Springbok Rugby Potgooi
Springbok Rugby Potgooi
"Die Springbokke se Reis na Oorwinning," waar ons diep delf in al die aksie, strategieë en emosies wat die Springbok Rugby span beleef op hul pad na die Rugby Wêreldbeker 2023. In elke episode bespreek ons 'n verskeidenheid van onderwerpe—van sleutelspelers en wedstrydstrategieë, tot die kulturele impak en nasionale trots wat die span in Suid-Afrika ontsteek.
Author
Springbok Rugby Potgooi
Category
Podcast website
Latest episode
Sep 19, 2023
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
'n 7:1 Bank teen Ierland! Hier kom 'n ding! RWB23 - Ep3 19.09.2023 37:30
Dis die grootste wedstryd van die groepfases hierdie komende naweek en die Springbokspan is sopas aangekondig en raai wat!? 7 Voorspelers op die bank. Ek praat met Frikkie wat tans in Frankryk is en Saterdag die wedstryd tussen Suid-Afrika en Ierland in die Stade de France gaan kyk.
Die Springbokke verslaan die Skotte 18-3! Episode 2 11.09.2023 48:38
Die Bokke skop hul Wereldbeker af op oortuigende wyse en laat die Skotte baie gewoon lyk in hul opening wedstryd van die Rugby Wereldbeker 2023.
Rugby Wereld Beker 2023 Voorskou! Episode 1 06.09.2023 43:47
Sluit aan by ons wekelikse podcast, "Die Springbokke se Reis na Oorwinning," waar ons diep delf in al die aksie, strategieë en emosies wat die Springbok Rugby span beleef op hul pad na die Rugby Wêreldbeker 2023. In elke episode bespreek ons 'n verskeidenheid van onderwerpe—van sleutelspelers en wedstrydstrategieë, tot die kulturele impak en nasionale trots wat die span in Suid-Afrik...
Die Bokke Verloor 12-13 in die 2de Toets teen Wallis in Bloemfontein - Episode 7 14.07.2022 39:19
Gareth Anscombe het aan ons gedoen wat Damien Willemse aan Wallis gedoen het in die 1ste toets. Die Bokke loop die hele wedstryd voor tot in die 78ste minuut toe Gareth Anscombe 'n Willemse op homself trek en 'n doel skop van reg teen die kantlyn oorsit. Die "eksperiment" het amper gewerk maar toe nie heeltemal nie. Wallis wen vir die eerste keer in hul geskiedenis in Suid-Afrika. Die reeks staan...
Episode 7 - Die Bokke wen 32-29 in die 1ste Toets teen Wallis op Loftus (2 Julie 2022) 06.07.2022 47:52
Dit was 'n naelbytstryd maar 'n koelkop Damien Willemse het die verhoog syne gemaak en 'n strafskop oorgetik in die 82ste minuut om vir die Bokke die wen te gee. Ons praat ook oor die verassende Bok-span wat gekies is vir die 2de toets.
Springbok Rugby Potgooi Episode 6 - Wallis teen die Springbokke 01.07.2022 54:06
Dis die begin van die internasionale rugby seisoen! Ek en Albert praat oor die sukses van die Suid-Afrikaanse spanne in die URC, die eerste toets tussen Wallis en die Springbokke op 'n uitverkoopte Loftus en ook so vinnig oor al die ander internasionale toetse wat hierdie naweek gespeel gaan word!
Episode 5 - Die Bokke wen 29-10 in die 2de Toets teen Argentina 23.08.2021 26:04
Ons praat oor klipharde 2de toets tussen die Bokke en die Pumas en ook oor die onsekere toekoms van die Rugby Kampioenskap as gevolg van lockdowns in New Zealand en Suid-Afrika.
Episode 4 - Die Bokke wen 32-12 in die 1ste Toets teen Argentina! 15.08.2021 26:27
'n Oortuigende oorwinning van 32-12 oor Argentina in die 1ste toets van die Rugby Kampioenskap wat gesien kan word as die "B-Span" van die Bokke. Ons is aangenaam verras deur die gemak waarmee die Bokke hul Rugby Kampioenskap afskop en dit maak ons sommer meer opgewonde oor die res van die Kampioenskap!
Episode 3 - Die Rugby Kampioenskap Skop Af! SA vs ARG 13.08.2021 39:52
Die Rugby Kampioenskap skop hierdie Saterdag af (14 Aug 2021). Dis die Bokke teen die Pumas en dit beloof om 'n klipharde stryd te wees. Ons praat oor die kampioenskap in geheel en kyk so bietjie vorentoe ook na die toetse wat kom. Dit beloof om 'n kampioenskap van groot proporsies te wees, wat op geen beter manier afgesluit as word as met twee toetse teen ons groot vyande, die All Blacks.
Episode 2 - Die Springbokke Wen die Reeks! 08.08.2021 29:54
19-16 is die telling en die Springbokke wen die 2021 Britse Ierse Leeus toer 2-1! Wat 'n reeks en wat 'n naelbytstryd in die 3de toets. Die Bokke se karakter en veggees was ongelooflik! Luister en gesels saam met my en Albert waar ons die wedstryd bespreek.
Springbok Rugby Potgooi - Episode 1 07.08.2021 44:56
Ek en Albert praat oor die Britse en Ierse Leeus toer na Suid-Afrika teen die Springbokke. Die reeks staan 1-1 en hierdie Saterdag is die beslissende toets. Wie gaan en wen en geskiedenis maak!?
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.