RSG
RSG Landbou
'n Program vir boere dwarsoor die land.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
RSG Landbou: Bek-en-klouseer; Shiraz en Syrah 21.08.2026 21:34
21 Augustus 2026: Dr. Ansulize Pepler, ’n staatsveearts, praat oor bek-en-klouseer in die Wes-Kaap en die maatreëls wat getref is om die veekundige ekonomie te beskerm. Sy verduidelik dit ook aan die hand van landbouskoue. Tertius Boshoff, die hoofwynmaker by Stellenrust, verduidelik die verskil tussen ‘n Shiraz en Syrah.
RSG Landbou: Wagyu 20.08.2026 25:16
20 Augustus 2026: Wagyu-vleis is ‘n premiumproduk, maar wat beteken dit vir die verbruiker, die produsent en die handelsmerk? Tanya Pieterse van die Wagyu-genootskap praat oor regulatoriese aangeleenthede en protokolle, en deel ‘n paar feite oor die gesondheidsvoordele van dié vleis. Dit is ook onderwerpe wat tydens die Wagyu-wêreldkonferensie op 13 en 14 Oktober in die Wes-Kaap bespreek sal word....
RSG Landbou: ‘Ongekende en ongesonde tydperk vir diere’ 19.08.2026 24:17
19 Augustus 2026: Dit is ongekende en ongesonde tye vir diere in Suid-Afrika. Sá sê prof. Dietmar Holm van die Universiteit van Pretoria. Hy is onlangs aangestel as die Melkprodusente-organisasie se hoofveearts, en sal Melk SA se dieregesondheid- en welsynsprojek onder die MPO-vaandel lei. Ons praat met hom oor sy nuwe rol. Het jy geweet die meeste vars groente en vrugte word daagliks tussen 12:00...
RSG Landbou: Wagyu-wêreldkonferensie in Oktober in SA 18.08.2026 23:13
18 Augustus 2026: Die Wagyu-beestelersgenootskap van Suid-Afrika is in Oktober vanjaar die gasheer van die Wagyu-wêreldkonferensie. Waldo Scheepers vertel van hierdie geleentheid, spesifiek van die produksiepraktyke wat tydens die konferensie aandag sal geniet. Karsten Boerdery is ‘n bekende tafeldruifprodusent van die Noord-Kaap. Hulle het ook ‘n plaas by De Doorns. Anton Bothma is die bestuurder...
RSG Landbou: Rico, die Merino-ram, en ’n beursfonds vir jongmense 17.08.2026 21:47
17 Augustus 2026: Rico is ‘n Merino-ram wat vir langer as vyf jaar op sy eie in uiterste toestande in die Moordenaarskaroo oorleef het. Sy verhaal van veerkragtigheid skep nou ‘n geleentheid vir hardwerkende jongmense deur middel van 'n beursfonds. Dan Kriek van die Nasionale Wolkwekersvereniging vertel van die nuwe moontlikhede wat hieruit voortvloei. Die eerste Suid-Afrikaanse Tafeldruifkonferen...
RSG Landbou: Jo-Andra se hoenders 15.08.2026 11:54
15 Augustus 2026: Jo-Andra Cloete Greegory se landboupad was aanvanklik onbeplan, maar die hartsreis wat sy onderneem het om haar plaas te vestig, het een geword waarop daar nie terugedraai kon word nie. Our Poultry Place is die naam van haar plaas en onderneming, en dis hier waar duisende kuikens hulle eerste lig onder haar wakende oog aanskou. Jo-Andra het destyds lewende kuikens en hoenders uit...
RSG Landbou: Plantgesondheid-navorsing; Naakslakke en dopslakke 14.08.2026 24:34
14 Augustus 2026: Ons kyk na die belangrikheid van plantgesondheid-navorsing. Ons plaas die kollig op hoe die bedryf die volgende geslag kan inspireer om hulle plek in een van Suid-Afrika se belangrikste ekonomiese sektore in te neem. En, ons hoor hoe om suksesvol van naakslakke en dopslakke ontslae te raak.
RSG Landbou: Nasionale Wolkwekersvereniging vier eeufees 13.08.2026 25:09
13 Augustus 2026: Die Nasionale Wolkwekersvereniging vier vanjaar hulle honderdste bestaansjaar. Hullw het ook hulle 95ste kongres gehou. Dr. Arno Moore, ‘n voormalige bestuurder van die vereniging, praat oor die hoogtepunte tydens sy dienstydperk. Johan van den Berg het die jongste landbouweernuus, Chris Derksen het die jongste vleispryse.
RSG Landbou: Brahman SA se vleisgehalte navorsingsprojek; Aalwurms by subtropiese gewasse 12.08.2026 20:07
12 Augustus 2026: Die Brahman SA-beestelersgenootskap se vleisgehalte navorsingsprojek is reeds ‘n paar jaar aan die gang. Die bevindinge wys dat die vleis van suiwer Brahmankarkasse wat uit geregistreerde ouers geteel is, genoegsame variasie het om seleksie vir goeie gehalte vleis moontlik te maak. Sytze Smit praat met ons hieroor, en hy vertel wat ons van hulle nasionale veiling op 5 September b...
RSG Landbou: Anatoliese herdershond-veewagterprojek 11.08.2026 22:30
11 Augustus 2026: Die Anatoliese herdershond-veewagterprojek is in 2005 deur die Cheetah Outreach Trust begin om mens/roofdier-konflik op plase te verminder. Hierdie projek plaas dié kenmerkende honde by boere om hulle kleinvee teen roofdiere soos jagluiperds te beskerm. Hoe word plantenergie gemeet? At van Schalkwyk van World Focus Agri verduidelik.
RSG Landbou: Tweede SA Preserveerkampioenskap 10.08.2026 23:56
10 Augustus 2026: Die eerste nasionale Suid-Afrikaanse Preserveerkampioenskap, wat in 2025 deur Agri-Expo aangebied is, het 456 inskrywings van 66 vervaardigers gelok. Vanjaar se aflewering het ‘n rekord 700 inskrywings van 85 vervaardigers ontvang. Die beoordeling het onlangs in Durbanville plaasgevind. Ons gesels met hoofbeoordelaar, Susina Jooste. Louma Boerdery en Nedibest Brahman se derde Bra...
RSG Landbou: Agri Wes-Kaap Santam Jongboer van die Jaar 08.08.2026 13:04
8 Augustus 2026: Richard Hutton-Squire is aangewys as Agri Wes-Kaap Santam se Jongboer van die Jaar. Hy boer in die Elgin/Grabouw-omgewing met appels en pere. Hy is ook ‘n kampioenseiljagvaarder wat al sy staal getoon het in internasionale waters. Selfs wanneer hy die uithoeke van die aarde besoek, sorg hy dat sy plaas besproei word, deur gebruik te maak van tegnologie.
RSG Landbou: VLV Kaapland; Waarom ouderdomsperk op alkoholvrye produkte? 07.08.2026 22:19
7 Augustus 2026: Ons bring hulde aan die Vroue Landbouvereniging van Kaapland. Prof. Pieter Gouws van die Universiteit Stellenbosch vetrel van nuwe loopbaangeleenthede in voedselveiligheid. Prof. Wessel du Toit van die Departement Wingerd- en Wynkunde aan die Universiteit Stellenbosch verduidelik waarom daar ‘n ouderdomsperk op alkoholvrye produkte is.
RSG Landbou: CITES-terminologie oor houtprodukte uitgebrei 06.08.2026 22:26
6 Augustus 2026: Het jy geweet dit kos bykans €400 om houtskilde of monteerplate vir jagtrofeë uit te voer? Dié hoë koste is as gevolg van ‘n CITES-permit wat tans van geld. Die Koalisie vir Volhoubare Benutting in Suid-Afrika (Suco-SA) en een van sy lede, die Suid-Afrikaanse Taksidermie- en Leerlooieryvereniging, het in Julie ‘n versoek ingedien dat die amptelike terminologie oor houtprodukte uit...
RSG Landbou: Marktoegang vir SA wyne; Nampo Kaap 05.08.2026 22:51
5 Augustus 2026: Wie veg vir die Suid-Afrikaanse wynbedryf se plek aan die tafel? Agter elke bottel wyn staan ‘n span mense en Christo Conradie van South Africa Wine. Ons praat met hom oor marktoegang en beleid. “Saam groei ons beter” is die tema van vanjaar se Nampo Kaap. As een skakel van die landbouwaardeketting seer kry, kan die res nie optimaal funksioneer nie, sê die voorsitter van Bredasdor...
RSG Landbou: Verkeerde weidingsbestuur kan tot 100 jaar neem om te herstel! 04.08.2026 23:36
4 Augustus 2026: Verkeerde weidingsbestuur, wat plantegroei beskadig in droë gebiede soos dele van die Noord-Kaap, kan tot 100 jaar neem om te herstel! Dr. Mark Chimes van Melk SA is die projekleier van die Melkprodusente-organisasie se dierewelsyn- en gesondheidsprojek. Een van hulle navorsingsprojekte is om vas te stel hoe lank die bek-en-klouseervirus in melk uitgeskei word, en in die uier van...
RSG Landbou: SA aartappeloes grootste nóg 03.08.2026 23:46
3 Augustus 2026: Aartappels SA het onlangs sy jaarkongres in Johannesburg aangebied. Volgens Willie Jacobs het Suid-Afrika vanjaar die grootste volume aartappels nóg in die geskiedenis afgehaal, in weerwil van hoër insetkoste, aartappelpryse en uitdagende produksie-omstandighede. Het jy geweet dat aartappels en uie die enigste nie-verwerkte produkte in ‘n tipies Suid-Afrikaanse stapelvoedselmandji...
RSG Landbou: Biologiese immortaliteit 01.08.2026 12:25
1 Augustus 2026: Wat en waar is die oudste (190 jaar) lewende dier? Daar is ander spesies wat tot 500 jaar oud kan word! Ons vind uit wat biologiese immortaliteit behels.
RSG Landbou: SA boere al hoe meer vertroud met weeruiterstes 31.07.2026 21:25
31 Julie 2026: Van 45 grade-hitte wat sitrusboorde in Citrusdal verskroei, tot swaar reën wat tafeldruifwingerde benadeel: Suid-Afrikaanse produsente raak al hoe meer vertroud met een van die grootste uitdagings van moderne landbou - weeruiterstes wat gewasse onder erge fisiologiese stres plaas. Die Jack Human Bewaringslandbouweek word van 5 Augustus af aangebied. Professor Johann Strauss van die...
RSG Landbou: Landboukwalifikasies 30.07.2026 21:47
30 Julie 2026: Landbouvakke word deesdae in al hoe meer hoërskole in Suid-Afrika aangebied. Dis nou ook die tyd van die jaar wanneer skoolleerders loopbaanbesluite moet maak en instansies vir verdere studie oorweeg. Shaun Welmans van Agri Skills Transfer beantwoord ‘n luisteraarsvraag oor erkende kwalifikasies wat ‘n kandidaat by ‘n tersiêre instelling kan verwerf. Johan van den Berg is terug met...
RSG Landbou: LFR Veeskool 29.07.2026 23:34
29 Julie 2026: Wie is vandag se rooivleisverbruiker? Dis een van die vrae wat tydens die LFR Veeskool bespreek sal word. Die Lewendehawe Registrerende Federasie bied dié geleentheid van 7 tot 9 Oktober aan by Aldam. Natuurwetenskaplike praktisyns wat by SACNASP geregistreer is, mag ook nou vir die eerste keer CPD-punte verdien indien hulle die Veeskool bywoon. Ons praat met Laurence Allem van Miel...
RSG Landbou: Rosyntjies se uisonderlike prestasie; Die ‘doodmaakmaande’ is op hande 28.07.2026 25:15
28 Julie 2026: Sowat 90% van Suid-Afrika se rosyntjies word uitgevoer. Die bedryf het onlangs weer die 100 000 ton merk gehaal. Ons gesels met Wessel Lemmer en Chantelle Kotzé van Raisins SA oor hierdie uitsonderlike prestasie. Augustus, September en Oktober word in die veebedryf as die sogenaamde ‘doodmaakmaande’ beskou. Dis 'n uitdagende oorgangstydperk tussen winter en somer, waartydens weiding...
RSG Landbou: Groei vir Goud-opbrengskompetisie; Nuwe grondbakteriespesie 27.07.2026 25:05
27 Julie 2026: Het jy al aan Graan SA se 2026 Groei vir Goud-opbrengskompetisie deelgeneem? Boere wat deelneem leer die beste by medeboere, en volgens Graan SA is dit die doel van die kompetisie. Daar is verskeie kategorieë waarvoor ingeskryf kan word. Mikrobioloë van die Universiteit Stellenbosch het ‘n nuwe grondbakteriespesie in die Kogelberg Natuurreservaat ontdek.
RSG Landbou: ‘Die moeilikste seisoen in 21 jaar’ 25.07.2026 13:29
25 Julie 2026: Christi van den Heever is drie jaar gelede aangewys as Jongboer van die Jaar in die Wes-Kaap. Hy boer vir Graaff Fruit as landgoedbestuurder op die plaas, Rietfontein, in die Koue Bokkeveld. Hy beskryf die afgelope seisoen as die moeilikste een in 21 jaar. Hy deel van die lesse wat hy geleer het, en hoe hy moed gehou het in die uitdagendste van tye.
RSG Landbou: Waarskuwing vir canolaboere 24.07.2026 20:39
24 Julie 2026: Rooibos is op pad na die buitenste ruim! Marthane Swart van die SA Rooibosraad verduidelik waarom dit van waarde op aarde is. Lizette Nowers, ‘n wetenskaplike navorser by die Departement Landbou in die Wes-Kaap, en navoringstegnikus Piet Lombard deel ‘n dringende boodskap aan canolaboere, wat verband hou met ongewone mistige toestande wat op die oomblik voorkom.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.