JacPod
Queer in Afrikaans
Queer in Afrikaans is ’n kleurvolle nuwe potgooi wat jou nooi na eerlike gesprekke met Afrikaanse sterre wat jy reeds ken en liefhet. Met die gewilde drag queen Regina Blaque aan die stuur, sien jy hierdie keer die bekendes in ’n heel nuwe lig: eerlik, snaaks en diep menslik. Dit is trots Suid-Afrikaans en meer as net nog ’n potgooi: dit is ’n viering van gemeenskap. Queer in Afrikaans is 'n JacPod Oorspronklike reeks, geskep ter viering van Suid-Afrika se Pride Maand.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Tollie Parton gesels oor Patricia Lewis, dronk tannies en liefde 30.10.2025 29:36
Tollie Parton verklap hoe dronk tannies by troues haar geinspireer het om vreesloos en sigbaar te wees. Hulle gesels oor die krag van ouers se aanvaarding en hoe Tollie liefde en humor as 'n wapen teen haat gebruik. Sy vertel van die unieke ervaring van straight mans wat drag doen op die ‘Tollie & Manilla Show’ en hoe dit 'n skreeusnaakse manier is om vooroordele af te breek.
Layla Arrison en Rumandi Potgieter gesels oor liefde, rugby, en trouplane 23.10.2025 29:13
Regina Blaque gesels met die rugby-sterre Layla Arrison en Rumandi Potgieter — ’n queer paartjie wat hul liefde vir sport én mekaar vier. Hulle gesels oor ‘coming out’, troureëlings as ’n queer paartjie en ‘internalised homophobia’.
Armand Joubert oor Patricia Lewis, Pride en Internet-trolle 16.10.2025 35:48
In hierdie week se episode van Queer in Afrikaans gesels Regina Blaque met Armand Joubert oor trauma, selfaanvaarding en die invloed van Afrikaanse popikoon Patricia Lewis. Hy deel hoe hy, ondanks homofobie en trauma, sy queer-identiteit en musiek met trots uitleef. Meer oor Armand Joubert: Armand Joubert is ’n Suid-Afrikaanse sanger, liedjieskrywer en TikTok-sensasie wat bekend is vir sy unieke s...
Drag, crocs en realiteits-TV fopdossers Regina Blaque verken alles met Maxine Wild 09.10.2025 30:09
Het jy al ooit gewonder hoe dit voel om jou lewe op Showmax-realiteitsreeks te deel? Of wat dit verg om internasionaal in drag-pageants mee te ding? In hierdie episode van Queer in Afrikaans kuier mede-fopdossers Regina en Maxine Wild en hulle verklap meer oor drag-familie, crocs, sigbaarheid en die krag van gemeenskap.
Regina Blaque gesels oor Doc Martens en lesbiërstereotipes met Jaxx Justice 02.10.2025 31:27
Het jy al ooit gewonder oor lesbiërstereotipes, Doc Martens se lewensvatbaarheid, en ‘stand-up’ komedie in Suid-Afrika? In die loodsepisode van Queer in Afrikaans kuier gewilde fopdosser, Regina Blaque met komediant Jaxx Justice.
Queer in Afrikaans skop 2 October 2025 af 19.09.2025 0:33
Opwindinging heers vir Queer in Afrikaans wat 2 Oktober op Jacpod afskop. In hierdie nuwe potgooi nooi gewilde drag queen Regina Blaque jou na eerlike gesprekke met al jou gunstelling Afrikaanse sterre. Skakel in en sien hierdie keer díe bekendes in ’n heel nuwe lig: eerlik, snaaks en diep menslik.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.