC beveel aan dat Johannesburg se burgemeester, Dada Morerom herroep word. Kan die Weermag die probleem van onwettige mynbou help oplos? ** Vlugte word geleidelik in Dubai hervat ná ’n hommeltuig-aanval.

Spektrum 13 Maart 2026 13.03.2026

Talle vrae oor die Weermag se ontplooiing in woonbuurte. Defend Our Democracy kap die president oor die Sisi Khampepe-kommissie. News24 slaag in sy appèl teen 'n bevinding deur die Pers-ombud oor ‘n artikel oor onteiening.

Spektrum 12 Maart 2026 12.03.2026

Die Vryheidsfront Plus sê die Suid-Afrikaanse regering het dalk sy hand oorspeel deur Amerika se ambassadeur, te ontbied. Die lugredery, FlySafair, plaas 'n spesiale heffing op vliegtuigkaartjies. Die nuwe hoof van die NVG, Andy Mothibi, maak sy lys van prioriteite vir sy termyn bekend. Wildehond-toerisme begin posvat.

Spektrum 11 Maart 2026 11.03.2026

Brent ru-olie verhandel onder $90 per vat. Die Inligtingsreguleerder nader weer die hof om die publikasie van matriekuitslae in die media te betwis. Meer as 500 weermaglede sal in Gauteng ontplooi word, om onwettige mynboubedrywighede te bestry.

Spektrum 10 Maart 2026 10.03.2026

Die ANC in Kaapstad eis dat die polisie se politieke moorde-taakspan die dood van die wyksraadslid, Lazola Gungxe, ondersoek. Koeberg se noodplan is verouderd en werk nie behoorlik nie, sê 'n kenner. Iran en Amerika handhaaf albei steeds 'n ongenaakbare houding teenoor mekaar.

Spektrum 9 Maart 2026 09.03.2026

Die parlementêre sekretaris, Xolile George, se platinum-salarisverhoging van sowat R 2 000 000 laat steeds mense se oë rek. Groot brandstofskokke word verwag weens die Iran-oorlog. 'n Maand later het niemand skynbaar 'n idee presies waar en hoe die Weermag ontplooi sal word nie.

Spektrum 6 Maart 2026 06.03.2026

Vals en ontoereikende doktersbriewe word by die Madlanga-kommissie bespreek. Ministers se magte en bevoegdhede onder die loep ná die hooggeregshof beslis dat die Minister van Finansies nie korrek was om BTW te verhoog nie. Die Verenigde Nasies hoor dat die toename in die vraag na kritieke belangrike minerale 'n belangrike dryfkrag agter geopolitieke mededinging is.

Spektrum 5 Maart 2026 05.03.2026

Paul O'Sullivan verskyn vandag weer voor die parlementêre ad hoc-komitee. Hulde aan die immergewilde Soli Philander. Showmax gaan sy deure toemaak.

Spektrum 4 Maart 2026 04.03.2026

Hulde aan die COPE-leier, Mosiuoa Lekota. Demokrate bevraagteken die VSA se toetrede tot die oorlog in die Midde-Ooste. Dis vandag reg of weg vir die Proteas teen die Kiwis.

Spektrum 3 Maart 2026 03.03.2026

Die dodetal in 'n gebou-ineenstorting in Ormonde in Johannesburg styg tot nege. Saai en Vrystaat Landbou sleep die Minister van Landbou hof toe oor sy maatreëls om die bek-en-klouseer-uitbreking te stuit. 'n Veldtog is begin om steun te werf vir die sakeman, Patrice Motsepe, om die volgende ANC-president te word.

Spektrum 2 Maart 2026 02.03.2026

Iran gaan voort met aanvalle op Amerikaanse teikens in die Midde-Ooste. Oliepryse styg, terwyl aandelemarkte tuimel te midde van die konflik. Die Madlanga Kommissie oorweeg regstappe teen die sakeman, Brown Mogotsi.

Spektrum 27 Februarie 2026 27.02.2026

Die paneel wat Iran se deelname aan 'n BRICS-vlootoefening ondersoek, val nou onder die presidensie. Johannesburg kry sy eerste 'n adjunkburgemeester. Die Minister van Minerale en Petroleumhulpbronne, Gwede Mantashe, besoek weer die Ekapa-myn in Kimberley. Die spanning loop hoog nadat Pakistan lugaanvalle op teikens in Afghanistan uitgevoer het.

Spektrum 26 Februarie 2026 26.02.2026

‘n Mosie van wantroue teen die burgemeester van Johannesburg, Dada Morero, word vandag gedebatteer. Die hoof van die inkomstediens, Edward Kieswetter, beskryf die begroting wat die minister van finansies, Enoch Godongwana ter tafel gelê het, as konserwatief. Amerika se ambassadeur in Suid-Afrika, Leo Brent Bozell III, wil handelsbande tussen dié twee lande versterk.

Spektrum 25 Februarie 2026 25.02.2026

Politieke partye deel hulle verwagtinge van vanjaar se begrotingsrede. Rand Water pomp glo nie meer water uit die Vaalrivier-stelsel na Gauteng se stede nie. 'n Uitbreking van bek-en-klouseer in Lesotho bevestig.

Spektrum 24 Februarie 2026 24.02.2026

Die Departememt van Landbou vra private veeartse om te help met inentings teen bek-en-klouseer. Nóg Suid-Afrikaners wat in die Rusland-Oekraïne-oorlog gesleep is, word van môre af terug verwag. 'n Pleidooi dat valutabeheer in die begrotingsrede verslap word.

Spektrum 23 Februarie 2026 23.02.2026

'n Ekonoom probeer sin maak van president Trump se nuwe 15%-invoertarief. Namibië hou die uitbreking van bek-en-klouseer in Suid-Afrika met valkoë dop. Ons bespreek Gauteng se provinsiale rede, wat vanmiddag gelewer word.

Spektrum 20 Februarie 2026 20.02.2026

Die Minister van Minerale en Petroleum-hulpbronne, Gwede Mantashe, besoek die Ekapa-myn in Kimberley, waar vyf mynwerkers vasgekeer is. Die seun van die wyle president van Zimbabwe, Robert Mugabe, sal na verwagting Maandag in die hof verskyn ná 'n skietvoorval by 'n eiendom in Johannesburg. Die DA kap die Tshwane Metro oor loonverhogings wat aan munisipale werkers toegestaan is.

Listen to the Spektrum podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.