Netwerk24 Klankgolwe
Rapport Praat Sport
Rapport se sportredaksie ontleed alles in die sportwêreld.
Author
Netwerk24 Klankgolwe
Category
Podcast website
Latest episode
Jul 8, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
2025: Die jaar toe Rassie die wêreld uitoorlê 10.12.2025 28:22
In ons laaste episode van vanjaar kyk ons terug op ’n jaar waarin die Springbokke na ’n nuwe rat oorgeskakel het en besef Rassie Erasmus het nie sy gelyke as rugbyafrigter nie. Ons kies ons topdrie-Bokke van die jaar, die topdrie-spelers wie se aandele gestyg én gedaal het, en bespreek sekere fokusareas wat uitstaan. Sport | Rapport
Nagmerrie-loting: All Blacks, Hane wag nog vóór eindstryd 03.12.2025 18:02
Slegte nuus: Die All Blacks wag waarskynlik vir Suid-Afrika in die kwarteindronde van 2027 se Wêreldbeker-toernooi. Slegter nuus: Daarna wag Frankryk in die halfeindronde . . . Suid-Afrika is in ’n redelik maklike groep geloot saam met Italië, Georgië en Roemenië, en behoort ook nie ’n taai stryd in die ronde van 16 te hê nie. Daarna raak dinge egter rof . . . Dié week in Rapport Praat Sport speel...
Oud-Bok: ‘Engeland die beste? Wag tot hulle teen SA skrum!’ 26.11.2025 31:09
Die Bokke het Ierland vermorsel, die Proteas het Indië verneder en Shukri Conrad het krieket se ou berugte G-woord opgediep . . . dit was gewis ’n besige week in die sportwêreld. Vandeesweek op Rapport Praat Sport praat ons oor dit alles en Thinus Delport sluit hom ook by ons aan om te gesels oor die Springbokke se oorheersing in die rugbywêreld. Delport, voormalige Bok-vleuel en -heelagter, praat...
Freek: ‘Staak dié blasersberade op veld!’ 19.11.2025 27:19
Freek Burger, oudtoetsblaser, is keelvol vir die groot rol wat televisieskeidsregters deesdae in rugby speel. “Die skeidsregter is nog altyd die persoon wat die finale sê het,” sê Burger, wat hom dié week by Rapport Praat Sport aansluit. Burger gesels oor die rooi kaarte van Franco Mostert en Lood de Jager, oor Jan-Hendrik Wessels se skorsing en oor die algehele stand van sake in die blaserswêreld...
Franco: ‘Dis nie meer ’n skande om teen Italië te verloor’ 12.11.2025 30:17
Dit is nie meer ’n skande om teen Italië te verloor nie, sê Franco Smith. Smith, voormalige hoofafrigter van die Azzurri, sluit hom dié week by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor die Springbokke se klinkende sege oor Frankryk, en die toets teen Italië wat Saterdag voorlê. Smith gee baie insigte oor hoe Italië se rugby die laaste paar jaar stoom opgetel het. Hy vertel ook vir lesers van ’n pa...
Heyneke: ‘Sommige skole het groter begrotings as SWD’ 05.11.2025 35:11
Dié week sluit die voormalige Springbok-afrigter Heyneke Meyer hom op Rapport Praat Sport aan om te gesels oor sy nuwe pos as die SWD-Arende se nuwe hoofafrigter. Meyer sê hy het langtermynplanne by dié unie, en dat daar baie uitdagings is wat oorbrug moet word. Die grootste daarvan is ’n tekort aan finansiële hulpbronne. “Daar is skole met groter (rugby)begrotings as die SWD,” sê Meyer. Hy is...
Willem Alberts: ‘Bok-fêns het ons ma’s gevloek ná Japan-skok’ 29.10.2025 29:52
Die groot Springbok-nederlaag teen Japan in 2015 was ’n “hoogte-laagtepunt” in sy loopbaan, sê Willem Alberts skertsend. Dié oudlosvoorspeler was aanvanklik in die beginspan vir dié kragmeting, maar moes op die nippertjie onttrek weens ’n besering. Hy onthou wel hoe Bok-ondersteuners ná die nederlaag die spanbus met bottels bestook en die spelers se ma’s gevloek het. Die Bokke pak Saterdag weer J...
Willie honger vir nóg Bok-rugby... 22.10.2025 29:00
Al is hy in die winter van sy loopbaan, het die Springbok-heelagter Willie le Roux steeds ’n groot honger om vir sy land uit te draf. Sport | Rapport
Bullet 2.0: ‘Dit vat ’n ware man of vrou om te sê jy’s nie oukei nie’ 15.10.2025 31:06
Die voormalige Springbok-haker James Dalton praat oor sy boksgeveg teen Ollie le Roux in Bloemfontein, sy nuwe lewe ná drank en waarom hy die bynaam Bullet het. Sport | Rapport
Rapport se beste Bok van die Rugbykampioenskap is. . . 08.10.2025 34:29
Vandeesweek week op Rapport Praat Sport doen Tinus van Staden, Hendrik Cronjé en Jóhann Thormählen bestekopname van die Springbokke ná die verowering van die Rugbykampioenskap. Ons elkeen kies ons topdrie-Bokke van die reeks, ons topdrie-spelers wie se aandele gestyg het, die drie wie se aandele dalk gedaal het en ons identifiseer drie kerngesprekspunte wat vir ons uitgestaan het. Een speler het e...
Naas: ‘Bokke kook met 3 van wêreld se beste losskakels’ 01.10.2025 38:07
Naas Botha is liries oor Suid-Afrika se drietal generaals van Handré Pollard, Manie Libbok en Sacha Feinberg-Mngomezulu. Botha, eertydse skopkoning van Suid-Afrikaanse rugby, sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor Feinberg-Mngomezulu se spogvertoning teen die Poemas. “Ek dink nie een van ons drie losskakels het werklik swak punte nie. Ons het op die oomblik drie van die...
Swys: Van uitgebrand tot aan die brand by Bok-vroue 24.09.2025 26:29
Swys de Bruin sluit hom dié week aan by Rapport Praat Sport om te gesels oor die Springbok-vroue se spogvertonings by die Wêreldbeker-toernooi in Engeland. “Toe Dave Wessels my vra of ek nie die Bok-vroue wil afrig nie, het hy my middelpen geboul. Maar dit was die beste rugby-besluit wat ek nog geneem het,” sê De Bruin. As oudafrigter van Griekwas en die Leeus, is hy ook die ideale mens om te gese...
Paul Willemse: ‘Ons bly in Frankryk, maar die kinders praat Afrikaans’ 17.09.2025 37:05
Paul Willemse (32) het vandeesweek sy uittrede uit rugby aangekondig nadat hy erg met harsingskudding gesukkel het. Hy sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om oor sy loopbaan te gesels. “Toe ek aanvanklik in die Franse groep ingetrek is, was ek teleurgesteld met die span. Daar was nie respek nie, die ouens was nie lus nie,” sê dié oudslot. Dit het egter alles verander toe Fabien Galthi...
Freek Burger: ‘Wie gaan reguit-ingooie blaas? Donald Trump?’ 10.09.2025 27:55
Die oudblaser Freek Burger sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor die vertoning van die skeidsregter Karl Dickson in die afgelope Saterdag se Springbok-nederlaag teen Nieu-Seeland in Auckland. “Waar was die konsekwentheid?” wil Burger weet. Hy gesels ook oor die algemene probleme wat hy in die skeidsregterswêreld bespeur en gee sy mening oor waarom so min Suid-Afrikaans...
Flip ná Ysterman: ‘Ek het nog nooit so heel gevoel nie’ 03.09.2025 34:18
Die oud-Bok-slot Flip van der Merwe sluit hom by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor sy reis om weer fiks te word. Hy het twee weke gelede die Ysterman-70.3-kompetisie in Vichy, Frankryk, voltooi. In die proses het hy sowat 30 kg afgeskud “Mense dink dis baie veeleisend op jou bene en jou knieë, maar ek het nog nooit so heel gevoel soos nou nie,” sê Van der Merwe. Hy gesels ook oor die Spring...
‘Dricus het Khamzat jellie-bene gegee’ 27.08.2025 32:40
Niel Geyser, Dricus du Plessis se grond-en-greepwerk-ghoeroe, sluit hom dié week by Rapport Praat Sport aan en verduidelik in diepte wat in Stillknocks se geveg met Khamzat Chimaev gebeur het.“Khamzat het die kompetisie gewen, maar hy het nie die geveg gewen nie,” sê Geyser. Hy verklap ook Dricus se denkrigting rondom sy toekomsplanne. In dié week se episode gesels ons ook oor die Springbokke se...
Gesoek: Meer Rassie-rugby, minder Tony-rugby 20.08.2025 27:53
Dié week sluit Jody Hendricks hom op Rapport Praat Sport aan om te gesels oor die Springbokke se vernederende nederlaag teen die Wallabies die afgelope Saterdag op Ellispark. “Dit is die grootste Bok-skok sedert die Japan-wedstryd in 2015,” sê Jody. Ons praat oor alles wat verkeed geloop het: Die lynstane, afbreekpunte en die Bokke se versuim om ná hul groot voorsprong, terug te keer na tradisione...
Wat is mense se probleem met Manie? 13.08.2025 32:45
’n Reusesportnaweek lê vir Suid-Afrikaanse ondersteuners voor: Die Bokke pak die Wallabies, die Proteas sê die Aussies die stryd aan en Sondagoggend baklei Dricus du Plessis teen Khamzat Chimaev. In vandeesweek se Rapport Praat Sport gesels ons daaroor en hoor ook wat sê Dewald Brevis van sy spogbeurt teen die Aussies. Du Plessis praat ook oor sy groot geveg. Hy sê hy weet hy kan sterf in die agth...
Boishaai-breier: ‘Ons Bomb Squad gee deurslag in derby’ 06.08.2025 32:17
Met 10 minute se speeltyd oor was Boishaai Saterdag met 12 punte agter teen Paarl Gimnasium. Maar toe kom hulle met ’n reuse-terugvegpoging vorendag en wen met 35-33. Sean Erasmus, Boishaai se breier, sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om oor sy span se spogsege te gesels. Hy sê hy was maar effens gespanne met 10 minute se speeltyd oor, maar het heeltyd geweet sy span kan die knoop d...
Biduur en bier in Boland: Kavaliers-baas verklap CB-planne 30.07.2025 34:00
By die Boland-Kavaliers kan jy nou ’n jaar se voorraad bier of hoender wen. Jy kan ook ’n geloofsdiens by wedstryde op Sondae bywoon. Dié week op Rapport Praat Sport sluit Quintin van Rooyen, die uitvoerende hoof van die Boland-Kavaliers, hom by ons aan om te gesels oor al dié unie se innoverende planne. “Ons wil die mense van die Boland trots maak,” sê Van Rooyen. Die Kavaliers lyk nie net weg va...
Johan Ackermann: ‘Bulle se sukses maak dié pos ’n taai toffie’ 23.07.2025 36:34
Die vorige keer wat Johan Ackermann ’n groot Suid-Afrikaanse rugbyspan afgerig het, het hy ’n sukkelende Leeus-span terug op die wenpad gekry. Nou wag ’n ander tipe uitdaging op hom. Die Bulle het in drie van die vorige vier VRK-eindstryde gespeel, en het enorme spelersdiepte. Ackermann, wat verlede week as die Ligbloues se nuwe breier aangestel is, sê in dié week se episode van Rapport Praat Spor...
Die brein agter Rassie se middelveld-lynstane: PRG se DeWet Marais 16.07.2025 29:27
DeWet Marais, tweedespan-afrigter van Paul Roos Gimnasium, kon sy oë nie glo toe hy Saterdag sien die Springbokke doen ’n beweging wat hy en sy mede-afrigter Erhardt Muth vroeër vanjaar vir skolerugby uitgedink het nie. DeWet, ’n voormalige SA Skole-afrigter, sluit hom dié week op Rapport Praat Sport aan en vertel hoe hy en Erhardt dié beweging een aand by ’n voorseisoense kamp in Hermanus uitgedi...
Franco Smith: ‘Dis ’n voorreg om in Bul-gesprek genoem te word’ 09.07.2025 35:33
Franco Smith sluit hom dié week op Rapport Praat Sport aan om te gesels oor sy loopbaan, die sukses wat hy by die Glasgow Warriors behaal het, en die moontlikheid dat hy by Jake White kan oorneem as afrigter van die Bulle. “Ek is nog onder kontrak in Skotland, maar daar is baie uitdagings in Skotse rugby tans. Dit is ’n voorreg om in die gesprek genoem te word (as kandidaat vir Bulle-breier) en on...
Ruan Smith: Van skrums teen Kitsie tot vrousoek op ‘Op my Eish!’ 02.07.2025 30:15
Ruan Smith is pas aangekondig as die nuwe vrygesel van KykNET se maatsoekprogram ‘Op my Eish!’. Dié week in Rapport Praat Sport gesels ons met dié voormalige Leeus-stut oor sy nuwe avontuur wat voorlê. Smith gesels ook padlangs oor sy rugbyloopbaan en die uitdagings wat hy in die gesig gestaar het ná sy uittrede verlede jaar. Smith sê hy het sy rugby die laaste paar jaar nie meer soos vroeër genie...
Jake se kop gaan rol: Selfs Rupert-vriendskap kan hom nie red 25.06.2025 37:34
In dié week se Rapport Praat Sport bespreek Tinus van Staden, Hendrik Cronjé en Brenden Nel die burgeroorlog wat by Loftus Versfeld woed. Jake White gaan nie die rebellie teen hom oorleef nie. White, die Bulle se direkteur van rugby en hoofafrigter van die VRK-span, het sy kleedkamer verloor. Senior spelers soos Ruan Nortjé en Marcell Coetzee het onlangs ’n afvaardiging van spelers gelei wat met d...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.