Netwerk24 Klankgolwe
Rapport Praat Sport
Rapport se sportredaksie ontleed alles in die sportwêreld.
Author
Netwerk24 Klankgolwe
Category
Podcast website
Latest episode
Jul 8, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Rassie oor plan vir 2025: ‘Wen genoeg om goeie WB-loting te kry’ 18.06.2025 22:58
Vandeesweek in Rapport Praat Sport kyk ons na die Proteas se spogsege in die eindstryd van die Wêreld-toetskampioenskap. Ons hoor by Shukri Conrad wat dié oorwinning vir hom en sy span beteken. Ons hoor ook by Rassie Erasmus, Springbok-afrigter, wat sy planne vir die jaar inhou en wanneer hy beoog om Boan Venter, sy nuwe loskopstut, op die grootste verhoog te toets. Ons bekyk ook die Bulle se nede...
Schalk oor Comrades: ‘Laaitie hol agter my aan vir handtekening!’ 11.06.2025 25:08
Die komediant en akteur Schalk Bezuidenhout het Sondag die Comrades-ultramarathon vir die eerste keer aangedurf en ’n tyd gehardloop waarmee hy sommer baie tevrede is. Dié week sluit hy hom op Rapport Praat Sport aan en gesels oor sy voorbereiding en sy wedloop. Hy vertel hy het in ’n stadium begin mik vir ’n goeie tyd en aanhoudend somme in sy kop gedoen om te verseker sy pas is reg. Dit was in d...
Powell oor oogknip-sage: ‘Jaden se kramp so erg hy kon nog nie weer oefen’ 04.06.2025 29:15
Die oogknip-herrie het die rugbywêreld behoorlik op hol. Siya Kolisi sê die Iere moet oor Jaden Hendrikse se stoute oogknip vir die Munster-losskakel Jack Crowley kom. Munster sê Hendrikse het aangesit – hy het g’n ’n kuitkramp gehad in dié spanne se spannende uitskopstryd verlede naweek op Kingspark nie. Dié week in Rapport Praat Sport sluit Neil Powell, die Haaie se direkteur van rugby, hom by o...
Die Bomb Squad-les wat Johann van Graan by Rassie leer 28.05.2025 33:16
Johann van Graan, voormalige Springbok-hulpafrigter, het in 2022 ’n Bath-rugbyspan geërf wat, in sy eie woorde, gebroke was. Binne drie seisoene het Van Graan dié Engelse span in ’n breker-eenheid omskep. Bath het vanjaar reeds die Premierliga se Beker-kompetisie gewen, en ook die Uitdaagbeker verower deur verlede naweek vir Lyon te klop. Hulle is boonop reeds verseker van die boonste plek op die...
Wat eet die wêreld se sterkste man? Álles, sê Rayno Nel 21.05.2025 21:37
As ’n jong laaitie in Upington was dit Rayno Nel se droom om eendag groot rugby te speel. Dié droom het later begin wegsyfer . . . en plek gemaak vir iets anders. Nel het die afgelope naweek die Worlds Strongest Man-kompetisie in Amerika gewen. “Ek sal nou dié sport vir niks verruil nie,” sê Nel in vandeesweek se episode van Rapport Praat Sport. Hy vertel wat dit verg om ’n sterkman te wees en sê...
Brok Harris: ‘Toe gooi Luke Watson vir my ’n oefentrui...’ 14.05.2025 36:12
Ná ’n loopbaan van bykans twee dekades, en 435 eersterangse wedstryde, het Brok Harris sy tokse weggebêre. Dié week sluit die Stormers-strydros hom by ons aan op Rapport Praat Sport om te oor sy loopbaan gesels. Hy verklap sy taaiste teenstander, die beste speler saam met wie hy ooit gespeel het, en hoe hy die teleurstelling verwerk het om nooit vir die Bokke te speel nie. Hy vertel waar sy bynaam...
Dawie Theron verklap: ‘Die berge wat ek moes versit om Pollard te kies’ 07.05.2025 42:44
Dawie Theron was al die afrigter van Griekwas en die Junior Bokke, en ’n hulpafrigter by die DoCoMo Red Hurricanes in Japan. Waar was hy die gelukkigste? Net waar hy nou is – by Paarl Gimnasium as dié skool se direkteur van rugby. “Ek verdien seker die minste geld tot nog toe in my loopbaan, maar ek was nog nooit gelukkiger nie,” vertel Theron dié week op Rapport Praat Sport. Die oud-Bok-stut sê o...
Jacques Burger: Rugby se taaiste man . . . én ’n J.K. Rowling-karakter 30.04.2025 30:24
Hy het sy neus etlike kere gebreek, albei sy wangbene gebreek, 12 operasies op die regterknie gehad en drie aan die regterskouer . . . geen wonder dat Jacques Burger bekend staan as een van die taaiste, mees ongenaakbare rugbyspelers tot nog toe. Vandeesweek sluit dié Namibiese boer hom op Rapport Praat Sport aan om te gesels oor sy rol as die Biltongboere se direkteur van rugby en ’n bietjie teru...
Skolerugby: ‘Elke top-skool koop spelers’ 23.04.2025 30:28
Skolerugby is reusagtig groot in Suid-Afrika. ’n Paar weke gelede het ons op Rapport Praat Sport die vraag gevra: Is dit besig om te professioneel te word? Dié week sluit Hannes Nienaber, die grootste skolerugby-kenner in die land, hom by ons aan. Ons praat oor skolerugby-strukture, reisreëlings, die keurproses en hoe beroepsgerig die spel nou werklik is op skolevlak. Hannes verduidelik ook hoe di...
Josh Strauss: ‘Schalk se bier-filosofie is in die kol!’ 16.04.2025 33:54
Josh Strauss sluit hom vandeesweek op Rapport Praat Sport aan om te gesels oor die Ikeys se sege in die Varsitybeker-reeks. Strauss, voormalige losvoorspeler van die Leeus, Glasgow, die Bulle en natuurlik Skotland, is die Ikeys se voorspelerafrigter. Hy vertel van ’n spanpraatjie wat die Bok-flank Schalk Burger eenkeer gelewer het en hoe hy in die kol was met sy bier-filosofie. Strauss praat ook o...
Neil Powell onthul waarom Haaie met B-span na Lyon opruk 09.04.2025 31:12
In dié week se Rapport Praat Sport sluit Neil Powell, die Haaie se direkteur van rugby, hom by ons aan. Hy verduidelik die denkrigting agter die besluit om nie hul sterkste span na Lyon te stuur vir hul Uitdaagbeker-uitklopwedstryd daar nie. Hy verklap ook wanneer Eben Etzebeth en Aphelele Fassi na verwagting hul terugkeer ná beserings sal maak, en sê die span gaan voluit gaan vir silwerware in di...
Is skolerugby te professioneel? 02.04.2025 37:03
In vandeesweek se Rapport Praat Sport gesels ons oor die Verenigde Rugbykampioenskap (VRK), skolerugby en krieket. Ons wonder hardop waarom die Haaie steeds nie volgens hul volle potensiaal presteer nie, maar besing ook Siya Kolisi se lof. Hy is tans die beste voorbeeld van die soort uithalerspel wat ’n gereelde Springbok vir sy plaaslike span moet lewer. Die skolerugby-seisoen begin momentum opte...
FNB moes oorsese maatskappye uitstof om Bok-borg te word 26.03.2025 32:58
Hendrik Cronjé vertel dié week in Rapport Praat Sport die Suid-Afrikaanse Rugbyunie het belangstelling van oorsese maatskappye gekry om die Springbokke se nuwe hoofborg te word, maar die aanbod wat Eerste Nasionale Bank (FNB) op die tafel geplaas het, was eenvoudig te goed om te ignoreer. Skielik, sê Hendrik, is Suid-Afrikaanse rugby in ’n baie gesonde posisie. Die voormalige 400 m-hekkiesatleet L...
Jimmy Stonehouse: ‘Jy kan nie meer met ’n dom ou rugby speel nie’ 19.03.2025 26:02
Vandeesweek se Rapport Praat Sport is ’n spesiale een: Die legendariese Jimmy Stonehouse, Puma-afrigter, sluit hom by ons aan. Hy praat padlangs oor die uitdagings wat die Pumas in die gesig staar, oor die huidige rugby-milieu en hoe dit in die laaste paar jaar verander het, maar ook oor dít wat hulle steeds in Mbombela regkry. Jimmy sê hoe belangrik dissipline en respek vir hom is – soveel so dat...
Kwota-storm: Warriors gelooi met R500 000-boete 12.03.2025 29:07
In dié week se Rapport Praat Sport bespreek Tinus van Staden en Fanie Heyns die jongste transformasie-herrie in Suid-Afrikaanse Krieket. Die Warriors is met ’n boete van R500 000 gelooi én is hul plek in die Eendagreeks se uitspeelwedstryde kwyt omdat hulle sonder toestemming nie aan KSA se transformasieteikens voldoen het vir ’n kragmeting met die Dolphins nie. Ons bespreek dié situasie en kyk oo...
Onthul: Felix en sy gesin wil sak en pak na SA trek 05.03.2025 29:07
Springbok-nuus is volop: Felix Jones keer terug, Handré Pollard word weer ’n Bul . . . en Rassie Erasmus het Woensdag op sy eerste mediakonferensie van die jaar onthul hy wil nóg drie Bok-wedstryde – twee toetse en ’n kragmeting met die Barbarians – tot die span se skedule vir 2025 voeg. Dit sal beteken Suid-Afrika speel vanjaar in 15 wedstryde. ’n Propvol rugby-spyskaart! Hendrik Cronjé sê Pollar...
Kitsie gee raad vir ’n goeie lewe ná rugby 26.02.2025 30:39
In vandeesweek se Rapport Praat Sport kyk ons terug op die spogloopbaan van Steven Kitshoff en hoor ook sy raad vir spelers wat die lewe ná rugby betref. Hendrik Cronjé verklap ook hy werk aan ’n berig vir Sondag oor die Stormers se opvolgplan ná Kitshoff se uittrede. Ons gesels ook oor die moeilike oorgang van rugbyspeler na die “gewone lewe” en bekyk Wêreldrugby se vreemde regulasies wat Benhard...
Philip Snyman: ‘Dís die lesse wat ek by Rassie leer’ 19.02.2025 32:00
Philip Snyman, die Blitsbok-breier, vertel dié week in Rapport Praat Sport hoe hy lesse by dié span toepas wat hy by die Springbok-afrigter Rassie Erasmus geleer het. En dit handel natuurlik ook oor Erasmus se slim planne wat spansamestelling betref. Die Blitsbokke speel dié naweek in die Vancouver-toernooi van die Wêreld-sewesreeks, en Snyman vertel hoe hy sy groep vir die toernooi gekies het. Sn...
Bulle-baas Strauss: ‘Dalk betaal ons ons spelers te veel’ 12.02.2025 26:21
In vandeesweek se Rapport Praat Sport sluit Willem Strauss, president van die Blou Bulle Rugbyunie, hom by ons aan om te praat oor al die uitdagings op die rugbylandskap. Hy benadruk die belangrikheid van goeie, betroubare ekwiteitsvennote in rugby en sê ’n 12-maande-rugbykalender is nie volhoubaar nie. Ons praat ook oor Matthew Breetzke se spogbeurt teen Nieu-Seeland, Dricus du Plessis se oorwinn...
Rob Walter: ‘Temba is geestelik sterker as báie mense daar buite’ 05.02.2025 31:14
Dit is ’n waterskeidingsweek vir Suid-Afrikaanse rugby, met ’n reuse-vergadering wat Donderdag in Johannesburg plaasvind. Hendrik Cronjé sê sommige rugbybase voel die toekoms vir Suid-Afrikaanse rugby lê in ’n stelsel met slegs ses tot agt beroepspanne, en die res wat dan amateur-status het. Ons gesels ook oor die SA20-liga, Sesnasies-reeks, Dricus du Plessis se reuse-geveg teen Sean Strickland wa...
Vlok onthul: Vir dié Bok sal ek altyd ’n sagte plekkie hê 29.01.2025 32:17
In dié week se Rapport Praat Sport sluit Vlok Cilliers hom by ons aan om te gesels oor Frankryk se voorbereiding vir die Sesnasies-reeks. Hy verduidelik wat van Antoine Dupont so ’n spesiale speler maak, en verklap ook wie die beste skopper is wat hy tot nog toe afgerig het. Jóhann Thormählen keer ook vir sy paaltjies ná nóg ’n wilde Stormers-voorspelling. Laat weet ons wat jy dink by tinus.vansta...
Die dag toe Dok aan Schuster sê: ‘Jy kom nie met daai str*nt na my toe nie!’ 22.01.2025 27:33
In vandeesweek se Rapport Praat Sport sluit Albert Heenop hom by Tinus van Staden en Jóhann Thormählen aan en deel staaltjies en inspirerende stories oor al die sportlui met wie hy al gesels het vir sy gewilde Wat het geword van-onderhoude. Hy vertel stories van Frik du Preez, Gary Player, Tommy Bedford, Rob du Preez, Kallie Knoetze, Shaun Tomson . . . en een van Leon Schuster en Dok Craven wat jy...
Rassie glo dis net kwessie van tyd voor Proteas ’n beker wen 15.01.2025 31:31
Dié week op Rapport Praat Sport sluit die Protea- en MI Cape Town-kolwer Rassie van der Dussen hom by ons aan. Hy onthul dat sommige oorsese spelers in vorige reekse van die SA20-liga “bloot in Kaapstad was om vakansie te hou”. Laat weet asseblief wat jy dink by tinus.vanstaden@rapport.co.za, of stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787. Sport | Rapport
Ons wens vir 2025: Bokke, snoer dáái Kiwi-gifpen se mond! 08.01.2025 28:25
Die meeste Springbok-ondersteuners ken teen dié tyd al die naam Ben Smith... Daai Nieu-Seelandse rugbyskrywer wat nie ’n goeie woord oor die Bokke te sê het nie. In dié week se Rapport Praat Sport spreek ons die wens uit dat die Springbokke hom met twee wegseges oor die All Blacks in sy baan kan hou. Ons praat ook oor Rassie Erasmus se planne vir die jaar, en wonder of die Proteas nie dalk ’n bete...
George Linde wou krieket groet ná Protea-afjak 18.12.2024 29:48
As hy nou terugkyk, glo George Linde hy moes ’n sielkundige gaan sien nadat hy op onverklaarbare wyse weggelaat is uit die Protea-groep vir die T20-Wêreldbeker-toernooi vir 2021. Maar nou is hy terug in die Protea-prentjie, en hóé! In dié week se Rapport Praat Sport vertel hy ook die staaltjie van hoe hy die bus verpas het vir die kragmeting met Pakistan verlede week, en lig die sluier oor die gee...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.